Johan Malan - Afrikaanse Artikels
‘n Toenemende verskynsel in die moderne wêreld is die vinnige uitbreiding van die aantal homoseksuele (gay) persone in samelewings, asook die kondonering daarvan deur baie van die kerke en regerings. Dit word as ‘n oorerflike neiging beskou wat in sigself nie ‘n sonde is nie, daarom word hierdie mense al hoe minder oor hulle wanaangepastheid gekonfronteer.
Homoseksuele en lesbiese neigings is egter nie oorerflik nie, want die Here het geen mens so geskape nie. Dit is ‘n aanklag teen ons Skepper om so-iets te beweer. In navorsing in die genetika is daar nog nooit enige gay gene in mense gevind nie. Neigings van hierdie aard is dus aangeleerde gedrag.
Wanaanpassings van hierdie aard begin dikwels baie vroeg in ‘n kind se lewe. In die jare voor puberteit moet daar ‘n baie noue band tussen ‘n dogter en haar ma en ‘n seun en sy pa wees. Elkeen gebruik die ouer van sy of haar eie geslag as ‘n rolmodel. Die pa is ‘n heldefiguur vir die seun, en hy roem graag in hoe sterk en slim sy pa is. Die dogter verheug haar weer in wie en wat haar ma is, en streef daarna om soos sy te wees.
Kinders word dikwels afgeskeep of verwerp as gevolg van ouers se belangeloosheid, lang werksure, drank, partytjies, onverdraagsaaamheid en oordrewe aggressie teenoor kinders, langdurige buitenshuise aktiwiteite soos sport, of die permanente afwesigheid van een ouer a.g.v. egskeiding. So ‘n kind raak eensaam en sosiaal gedisoriënteerd, en soek na ‘n plaasvervangende verhouding met ‘n ouer persoon van dieselfde geslag. Dié persoon word dan vir die kind ‘n surrogaat-pa of ‘n surrogaat-ma, en dit is dikwels hier waar probleme m.b.t. ‘n onnatuurlike verhouding ontstaan.
Normale vriendskappe by pre-adolessente kinders moet in dieselfde ouderdomsgroep en geslag gesluit word – seuntjies met seuntjies en dogtertjies met dogtertjies. Wanneer sulke kinders intiem met veel ouer kinders bevriend raak, is dit baie onnatuurlik omdat ‘n gay verhouding hieruit kan voortspruit. ‘n Standerd 8 kind het niks met ‘n standerd 4 kind te doen nie, en dit is onnatuurlik as hulle intiem bevriend sou raak.
Ná puberteit (12 tot 14 jaar) begin die kind van die teenoorgestelde geslag bewus te word. Die dogter ontwikkel dan ‘n bewondering vir en ‘n nouer band met haar pa, en die seun met sy ma. Hierdie band moet natuurlik en spontaan wees en die kind moet nooit in sy ouer(s) geskok raak of verworpe voel nie, anders ontstaan daar nie ‘n normale verhouding met iemand van die teenoorgestelde geslag nie. Indien die verhouding met die ouer van die teenoorgestelde geslag verkeerd loop, kan kinders (soos voor hulle puberteit) na ‘n band met ‘n ouer persoon van dieselfde geslag soek. Daar is vandag soveel slegte vriende en vriendinne beskikbaar wat sosiaal die spoor byster is, dat kinders maklik in ‘n verhouding met ‘n verkeerde persoon van dieselfde geslag betrokke kan raak. Hulle soek dan uiteindelik ook seksuele bevrediging in daardie verhouding. Op hierdie manier word ‘n kind gay – hy of sy is nie so gebore nie.
In die normale ontwikkel van ‘n kind moet hy of sy heteroseksueel wees, m.a.w. daar moet ‘n aangetrokkenheid na die teenoorgestelde geslag wees. Die assosiasie met jou eie geslag, soos voor puberteit, moet voortgaan, maar dit het niks met biologiese begeertes te doen nie. Die seun se ontluikende manlikheid moet tot volle ontwikkeling kom, maar daar moet by hom ‘n begeerte na ‘n verhouding met ‘n vriendin wees. So ook moet meisies se vroulikheid saam met ‘n natuurlike aangetrokkenheid na ‘n gawe kêrel ontwikkel – nie na ‘n mannetjiesagtige meisie nie.
Dit is nie, soos sommige mense dink, ‘n gay duiwel wat van ‘n kind besit neem wanneer hy of sy nie normaal heteroseksueel ontwikkel nie. Die probleem kan dus ook nie deur duiwel-uitdrywing reggestel word nie. Hierdie probleem moet begryp word vir wat dit werklik is, naamlik seksperversie as gevolg van wanaangepastheid en verkeerde vriende, asook beïnvloeding deur flieks of video’s waarin gay verhoudings positief voorgestel word.
Die Bybel noem hierdie verwronge verhouding ‘n sonde. Volgens Romeine 1 spruit dit uit wanopvattings oor God en die mens, en ‘n lewe waarin hierdie skewe en krom sienings geregverdig word. ‘n Gesindheid van rebellie teenoor die Skepper lei uiteindelik daartoe dat Hy sulke mense aan hulle skandelike hartstogte oorgee. Dan word mense anders as wat hulle was – nie net wat hulle morele lewe betref nie, maar selfs ook op die terrein van hulle basiese seksuele oriëntasie: “Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is; en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang. En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgegee aan ‘n slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie” (Rom. 1:26-28).
In sy brief aan die Korinthiërs sê Paulus dat ‘n persoon van hierdie sonde verlos en gereinig kan word: “Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete [gays]... sal die koninkryk van God beërwe nie. En dit was sommige van julle; maar julle het jul laat afwas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God” (1 Kor. 6:10-11). Hier lees ons van persone wat sodomiete was, maar hulle ongeregtigheid is vergewe en hulle is van hierdie onreinheid gewas met die bloed van die Lam deur die werking van die Heilige Gees.
Die Living Biblese vertaling is baie duidelik: “Those who live immoral lives, who are idol worshippers, adulterers or homosexuals... will have no share in God’s kingdom... There was a time when some of you were just like that but now your sins are washed away, and you are set apart for God, and He has accepted you because of what the Lord Jesus Christ and the Spirit of our God have done for you.”
In Amerika het ‘n groep van omtrent 800 voormalige gays wat deur die Here Jesus van hierdie euwel verlos is toe hulle dit as ‘n sonde teenoor Hom bely het, hulle getuienis van verlossing in ‘n volblad-koerantadvertensie gepubliseer. Hulle is nou natuurlik (heteroseksueel), baie van hulle is gelukkig getroud, en ander is nog ongetroud.
Die omvang van die probleem moet duidelik aan die betrokke persoon gestel word, naamlik dat dit ‘n sonde is wat hom of haar na die hel toe kan sleep. Daarna moet die reddende genade van die Here Jesus verkondig word, asook reiniging deur sy bloed. Wanneer die persoon dan onder sonde-oortuiging is, moet hierdie sonde voor die Here bely en laat staan word: “As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig” (1 Joh. 1:9). Die Here stuur nooit ‘n berouvolle sondaar met leë hande weg nie (Joh. 6:37), maar maak sy bande los. Hy is immers ons Verlosser. “As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees” (Joh. 8:36).
Dit mag ‘n tyd neem om jouself as ‘n verloste weer in ‘n regte, natuurlike verhouding met ander mense aan te pas. Die sondige verhoudings was deur die mag van die gewoonte gevestig, dit het jou heeltemal oorheers en het selfs jou persoonlikheid as man of vrou ook aangetas. Aanvaar dit egter as ‘n uitdaging om nie weer om te kyk nadat jy by die kruis met hierdie sonde gebreek het nie. Ons moet ten bloede toe weerstand bied in ons stryd teen die sonde (Heb. 12:4), want die duiwel sal aanhou om ons te versoek. Hy werk deur die ongekruisigde vlees, daarom moet ons die vlees oorgee om gekruisig te word (Gal. 6:14). Ons moet ook bid dat die Here ons met sy Heilige Gees sal vervul en met ‘n heilige, nuwe natuur beklee (Ef. 4:22-24). “Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie” (Gal. 5:16). “Staan dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie” (Gal. 5:1).
Leef ‘n normale lewe as man of vrou soos wat die Here dit vir jou bedoel het. Moenie deur ‘n bose, permissiewe samelewing afgetrek word in ‘n moeras van sonde en ongeregtigheid nie. Moet ook nie vrede maak met sonde waardeur jy reeds vasgedraai is nie. Daar ís verlossing vir alle sondes!
Johan Malan - Afrikaanse Artikels
Opsomming:Regerings wat God se oppergesag nie erken nie, bevorder humanisme en anargie en maak hulleself dikwels aan growwe gesagsmisbruik skuldig.
Die geskiedenis van die nasies weerspieël duidelik die gevolge van die sondeval in die verdorwenheid van die menslike natuur en in die goddelose sosio-politieke en godsdienstige strukture wat volkere vir hulleself skep. Sedert die vroegste tye was rebellie teen God deur die miskenning van sy oppergesag, die verwerping van sy geregtigheid en die aanbidding van afgode aan die orde van die dag. In die plek hiervan het die mens homself verhef, arrogant opgetree, diktatoriale magte beoefen en slegs eer aan sy eie afgode bewys. In ‘n meer gesofistikeerde vorm manifesteer hierdie rebellie in moderne tye in ‘n humanistiese kode vir menseregte en sosiale geregtigheid, waarin ruim voorsiening vir persoonlike vryhede en die florering van valse gelowe (of die negering van godsdiens deur sekularisme) gemaak word.
In hierdie opsig herhaal die geskiedenis nie net homself nie, maar word die weg vir die ergste rebellie van alle tye gebaan. God-verwerpende grondwette word aanvaar waardeur daar vrye teuels aan die verdraaide moraliteit van die gevalle mens gegee word. Die Bybel skets ‘n duidelike eindtydse toneel van dié aard, nl. ‘n wêreld wat meer as ooit tevore die rug op God draai en deur sy humanistiese hervormings aktief meehelp om magsbasisse vir die komende wêreldryk van die Antichris te skep.
Die hernude uitdaging en verwerping van God se soewereiniteit en die koningskap van Christus is die eerste treë op die selfvernietigende opmars na Armagéddon. Die geskiedenis van die nasies eindig dus waar dit begin het, naamlik ‘n Babiloniese sameswering teen God. Ten spyte van waarskuwings hieroor gaan die nasies voort om hulle eie ondergang te bewerk deur staatkundige modelle en grondwette sonder God te aanvaar. Hierdeur berei hulle die weg vir die koms van die Antichris voor. In Openbaring word dié bose leier met verskeie goddelose diktators in die geskiedenis vergelyk. Net soos hulle, sal hy ook sy onderdane godsdienstig mislei, verslaaf en onderdruk:
“En ek het ‘n dier (die Antichris) uit die see sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe ‘n naam van godslastering. En die dier wat ek gesien het, was soos ‘n luiperd, en sy pote soos dié van ‘n beer, en sy bek soos die bek van ‘n leeu; en die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag… En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan. En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesê: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer?
“En ‘n mond is aan hom gegee wat groot woorde en godslasteringe uitspreek… Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie. En al die bewoners van die aarde sal hom aanbid... En dit is hom (die ander dier, die valse profeet) gegee om 'n gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat en maak dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie” (Op. 13:1-15).
Die eindtydse wêreldryk van die Antichris is nie wesenlik iets nuuts nie omdat dit ‘n herlewing van die vorige goddelose wêreldryke sal wees. In omvang sal dit egter veel groter en in intensiteit aansienlik erger wees, omdat daar onder sy bewind ‘n groot verdrukking sal wees soos wat daar nog nooit op aarde was nie (Matt. 24:21).
Soos wat Satan aan Christus die koninkryke van hierdie wêreld aangebied het as Hy sou neerval en hom aanbid (Luk. 4:5-7), sal hy dit op dieselfde voorwaarde aan die nabootser van Christus, die Antichris, aanbied. Hy sal dit aanvaar, daarom sal die mense wat hom aanbid, ook die draak (die duiwel) moet aanbid van wie hy sy troon en groot mag gekry het (Op. 13:4).
Hoewel die wêreld tans in die mag van die Bose lê (1 Joh. 5:19), is die Christene deur die krag van die Heilige Gees die lig van ‘n donker wêreld en die sout van ‘n bedorwe aarde, en kan die duiwel nie ongehinderd al sy planne vir wêreldheerskappy in werking stel nie. Met die wegraping sal die uur van volkome duisternis egter aanbreek, want dan sal diegene wat soos ligte te midde van ‘n krom en verdraaide geslag geskyn het, skielik weg wees. Dan sal die Antichris onmiddellik geopenbaar word en sonder teëstand wêreldwyd as ‘n simbool van humanistiese en godsdienstige eenheid aanvaar word (2 Thess. 2:6-10).
Die eindtydse ryk van die Antichris sal die sewende in ‘n reeks goddelose wêreldregerings wees wat met Nimrod se antieke Babiloniese ryk begin het (Gen. 11:1-9). Nadat die Assiriërs Babilon verower en oor die destyds bekende wêreld regeer het, is Babilon se opperheerskappy weer onder Nebukadnésar herstel. Daarna het die Medo-Persiese, Griekse en Romeinse ryke gevolg. Ná die Romeinse ryk het die wêreld polities en kultureel al hoe meer verdeeld geraak, maar tans word die Eerste-, Tweede- en Derde Wêreld onder die vaandel van die Nuwe Wêreldorde verenig in voorbereiding op die sewende wêreldryk, nl. dié van die Antichris. Die sewe ryke is:
1. Die antieke Babiloniese ryk
2. Die Assiriese ryk
3. Die herstelde Babiloniese ryk
4. Die Medo-Persiese ryk
5. Die Griekse ryk
6. Die Romeinse ryk
7. Die eindtydse ryk van die Antichris
‘n Herhaling van die onderdrukkende en goddelose praktyke van die vorige wêreldryke sal tydens die ryk van die Antichris voorkom. Dit is die rede waarom hy as ‘n eienaardige, saamgestelde dier voorgestel word wat die Babiloniese, Medo-Persiese, Griekse én Romeinse ryke sal laat herleef. Die Assiriese ryk is nie in hierdie simbole verteenwoordig nie, maar uit Jesaja 10:12-25 is dit duidelik dat Assur (die Assiriër) ook ‘n tipe van die Antichris is.
In Daniël 7 is die leeu die simbool van die Babiloniese ryk. In Daniël 2 word hierdie ryk deur die beeld se kop van goud voorgestel. Dit het volgens Daniël 3 daartoe aanleiding gegee dat Nebukadnésar ‘n goue beeld laat maak het wat 30 meter hoog was (so hoog soos ‘n 9-verdieping gebou), en alle nasies in sy ryk gedwing het om in aanbidding voor die beeld neer te val. Nebukadnésar het beheer oor die hele bewoonde wêreld gehad. Hy het die mag van die Babiloniese ryk bo enige ander mag verhef, homself vergoddelik en tot die verlosser en opperheerser van alle mense verklaar. Hy het opdrag gegee dat geen ander god aanbid mag word nie, omdat die staat en die koning die hoogste gesag was wat geen meerdere gesag erken het nie. Hy het ‘n grondwet sonder God gehad.
‘n Skrikwekkende vorm van openbare teregstelling het op almal gewag wat die koning se bevel verontagsaam het. In dié opsig is ook die ware God van hemel en aarde gesmaad, omdat die Joodse ballinge verbied is om hulle God te aanbid, en aangesê is om voor die koning se beeld neer te buig.
Vergelyk hierdie opset met Suid-Afrika se grondwet waarin God nie as die hoogste gesag genoem word nie. Die ontkenning van God se gesag lei altyd na die verwerping en belastering van sy heilige Naam. Daarom is daar op al sewe die koppe van die dier ‘n naam van godslastering geskryf.
Nadat die Here vir Nebukadnésar verneder het tot ‘n kranksinnige wat saam met die diere van die veld gewoon het, het hy God erken en eer aan Hom gegee:
“Nou prys ek, Nebukadnésar, en ek roem en eer die Koning van die hemel: al sy werke is waarheid en sy paaie is reg, en Hy kan verneder die wat in hulle trotsheid wandel” (Dan. 4:37).
Nebukadnésar het die oppergesag van God erken toe hy as koning herstel is, en daardeur eksplisiet sy eie gesag én die gesag van die staat aan die almagtige God ondergeskik gestel. Hy het dus ná sy dure ondervinding die grondwet van die Babiloniese ryk fundamenteel hersien.
Die beer was ‘n voorstelling van die Medo-Persiese ryk wat die Babiloniërs verower en in hulle plek geheers het. Die beer is wreedaardig en vertrap baie volke onder sy pote. Gruwelike vervolging is ook teen God se volk ingestel.
Koning Ahasveros is deur een van sy bose raadgewers, Haman, beïnvloed om ‘n dekreet uit te vaardig wat tot die vervolging en uitroeiing van die Joodse ballinge sou lei. Dit is opvallend dat regerings wat God uit hul grondwet uitskryf, altyd geestelike raadgewers met geweldige aansien het, maar wat eintlik blinde leiers is.
Ahasveros was egter self met ‘n Jodin, Ester, getroud, en het later besef dat hierdie mense wat hy wou laat uitdelg, glad nie ‘n bedreiging vir hom of sy koninkryk ingehou het nie. Hulle was wetsgehoorsame mense met hoë morele standaarde. Wat meer is, baie van hulle het vir hom gebid. Die Jood, Mordegai, het selfs die koning se lewe gespaar deurdat hy ’n komplot teen hom openbaar gemaak het (Ester 2).
Hierdie koning van ‘n goddelose wêreldryk het skielik tot die besef gekom dat hy deur sy raadgewer, Haman, mislei is en heeltemal verkeerd opgetree het. Hy was egter die slagoffer van sy eie grondwet wat geen erkenning aan God of die volk van God gegee het nie. Die grondwet het ook bepaal dat die koning nie sy eie wette kon terugtrek nie. Hy het d.m.v. die onveranderlike wette van die Meders en Perse regeer.
Dit wat Ahasveros onder die omstandighede kon doen om die volk van God te beskerm en te laat oorleef, het hy gedoen. Hy het hulle die reg gegee om hulleself te verdedig. Ook het hy van sy bose raadgewer ontslae geraak. Hy het Haman eers laat erken dat hy verkeerd was, hom gedwing om Mordegai te vereer, en hom daarna laat teregstel. Soos wat Nebukadnésar tot ander insigte gekom het, het hierdie koning se oë ook vir sekere feite omtrent God en sy volk oopgegaan.
Die luiperd was ‘n uitbeelding van die Griekse ryk wat ná die Medo-Persiese ryk wêreldheerskappy onder die aanvoering van Alexander die Grote verkry het. Die Grieke het ‘n multigodsdienstige grondwet gehad deurdat hulle ‘n groot aantal gode, selfs ook die onbekende god, aanbid het. Hulle Hellenistiese wêreldgodsdiens het hulle oral onder ander volke gepropageer, ook onder die Jode. Hoewel hulle bereid was om feitlik elke denkbare god te aanbid, wou hulle niks met die eksklusiewe godsdiens van Israel te doen hê nie.
Antiochus Epifanes, een van die konings van die Siriese provinsie, het alles moontlik gedoen om Israel se godsdiens uit te roei en die aanbidding van Griekse afgode soos Zeus in die plek daarvan te stel. Hy het mense tereg laat stel wat hulle kinders besny en die verbond met Jahweh in stand gehou het.
Ons situasie is vergelykbaar hiermee deurdat ons ook ‘n multigodsdienstige grondwet het. Dit behels dat die Christendom op ‘n gelyke vlak met alle ander godsdienste gestel word. Persone wat intergeloofsbande teëstaan en die Christelike geloof ten koste van ander gelowe tot die enigste ware godsdiens verhef, kan weens ongrondwetlike gedrag in onguns kom.
Die verskriklike dier met die tien horings op sy kop (Dan. 7:7), is simbolies van die Romeinse ryk met sy goddeloosheid en hartelose oorheersing van ander volke. Die keisers het hulleself vergoddelik en wrede vervolging teen Jode en Christene ingestel. Nero was een van die bekendste diktators in hierdie ryk. As gevolg van ‘n opdrag deur hom is Israel met brute geweld binnegeval en onderwerp. Tydens die beleg en inname van Jerusalem is daar in net vyf maande 1,1 miljoen Jode dood en 97 000 as krygsgevangenes weggevoer. Baie van hulle is op slawemarkte verkoop. Die tempel is verwoes en afgebrand, en die gesmelte goud geroof.
Afgodediens is nooit in die Romeinse ryk verbied nie en die beoefenaars daarvan ook nie vervolg nie. Selfs nadat die Christendom vroeg in die vierde eeu deur Konstantyn erken is, was dit nie ten koste van die valse godsdienste nie.
In ons tyd ondervind die nie-Christelike godsdienste ook geen weerstand of teëstand van enige aard nie. Dit is die Christendom wat die knie moet buig voor Baal, deur erkennend en akkommoderend t.o.v. die nie-Christelike gelowe te wees. Die Christene vra nooit spesiale toegewings van regerings nie en probeer ook nie om hulle siening aan ander gelowe op te dring nie. Al wat hulle deur die eeue heen gevra het, is dat die regering die ware God sal erken en op sy Woord ag gee.
Net soos die leiers van die vorige wêreldregerings, sal die Antichris op absolute opperheerskappy aanspraak maak, homself in die plek van God stel en op almal se aanbidding aandring:
· Soos Nebukadnésar, sal hy sy septer oor al die nasies van die aarde swaai en hulle polities, godsdienstig en ekonomies volkome oorheers (Op. 13). Die verpligte aanbidding van ‘n beeld sal weer afgekondig word. Die doodstraf sal op hoogverraad berus, asook op diegene wat weier om die beeld te aanbid. Soos wat Nebukadnésar die Jode as ballinge weggevoer het, sal hy hulle ook probeer uitwis sodat hulle na onherbergsame plekke in die woestyn sal moet vlug.
· Soos die Meders en Perse sal hy deur middel van onveranderlike en onaanvegbare dekrete regeer. Hy sal ook bose medewerkers hê waaronder die valse profeet die vernaamste sal wees. Hy sal ‘n dekreet uitvaardig waaardeur Christenvervolging en ‘n Joodse volksmoord gewettig sal word. Soos wat Haman in die put geval het wat hy vir die Jode gegrawe het, sal die Antichris en die valse profeet hulle eie ondergang, teregstelling en verdoeming verhaas.
· Soos in die Griekse ryk sal hy ‘n wêreldgodsdiens instel waarin alle afgode aanbid sal word. Hierdie ekumeniese verenig van die valse gelowe (Openbaring 17:3-5 se moeder van die hoere) sal deur hom erken word en op sy rug ry. Listige metodes en omkopery sal gebruik word om sy wêreldgodsdiens te propageer. Slegs die aanbidding van die ware God sal deur hom verbied word. Soos wat Antiochus Epifanes Israel geannekseer en hulle godsdiens probeer vernietig het, sal hy dit ook doen.
· Soos in die Romeinse ryk, sal hy die volk van God vervolg en probeer uitwis van die aarde af. Hy sal homself as God aan die mensdom bied om aanbid te word. Alle nasies sal aan sy militêre diktatuur onderwerp word, swaar belastings sal vir sy wêreldregering gehef word, krygswet sal geld en alle rebelle teen sy bewind sal in die openbaar, te midde van groot toejuiging deur die skare, tereggestel word. Soos wat hierdie én alle ander goddelose ryke tot ‘n val gekom het, sal sy val ook groot wees.
Dit is dus duidelik waarom die Antichris se wêreldryk met al die vorige wêreldryke vergelyk word. Iets van hulle almal sal in sy ryk herleef. Hy sal egter erger as hulle almal saam wees, want die Here Jesus het gesê dat daar in die eindtyd ‘n groot verdrukking sal wees soos wat daar nog nooit tevore op aarde was nie (Matt. 24:21-22).
Dit is uit al die vorige wêreldryke duidelik wat die gevolg daarvan is as ‘n koning die oppergesag van God verwerp en homself en sy regering in die plek van God as oppermagtig beskou. Hy word tot in die dieptes verneder en sy eens magtige ryk soos die kaf van die dorsvloere wat deur die wind van God se oordele weggewaai word. Die wederkoms van Jesus Christus sal die einde van al die goddelose regerings van hierdie wêreld beteken, en Christus self sal in hulle plek regeer (Dan. 2:31-45).
God beklee die hoogste gesag in die heelal. Hy is self die outeur en verpersoonliking van gesag, daarom kan Hy gesag delegeer aan wie Hy wil. Hy stel konings aan en ruk hulle weer van hul trone af. Om dieselfde rede het die Here Jesus, wat self ook God is, alle mag in die hemel en op aarde (Matt. 28:18). Hy is die Koning van die konings en die Heer van die here.
Geen regering of leier sou enige mag en gesag oor mense hê indien dit nie binne die toelatende wil van God aan hom verleen word nie. Indien hy egter God se oppergesag misken deur nie in sy grondwet erkenning daaraan te gee nie, maak hy homself aan gesagsmisbruik skuldig en grawe sy eie politieke graf. In werklikheid verwerp hy hierdeur die grondslag van die gesag wat hy self beoefen, omdat hy nie aan die oorsprong daarvan erkenning gee nie.
Wanneer die gesag en posisie van die ware God nie erken en eerbiedig word nie, gebeur daar twee dinge:
· Die eerste moontlikheid is dat die staat bloot sy gesag verloor omdat dit die Here verloën. Anargie onstaan dan. Onder die dekmantel van demokratiese hervormings word gesag na die massas afgewentel – dit is die werkersklas, studente, skoliere en werklose misdadigers. Wetteloosheid, chaos, wanorde en ‘n vloedgolf van misdaad begin dan om ‘n land te teister. Wette en regulasies word bevraagteken, geminag, as onaanvaarbaar beskou en verwerp. Elkeen doen net wat hy of sy wil. Wanneer belangrike besluite geneem moet word, word gesê: “The people must decide.”
· Die tweede moontlikheid is dat ‘n diktator opstaan en begin om wet en orde deur middel van militêre geweld te handhaaf. Dit lei na gesagsmisbruik, onderdrukking, uitbuiting, die miskenning van basiese menseregte, wreedheid en slawerny. ‘n Diktator beskou homself as aan niemand aanspreeklik vir sy dade nie. Hy doen wat hy wil en neem absolute en hartelose besluite oor die lotgevalle van mense en volkere oor wie sy militêre septer swaai. Omdat die duiwel die outeur van rebellie, wreedheid en wanorde is, en ook ‘n mensemoordenaar van die begin af, het diktators ‘n natuurlike geneigdheid tot ‘n assosiasie met die valse godsdienste.
Die afgelope dekade het verskeie lande onder die beïnvloeding van Amerika en die Verenigde Nasies tot die stap oorgegaan om God se gesag openlik te misken en te verwerp deur humanistiese grondwette te aanvaar waarin geen melding van sy oppergesag en posisie gemaak word nie. Suid-Afrika is ook een van dié lande waarvan die regering sy rug op die ware God gedraai het deur ‘n grondwet te aanvaar waarin hy in sy staatsgesag roem en alle gelowe gelykstel.
Indien die vroeëre kommunistiese magsuitbreiding in die wêreld in ag geneem word, het ten minste 44 lande in dié eeu hulleself tot sekulêre state verklaar. In alle gevalle het dit tot beperkende wetgewing en die vervolging van hul onderdane gelei. Meer as 160 miljoen mense het in die 20ste eeu aan die hand van hul eie regerings in sekulêre state gesterf! Dit is onbegryplik dat daar ten spyte van al dié getuienis aan die einde van hierdie eeu tot sekulêre grondwette teruggekeer word.
Dit is in ‘n tyd soos dié dat Psalm 2 finaal vervul sal word:
“Waarom woel die nasies en bedink die volke nietige dinge? Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die Here en teen sy Gesalfde (Christus) en sê: Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp! Hy wat in die hemel woon, lag; die Here spot met hulle. Dan sal Hy hulle aanspreek in sy toorn, en in sy grimmigheid sal Hy hulle verskrik: Ék tog het my Koning gesalf oor Sion, my heilige berg. Ek wil vertel van die besluit: Die Here het aan My gesê: U is my Seun, vandag het Ek self U gegenereer. Eis van My, en Ek wil nasies gee as u erfdeel en die eindes van die aarde as u besitting. U sal hulle verpletter met ‘n ysterstaf, U sal hulle stukkend slaan soos ‘n erdepot. Wees dan nou verstandig, o konings; laat julle waarsku, o regters van die aarde! Dien die Here met vrees, en juig met bewing. Kus die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die weg vergaan nie; want gou kan sy toorn ontvlam. Welgeluksalig is almal wat by Hom skuil!” (Ps. 2:1-12).
Volgens vers 2 word daar deur die nasies ‘n openlike veldtog teen God én die Here Jesus gevoer. Hulle misken God se oppergesag en bring ander gode voor sy aangesig. Hulle verwerp ook ‘n Christelike lewens- en wêreldbeskouing, die versoening aan die kruis, Christelike onderwys, die Christelike etiek, ens. Hulle ag hulleself eenvoudig nie meer hieraan gebonde nie, en beskou Christelike beginsels as ‘n belemmering vir hulle humanistiese vryheidstrewe: “Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp!” Dit, meen hulle, is ware vryheid, gelykheid en broederskap!
God sê egter uitdruklik dat Hy sy Seun, Jesus Christus, as Koning oor hierdie aarde gesalf het en nasies as sy erfdeel gegee het (v. 7-8). As hulle teen Hom in opstand kom, sal Hy hulle verpletter en stukkend slaan (v. 9). Dieselfde sal met hierdie goddelose regerings en hulle onderdane gebeur as wat met al die vorige wêreldregerings gebeur het wat God misken en verwerp het. Die oordele wag reeds op hulle, want vreeslik is dit om te val in die hande van ‘n lewende God (Heb. 10:31). Hulle sal voortgaan met hulle verwerping van die ware Christus, en dan noodwendig die Antichris (die dier van Openbaring) as wêreldheerser kry. Saam met hom, en as deel van sy militêre diktatuur, sal hulle teen die ware Christus veg wanneer Hy kom om sy koninkryk op die berg Sion te vestig. Saam met die Antichris sal sy misleide volgelinge ook verdelg word wanneer die ware Koning kom:
“En ek het die dier en die konings van die aarde en hulle leërs versameld gesien, om oorlog te voer teen Hom (Jesus Christus) wat op die perd sit, en teen sy leër. En die dier is gevange geneem, en saam met hom die valse profeet wat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy húlle verlei het wat die merk van die dier ontvang en sy beeld aanbid het. Lewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat met swawel brand. En die ander is gedood met die swaard wat uit die mond gaan van Hom wat op die perd sit; en al die voëls is versadig van hulle vlees” (Op. 19:19-21).
Wil die regerings van die nasies, insluitende die Suid-Afrikaanse regering, wat reeds die eerste gevaarlike treë gegee het op die pad van die finale verwerping van die ware God en die ontering van sy Naam deur Hom met die afgode gelyk te stel, hulle nie liewer vriendelik laat waarsku nie? “Wees dan nou verstandig, o konings; laat julle waarsku, o regters van die aarde” (v. 10). Die regters wat help om die goddelose grondwette en ander wette af te dwing waardeur hele nasies geestelik en moreel afvallig gemaak word, word saam met die politieke leiers vir hulle verraad teen God aanspreeklik gehou.
Vir hulle almal sê Psalm 2: “Dien die Here met vrees en juig met bewing.” Daar moet eerbied en ontsag vir die Here wees deur die konings en regters. Die leiers van ‘n land moet dus aan hulle volgelinge die regte voorbeeld stel. As hulle dit nie doen nie, wag daar vir hulle groot probleme: “Kus die Seun (Jesus Christus), dat Hy nie toornig word en julle op die weg vergaan nie; want gou kan sy toorn ontvlam.”
‘n Persoon, ‘n groep of ‘n land wat sy toevlug tot die Here neem, volle erkenning aan Hom gee en waarlik in Hom glo, word gelukkig en geseënd genoem: “Welgeluksalig is almal wat by Hom skuil!”
Die Here Jesus nooi alle sondaars om hulle toevlug by Hom te neem. Bely u sondes en verlorenheid teenoor Hom, verkry sy vergifnis en ontvang Hom as Verlosser in u lewe (1 Joh. 1:9; Joh. 1:12). Gólgota is ‘n skuilplek teen die toorn van die Here, want dáár het God se oordele oor die sondes van die hele wêreld oor Jesus gekom toe Hy sy lewe vir ons afgelê het. Die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom (Jes. 53:5). Het u al sy plaasvervangende dood aanvaar?
As u aan die ware Christus behoort, Hom liefhet en dien, sal u deur die Gees van die waarheid gelei word. Dan sal u nie ‘n slagoffer van die Antichris se misleiding word, en hom uiteindelik op sy pad na die hel volg nie. U sal ook nou reeds duidelik kant kies vír die Christendom en téén die antichristelike nuwe wêreldorde wat besig is om die weg vir die Antichris te berei.
Dit gaan dus oor veel meer as net u houding oor ‘n grondwet, ‘n ideologiese beleidsrigting of ‘n onderwysstelsel. Dit gaan oor u verhouding met die lewende God deur sy Seun, Jesus Christus. As u aan Hóm behoort, sal u die bedreigings van ons tyd raaksien en opstaan tot die stryd om die lig van ‘n donker wêreld en die sout van ‘n bedorwe aarde te wees. Alle Christene moet teëhouers in die huidige opmars van die Antichris na wêreldheerskappy wees (2 Thess. 2:6). Hy is nog nie as persoon geopenbaar nie, maar die werkers van die koninkryk van die duisternis is aktief besig om die wêreldtoneel vir sy verskyning in gereedheid te kry. Dink maar aan die volgende stellings en evalueer die negatiewe gebeure en humanistiese hervormings van ons dag in die lig daarvan:
· Internasionalisme kan nie seëvier as nasionalisme nog sterk funksioneer nie, daarom moet nasionalisme en volkstrots afgebreek en as iets slegs beskou word.
· Eenheid kan nie seëvier as daar nog verdeeldheid, grense en groepsgebondenheid bestaan nie. Alle grense moet afgebreek en brûe van eenheid gebou word. Indien groepe wél erken word, moet hulle nooit eksklusief wees nie, maar oop en akkommoderend ten opsigte van ander groepe.
· ‘n Alliansie van alle godsdienste, in voorbereiding van ‘n antichristelike wêreldgodsdiens, kan nie gevestig word terwyl daar sterk vooroordele teen hierdie idee is nie. Alle kerke en godsdienste moet gelykgestel word, en ekumenies by strukture ingetrek word waar hulle as gelyke vennote kan saamwerk en nader aan mekaar beweeg.
· Die ideaal van godsdienseenheid sal slegs bereik word indien alle gelowe glo dat hulle dieselfde God aanbid (universalisme). Dan sal hulle bereid wees om ook rondom dieselfde wêreldmessias (die Antichris) verenig te word.
· Onderwys moet oral multigodsdienstig wees, sodat die opkomende geslag volgens die inklusiewe en multigodsdienstige sieninge van die nuwe wêreldorde opgevoed kan word. Christelike onderwys wat nie ekumenies is nie, moet dus deur alle regerings uitgefaseer word omdat dit eksklusief is.
· Politieke ideologieë en grondwette moet geensins erkenning aan die Drie-enige God van die Christendom gee nie, omdat dit ander gelowe uitsluit en dus nie vir die kosmiese Christus van alle gelowe (die Antichris en sy meelopers) aanvaarbaar sal wees nie. Dit moet sekulêr óf multigodsdienstig wees.
Al hierdie tendense vorm ‘n wesenlike deel van die voorbereidings vir die Antichris se wêreldstaat. Ons kan dit nie gelate aanvaar, passief toekyk, en onsself dan nog aktiewe Christene noem nie. Ons kan ook nie redeneer dat dit ‘n Bybelse opdrag is om as landsburgers sonder weerstand toe te kyk hoedat die Christendom deur goddelose mense ondergeploeg word nie. Dit gaan nie hier oor partypolitiek nie, maar om die saak van God se koninkryk en die beskerming van kinders teen misleiding in staatskole. Dit gaan ook oor ‘n oorgawe deur alle nasies aan die nuwe wêreldorde, en dit moet gestuit word omdat die Godgegewe regte van nasies en volkere daardeur vernietig sal word. Ten diepste gaan dit oor ’n beplande rebellie teen God en sy Gesalfde, die gekruisigde en opgestane Here Jesus Christus, en ons mag onder geen omstandighede deelgenote hiervan wees, of ons oë wegdraai terwyl dit gebeur nie.
Is jy ‘n teëhouer en help jy andere, ook die lede van jou land se regering, om tot besinning te kom en hulle saak met God reg te maak? Miskien weet baie van hulle nie eers dat hulle direk in die hand van die magte van die duisternis speel deur die rug op God te draai nie. Ons weet dat die god van hierdie wêreld (die duiwel) die sinne van mense verblind (2 Kor. 4:4) en hulle laat dink dat hulle goed doen wanneer hulle die Christendom en die heidendom gelykstel.
Ons wat die lig het, moet soos nooit tevore nie ons lig laat skyn en nie ‘n bedekking daaroor plaas omdat ons boodskap dalk ongewild is nie. Dit is nou die tyd om op te staan vir jou oortuigings en dit duidelik en vreesloos te verkondig!
God se boodskappe wat Hy deur sy profete aan Israel gestuur het, was dikwels in die vorm van waarskuwings oor hulle sonde en afvalligheid. Profete soos Jeremia het ‘n duur prys van persoonlike verwerping en vervolging betaal toe hulle hierdie waarskuwings namens die Here uitgespreek het. Tóg het baie mense na aanleiding daarvan besef dat hulle geestelik afgedwaal en teen God gesondig het, en Hom daarna weer aangeroep en om vergifnis gesmeek. Hy is ‘n genadige God wat groot is van goedertierenheid en vergewensgesindheid. Dit is waarom ons ook nie huiwer om ‘n geestelik siek Suid-Afrikaanse nasie in die Naam van die Here aan te spreek en tot bekering van hulle dwaalweë af op te roep nie.
Daar is wél mense in ons land wat ooreenkomstig die gees van die Protestantisme teen strukture, beginsels, gebruike en wette protesteer waardeur die eer van die Here aangetas en die belange van die Christendom bedreig word. Op 30 Mei 1995 het ‘n groep van 20 000 persone, wat onder die vaandel van Die Christen Stem (The Christian Voice) georganiseer is, na die Parlementsgebou in Kaapstad gemars om teen die beoogde nuwe grondwet en verwante sake soos die wettiging van aborsie en ‘n toegeeflike houding teenoor pornografie, te protesteer. Dit is op 3 Mei 1996 met ‘n soortgelyke optog deur omtrent 12 000 Christene gevolg. In ‘n memorandum wat aan die regering oorhandig is, is onder meer gesê:
“Gedeeltes van die voorgestelde nuwe grondwet is antichristelik. In plaas daarvan dat God in die grondwet geëer word, word die mens verhoog en soewerein verklaar. Vir Christene is slegs God soewerein. Hy is die Koning van die konings, die Heer van die here en die Heerser oor die nasies. Hy is die enigste een wat lewe gee en reën stuur. Dit is skynheilig en aanmatigend om van God te verwag om ons land te seën terwyl ons grondwet in blatante rebellie teen sy ewige Wet is.”
In die memorandum wat aan die voormalige Adjunk-Staatspresident, mnr. F.W. de Klerk, oorhgandig is, is ook daarop gewys dat indien die voorgestelde grondwet aanvaar sou word, dit die doodstraf oor skuldige moordenaars sou afskaf, maar deur middel van die wettiging van aborsie ‘n doodsvonnis oor onskuldige babas sou uitspreek. Pornografie sou as een van baie menslike vryhede beskerm word. Al die versoekskrifte is egter geïgnoreer.
Dr. Ed Cain van Signposts het ook sy stem by die protesaksies teen die grondwet gevoeg, en gesê:
“Baie van die bepalings van die nuwe grondwet is strydig met Christelike oortuigings. Dit is sekulêr omdat dit God ignoreer. Dit is humanisties omdat dit die mens in die plek van God stel. … In die aanhef word die stelling: ‘In humble submission to Almighty God’ vervang met: ‘We, the people of South Africa, recognise the injustices of our past; honour those who suffered for justice and freedom in our land.’ In plaas van om voor God se gesag te buig, gee die aanhef van die grondwet eer aan ‘n sekere groep mense!
“Dit is waar dat die aanhef afsluit met die woorde: ‘May God protect our people’ en ‘God bless South Africa’ (die openingswoorde van Nkosi Sikelela iAfrika) in ses tale. Om egter die Here se beskerming en seën te soek sonder om Hom te eer en aan Hom onderdanig te wees, beteken baie min.”
Die rede waarom grondwette van dié aard so maklik aanvaar word, is omdat dit die gees van die antichristelike nuwe wêreldorde adem. Dit word internasionaal aangeprys omdat dit na bewering so billik en demokraties is, en nie onderdrukkende maatreëls bevat nie. Dit stel niemand in ‘n slegte lig nie, ook nie Bybels immorele gedrag soos homoseksualisme nie, en dit beskerm selfs die regte van moordenaars.
Omdat humanistiese menseregte en vryheid van assosiasie en uitdrukking bo groepsregte verhef word, word kultuurgroepe en godsdiensgroepe net in ‘n beperkte mate erken en beskerm. In werklikheid word eksklusiewe groepsregte nie toegestaan nie, en word hierdie groepe eerder aan vermenging met ander groepe, kulture en godsdienste blootgestel.
Grondwette van dié aard is die boustene van die nuwe wêreldorde. Indien die beginsels daarvan verder deurgetrek word, sal ‘n neo-Babiloniese samelewing wêreldwyd sy beslag kry. Alles sal in een internasionale orde saamvloei waarin nasionale soewereiniteit uiteindelik ook as ‘n eksklusiewe groepsreg ter wille van internasionalisme opgeoffer sal word. Alle nasies sal dan saamwerk om ‘n gemeenskaplike struktuur vir ‘n wêreldregering en ‘n alliansie van wêreldgodsdienste te skep. Volgens die Bybel sal die Antichris die hoof hiervan wees en dit gebruik om Satan se doelwit van universele heerskappy en aanbidding te verwesenlik.
Dit is dus ‘n ernstige saak wat ons hier aanspreek omdat die lotgevalle van individue én volke ten nouste daardeur geraak word. Soos Josua, moet ‘n Christen altyd ‘n duidelike standpunt oor sy godsdienstige oortuigings inneem:
“Kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: óf die gode wat julle vaders daar oorkant die Eufraat gedien het, óf die gode van die Amoriete in wie se land julle woon; maar ek en my huis, ons sal die Here dien” (Jos. 24:15).
Die Suid-Afrikaanse regering het, grondwetlik gesproke, die humanistiese en antichristelike weg gekies deur nie die oppergesag van die Drie-Enige God te erken nie, en dus ook nie sy Woord tot die hoogste morele norm in die samelewing te verhef nie. Nou, byna 'n dekade later, maai die land wat hy gesaai het. Humanisme, sonde, korrupsie, normloosheid, wetteloosheid, die afskaffing van Christelike norme en Christelike onderwys, asook wydverspreide misdadigheid, is alles die gevolge daarvan as mense die rug op die lewende God keer. Só 'n land kry dan deur sy eie keuse en toedoen 'n "ander god" om oor hom te regeer. Hy is Satan, die god van hierdie wêreld, wat die sinne van mense verblind sodat hulle glad nie die waarheid kan sien nie (2 Kor. 4:4).
Deur Prof. Johan Malan
“Sagaria” beteken “die Here onthou.” Sagaria se vader was die priester Berégja. Sy gesin was onder die bykans 50 000 Joodse ballinge wat in 536 v.C. uit die Babiloniese ballingskap na Jerusalem teruggekeer het. Sagaria was ‘n tydgenoot van Haggai die profeet, Serubbábel die goewerneur en Josua die hoëpriester (Esra 5:1-2; Sag. 3:1; 4:6; 6:11). Hy was tydens die begin van sy profetiese bediening ‘n jongman gewees (vgl. 2:4).
George Robinson het in die International Standard Bible Encyclopaedia die volgende stelling gemaak: “Sagaria is die mees Messiaanse, die mees waarlik apokaliptiese en eskatologiese geskrif van al die boeke in die Ou Testament.” Die Messiaanse stellings in dié boek word dikwels in die Nuwe Testament aangehaal.
Die val van die koninkryke van Juda en Israel, asook hulle herstel uit die ballingskap, vorm die historiese agtergrond vir hierdie boek. Die Assiriërs het in 722 v.C. ‘n einde aan die noordelike koninkryk van Israel gebring, terwyl Nebukadnésar die suidelike koninkryk van Juda in 586 v.C. vernietig het. Baie van Jerusalem se inwoners is vir 70 jaar lank as ballinge na Babilon weggevoer (Jer. 25:11; 29:10). Gedurende hierdie ballingskap het die profeet Daniël die openbaring ontvang dat Israel deur heidense nasies oorheers en onderdruk sou word totdat die koninkryk van die Messias in Jerusalem gevestig is (Dan. 2 & 7). Die Bybel verwys na hierdie lang tyd van Israel se onderwerping as “die tye van die nasies” (Luk. 21:24).
Dit is baie belangrik om in gedagte te hou dat Sagaria se profesieë aan die verenigde volk van Israel, bestaande uit al 12 die stamme, gerig word. Hulle was nie meer ‘n verdeelde volk nie. Daar is ongelukkig mense wat dink dat die sogenaamde tien verlore stamme van Israel na Europa getrek en die stamvaders van die Westerse nasies geword het. Dié mense beweer dat net Jode van die stamme van Juda en Benjamin uit Babilon na Jerusalem teruggekeer het. Die groepe wat teruggekeer het, was egter verteenwoordigend van al 12 die stamme. Die volgende is belangrikste feite wat hierdie stelling staaf:
Daar was nooit ‘n rigiede verdeling tussen die twee en die tien stamme van Israel gewees nie. Die noordelike ryk van Israel is gedurende die 250 jaar van sy bestaan deur 19 goddelose konings regeer. Daar was nie eers een godvresende onder hulle nie. Hierdie konings was só onbevoeg en boos dat baie van hulle onderdane na die suidelik ryk van Juda verhuis het (2 Kron. 11:14-17).
Wanneer die gelowige Israeliete gehoor het dat daar ‘n godvresende koning in Juda regeer het, soos bv. koning Asa, het hulle permanent na hom toe oorgeloop: “Daarop vergader hy die hele Juda en Benjamin, ook die vreemdelinge wat uit Efraim en Manasse en uit Simeon by hulle was; want uit Israel het hulle in menigte na hom oorgeloop toe hulle sien dat die HERE sy God met hom was” (2 Kron. 15:9).
‘n Ander rede vir die voortgesette versterking van Juda en die drastiese verswakking van Israel, was oorlogvoering. Koning Asa se vader, Abia, het teen Israel geveg en 500 000 van Israel se soldate het gesneuwel (2 Kron. 13:17-18). Binne 20 jaar het die weermag van Juda van net 180 000 (1 Kon. 12:21) tot 580 000 gegroei (2 Kron. 14:8). Ná 40 jaar het Juda ‘n gedugte weermag van 1 160 000 soldate gehad (2 Kron. 17:14-18). In teenstelling hiermee het Israel se weermag tot ‘n skamele 7000 manskappe gekrimp (1 Kon. 20:15). Dit is onmoontlik om die dramatiese toename in Juda se weermag net aan natuurlike aanwas toe te skryf. Die groot volksverhuisings uit Israel is hiervoor verantwoordelik, wat beteken dat Juda met die verloop van tyd weer verteenwoordigend van al twaalf die stamme geword het.
Mense skep soms op grond van 2 Konings 17:18 die misleidende indruk dat die hele Israel in 721 v.C. na Assirië weggevoer is. Salmanéser V (726-722 v.C.) het die laaste koning van die tienstammeryk, Hosea, gevange geneem en die hoofstad Samaria beleër. Sargon II (721-705 v.C.) deel in sy annale mee dat hy aan die begin van sy koningskap, in sy eerste regeringsjaar, Samaria ingeneem en 27 290 inwoners weggevoer het (kyk 2 Konings 17:1-6). In werklikheid is net die leiers en vooraanstaande families van Israel weggevoer, sodat die leierselement daarvan weg was. Die arm mense, wat ver in die meerderheid was, het agtergebly. Dit was ook die geval met die Babiloniese ballingskap van die suidelike koninkryk 134 jaar later (2 Kon. 24:14-16 en 25:11-12).
Die vergesogte bewering deur die Israelvisie-beweging dat die 27 290 ballinge na Europa toe getrek en die stamvaders van al die blanke nasies van die Westerse wêreld geword het, moet ook beantwoord word. Dit is ‘n histories bewese feit dat daar in hierdie tyd glad nie so ‘n volksverhuising plaasgevind het nie. Daar is geen verlore stamme van Israel wat die stamvaders van die Europeërs geword het nie. Die Europese volke stam van Jafet af (Gen. 10:2-5) en is glad nie Semiete nie!
In 2 Konings 17:6 word die stede in die Assiriese ryksgebied genoem waarheen die ballinge weggevoer is. In 612 v.C. is Assirië deur die Babiloniërs oorwin en het hulle grondgebied deel van die Babiloniese ryk geword. Die profeet Eségiël wat in 597 v.C. saam met Jójagin deur Nebukadnésar na Babilonië weggevoer is, het in Tel-Abib by die Kebarrivier gewoon. Hier het hy ook die ballinge van Israel aangetref, oor wie die Here met hom gepraat het (Eseg. 2:3; 3:14-17).
‘n Groep van die tien stamme van Israel was dus in Assirië (wat later by Babilonië ingelyf is), ‘n ander groep het in Samaria agtergebly, terwyl ‘n groot groep reeds na Juda verhuis het. Die twee huise van Israel (die tien stamme en die twee stamme) het sedert die Babiloniese ballingskap van Juda dieselfde geskiedenis gehad en word daarna as een volk beskryf. ‘n Jaar ná Eségiël se besoek aan die ballinge in Tel-Abib sê hy: “Ag Here HERE, gaan U die hele oorblyfsel van Israel vernietig deurdat U u grimmigheid oor Jerusalem uitgiet? Toe sê Hy vir my: Die ongeregtigheid van die huis van Israel en van Juda is buitengewoon groot, en die land is vol bloedskuld, en die stad is vol regsverbreking” (Eseg. 9:8-9).
Daar is geen Bybelse óf betroubare buite-Bybelse bronne wat enige melding van Israel se beweerde uittog na Europa maak nie. Selfs 160 jaar ná die Assiriese ballingskap van Israel word daar geskryf: “En die kinders van Israel het gewandel in al die sondes van Jeróbeam wat hy gedoen het, hulle het daar nie van afgewyk nie; totdat die HERE Israel van sy aangesig verwyder het soos Hy gespreek het deur al sy diensknegte, die profete; en Israel is in ballingskap uit sy land weggevoer na Assirië tot vandag toe” (2 Kon. 17:22-23).
Die feit dat Israel en Juda saam in die Assiries/Babiloniese gebied verdruk is, en ook daar ingeperk is, word deur Jeremia bevestig: “So sê die HERE van die leërskare: Die kinders van Israel en die kinders van Juda is saam verdruk; en almal wat hulle as gevangenes weggevoer het, hou hulle vas, weier om hulle te laat trek. Maar hulle Verlosser is sterk, HERE van die leërskare is sy Naam” (Jer. 50:33-34).
Dit is hieruit duidelik dat Assirië én Babilonië geweier het om die ballinge te laat trek. Hulle is dus ook nie toegelaat om Europa toe te trek nie! Die opdrag om te trek het eers gekom nadat die mag van Babel in 539 v.C. deur die Persiese koning, Kores, verbreek is. Hy het die ballinge na hul eie land laat teruggaan (Esra 1:2-3).
Dit was dus die wil van die Here, die God van Israel, dat die hele volk uit die ballingskap na hulle eie land terugtrek, en dat slegs Jerusalem as hulle gemeenskaplike hoofstad herbou sou word (vgl. Eseg. 37:21-22). Die Bybel is ook baie duidelik daaroor dat lede van die hele Israel (m.a.w. al 12 die stamme wat weggevoer is) uit die ballingskap teruggekeer het (Esra 2:70; 3:1-2; 6:21; 7:7-13; 10:1-5). Daar is geen verlore stamme van Israel nie!
Die klein groepies Jode wat nie na hulle eie land wou terugkeer nie, het ná die val van die Babiloniese ryk na verskeie lande in Asië en Europa verstrooid geraak. Die meeste van hulle het hul identiteit as Jode behou en verkies om nie met lede van ander nasies te ondertrou nie. Hulle het ook sinagoges gebou om hulle tradisionele godsdiens te beoefen. Paulus het sulke groepe Jode op sy sendingreise besoek. Hulle getalle het ná die vernietiging van Jerusalem in 70 n.C. aansienlik toegeneem.
Wat die benaming Judabetref, moet daarop gewys word dat dit die koninklike stam onder die 12 stamme van Israel is, waaruit ook die Messias, Jesus Christus, gebore is. Dit is dus logies dat al die stamme met Juda sal identifiseer. Soos reeds genoem, het dit voor die Babiloniese ballingskap al gebeur dat groot groepe uit die noordelike 10 stamme by Juda aangesluit het. Ná die ballingskap, vroeg in die 6de eeu v.C. het die term Jodegevestig geraak as ‘n sinoniem vir Israel. In die boeke Esra en Nehemia wat kort ná die ballingskap geskryf is, word die begrippe Jodeen Israelafwisselend en alternatiewelik vir dieselfde volk gebruik (Esra 6:8, 16-17, 21; Neh. 1:6; 4:1).
In sy boek wissel Sagaria ook die terme Jood en Israel af wanneer hy na die herstelde volk verwys. Hy sê dat Israel ná al die lyding en vyandigheid wat hulle ervaar het, uiteindelik ten volle herstel en geestelik lewend gemaak sal word. Dan sal hulle aanvaar en grootliks geëer word deur die nasies wat self in die millennium die Messias sal dien: “In dié dae sal tien man uit al die tale van die nasies die slip van ‘n Joodse man gryp en dit vashou en sê: Ons wil met julle saamgaan, want ons het gehoor dat God met julle is” (8:23). In 9:1 en 12:1 verwys Sagaria na dieselfde volk as Israel.
Die situasie wat ná die ballingskap deur Sagaria beskryf word, is dié van ‘n verenigde Israelse volk wat deur die moeilike uitdaging gekonfronteer is om die verwoeste stad en tempel te herbou. Nadat die Babiloniese ryk in 539 v.C. deur die Medo-Persiese ryk ingeneem is, het Kores toestemming gegee dat die Jode kon terugkeer om Jerusalem en die tempel te herbou (Esra 1:2-4; 2 Kron. 36:22-23). Hulle het in 536 v.C. teruggekeer. Offers is spoedig op ‘n herstelde brandofferaltaar gebring (Esra 3:1-6), en in die tweede jaar is die fondament van die tempel gelê (Esra 3:8-13; 5:16). Naburige volke, veral die Samaritane, het die werk in Jerusalem teëgestaan. Hierdie opposisie, tesame met die groot armoede waarin die Jode uit die ballingskap verkeer het, het hulle geesdrif ondermyn en uiteindelik daartoe gelei dat die werk van heropbouing vir 16 jaar lank gestaak is totdat die Persiese koning, Darius, aan bewind gekom het. In die tweede regeringsjaar van Darius (520 v.C.) het God vir Haggai as profeet opgewek om die volk aan te moedig om die tempel verder te herbou (Esra 5:1-2; Hag. 1:1). Sagaria het hulle ook tot geestelike vernuwing opgeroep, en tot die voltooiing van die tempel, deurdat hy God se toekomstige plan met Israel en Jerusalem aan hulle bekend gemaak het. Die volk is grootliks hierdeur bemoedig en het en het die tempel in 515 v.C. voltooi.
Die volgende onderwerpe word in Sagaria behandel:
Ná die aanvanklike oproep tot bekering (1:2-6), beskryf Sagaria ‘n reeks van agt profetiese naggesigte wat hy in ‘n enkele nag gesien het (1:7–6:8). Hierdie gesigte is openbarend van aard, met beeldende beskrywings van dit wat die toekoms inhou, sodat die volk in die lig daarvan bemoedig kon word. Volgens Walvoord & Zuck se kommentaar (ibid.) het die naggesigte die volgende basiese betekenisse:
Naggesig |
Betekenis |
|
Die ruiter op die rooi perd tussen die mirtebome (1:7-17) |
God se toorn oor die nasies en sy seëninge vir die herstelde Israel |
|
Die vier horings en die vier smede (1:18-21) |
God se oordeel oor die nasies wat vir Israel onderdruk |
|
Die man met die meetsnoer (hfst. 2) |
God se toekomstige seëninge oor die herstelde Jerusalem en Israel |
|
Die reiniging en toewyding van Josua, die hoëpriester (hfst. 3) |
Israel se toekomstige reiniging van sonde en hulle herstel as ‘n priesterlike volk |
|
Die goue kandelaar en die twee olyfbome (hfst. 4) |
Israel as ‘n lig vir die nasies onder die Messias, die Priester-Koning |
|
Die vlieënde boekrol (5:1-4) |
Die felheid en omvang van goddelike oordele oor individuele Israeliete |
|
Die vrou in die efa (5:5-11) |
Die verwydering van Israel se nasionale sondes en rebellie teen God |
|
Die vier strydwaens (6:1-8) |
Goddelike oordeel oor die nasies |
God se liefde vir sy volk Israel is uit hierdie beskrywings baie duidelik. Hy het beloof om hulle in hul land te herstel en Jerusalem tot ‘n lof op aarde te maak (Sag. 1:16; Jes. 62:6-7). Die Messias, Jesus, is die Middelaar deur wie hierdie beloftes van seën aan Israel vervul sal word. Die Here sal nie vir Israel bloot op grond van hulle afkoms seën nie. Diegene onder hulle wat die Messias verwerp, sal in ‘n groot verdrukking beland, waaruit net ‘n gelowige oorblyfsel gered sal word (13:8-9).
In sy studie van Sagaria het die outeur ruim van die volgende bronne gebruik gemaak: F.D. Lindsey (Zechariah, in: J.F. Walvoord & R.B. Zuck, red., The Bible Knowledge Commentary) en D.E. Malan (Bybelstudie oor Sagaria). Skrifaanhalings kom uit die 1933 vertaling van Die Bybel, soos in 1953 hersien.
Johan Malan - Afrikaanse Artikels
Elke ware kind van God (jonk of oud, manlik of vroulik, geleerd of ongeleerd, ryk of arm, leraar, evangelis of net ‘n gewone gelowige) word tot heiligmaking geroep sodat hy of sy gereinig en geestelik toegerus kan word om ‘n getuie te wees deur wie die Here die wêreld kan aanspreek (Hand. 1:8). Jou lewenswyse, jou houding, jou gesprekke en jou optrede moet die boodskap van die Here Jesus se liefde en reddende genade uitstraal. Mense moet onteenseglik in jou lewe kan sien dat die Here jou nuut gemaak het. Jy moet ook ‘n verkondiger van die boodskap wees dat Jesus Christus die enigste Verlosser van die wêreld is. Paulus sê aan die gemeente: “Julle is ‘n brief… geken en gelees deur alle mense omdat julle duidelik ‘n brief van Christus is… geskrywe nie met ink nie, maar met die Gees van die lewende God; nie op kliptafels nie, maar op die vleestafels van die hart” (2 Kor. 3:2-3).
Of jy daarvan hou of nie, die wêreld kyk na jou lewe as jy daarop aanspraak maak om ‘n Christen te wees. Jy ís ‘n brief wat deur ander gelees word. Dit is tot die eer van die Here, én beslis ook in jou eie belang, dat jy baie seker moet maak dat jy nie net ‘n vormgodsdienstige is nie – ‘n onweergebore naamchristen wat net ‘n gedaante van godsaligheid het en ondanks jou beste pogings besig is om ander mense geestelik te mislei (2 Tim. 3:5).
Tweedens moet jy seker maak dat jy nie ‘n vleeslike Christen is wat wél ‘n getuienis van redding het, maar nog steeds onder die mag van die ongekruisigde vlees lewe en dus die selfsugtige, afstootlike en ondermynende werke van die vlees doen nie (1 Kor. 3:1-3; Gal. 5:17). Só ‘n persoon probeer wél om ‘n beeld van Christenskap uit te dra, maar is terselfdertyd op eer, rykdom en die grootsheid van die lewe ingestel.
Sommige van die Here Jesus se dissipels het in ‘n stadium, voor die vervulling met die Heilige Gees, aan die kwaal van geestelike hoogmoed gely. Christus het dit net daar in die kiem gesmoor: “Elkeen wat onder julle eerste wil word, moet julle dienskneg wees; net soos die Seun van die mens nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as ‘n losprys vir baie” (Matt. 20:27-28). ‘n Vleeslike Christen lei ‘n lewe van val en opstaan en dra dus ‘n teenstrydige boodskap aan die wêreld uit. Al probeer jy ook hoe hard, jy sal nooit regtig weet waar jy met só ‘n persoon staan nie. Hoe meer jy te wete kom, hoe groter en meer onverklaarbaar raak die teenstrydighede. Voordat die oplossing van ‘n volle oorgawe, hartsreiniging en vervulling met die Heilige Gees gevolg is, sal dié probleem nie vanself regkom nie (Luk. 9:23; Gal. 6:14; Ef. 4:22-24).
Eers wanneer die Heilige Gees volle beheer oor jou lewe verkry het en die woorde van God as lewensreëls op die tafels van jou hart gegrafeer is, kan jou lewe ‘n brief van Christus wees wat die wêreld sal aanspreek. Jy sal gou agterkom dat die krag van die Here in swakheid volbring word, dat jy met veel vrees, bewing en die bewussyn van jou eie onwaardigheid sal preek, maar dat die Here se seën ryklik op jou en jou bediening sal rus. Jou prediking sal nie oorredende woorde van menslike wysheid wees nie, maar die in die betoning van Gees en krag (1 Kor. 2:4).
Die ware profete van God het nog nooit met die wêreld gekompeteer om te kyk wie die populêrste, mooiste, slimste, rykste, geleerdste of magtigste is nie. Hulle was eenvoudige manne op wie die salwing van die Here duidelik gerus het. Die gesag van hulle boodskap het nie uit hulle eie posisie, voorkoms of aansien voortgevloei nie, maar by die Gewer – God self – berus. Hulle het nie net God se boodskap afgelewer nie, maar dit ook uitgeleef. Hulle is egter altyd deur die wêreld verwerp.
Die moderne predikers en “profete” (baie van hulle is selfaangestelde profete) wil nie die weg van die kruis volg en met ‘n middelmatige bestaan tevrede wees nie. Hulle aanvaar nie die feit dat ons vreemdelinge en bywoners in hierdie bedeling is, en dat ons ons beloning eers in die koninkryksbedeling van die vrederyk sal ontvang nie. Ten einde hulleself te kan behaag en openlik mag, majesteit, rykdom en eer na te jaag, verdraai hulle die Bybel deur te verklaar dat ons nóú reeds in die koninkryksbedeling is en dus ons verhewe posisie moet najaag, bevorder en bevestig.
Die feit is dat daar ná die wederkoms van Christus ‘n duisendjarige vrederyk sal wees wanneer die duiwel gebind sal wees en ons as konings saam met die Here Jesus sal regeer. Mense wat dit egter nie glo nie, probeer om van die kerkbedeling ook ‘n koninkryksbedeling te maak. Dit beteken dat die duiwel nóú gebind en van alle mag op aarde gestroop moet word, dat ons nie verwerpte diensknegte nie maar heersende konings moet wees, dat ons nooit siek of arm hoef te wees nie, en dat ons onbeperkte tekens en wonders moet doen om ons posisie as konings of “klein godjies” te bewys.
Is jy ‘n slagoffer van koninkryksteologie? Kom dan baie vinnig daar uit en bewandel weer die smal weg. Moenie toelaat dat tekens, wonders, val of lag in die gees, die voorspoedsevangelie, en enige vorm van geestelike magsvertoon jou van die kruisweg af laat wegdwaal nie. Waak aan die ander kant ook teen ‘n dooie vormgodsdiens waarin jy salig gespreek word sonder dat jy jou deur sondebelydenis tot die lewende God hoef te bekeer deur Jesus Christus. Hy staan gereed om jou te vergewe, maar jy moet in die gebed tot Hom nader deur jou sondes te bely (1 Joh. 1:8-9; Spr. 28:13). Ook Christene wat teruggeval het, moet met die belydenis van hulle sonde na die Here terugkeer (Luk. 15:18).
Soek daarna na die vervulling met die Heilige Gees sodat jy met krag uit die hoogte beklee kan word (Luk. 24:49). Die krag van die Heilige Gees sal aan jou oorwinning oor sonde gee (Gal. 5:16), krag in die stryd teen die Bose (Ef. 6:10-11) asook krag en vrymoedigheid om die evangelie te kan verkondig (Hand. 1:8 en 4:31). Eers dán sal jy ‘n brief van God wees wat deur die Heilige Gees op die tafels van jou hart geskryf is. Dit is wat die salwing van God oor jou lewe behels – dit is dieselfde salwing wat ook op die Here se Woord berus, want Hy het gesê: “Die woorde wat Ek tot julle spreek, is Gees en is lewe” (Joh. 6:63). Wanneer die lewendmakende Gees van God ook vir jou vervul en bekragtig het, sal jy as ‘n mondstuk en getuie vir Christus in die huidige goddelose wêreld gebruik kan word.
In die Bybel word daar verskeie beelde gebruik om aan ons te toon op watter wyse ons lewe en getuienis die wêreld namens die koninkryk van God moet aanspreek. Beoordeel jouself aan die hand daarvan om vas te stel of jy aan jou hoë roeping in Christus voldoen.
Die Here Jesus, wat self die lig van die wêreld is, sê vir sy dissipels: “Julle is die lig van die wêreld” (Matt. 5:14). Uit onsself is ons nie die lig nie, maar ons moet van die lig getuig (Joh. 1:8). As Christus in ons harte woon, dan skyn die lig van sy teenwoordigheid en kennis in en deur ons. Deur ons optrede en getuienis kán ons die lig van ‘n geestelik donker wêreld wees en skyn soos ligte te midde van ‘n krom en verdraaide geslag (Fil. 2:15).
Laat jy jou lig skyn, of is jy deur jou stilswye en die lae profiel wat jy as ‘n Christen handhaaf, besig om ‘n emmer oor die lig te plaas en dit sodoende uit te doof? (Matt. 5:15). Wandel in die lig en laat die lig van God se teenwoordigheid elke dag oor jou weë skyn. ‘n Christen is soos ‘n kandelaar waarin die olie van die Heilige Gees gegiet en daagliks opgevul word. Die lamppit moet ook gereeld skoongemaak en al die roet verwyder word. Sorg dat jy altyd vol van die Heilige Gees is en ‘n rein lewe lei sodat jy deur die Here gebruik kan word. Laat julle heupe omgord wees (gereed vir diens) en julle lampe aan die brand (die vlam van geloof, hoop en liefde wat hoog brand ) sodat jy uitgestuur kan word om verlore skape op hulle dwaalweë te gaan soek.
Ons leef in ‘n moreel en geestelik verrottende wêreld wat ál hoe slegter word na die einde toe (1 Tiim. 4:1; 2 Tim. 3:1-5). Dit is die Christen se taak om bederfwerend op te tree en nie hierdie afwaartse tendens gelate te aanvaar nie. “Moet geen gemeenskap hê met die onvrugbare werke van die duisternis nie, maar bestraf dit liewer” (Ef. 5:11). Ons moet onsself vlekkeloos van die wêreld bewaar deur niks met hierdie sondige dinge te doen te hê nie. Dit is slegs wanneer ons rein van hande en suiwer van hart is dat ons vrymoedigheid sal hê om in die heilige teenwoordigheid van die Here te verskyn en gereeld vir andere te bid.
Ons moet geestelike vrymoedigheid hê om op die nuwe en lewende weg na die genadetroon toe te tree, “met ‘n waaragtige hart in volle geloofsekerheid, die harte deur besprenkeling gereinig van ‘n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water” (Heb. 10:22). Dit is slegs wanneer ons waarlik rein gewas is deur die bloed van die Lam en deur die krag van die Heilige Gees wandel, dat ons vir ander kan bid en bederfwerend kan optree. As ons nie die balk uit ons eie oog haal nie, sal ons nie goed genoeg kan sien om probleme in ander mense se lewens te identifiseer en te help oplos nie.
Elke Christen het ‘n bepaalde roeping en doel in die koninkryk van die Here. Ons is nie in kompetisie met mekaar nie, maar moet aanvullend tot mekaar optree sodat die hele liggaam goed kan funksioneer en die oorhoofse doel van die uitbreiding van God se koninkryk op aarde meer effektief nagestreef kan word. Dien en versterk jy die ander lede in die liggaam van Christus deur die besondere gawes en talente wat die Here aan jou gegee het? Indien wel, dan sal jy nie eendag met leë hande voor die Here staan nie (1 Kor. 3:15).
Doen net jou plig, veral op dié terreine waar die Here jou bekwaam gemaak het. ‘n Talent of gawe word deur geestelike toewyding (gebed en Bybelstudie) en intensiewe gebruik (diensbaarheid) verbeter. Sommige Christene laat egter ná om dit te doen, daarom die vermaning: “Verwaarloos nie die genadegawe wat in jou is nie” (1 Tim. 4:14). Veral in hierdie tyd van permissiwiteit, dissiplineloosheid en biddeloosheid moet ons onsself des te meer beywer om kwaliteitdiens aan die Here én aan mekaar te lewer: “Die einde van alle dinge is naby; wees dan ingetoë en nugter om te kan bid. Maar bo alles moet julle mekaar vurig liefhê… Namate elkeen ‘n genadegawe ontvang het, moet julle mekaar daarmee dien soos goeie bedienaars van die veelvuldige genade van God” (1 Pet. 4:7-10). Só alleen kan die liggaam van Christus op aarde goed funksioneer.
Alle Christene word geroep om geestelik produktief te wees deur vrugte te dra wat by die bekering pas (Matt. 3:8). Die Here maak dit vir ons moontlik om hierdie doel te bereik. Die regverdige is “soos ‘n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit” (Ps. 1:3). Dit is net die seën en genade van die Here wat só ‘n lewe moontlik maak: “Geseënd is die man wat op die Here vertrou, en wie se vertroue die Here is. Want hy sal wees soos ‘n boom wat by die water geplant is en sy wortels uitskiet by die stroom en nie vrees as daar hitte kom nie, maar sy blad bly groen; en in ‘n jaar van droogte is hy nie besorg nie en hou nie op om vrugte te dra nie” (Jer. 17:7-8).
Die geheim van ‘n vrugbare lewe, selfs ook in uiters moeilike omstandighede, is die waterstroom waarby die boom van ons lewe geplant is. Die Here Jesus is self die water van die lewe (Joh. 6:35). Sy geestelike seëninge skenk Hy deur die Heilige Gees aan ons. Jesus het gesê: “As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink! Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei. En dit het Hy gesê van die Heilige Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo” (Joh. 7:37-39). Wanneer ons Geesvervulde lewens lei, sal die vrug van die Heilige Gees in ons lewe gedy.
Baie mense se lewens is egter totaal onvrugbaar omdat hulle ver van die waterstroom van God se genade af staan en dus glad nie daaruit put nie. Hulle ervaar nie die warmte en versorging van sy teenwoordigheid nie en voer ‘n kwynende bestaan weg van Hom af – sonder God en sonder hoop in die wêreld. In die droogte en koue verloor hierdie bome selfs ook al hulle blare en staan met kaalgestroopte takke op die vlakte van verlatenheid, waar hulle soos met lang, krom vingers na ‘n troostelose lug gryp. Hulle het ‘n diep verlange na ‘n beter lewe, maar weet nie hoe om dit te kry nie.
Dit is ook die beeld van die teruggevalle Christen. Hy weet van beter dae in sy lewe, en verlang hartstogtelik daarna terug. Iemand het dié situasie in gedigvorm só beskryf: “Hier waar ek in die snerpende koue langs jou staan, o grote boom, hoor ek hoe die winterwind deur jou kaalgestroopte takke loei; en krakende, sugtende roep jy: Gee tog weer terug aan my al my groen blare en blommeweelde!”
Keer terug na die hemelse Landbouer sodat Hy jou weer by die stroom van sy genade kan plant waar jy in sy liefde gewortel en gegrond kan word. Dan sal jy wees soos ‘n tuin wat goed besproei is en die lentegeur van bloeisels oral versprei (Jes. 58:11). Selfs op ‘n hoë ouderdom sal jy nie ophou om vrugte te dra nie: “Die regverdige sal groei soos ‘n palmboom; hy sal opgroei soos ‘n seder op die Libanon. Geplant in die huis van die Here, sal hulle groei in die voorhowe van onse God. In die gryse ouderdom sal hulle nog vrugte dra, hulle sal vet en groen wees, om te verkondig dat die Here reg is, my rots, en in Hom is geen onreg nie” (Ps. 92:13-16).
Die kerk van Christus word as sy bruidsgemeente beskryf. Ons moet nóú, in hierdie sondige wêreld, gereinig en geheilig word sodat ons sonder vlek of rimpel by die bruilofsmaal van die Lam aan die hemelse Bruidegom voorgestel kan word. Die Here maak dit vir ons moontlik: “Christus [het] ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee om dit te heilig… sodat Hy die gemeente voor Hom kon stel, verheerlik, sonder vlek of rimpel of iets dergliks; maar dat dit heilig en sonder gebrek sou wees” (Ef. 5: 25-27).
Baie min Christene leef egter heilige en toegewyde lewens. Hulle laat toe dat die duiwel hulle verlei om sonde te doen en wêreldgelykvormig te leef deur rykdom, eer en roem na te jaag. In die proses ly hulle skade aan hul siele en deurboor hulleself met baie smarte. ‘n Ander slaggat van Satan waarin miljoene Christene trap, is om leerstellige dwalings ten prooi te val en sodoende ook van hulle opregtheid in Christus weg te val. Paulus waarsku die gemeente baie ernstig teen geestelike verval:
“Want ek is jaloers oor julle met ‘n goddelike jaloersheid, want ek het julle aan een man verbind, om julle as ‘n reine maagd aan Christus voor te stel. Maar ek vrees dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus. Want as iemand kom en ‘n ander Jesus verkondig as wat ons verkondig het, of as julle ‘n ander gees ontvang as wat julle ontvang het, of ‘n ander evangelie as wat julle aangeneem het, laat julle jul dit goed geval” (2 Kor. 11:2-4).
Wat behels hierdie wanvoorstellings waardeur die gemeente van Christus afvallig gemaak en die boodskap wat hulle aan die wêreld moet uitdra, vervals word?
· Dit is skewe voorstellings van Jesus waarin die klem meer op tekens en wonders as op geestelike seëninge en die gawe van wedergeboorte en heiligmaking geplaas word.
· Dit is skewe voorstellings van die Heilige Gees, deur Hom aan absurde en onbybelse manifestasies soos onbeheerste lagbuie, dronkenskap, dieregeluide en ander ervarings te koppel.
· Dit is skewe voorstellings van die evangelie deur die betekenis van die kruis en die bloed van Christus te verloën en in die plek daarvan sakramente of bonatuurlike ervarings tot die norm te verhef.
Deur hierdie vervalsings bevlek Christene hulself geestelik en maak hulleself onwaardig om in die ivoorpaleis van die Koning aan die hemelse Bruidegom voorgestel te word. Hoe sien jou kleed daar uit en het jy dit in gereedheid gebring? Johannes sê: “Laat ons bly wees en ons verheug… want die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak. En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges”(Op. 19:7-8). Sal jy ‘n lid van hierdie geseënde groep wees?
“Die koningin staan aan U regterhand in goud van Ofir… Louter heerlikheid is die Koning se dogter daarbinne; van gouddraad is haar kleding. In veelkleurige gewade word sy na die Koning gelei” (Ps. 45:10, 14-15).
Leef elke dag op na die hoë roeping van God in Christus Jesus. Die instaatstellende krag van die Heilige Gees is tot jou beskikking. As jy bereid is om nederig en gehoorsaam in die voetspore van die Here Jesus te volg, sal jy vrymoedigheid hê op die dag wanneer Hy verskyn en nie beskaamd van Hom weggaan by sy wederkoms nie (1 Joh. 2:28).
Matthéüs 4:17:
“Van toe af het Jesus begin om te preek en te sê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom.”
Lukas 8:4-15:
“En toe daar ‘n groot menigte vergader, en die wat uit die verskillende stede by Hom aangesluit het, sê Hy aan hulle deur ‘n gelykenis: ‘n Saaier het uitgegaan om sy saad te saai; en toe hy saai, val ‘n deel langs die pad en is vertrap, en die voëls van die hemel het dit opgeëet. En ‘n ander deel het op die rots geval; en nadat dit opgeskiet het, het dit verdroog, omdat dit geen vogtigheid gehad het nie. En ‘n ander deel het tussen die dorings in geval; en die dorings het daarmee saamgegroei en dit verstik. En ‘n ander deel het in die goeie grond geval en gegroei en honderdvoudige vrug opgelewer. Toe Hy dit gesê het, roep Hy uit: Wie ore het om te hoor, laat hom hoor! En sy dissipels het Hom gevra en gesê: Wat beteken hierdie gelykenis tog? En Hy antwoord: Aan julle is dit gegee om die verborgenhede van die koninkryk van God te ken; maar aan die ander deur gelykenisse, sodat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie verstaan nie. Dit is dan die gelykenis: Die saad is die woord van God. Dié langs die pad is die hoorders. Daarna kom die duiwel en neem die woord uit hul harte weg, sodat hulle nie sou glo en gered word nie. En dié op die rots is hulle wat die woord met blydskap ontvang wanneer hulle dit hoor; en hulle het geen wortel nie, aangesien hulle net vir ‘n tyd glo, en in die tyd van versoeking val hulle af. En wat in die dorings geval het—dit is die wat gehoor het, en hulle gaan weg en word verstik deur die sorge en rykdom en genietinge van die lewe en dra geen ryp vrug nie. En wat in die goeie grond val—dit is die wat, nadat hulle gehoor het, die woord in ‘n edele en goeie hart hou en met volharding vrug dra.”
“Wie ore het om te hoor, laat hom hoor!” Nie net die fisiese nie, maar ons geestelike ore sal oopmaak om te kan luister en ag te gee aan Sy Woord.
Daar moet besef word dat die Siele Vyand nooit die stryd sal neerlê nie. Een van sy eerste doelwitte is om die persoon daarvan te weerhou om deur te gaan met die Here en weergebore te word.
Spreuke 16:25:
“Daar is ‘n weg wat vir ‘n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.”
Jeremia 17:9:
“Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken?”
Die Woord van God is baie duidelik oor valse en ware bekerings. Altwee lewer vrug op, met ander woorde, ware en valse bekering het sekere resultate wat sigbaar word.
Wanneer die berouvolle sondaar besluit (kies) om die saak met die Here reg te maak, dan draai hy om op sy lewenspad wat weg van die Here af gelei het, en nader die troon van genade met belydenis van sonde. Hy vra nie net vinnig en terloops dat die Here sy sonde moet vergewe nie, maar voldoen ook aan die voorwaardes vir vergifnis naamlik – ‘n grondige en eerlike belydenis van sonde.
1 Johannes 1:8-9:
“As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie. As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.”
Die Here Jesus wag dat jy jou sondes sal bely en ook jou rug daarop sal draai. Met ander woorde – jy moet daarmee breek en nie meer daarmee voort gaan nie. Jy kan nie al jou sondes bely en later vandag nogsteeds daarmee voortgaan nie.
Spreuke 28:13:
“Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie; maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind.”
Sondaars (iemand wat sonde beoefen) sowel as teruggevalle Christene wat weer deur sonde in hulle lewe gebind word moet ten volle bereid wees om klaar te maak met die ou lewe en belydenis doen van hulle oortredinge.
Lukas 15:18:
“Ek sal opstaan en na my vader gaan, en ek sal vir hom sê: Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u,”
Jy moet ordentlik huis skoonmaak! Soos die Huilige Gees jou oortuig van sonde, moet jy dit een vir een bely. Dan voldoen ons aan die Here se voorwaardes van ‘n deeglike en eerlike selfondersoek en ‘n belydenis wat nie net met die verstand nie maar met die hart gedoen is. Bekering is “A True Change of heart towards God.” Daar is baie mense blind vir God, blind vir Sy Woord en blind vir die waarheid. Dis ‘n defenitiewe bewys so ‘n persoon behoort nog nie aan God nie. Laat toe dat die die Here die skille van u oë Verwyder, dat Hy u kan Red uit die dood.
Daar is geen Bybelse grond daarvoor dat enige persoon vergewe kan word van sy sondes en vrygespreek word, as hy nie ten minste inwaarts uitroep: ‘Here Jesus vergewe my…” nie. Jy word nie gered deur ‘werke’ van gebed nie, maar jy word gered deur ‘n gebed eerste. Miskien is dit nie nodig om ‘n boek te lees of ‘n boodskap te hoor of die Bybel te lees of vir iemand om met jou die Evangelie te deel om gered te word nie, maar dis wel nodig om die gebed te bid vir jou redding! (Bekering)
Daar gaan baie wees in die hemel en almal gaan verskillende getuienisse hê hoe die Here hulle geroep het tot bekering, maar almal sal dieselfde ondervinding gehad het: die besef van hulle verlorenheid, berou oor hulle toestand en sondes, belydenis van hul sondes voor die Here, in geloof na die Here te gaan wat alleen verlossing kan bied, die skoon wassing deur Sy bloed (bloed van Jesus) en wedergeboorte. Maar, almal sou ook daarvoor gebid het.
Lukas 8:5:
“‘n Saaier het uitgegaan om sy saad te saai…”
Die saaier is nie die probleem nie! Hy is gewillig om te saai en gewillig om uit te gaan. Die saad is ook nie die probleem nie! Want, dit ontkiem in die regte omstandighede. Wat is dan die Probleem? Die persoon wat luister en ‘n besluit geneem het, maar nie Vrug dra nie (vrug wat by die bekering pas). Die gevolge van ‘n ware bekering is Vrug (sê Johannes).
Belydenis gaan gepaard met berou en ‘n ernstige voorneme van afstanddoening. Party mense bely omdat hulle uitgevang is en nie omdat hulle werklik berou het. Ware berou beteken tog: “Ek sal dit nie weer doen nie.” Belydenis het met God en mense te doen!
Jakobus 5:16:
“Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag.”
As ek iets moet doen om herstel te bring tussen my en iemand kan restutusie ook nodig wees. Restutusie is soos ons dit leer in die Woord by Sagguës.
Lukas 19:8b:
“as ek van iemand iets afgepers het, gee ek dit vierdubbel terug.”
Ware Bekering is ‘n 180° omkeer, weg van sondige gewoontes na Goddelike gewoontes.
Hoe kan ‘n mens volhard in sonde (dinge wat mense ‘n slegte gewoonte noem) en sê jy’s bekeerd? Een kommentator sê bekering “behels spyt en berou, gepaardgaande met ‘n ware verandering van hart tot God.”
Twee Woorde in Grieks omskryf die begrip van bekering:
As jy net metanoia het, dan word jy ‘n “goeie morele” mens. Jy’t net ‘n nuwe blaadjie omgeslaan. Altwee moet hand aan hand gaan!
Dankbaarheid vir wat die Here vir jou kom doen het. Dit verdwyn partykeer in ons gebede. Dankbaarheid word bewys deur ‘n blymoedige gees. Omdat Jesus Christus vir my alles kom doen het, gee ek nie om om alles vir Hom te doen nie. Dis die rede hoekom God ‘n blymoedige gewer liefhet. Dit is hoekom ek ook geen verskoning sal hê as ek vir die Here iets moet doen nie! Dit is ook weens dankbaarheid dat ek sal volhard om Sy glimlag oor my lewe te wil sien en weg te bly van sonde en onregverdigheid.
‘n Ware bekeerde lewe sal begin fokus op ander. Dit wat ek vir ander doen, moet met so ‘n rein gesindheid gedoen word, dat dit my Vader in die hemel sal verheerlik.
Matthéüs 5:16:
“Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.”
Dit wat ons doen vir ander, trek nie aandag op onsself nie, maar op ons Hemelse Vader.
Om die regte ding te doen soos God dit vir ons wys in Sy Woord. Nie soos ek dit met my verstand wil uitredeneer nie!
Markus 4:5:
“En ‘n ander deel het op ‘n rotsagtige plek geval waar dit nie baie grond gehad het nie; en dadelik het dit opgekom, omdat dit geen diepte van grond gehad het nie.”
Daar was geen diepte om te verstaan wat hy (die persoon in die gelese gedeelte) vra toe hy ‘n besluit vir Jesus geneem het nie. Dit was dalk kopkennis of emosies, en na ‘n tyd val so ‘n persoon terug.
Die Woord sê self in Lukas 14:28:
“Want wie van julle wat 'n toring wil bou, gaan nie eers sit en die koste bereken, of hy die middele het om dit uit te voer nie?”
Die Gawe van God is verniet, maar dis nie goedkoop nie!
Lukas 8:6:
“En ‘n ander deel het op die rots geval; en nadat dit opgeskiet het, het dit verdroog, omdat dit geen vogtigheid gehad het nie.
Waar kry ons, ons vogtigheid vandaan?
Psalm 1:2-3:
“maar sy behae is in die wet van die HERE, en hy oordink sy wet dag en nag. En hy sal wees soos ‘n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit.”
“Soak yourself in the Word of God.” As jy dit doen sal jy standvastigheid kry in die Here.
Jy sal nie op ander maniere geestelik probeer groei nie!
Matthéüs 13:6:
“maar toe die son opgaan, is dit verskroei, en omdat dit geen wortel gehad het nie, het dit verdroog.”
Hoe groei ‘n mens se geloofswortels? Dit sak al dieper en dieper af in die grond. Die probleem is egter wanneer die winde van omstandighede waai, was daar nooit geleer om in geloof vas te klou nie! Wanneer die viand ‘n ligte briesie van versoeking stuur, word ons geloof ontwortel. Wanneer die wêreld die persoon verlei met status of goedkeuring word ons geloof ontwortel. Geloof gewortel en gegrond in die liefde van Jesus, word nie sommer ontwortel nie.
Markus 4:16:
“…wat, as hulle die woord hoor, dit dadelik met blydskap aanneem,”
Wanneer die persoon die Woord hoor, is hy opgewonde en gemotiveerd en vol ywer, maar later word hy gekenmerk deur verskoning op verskoning.
Lukas 8:13:
“…hulle net vir ‘n tyd glo…”
Hulle glo wel al die feite met hulle verstand, maar wanneer hulle daar kom om hulle kruis op te neem en Jesus te volg, word dit te veel vir hulle. Hulle het nog nooit ‘n “commitment” hart, siel, gees, aan die Here gemaak nie.
Geleenthede duik op om te sondig en ek moet besluit of ek dit gaan doen of nie! Versoekings daag altyd eerste ons verstand uit. Dit word Aangewakker deur ons sintuie en word deur gevoer na ons gedagtes. Daarna word ons wil uitgedaag en hier is die krisis! Wat gaan ek wil doen?
Hoe ek reageer oor toetse in my lewe, is die bewys van wat ek werklik van God glo.Voorbeelde uit die Bybel van gelooftoetse wat geskryf is:
God moet ons Suiwerheid bewerk deur toetsing, maar ook ons egtheid toets.
Ons weet nog nie regtitg wat vervolging is nie. Miskien is vervolging die bespotting wat ons moet verduur ter wille van standpunte wat ons moet inneem vir Jesus. Of, miskien is dit die teenkanting of verwerping van familie en vriende ter wille van ons geloofsortuigings. Laat hierdie dinge u groei of stagneer?
Slot:
Is jy daadwerklik gewederbaar ( het jy tot bekering gekom) of is u op ‘n valse fondament (valse bekering)
1 Johannes 4:10:
“Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun gestuur het as ‘n versoening vir ons sondes.”
2 Korinthiërs 5:21:
“Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.”
Wil u nie antwoord op die roepstem van Jesus nie? Dit is die Here wat self die eerste tree gee op die pad van die sondaar se redding, deur hom op te roep tot bekering, maar ook die middele te voorsien vir sy verlossing.
Jesaja 1:18:
“Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die HERE: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol.”
Openbaring 3:19-20:
“…Wees dan ywerig en bekeer jou. Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.”
Johan Malan - Afrikaanse Artikels
Daar is verskeie groepe Christene in die land wat hulleself as deel van Israel sien en as gevolg daarvan onder die Ou Testamentiese wet plaas. Hulle vier ook die sabbat op Saterdae. Neem hulle nie die ernstige waarskuwings hieroor in ag nie? “Julle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval” (Gal. 5:4). Waarom wil hulle nie Jesus Christus se opstandingsdag op ’n Sondag vier nie? Is hierdie dag van oorwinning oor die dood en die hel nie vir hulle belangrik nie? Is sy kruisiging en opstanding uit die dode nie juis vir ons die toetreepunt tot die rus (sabbat) van die Here nie? Hoe redeneer hulle nog op ’n tipies wettiese, Ou Testamentiese manier? Die Ou Testament is reeds vervul, daarom beoefen ons sy voorskrifte op hulle vervulde, Nuwe Testamentiese manier. Die hele Ou Testamentiese wet is in die Nuwe Testamentiese wet van die liefde vervul: liefde tot God en liefde tot ons naaste. Niks kan hierby gevoeg word nie, anders as net die kruisiging en opstanding van die Messias, in wie die wet vervul is. Sy liefde, wat deur die Heilige Gees in ons harte uitgestort is (Rom. 5:5), plaas ons op ’n hoër vlak as die wet, omdat dit nie alleen ons uiterlike handelinge bepaal nie, maar ook ons innerlike hartsgesindhede. Hy wat die Here en sy naaste liefhet, het die hele wet én die profete vervul (Matt. 22:37-40; Gal. 5:14; Rom. 13:9-10).
Dit is totaal teenstrydig met Nuwe Testamentiese beginsels om by die liefde en reddende genade van die Here Jesus, asook die leiding deur sy Heilige Gees, nog aan skaduagtige Ou Testamentiese wette en feesdae vas te hou. Die Nuwe Testament sê uitdruklik dat die Joodse feeste en sabatte “’n skaduwee van die toekomstige dinge is; maar die liggaam behoort aan Christus” (Kol. 2:16-17). Ons leef in die tyd waarin al die Ou Testamentiese offers, feeste en wette finaal in Christus vervul is. Wanneer ons die Here Jesus waarlik ken, liefhet en dien, sou dit ’n ernstige aantasting van sy genadewerk wees as ons dit nie as genoegsaam beskou nie, maar ook nog OT wetlike voorskrifte oor bv. feesdae wil onderhou (Gal. 4: 9-10). Dan verkies ons die Ou Testamentiese skaduwee bo die Nuwe Testamentiese werklikheid, en val as gevolg daarvan in geestlike armoede.
Die ernstige wanopvatting dat lede van die nie-Joodse volke ná hulle bekering Jode of Israeliete word, moet ook aangespreek word. Volgens Romeine 11:17-24 word nie-Jode in die stam van die Olyfboom ingeënt as hulle gered word. Hulle kry dan deel aan die vettigheid van die wortel en stam van die boom – nie van sy takke (die volk Israel) nie. Dit maak van hierdie olyfboom iets veel meer as net die Joodse volk.
Die olyfboom is ’n skepping van God. Sy wortel wat in die verborge, onsigbare, geestelike sfeer werksaam is, is die Verlosser van die mensdom, Jesus Christus, wat self ook God is. Die boom wat uit die wortel groei, is ’n geslag mense wat deur God geroep is om sy koninkryk op aarde te vestig. Hulle is Abraham, Isak en Jakob; en ná Jakob in die volk Israel, die stam van Juda; en in hierdie stam die koninklike linie van Dawid, uit wie se nakomelinge die Messias na die vlees gebore is.
Volgens Openbaring 22:16 is Jesus die wortel en geslag van Dawid. As die wortel van Dawid (en van die olyfboom) is Hy die oorsprong, of Here, van Dawid. As die geslag van Dawid is Hy die Seun van Dawid wat mens geword het om Homself vir ons sondes te offer.
Aan die eerste aartsvader, Abraham, is dit duidelik gestel dat die Messias wat uit sy nageslag gebore sou word, God se koninkryk onder alle nasies sou vestig (Gen. 12:3). “Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet (waardeur ons nie gered kan word nie)... sodat die seën van Abraham na die heidene kan kom in Christus Jesus” (Gal 3:13-14; vgl. Jes. 49:5-6). Die opdrag tot wêreldevangelisasie het egter eers ná die koms van die Messias gekom. Voor die tyd, in OT tye, het God sy koninkryk in en deur Israel uitgebrei, sodat hulle die takke van die olyfboom geword het.
Deur die verwerping van die Messias het Israel die maat van hulle vaders se ongeloof vol gemaak (Matt. 23: 29-39). Die verwerping van die Messias, wat die wortel van die olyfboom is, het daartoe gelei dat Israel as volk (die mak takke) afgekap is en verdroog het. Takke van wilde olyfbome (die heidennasies) is in hulle plek in die stam van die olyfboom ingeënt omdat hulle die Messias as Verlosser aanvaar het.
Die inenting in die olyfboom staan in verband met geestelike lewendmaking – niks minder en niks meer nie. ’n Ongeredde Griek wat tot bekering kom, word deel van die olyfboom omdat hy dan ’n geredde Griek is. Hy word nie ’n Jood (een van die mak takke) nie. So ook is net Messiaanse Jode deel van die boom, omdat hulle in die wortel en stam (die Messias) is. Wanneer hulle weens ongeloof afgekap word, bly hulle steeds Jode – net ongelowige Jode. Die olyfboom verander dus nie iemand se etniese identiteit nie. Gelowiges uit elke volk en stam en nasie sal eendag voor die Here staan (Op. 5:9-10; 7:9) – nie as Jode of Israeliete nie.
Die mak takke van die olyfboom (die Jode) sal in die eindtyd weer in die olyfboom ingeënt word, daarom weet ons dat ’n oorblyfsel van Israel as volk gered sal word wanneer die Messias kom (Rom. 11:25-26). Nie-Joodse Christene moet dié belofte aanvaar en ongeredde Jode evangeliseer deur hulle van die Messias te vertel.
Ons opdrag is nie om soos Israel te word nie (die verdroogte mak takke van die Olyfboom) en saam met hulle ortodokse feeste en sabatte te hou waarin die Here Jesus nie erken en vereer word nie. Ons vier die godsdienstige feeste as vervulde Messiaanse feeste, met ander woorde met ’n duidelike Nuwe Testamentiese inslag, anders verloën ons Christus.
Om dus in die olyfboom ingeënt te wees, is om in Christus (die Messias) te wees. Hy is die wortel van die boom. Dit beteken hoegenaamd nie om in die volk Israel opgeneem te word en nou “die Joodse wortels van ons geloof” te ondersoek nie. Dit is nie ons opdrag nie. Die olyfboom is vir ons dieselfde as die wynstok (Christus) van Johannes 15 waarin ons as lote geënt is. Ons moet in Hóm bly, sodat ons veel vrug kan dra (Joh. 15:4).
Ons kyk slegs na die Ou Testamentiese geskiedenis, beloftes, offers en feeste omdat ons daarin heenwysings na die Lam van God en sy genadewerk sien. Ons opdrag is om die Messias beter te leer ken, sodat ons Israel jaloers kan maak oor iets wat hulle nie het nie (Rom. 11:11). Ons kan dit nie doen as ons soos hulle wil word nie.
Hoe goed ken jy die Here Jesus in al sy verskillende hoedanighede en attribute? Om Hom werklik goed te ken, moet jy, soos Paulus, eers ’n keuse maak tussen dit wat die wêreld aan jou bied en die nuwe lewe wat die Messias aan jou bied, “sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word” (Fil. 3:10). Hierna jaag ek na die volmaaktheid of ek dit ook kan gryp, omdat ek ook deur Christus Jesus gegryp is” (Fil. 3:12). My geestelike selfverwesenliking is net in Hom.
Wanneer die Messias gekom en ’n oes vir sy koninkryk onder Israel en alle nasies ingesamel is, sal daar een olyfboom wees, soos wat daar net een kudde (Joh. 10: 16) en een liggaam (Ef. 3:6; Gal. 3:29) is. Hierin sal daar egter ’n verskeidenheid gelowiges uit alle nasies, tale en stamme op aarde wees.
Die grootste beswaar teen die Israelvisie is die ooglopende subjektiwiteit wat hulle openbaar in hul pogings om 'n vooropgestelde teorie te verkondig. Hulle ignoreer die volgende objektiewe feite asof hulle nie bestaan nie, bloot net omdat dit hulle teorie verkeerd bewys:
· Die groot volksverhuisings uit Israel na Juda gedurende die 250 jaar van die verdeling van Israel in twee volke word gerieflikheidshalwe "misgekyk." Dit het nie net tot die aansienlike verswakking van Israel se tienstammeryk gelei nie (2 Kron. 11:14-16; 13:18; en 15:9), maar tot die feit dat Juda so dramaties uitgebrei het dat hulle weer verteenwoordigend van al 12 die stamme was. Dit is 'n onbetwisbare historiese feit.
· Die Assiriese ballingskap van Israel en die latere Babiloniese ballingskap van Juda na dieselfde gebied wat intussen deur die Babiloniërs oorgeneem is, het vir 'n lang tyd nie na verdere volksverhuisings gelei nie, omdat die ballinge deur hul vyande ingeperk was (2 Kon. 17:22-23; Jer. 50:33; Eseg. 2:3 en 3:15). Hier het 'n verdere samevloeiing tussen die 10 en die 2 stamme plaasgevind.
· Die herstel uit die Babiloniese ballingskap het baie beslis Israeliete uit al 12 die stamme behels. Van toe af was Jerusalem die plek van samekoms vir volksvergaderings van die hele Israel (Esra 2:70; 3:1-2; 6:21; 7:7-13; 10:1-5). Formele erkenning word aan die hereniging van die twee volke gegee deur hulle van hierdie punt af almal saam as "Jode" en ook as "Israeliete" te beskryf (Esra 6:8,16,17,21; Neh. 1:6 en 4:1).
· Eers met die herstel van Israel uit die ballingskap is die streng beperkings op hulle in Babilonië (wat die vroeëre Assirië ingesluit het) opgehef. Diegene wat nie na hulle eie land teruggekeer het nie, het van toe af na verskeie ander lande in die Midde-Ooste en Europa begin verhuis. As gevolg van oorloë en spanning in Israel self het daar uit dié land ook groepe mense na ander lande getrek. Dit was egter net klein groepies Jode wat verstrooid geraak het, en daar is geen bewyse dat hulle ooit enige land oorgeneem en ander volksname gekry het nie. Behalwe vir 'n minderheid wat met nie-Jode ondertrou en sodoende hulle nasionale identiteit verloor het, het die ander etnies suiwer gebly, kontak met mekaar gehou en sinagoges gebou waar hulle gereelde byeenkomste gehou het. Baie van hulle het kontak met die Jode in Israel gehou en dikwels ook feeste daar gaan bywoon. Verskeie van hulle het in Jerusalem agtergebly en weer daar gevestig. Hoewel hulle ander tale (veral Grieks) aangeleer het, het hulle steeds as Jode of Israeliete bekend gestaan. In Handelinge 2:5-7 lees ons van sulke Jode uit verskillende lande wat die ortodokse Joodse Pinksterfees in Jerusalem bygewoon het.
· Met Paulus se sendingreise na verskeie plekke in Klein Asië en Europa het hy sulke groepe Jode aangetref. Hy het eers op Saterdae in die sinagoges met hulle gepraat en hom daarna tot die nie-Jode gewend, met wie hy Grieks gepraat het (Hand. 13:1-52). Uit Handelinge 13:5,16,17 is dit duidelik dat Paulus sy volksgenote beide as "Jode" en "Israeliete" aangespreek het. Daar was toe geen sprake meer van die vroeëre verdeling nie, en beslis ook geen "verlore" stamme van Israel nie.
· Daar is geen bewyse dat die Germaanse volke van Europa, asook die Romane, Kelte en Anglo-Saksiërs, van Semitiese (Israelse) oorsprong is nie. Hulle was voor die Assiriese ballingskap van Israel reeds in Europa, en die name van hulle stamvaders staan in Genesis 10 as die seuns van Jafet (waaronder ook Gomer). Daar is geen bewyse van enige Hebreeuse of Aramese beïnvloeding in hulle tale of kulture nie, ook nie van die Ou Testamentiese Israelse godsdiens nie. Daar is ook geen DNA bewyse van biologiese verwantskap nie. Daar was trouens 'n sterk weerstand teen die Jode, soos onder meer uit die beleid van die Griekse en Romeinse ryke geblyk het. Godsdienstige invloede uit die Midde-Ooste het eers tydens die sendingreise van Paulus groot afmetings aangeneem, en dit was nie voor vroeg in die vierde eeu n.C. dat die Christendom amptelike erkenning in Europa verkry het nie.
· Met die vernietiging van Jerusalem in 70 n.C. het die internasionale verstrooiing van Israel eers in alle erns begin. Steeds het die meeste Joodse groepe hulle volksidentiteit in hulle gasheerlande gehandhaaf en Saterdae in sinagoges byeengekom. Die vervolging van Jode was daarvoor verantwoordelik dat hulle saamgestaan het nie met hulle vyande vermeng het nie (Deut. 28:64-65). Dit is die rede waarom Israelse gemeenskappe deur die eeue heen in alle lande identifiseerbaar was. Juis dit maak die eindtydse herstel na hulle eie land moontlik, want "Hy [die Here] wat Israel verstrooi het, sal hom vergader" (Jer. 31:10). Hoe kan die Here Israel na hulle eie land herstel as hulle nie meer bewustelik Israeliete is, met die bewussyn dat Israel hulle land van herkoms is nie? Juis omdat hulle etniese bewussyn onder die nasies behoue gebly het, kan die Here sê: "Kyk, Ek gaan die kinders van Israel haal tussen die nasies uit waarheen hulle getrek het, en Ek sal hulle van alle kante bymekaar laat kom en hulle bring in hul land. En Ek sal hulle een volk maak in die land, op die berge van Israel... en hulle sal nie meer twee nasies wees nie en verder nie meer in twee koninkryke verdeel wees nie" (Eseg. 37:21-22). Die Here maak tot aan die einde 'n duidelike onderskei tussen "Israel" en "die nasies waarheen hulle getrek het." Hy bevestig ook die feit dat Israel in 'n stadium uit twee koninkryke bestaan het, maar dat hulle slegs as een, verenigde volk herstel sal word. Hulle kon dus onmoontlik nie intussen baie nasies geword het nie. Dit sal fisies onmoontlik wees om al die blanke nasies van Europa in Israel te hervestig, en in elk geval is dit nie hulle land van herkoms nie. Die enigste manier waarop die Here die ander nasies na Israel sal bring, is om daar met hulle in die gerig te tree en hulle te straf omdat hulle Israel gehaat, verdruk, verstrooi, beveg en hulle land verdeel het (Joël 3:1-2; Sag. 12:3; 14:2-3,12-13).
· Volgens Romeine 11:25-27 sal die herstelde volk van Israel eers in die eindtyd, met die wederkoms van die Messias, gered word. Dit sal gebeur nadat die volheid van die heidene in die koninkryk van God ingegaan het. Indien Israel as volk in daardie stadium eers gered word, wie is dan die heidene [die nie-Joodse volke] wat gedurende die kerkdispensasie gered word? Dit is almal wat nie Israel is nie, m.a.w. die afstammelinge van Jafet en Gam, asook Sem se afstammelinge wat nie deel van die volk Israel is nie (bv. die Arabiere). Net 'n oorblyfsel uit hierdie volke sal gered word, soos wat daar ook net 'n klein oorblyfsel van Israel gered sal word (Rom. 9:27).
(NS. By die Afrikaanse artikels, onder Israelvisiedwaling, is daar ‘n volledige artikel oor hierdie beweging: “Die verbondsvolk Israel: Wie is hulle?)
Meer by:
www.bibleguidance.co.za
Japie Grobler
Laas maand het ons kortliks stil gestaan by die vernietigingswerk wat deur kultes veroorsaak word, Nou het die tyd aangebreek om meer spesifiek na individuele kultes te kyk. Die eerste een wat kortlikS bespreek gaan word is die Wagtoring Organisasie, beter bekend as die Jehova se Getuies. Ek verkies om hulle eie spelling te gebruik as die bekende Jehovasgetuies soos die HAT dit vir ons gee.
Charles Taze Russell, ’n suksesvolle jong sakeman, sluit sy besigheid en gee in 1879 die eerste 6 000 uitgawes van Zion’s Watch Tower and Herald of Christ’s Presence, voorloper van die bekende Die Wagtoring, uit. Hy kom onder die invloed van die Adventiste en is oortuig dat Jesus sigbaar in 1844 sou kom. Die datum breek aan en met groot teleurstelling onder die Adventiste breek die wederkoms nie aan nie. Hulle verklaar later dat hierdie ’n onsigbare wederkoms was. Russell verwerp die bestaan van die hel omdat ’n liefdevolle God nie so ’n plek sou skep nie. Hy glo dat die piramides God se boodskap en profesie aan die wêreld bevat en gaan kruip in die groot piramide van Egipte rond, meet die gange op en bepaal hiervolgens ’n nuwe datum vir die wederkoms. Dit word 1874 en sou sigbaar wees. Later word dit na 1914 gewysig en die sigbare wederkoms word die onsigbare troonsbestyging van Jesus as Koning. Om hierdie gewysigde sienings, wat direk van God ontvang was te ondersteun, word hul eie geskiedenisboeke selfs gewysig. Dit laat mens onwillekeurig aan George Orville se 1984 dink waar hy skryf: “…the frightening thing was that if the Party could thrust its hand into the past and say of this or that event, it never happened—that, surely was more frightening than mere torture and death?…if all records told the same tale—then the lie passed into history and became truth. Who controls the past,” ran the Party slogan, “controls the future: who controls the present controls the past.” And yet the past, though of its nature alterable, never had been altered. Whatever was true now was true from everlasting to everlasting.” (pp.25-26) Die jaar 1914 bly hoogs belangrik in Wagtoring teologie. Dit word die geslag wat die rampe en ellende van Wêreldoorlog I sou sien en dus ook nie sou uitsterf voor die groot slag van Armageddon nie. Hierdie geslag word aan die einde van 1995 subtiel vervang met die bose geslag wat weier om die prediking van die Jehova se Getuies te aanvaar. Waarom? Omdat hulle agter gekom het dat hulle soos in die verlede (1874, 1914, 1925, 1975—jare waarin die wêreld vernietig sou word) met nog ’n vals profesie opgesaal sou sit.
Presidente wat na Russell gevolg het is JF (“Judge”) Rutherford, Nathan H. Knorr, Fred W. Franz en tans Milton Henschel.
Niemand minder as Jehova God is die Redakteur van hierdie tydskrif nie—so getuig vorige presidente Knorr en Franz onder eed in ’n hofsaak. Dit sê vir ons baie duidelik dat net soos die Bybel homself nie kan weerspreek nie, is dit ook die geval met Die Wagtoring (WT) tydskrif! Wat sê die rekord? WT, Jan 1, 1989, p.12: “The apostle Paul, was spearheading the Christian missionary activity. He was also laying a foundation for a work that would be completed in our 20th century.” Hulle nuutste profesie vir die einde van die wêreld! Maar? Die herdrukte uitgawe wat in ’n bundel gebind word verklaar op p.12: “The apostle Paul….for a work that would be completed in OUR DAY.” Is dit nie oneerlik van Jehova God nie? So kan talle voorbeelde aangehaal word.
Wanneer iemand ’n Jehova se Getuie word, word absolute lojaliteit en baie ure se harde werk verwag. Kinders word verbied om aan die meeste buitemuurse aktiwiteite op skool deel te neem. Verjaardae, Kersfees, Paasfees en vele ander word by die venster uitgegooi. Jy sal jou kind laat sterf eerder as hom/haar ’n bloedoortapping te laat kry. Die belangrike word nou 1.) Die inneem van kennis, 2.) Gehoorsaamheid aan God se wette, 3.) Assosieer met God se enigste kanaal, Sy organisasie–die Wagtoring Organisasie en, 4.) Wees getrou in die verkondiging van die evangelie van die Koninkryk van God wat sy beslag in 1914 gekry het. (WT, Feb 15, 1983, pp.12-13) Die WT van Mei 1, 1981 verklaar baie pertinent op p.17 dat die Jehova se Getuies ’n ander evangelie (die van 1914) as Christendom bring!
Nie alleen gaan jy nou ’n vals evangelie glo en verkondig nie, maar dit word baie belangrik dat God se Persoonlike Naam Jehova moet wees—’n naam wat die Vrymesselaars verklaar God se geheime naam is en later eers in ’n sekere graad aan Vrymesselaars geopenbaar word! Dit is nie al nie! Jesus word Michael, die aartsengel, die eerste en enigste skepping van Jehova God, ’n Magtige God maar nie die Almagtige nie, die een wat nie liggaamlik opgestaan het nie, maar sy volgelinge om die bos gelei het deur liggame te materialiseer. Die Heilige Gees as persoon en God word ’n onpersoonlike krag soos elektisiteit. Die mens het nie ’n siel nie en dus is daar niks wat na die dood voortbestaan nie. Die graf is die hel en die wederkoms sal nie plaasvind nie. Die hemel is beperk net tot die 144 000 uitverkore Jehova se Getuies, vir wie Jesus die Middelaar is, terwyl die Groot Menigte met hulle aardse hoop vir hul verlossing nie op Jesus mag vertrou nie, maar op die 144 000! Jy sal nooit seker wees of jy genoeg gedoen het om gunstig deur Jehova bevind te word wanneer Armageddon, wat net om die draai bly, aanbreek, en deur Hom met ’n ewige lewe in die Paradys op Aarde beloon sal word nie!
Paulus waarsku in 2 Kor 11:3-4 dat ons nie ’n ander evangelie, ’n ander Jesus en ’n ander geesmoet aanvaar nie en dat ons versigtig moet wees vir vals apostels want die satan doen homself voor as ’n engel van die lig (vv.13-14). In Gal 1:6-9 is sy waarskuwing nog sterker en in 1 Kor 15 stel hy dit baie duidelik dat as Jesus nie opgestaan het nie, dan is ons die bejammerenswaardigste van alle mense—dan het ons geen hoop nie! Ons sien in Fil 2:6-10 dat hierdie Jesus, wat die Wagtoring Organisasie verwerp, in die gestalte van God was, maar dat Hy Homself terwille van sondaars nie ontsien het nie, maar met sy bloed vir elkeen aan die kruis betaal het, die dood en die graf en alle bose magte oorwin het, dat Hy alle mag in die hemel en op die aarde het (Mat 28:18) en dat Hy na Sy hemelvaart gaan sit bo alle magte, nie net in hierdie bedeling nie, maar ook in die een wat kom (Ef 1:20-22). Daarom dat Hy ook ’n Naam het bo alle name (selfs Jehova!) en dat in Sy naam elke knie sal buig en erken dat Jesus die HERE is! (Fil 2:9-11). Geen wonder dat daar net EEN NAAM is waardeur die mens gered kan word (Hand 4:12).
Wyle Johan Malan was 'n professor in antropologie aan die Universiteit van Limpopo. Hy het sy belangstelling in die Bybel en geloof gekoppel aan wetenskaplike navorsing van verskeie kulture. Hierdie studies het gelei tot verskeie artikels en boeke, waaronder Jesus Christus en ons lewe in Hom, Die Sewe Feeste, Heiligmaking, Die Dag van die Here en Die Laaste Dae is. Johan was 'n evangeliese Christen wat die grammaties-historiese vertolking van die Bybel voorgestaan het.
Dit het onder sommige antichiliaste ‘n populêre gebruik geword om ongeregverdigde en swak gemotiveerde aanvalle op die leer oor die wegraping te maak, asook op profesieë oor die herstel van Israel, die verskyning van ‘n persoonlike Antichris, en Christus se duisendjarige ryk ná sy wederkoms. ‘n Persoon wat homself hieraan skuldig maak, is “profeet” Kobus van Rensburg van Lofdal Bedieninge. In hierdie artikel word sy video-boodskap, “The ultimate shock of the Rapture,” in die lig van die Skrif beoordeel.
Die valse profeet sal as gevolg van sy misleidingsmag en vermoë om tekens en wonders te kan doen, as mederegeerder saam met die Antichris optree.
Deur die huidige proses van globalisering word die weg na ‘n nuwe wêreldorde gebaan. Sodoende word strukture vir die Antichris se wêreldregering geskep.
Daar is in die Bybel talle verwysings na godsdienstige vervalsings wat deur die duiwel gebruik word om mense geestelik op 'n dwaalspoor te laat beland. Wat is die oplossing hiervoor? Apologetiese (verdedigende) prediking, m.a.w. prediking waarin die waarheid van God se Woord teen al die verskillende dwalings verdedig word.
Ons leef in 'n tyd waarin die Drie-eenheidsleer, en veral die godheid en ewige selfbestaan van die Here Jesus, deur 'n toenemende aantal teoloe verwerp word. Hierdie probleem is nie net die produk van moderne teologiese denke nie, maar die gevolg van eeue-oue dwalings in leerstellings oor Jesus Christus.
Die tekens wat Christus se koms voorafgaan, veroorsaak groot benoudheid onder die nasies.
Die regte etniese identiteit van Israel én die nasies sal verwarring voorkom oor wie ons regtig is. Die Boere is nie Israeliete nie!
'n Toenemende aantal teoloe beskou die Bybel nie meer as die foutlose en letterlik genspireerde Woord van God nie. Die sterk humanistiese inslag in die meeste moderne Bybelvertalings kan toegeskryf word aan die feit dat n groot aantal teoloe nie meer die Bybel as die genspireerde Woord van God aanvaar nie. Dit is waarom hulle dit nou vertaal en vertolk net soos wat hulle wil.
Twee van die baie belangrike hoedanighede waarin die Here Jesus Homself aan ons openbaar, is dié van Verlosser en Voorspraak (of Advokaat). Dit staan in verband met ons aanvanklike redding en ook ons voortgesette reiniging van sonde daarná.
Opsomming: Om oorwinning in ons geestelike lewe te kry, moet ons teen die wereld, die vlees en die duiwel oorwin. Baie mense besef nie die volle implikasies daarvan dat ons in 'n geestelike stryd teen die wreld, die vlees en die duiwel gewikkel is nie. Die gevolg is dat hulle nie van oorwinning tot oorwinning gaan nie, maar eerder van neerlaag tot neerlaag.
Wanneer 'n studie van profesie oor die eindtyd gemaak word, moet die dispensasionele posisie van die volk Israel goed begryp word, veral soos wat dit in Danil 9:24-27 beskryf word. Dit is teen hierdie agtergrond baie duidelik waarom al die gebeure in die verdrukking, soos in Openbaring 6 tot 19 beskryf, binne 'n tydsraamwerk van sewe jaar afspeel.
Opsomming: 'n Ware geloof moet duidelik van valse weergawes daarvan onderskei word. Laasgenoemde lei na verwerping en eersgenoemde na beloning deur God. Een van die grootste geestelike probleme in Suid-Afrika en moontlik in die hele wereld is vormgodsdiens.
Bybelse profesieë oor die Antichris, die groot verdrukking en die herstel van Israel is eindtyds. Baie mense verklaar hierdie profesieë histories en het as gevolg daarvan ‘n verwarde toekomsverwagting.
Drie duidelike boodskappe kom deur hierdie gelykenis tot ons, nl. oor barmhartigheidsdiens, oor die redding van siele en oor die wederkoms van Christus.
Meer as 22% van die wêreldbevolking is Moslems en dié geloof is besig om baie vinnig opgang te maak. In verskeie Westerse lande is dit al die tweede grootste godsdiens ná die Christendom. Gedryf deur die olierykdom van Arabiese state laat Islam geen steen onaangeroer om die Koran en ander literatuur te versprei, moskees te bou, ‘n geestelike tuiste vir ontwrigte en onseker mense te skep, godsdienstige regverdiging aan die politieke aspirasies van anti-Westerse en anti-Joodse groepe te bied, en sodoende aan verskeie fronte hulle ideaal van wêreldoorheersing te bevorder nie.
Baie mense ontdek soms groot waarhede in die Bybel, net om hulle teen onversetlike predikante vas te loop wat selfs weier om duidelike, Bybelse uitsprake oor 'n saak te aanvaar. Die rede vir hierdie houding is die feit dat predikante hulleself onbeweeglik aan hulle kerk se leerstellings vasgeteken het.
Opsomming: Christene word in die Nuwe Testament ook tempels van die Heilige Gees genoem. Watter verantwoordelikheid plaas dit op ons? Weet julle nie dat julle 'n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie?
In die eindtyd sal die morele verdorwenheid en rebellie teen God weer die afmetings aanneem wat dit in die dae van Noag en Lot gehad het.
Die God van die Bybel is 'n Drie-enige God God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees. Hulle bestaan al drie van alle ewigheid af, want die Vader het die wereld deur die Seun gemaak (Heb. 1:2).
Die tekens van die tye spreek ons aan om nou ons saak met die Here reg te maak en sodoende gereed te wees vir dit wat spoedig gaan gebeur.
In die huidige tyd, wanneer omtrent elke nuwe idee die middelpunt of ontmoetingspunt vir nuwe assosiasies word, kan ons nie anders as om goddelik gevormde oortuigings te verkry oor wat die gemeente van God werklik is nie.
Ons leef in 'n tyd waarin daar groot aanvalle op die Persoon en werk van die Here Jesus gedoen word. Hieronder volg 'n verkorte belydenis oor wie Jesus Christus werklik is.
Die goddelike mandaat van die sendingopdrag behels drie verskillende aktiwiteite wat uitgevoer moet word.
As ons nie bereid is om te sterf vir die wreld, die vlees en die sonde nie, kan ons nie bruikbare dissipels van Jesus word nie. In s 'n toestand sal ons alleen en onvrugbaar wees en nie aan ons doel as Christene beantwoord nie.
Die verhaal van Simson word in Rigters 13 tot 16 beskryf. In hierdie verhaal word die krag van God én die krag van sonde op ‘n dramatiese wyse as sigbare werklikhede beskryf. In die Ou Testament was dit gebruiklik om uiterlik waarneembare demonstrasies van die geestelike stryd tussen God en Satan se koninkryke te gee, sodat almal die realiteit van dié stryd goed kon begryp. Ons moet geestelike lesse hieruit leer en dit op ons eie lewens toepas.
Die liefde van God is die groot saak waaroor dit in die Bybel gaan. Dit is 'n liefde wat ten grondslag van die saligheidsplan le, en ook van ons verhouding met die Here.
Die Nuwe Afrikaanse Vertaling verwys nie in Jesaja 7:14 na die moeder van die beloofde Messias as "maagd" nie, maar as "jong vrou". Waarom?
‘n Baie belangrike teken wat in Mattheus 25:1-13 aan eindtydse Israel gegee word dat Jesus die Messias is, sal vervul word wanneer Hy as die hemelse Bruidegom sy bruid tydens die wegraping in die geheim kom haal. Dit sal geestelik in ‘n baie donker tydperk van die wêreldgeskiedenis wees wanneer nie net die Messiaanse Jode nie, maar ook evangeliese Christene onder die nasies, aan verwerping en vervolging weens hulle Bybels-gebaseerde geloof in Jesus onderwerp sal word. In daardie tyd sal die gees van die Antichris sterk werksaam wees om die Godheid van Jesus te loën, sy opstanding en wederkoms te bevraagteken, die Bybel as die geïnspireerde Woord van God in diskrediet te bring, en ook Bybelse beloftes soos dié oor die wegraping te ontken en as onwerklik voor te stel.
Tye van goddelike oordele word altyd in die Bybel as 'n donker tyd beskryf.
In die laaste dae, net voordat die Here sy oordele oor die goddeloses uitstort, sal daar ‘n tyd van grootskaalse rebellie teen God en sy koninkryk op aarde aanbreek. Regerings sal almal mislei word om hulle vir ‘n humanistiese en antichristelike nuwe wêreldorde te beywer. Die Bybel waarsku ons teen hierdie tyd.
Een van God se attribute wat in ons tyd al hoe minder verkondig word, is sy toorn oor sondaars. God haat sonde en Hy sal by die groot eindoordeel alle sondaars wat geweier het om hulleself te bekeer, tot die ewige poel van vuur veroordeel.
Die pad van die regverdiges is die pad van die lewe. Die Here Jesus het hierdie nuwe en lewende weg vir ons deur sy kruisdood geopen, en nooi ons daarheen.
Elke ware gelowige het 'n afspraak voor die regterstoel van Christus waar genadeloon vir getroue diens toegeken sal word.
Enkele kenmerke van gebed, asook verskillende vorms van gebed.
Die Joodse sabbat en die Christelike Sondag. Wat is die verband tussen hulle?
Twee van die sondes waarteen mense 'n baie verdraagsame houding inneem, is drink en rook. Wat se die Bybel hiervan, en wat is die gevare wat daaraan verbonde is?
Die Antichris is ‘n eindtydse wêreldleier wat uit die koninkryk van die duisternis sal opstaan en ná die kerkbedeling sewe jaar lank op aarde sal regeer. Sy openbaring sal deur die wegraping voorafgegaan word wanneer die teëhouers teen sy ryk van die aarde af weggeneem sal word. Die einde van sy dramatiese regering van sewe jaar sal aanbreek wanneer die Here Jesus met sy openbare verskyning sy voete op die Olyfberg sal sit en die Antichris en sy magte verdelg.
Die huidige neiging om bloedlynvloeke as 'n verskoning vir sonde te gebruik, lei tot onbybelse vorms van geestelike bevryding.
Ons leef in die tyd van die groot afval kort voor die openbaring van die Antichris as wreldleier envalse messias wat deur n ganse misleide wreld nagevolg, vereer en aanbid sal word (2 Thess. 2:3;Op. 13:3-4). As die mens van sonde sal hy 'n leidende rol speel in die vestiging van n sondekultuurwaarin mense onbeperkte vryhede sal he om te glo en te doen net wat hulle wil.
Dit is vir baie Christene problematies om tussen God se wet en sy genade te kan onderskei. Soms word daar in die Nuwe Testament geen verdere bestaansreg aan wetsnakoming verleen nie, maar in ander gevalle word die verhewe en tydlose beginsels van God se wet aan ons voorgehou as 'n riglyn vir ons lewe en iets waarin ons onsself moet verbly.
Daar is baie verskillende maniere waarop die Bybel verklaar of vertolk word (in teologiese taal staan dit as eksegese bekend) om by mense se eie, vooropgestelde idees aan te pas. Sommige van hierdie verklarings is subjektief, met 'n sterk politieke ondertoon, en is daarop ingestel om die Bybel en kerk polities aanvaarbaar te maak.
Die rol van die vrou in die gemeente is in beginsel ooreenstemmend met haar sosiale posisie in die gesin: in beide gevalle het die Here die man as hoof oor haar aangestel.
Die belofte oor die wegraping is van die allergrootste belang. Hierdie gebeurtenis sal die kerkbedeling afsluit wanneer die ware Christene na die hemel weggevoer word om voor die regterstoel van Christus te verskyn. Verwag jy dit en is jy hierop voorbereid?
Ons leef in 'n tyd van groot verval. Alle evangeliese Christene moet hulleself opnuut tot die handhawing en eerbiediging van die Bybel as God se Woord verbind.
Die mens het 'n vrye wil en is vir sy eie besluite aanspreeklik. Daar is drie vlakke waarop die wil van God gedoen kan word.
Die grondbeginsels van die Christelike geloof word toenemend deur teoloe verwerp. Dit is net 'n kwessie van tyd voordat verskeie predikante ook hierdie voorbeeld sal navolg.
Die rituele en genesings wat by ‘n “Bloed van Jesus” diens deur profeet T.B. Joshua van Nigerië gedoen is, vertoon ‘n duidelike okkultiese karakter.
God het Jerusalem verkies as ‘n plek waar Hy Homself aan Israel én die hele wêreld sou openbaar. Groot en wonderlike dinge gaan nog in die toekoms ook hier gebeur.
Leer hoe om die stryd teen Satan en sy versoekings te hanteer, en God se wapenrusting aan te trek sodat jy staande kan bly teen die liste van die duiwel.
Daar word in ons tyd baie klem op geloof met die oog op wonderwerke gele. In die proses word geloof dikwels aan vleeslike begeertes van die mens dienstig gemaak, soos bv. om gou ryk te word of gou gesond te word. Wat is ware geloof en waarvoor het ons dit nodig?
In hierdie artikel bewys Dave Hunt dat daar geen ooreenstemming tussen die God van die Bybel en Allah van die Koran is nie.
Daar is 'n sterk strewe by wereldleiers dat alle lande onder die gesag van 'n enkele wereldregering verenig moet word sodat konformisme verseker en demokratiese hervormings binne die raamwerk van 'n internasionale handves vir menseregte ingestel kan word.
Ernstige dwalings waarin 'n ander Jesus, 'n ander gees en 'n ander evangelie verkondig word, word in onskou geneem.
Heiligmaking bepaal nie net die aard van ons verhouding as dissipels van die Here Jesus hier opaarde nie, maar dit moet spesifiek ook met die oog op sy wederkoms beoefen word wanneer ons assy bruidsgemeente in heiligheid voor Hom gestel moet word.
Die Bybel stel dit onomwonde dat ons volkome heilig moet wees, ook met die oog op die wederkomsvan Jesus Christus. Dit vereis 'n dieper genadewerk van heiligmaking in ons lewe, daarom se Paulusook ons harte moet versterk word om onberispelik te wees in heiligheid voor onse God en Vader bydie wederkoms van onse Here Jesus Christus (1 Thess. 3:13).
'n Vraag oor die aard van gebed vir stede en dorpe is aan ons gerig en word beantwoord.
n Toenemende verskynsel in die moderne wreld is die vinnige uitbreiding van die aantal homoseksuele (gay) persone in samelewings, asook die kondonering daarvan deur baie van die kerke en regerings.
Regerings wat God se oppergesag nie erken nie, bevorder humanisme en anargie en maak hulleself dikwels aan growwe gesagsmisbruik skuldig.
Die regte begrip van sonde vestig die aandag op die kardinale probleem wat tussen die verlore sondaar en sy redding deur Jesus Christus staan.
Dit is nodig dat ons op die groot ontnugtering en skok sal let wat deur n dooie vormgodsdiens veroorsaak word. Hier op aarde kan jy dalk daarmee wegkom, maar voor die troon van die Here, wanneer dit te laat is om jou foute en sondes reg te stel deur vergifnis en verlossing daarvoor te kry, sal dit tot jou ewige verdoemenis lei.
Johannes stel dit baie duidelik dat daar in die eindtyd n dramatiese en wereldwye openbaring van die twee groot koninkryke sal wees wat tans nog op 'n verborge wyse uit die geestelike sfeer optree. Die koninkryk van God sal sigbaar geopenbaar word wanneer Jesus Christus ten aanskoue van alle mensena die aarde terugkeer om sy vyande te oordeel en sy koninkryk op aarde te vestig.
Elke ware kind van God (jonk of oud, manlik of vroulik, geleerd of ongeleerd, ryk of arm, leraar, evangelis of net n gewone gelowige) word tot heiligmaking geroep sodat hy of sy gereinig en geestelik toegerus kan word om 'n getuie te wees deur wie die Here die wereld kan aanspreek (Hand. 1:8).
Daar is verskeie groepe Christene in die land wat hulleself as deel van Israel sien en as gevolg daarvan onder die Ou Testamentiese wet plaas. Hulle vier ook die sabbat op Saterdae.
Die grootste beswaar teen die Israelvisie is die ooglopende subjektiwiteit wat hulle openbaar in hul pogings om 'n vooropgestelde teorie te verkondig. Hulle ignoreer die volgende objektiewe feite asof hulle nie bestaan nie, bloot net omdat dit hulle teorie verkeerd bewys:
John Hagee van San Antonio, Texas, is ‘n bekende TV prediker wat dikwels oor eindtydse gebeure soos die herstel van Israel, die wegraping, die Antichris en die verdrukking preke lewer en boeke skryf. Wat profesieë oor Babilon betref, het hy egter (soos Hal Lindsey en andere) in die slaggat van die vervangingsteologie getrap deur hoogs twyfelagtige en ongegronde gevolgtrekkings te maak.
Die basiese roeping, eienskappe en kenmerke van 'n ware gemeente van Christus.
Daar is steeds groot meningsverskille oor die tyd en die wyse waarop Kersfees gevier moet word. Die feit is dat die jaarlikse Kersfeesvieringe op 25 Desember verkeerd geskeduleer is en op 'n hoogs gekommersialiseerde wyse deur Christene en nie-Christene gevier word.
Ons leef in 'n tyd van ongekende tegnologiese prestasies, waarin handige hulpmiddels enkitsoplossings vir omtrent alle probleme aangebied word. Daar hoef nie meer moeilike pogingsaangewend te word om iets gedoen te kry nie. Op die terrein van kommunikasie is alle inligting letterlikmet die druk van n knoppie onmiddellik tot ons beskikking.
Baie van die dwalings wat in Christelike kerke voorkom, ongelukkig ook in sekere evangeliese kerke, kan na die koninkryksteologie van die eindtyd herlei word. Predikers raak bekommerd oor die verskynsel van 'n kwynende, halfhartige en passiewe Christendom omdat hulle eie aansien en inkomste ook daaronder ly.
Die Buite-Bybelse manifestasies van die sg. "lagherlewing" neem verdere afmetings aan, en laat mense steeds verder dwaal.
Heiligmaking bepaal nie net die kwaliteit van ons verhouding met die Here hier op aarde nie, maar dit moet uitdruklik ook met die oog op die wederkoms van Jesus beoefen word.
Die letterlike vervulling van Bybelse profesieë oor die eindtyd skyn soos 'n lig op die Christen se pad.
Die koninkryk van die duisternis is ‘n werklikheid waarvan elke mens kennis moet neem. Satan en sy demone, die gevalle engele wat weens hulle rebellie uit die hemel gewerp is, is in ‘n hewige stryd teen God en sy koninkryk gewikkel.
Die toestand van 'n mens se hart beskryf die aard van jou geestelike lewe en morele beginsels. Die hart is die sentrum van jou gees en siel, en dus bepalend vir jou wil, emosies en denkwyse. Jou hart is 'n woonplek vir God of 'n woonplek vir Satan.
'n Valse herlewing wat gebaseer is op Peter Wagner en George Otis se konsepte van geestelike kartering en strategiese geestelike oorlogvoering vind ook in Suid-Afrika inslag.
Strategiese geestelike oorlogvoering om gebiedsdemone te verdryf, asook pogings om bloedlynvloeke en verbonde met die geesteswreld te kanselleer, is ook in SA gedoen.
Die mens het nog altyd daartoe geneig om die gesag van God te verwerp en alleenbeheer oor sy lewe uit te oefen. Ook sy godsdiens moet so aangebied word dat dit aan sy eie belange en begeertes dienstig is.
Die volgende Skrifgedeelte bevat ’n duidelike riglyn oor ’n Christen se houding teenoor sonde, asook ’n uitspraak oor onvergeeflike sondes: 1 Joh. 5:16-21. Daar is ’n aantal baie belangrike leerstellige beginsels in die Nuwe Testament wat ons in ag moet neem as ons hierdie gedeelte reg wil verstaan.
Mattheus en Lukas het hulle boodskappe op verskillende groepe mense toegepas. Dit help ons om die rolle van Israel en die kerk van mekaar te kan onderskei.
Die roeping, verstrooiing en eindtydse herstel van die volk Israel is duidelike Bybelse temas wat nie met die kerkgeskiedenis verwar moet word nie.
Profesieë oor die wederkoms van Christus moet letterlik vertolk word. Hiersonder sal 'n Christen geen duidelik beeld oor die eindtyd en die koms van die Here Jesus hê nie.
Die profetiese rede van Christus werp baie lig op sowel eerste geslag- as laaste geslag gebeure in die kerkdispensasie.
Twaalf redes waarom daar aan die einde van die kerkdispensasie ‘n wegraping vir die ware gelowiges sal wees.
Sonde is verskillende vorms van rebellie teen God se Persoon, sy oppergesag, sy wette, sy wil en sy wysheid.
‘n Mens moet versigtig wees om jou nie deur die talespreek-beweging te laat intrek nie. Die Pinksterbelofte in die Bybel het glad nie talespreek ingesluit nie. Die Here Jesus het net gesê dat die dissipels krag sou ontvang wanneer hulle met die Heilige Gees vervul word, sodat hulle sy getuies kon wees (Hand. 1:8).
Ons leef in 'n tyd waarin baie Christene terugval omdat hulle toegee aan versoekings wat van die vlees, die wereld en die duiwel af op hulle inwerk.
'n Gevaarlike gebruik van die verlaging van geestelike standaarde vind in die meeste Christelike kerke plaas, selfs ook onder die wat 'n evangeliese belydenis huldig, sodat hulle die Bybelse eis van n heelhartige bekering kan vermy.
Die tema van Paulus se twee briewe aan die Thessalonicense is die fisiese uitredding van Christene voor die uitstorting van Goddelike toorn tydens die eindtydse verdrukking, asook die geestelike voorbereidings wat nodig is vir ons ontmoeting met die hemelse Bruidegom.
Die aanslag op die Bybel as die genspireerde Woord van God het ook na 'n openlike aanval op die Persoon, Messiasskap en Godheid van Jesus Christus uitgekring.
Die Nuwe Afrikaanse Vertaling van die Bybel bevat veranderings en weglatings wat sowel uit die eksegetiese vertaalmetode as uit die onvolledige grondteks spruit.
Die geestelike verval van die laaste dae lei ook tot diepgaande morele verval onder mense. Dit neem in alle lande reeds skrikwekkende afmetings aan.
Geregtigheid verhoog 'n volk, maar die sonde is n skandvlek vir die nasies (Spr. 14:34).Daar is die afgelope paar jaar verskeie oproepe tot verootmoediging in Suid-Afrika gedoen, sodat ons as 'n Christenvolk aan die Here se standaard van geregtigheid kan voldoen.
Waarom is daar so baie Christelike kerke en sektes in die wêreld wat leerstellig in ‘n mindere of meerdere mate van die Bybel afwyk, en in sekere gevalle selfs die waarheid totaal verloën? Dit is alles die gevolg van onkunde en misleiding.
Hierdie artikel oor die dwalings van Calvinisme is ‘n kort opsomming van Dave Hunt se nuwe boek: What Love Is This? Calvinism's Misrepresentation Of God.
Die Bybelse eis van bekering en wedergeboorte word toenemend verwerp en met 'n verlossingsleer vervang wat op uitverkiesing en die verbondsdoop gebaseer is.
In hierdie artikel word die Godheid, name en attribute van Jesus uit n Bybelse perspektief bespreek.
Meer by:
www.bibleguidance.co.za
John Hagee van San Antonio, Texas, is ‘n bekende TV prediker wat dikwels oor eindtydse gebeure soos die herstel van Israel, die wegraping, die Antichris en die verdrukking preke lewer en boeke skryf. Wat profesieë oor Babilon betref, het hy egter (soos Hal Lindsey en andere) in die slaggat van die vervangingsteologie getrap deur hoogs twyfelagtige en ongegronde gevolgtrekkings te maak. Volgens hom het Babilon nou skielik Rome geword, wat natuurlik beteken dat die pous die Antichris moet wees. Dit is nie duidelik hoe die Antichris die Assiriër (Jes. 10:12-14) en die koning van die Noorde (Dan. 11:36-45) genoem sal kan word indien hy uit Rome sou regeer nie.
As Babilon nie Babilon is nie, dan sal dit beslis ook nie Rome wees nie, want Rome is ook nie ‘n belangrike handelstad nie. John Hagee is egter nie konsekwent in sy verklaring vir Babilon nie. Een oomblik sê hy dat Rome die nuwe Babilon is, en die ander oomblik sê hy weer dat Irak Babilon is en dat die profesieë van Jeremia 50 in die Amerikaans-geleide oorlog, Operation Desert Storm,in 1990 vervul is. Dit is net ‘n patriotiese Amerikaner wat baie beïndruk met die wêreldhervormende rol van sy eie land is, wat sulke vergesogte bewerings kan maak. Dit is tog vir enigeen duidelik dat toestande soos dié wat in Jeremia 50:39-40 beskryf word, nie ná die 1990-oorlog in Irak geheers het nie!
Chiliaste moet net by die Bybel bly en glo dat dit letterlik vervul sal word. As die Bybel van Jerusalem of Babilon praat, dan praat dit van bekende stede en nie metafories van ander plekke nie. John Hagee is aanmatigend om Amerika met die vervulling van profesieë oor die vernietiging van Babilon te akkrediteer, want dit sal eers gebeur wanneer goddelike oordele in die komende dag van die Here oor die bose, antichristelike sentrum van die eindtyd uitgestort sal word.
Wat ons huidiglik op televisie sien, is Amerika se onvermoë om terrorisme in Irak te onderdruk, of om vrede en voorspoed in daardie ontwrigte land te bring. Die Antichris sal hierdie ideaal vir ‘n kort tyd vervul nadat hy as “vredevors” deur al die misleide nasies van die wêreld aanvaar is. Dit sal eers ná die wegraping wees. Intussen sal Amerika net nog ‘n groter gemors van sy inmenging in die Midde-Ooste maak. Wat Amerika wél regkry, is om aan ons te wys dat nie eers die sterkste supermoondheid in die wêreld vrede en voorspoed in die Midde-Ooste kan bring nie. Daar sal ‘n vredevors met bonatuurlike vermoëns na vore moet tree om die mensdom onder sy leierskap te verenig en met volle internasionale samewerking grootskaalse veranderings en herstrukturering in Irak teweeg te bring.
John Hagee het die ekonomiese belangrikheid van Irak heeltemal onderskat toe hy gesê het dat hierdie land só agterlik is dat hulle nie eers ‘n trapfiets kan maak nie. Irak het die tweede-grootste oliereserwes ter wêreld ná Saoedi-Arabië, en selfs John Hagee en sy groot gemeente sal in die toekoms nie sonder hierdie ruolie kan klaarkom om hulle lang V8’s op die pad te hou nie. Hulle sal egter maklik sonder Rome en die pous kan klaarkom as hulle wil! (NS. Lees die artikel: “Babilon se herstel en verwoesting” op www.bibleguidance.co.za).
Ander besware
Die vraag kan gevra word: Waarom kritiseer ons John Hagee oor ‘n profetiese onderwerp waaroor daar verskillende vertolkings kan wees? Die antwoord hierop is dat sy beskouings oor Babilon nie sy enigste wanvoorstelling van die Woord van God is nie. As ‘n uitgesproke ondersteuner van Israel sou ‘n mens kon verwag dat John Hagee ook Joodse evangelisasie sou ondersteun. Hy doen dit egter nie, en maak die onbybelse stelling dat ortodokse Jode sonder die Messias gered kan word. In sy artikel, “The other gospel of John Hagee: Christian Zionism and ethnic salvation,” sê G. Richard Fisher onder meer die volgende:
“Hagee het aan die Houston Chronicle gesê dat die Jode reeds ‘n verbondsverhouding met God het en dus nie na die kruis toe hoef te kom nie. Dit is skrikwekkende om so iets te hoor. Hagee het aan die koerant gesê: ‘Ek glo dat elke Joodse persoon wat volgens die wet leef, ‘n verhouding met God het en gered sal word.’ Dit is ‘n skokkende stelling, wat heeltemal in stryd met Christus se eie woorde is, toe Hy gesê het: ‘Niemand kom na die Vader behalwe deur My nie’ (Joh. 14:6). Johannes skryf ook: ‘Wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie’ (1 Joh. 5:12). Paulus sou Hagee ook weerlê het: ‘Ek verwerp nie die genade van God nie; want as daar geregtigheid deur die wet is, dan het Christus tevergeefs gesterwe’ (Gal. 2:21). Paulus bevestig hierdeur dat niks wat die Ou Testament aanbied, sonder die dood van Jesus ‘n bestaansreg het nie.
“Die Houston Chronicle se artikel lui verder: ‘John Hagee glo dat Jode gered kan word sonder om deur Christus te kom. Hy sê: ‘Ek probeer nie om Jode tot die Christelike geloof te bekeer nie. Dit is ‘n mors van tyd om Jode te probeer bekeer. ‘n Jood wat sy wortels in Judaïsme het, sal homself nie tot die Christendom bekeer nie. Daar is nie ‘n vorm van Christelike evangelisasie wat so jammerlik misluk het as Joodse evangelisasie nie. Hulle het reeds ‘n geloofstruktuur. Enige iemand anders, of hulle nou Boeddhiste of Bahai’s is, moet in Jesus glo, maar Jode hoef dit nie te doen nie. Die Jode het reeds ‘n verbond met God, en dit is nooit deur die Christendom vervang nie,’ het hy gesê.
“Hagee het voortgegaan om aan die koerant se verslaggewer te sê dat Paulus die idee verwerp het dat Jode na Jesus toe moet gaan, toe hy homself na die heidene gewend het. Joodse evangelisasie, huidiglik én in die vroeë eeue, was egter nie ‘n mislukking soos wat Hagee beweer nie. Hiervan kan verskeie sendelinge getuig. Die Christelike Navorsingsinstituut het ook oor hierdie onbybelse beskouing van Hagee verslag gedoen: ‘Inligting wat uit ander bronne oor John Hagee verkry is, dui daarop dat daar ernstige verskille tussen hom en die meerderheid dispensasionaliste is omdat hy glo dat Jode nie gered hoef te word nie omdat hulle onder ‘n ander verbond is” (einde van aanhaling).
‘n Ander beswaar teen John Hagee is dat hy die voorspoedsevangelie verkondig. Hy beskou armoede as ‘n vloek en sê dat die Here Jesus ons aan die kruis van armoede verlos en die rykdomme van Abraham aan ons gegee het. Hy verdraai die beskrywings in die Evangelies skaamteloos deur vir Jesus in aardse terme as ‘n ryk man voor te stel. Hy sê: “Jesus was nie arm nie... Jesus het ‘n mooi huis gehad! Volgens Johannes 1:38-40 het Hy sy volgelinge genooi om saam met Hom te kom. Hulle het toe vir Hom gevra waar Hy woon, waarop Hy gesê het: “Kom kyk.” Hy het daarna die hele skare saam met Hom geneem en hulle het die dag in sy huis by Hom gebly. Dit beteken dat Hy ‘n groot huis gehad het. Jesus het ook mooi klere gedra. Volgens Johannes 19:23 het Hy ‘n naatlose kleed gedra. Romeinse soldate het aan die voet van die kruis gedobbel om dit te kon kry. Dit was ‘n ontwerperskleed wat so waardevol was dat hulle dit graag wou hê... Armoede word deur sonde en ongehoorsaamheid aan God se Woord veroorsaak... Armoede is ‘n vloek.”
Dit is nie moeilik om hierdie stellings uit die Bybel te weerlê nie. Aan ‘n skrifgeleerde wat vir Jesus wou volg, het Hy gesê: “Die jakkalse het gate en die voëls van die hemel neste, maar die Seun van die mens het geen plek waar Hy sy hoof kan neerlê nie” (Matt. 8:20). Hy het nie ‘n permanente tuiste gehad nie en het nie roem en gemak aan sy volgelinge gebied nie. Jesus het gesê dat dit vir ryk mense moeilik is om in die hemel te kom, omdat hulle op hul rykdom vertrou eerder as op die Here (Matt. 19:23). Hulle het op die Here Jesus en sy nederige lewenswandel neergesien en sodoende die rykdom van sy genade verbeur. Die ryk gemeentelede van Laodicéa het dit ook gedoen, en is as gevolg daarvan deur Christus as geestelik bankrot verklaar en verwerp (Op. 3:16-17). Jesus het aan sy dissipels gesê dat hulle nie skatte op aarde bymekaar moet maak nie, maar in die hemel (Matt. 6:19-20). Moenie deur die valse lerings van die voorspoedsevangelie meegesleur word nie! Ons kan nie twee here diens nie.
Ons het meer as ooit tevore geestelike onderskeidingsvermoë nodig om te verhoed dat ons deur die baie verkeerde leringe in die wêreld mislei word. ‘n Goeie kennis van die Bybel sal jou voetstappe weg van die paaie van sonde, ongeregtigheid en misleiding af lei (Ps. 119:101,133; Josua 1:7).
Johan Malan, September 2012
Aanhalings uit die 1933/53-vertaling van die Afrikaanse Bybel
LAAI HIERDIE STUDIE AF in PDF formaat.
Die naam Josua kan ook uitgespreek word as Jeshua of Jehoshua, en beteken “Jahweh is Verlossing”. Dit is dieselfde naam as dié van die Messias, Jesus. Josua was aanvanklik die dienaar van Moses (Num. 11:28), later sy leërowerste (Ex. 17:9-10), en uiteindelik sy opvolger as die leier van Israel (Deut. 1:38).
Josua het ’n belangrike rol in Israel se geskiedenis gespeel nadat hulle uit Egipte bevry is, en dit het hom voorberei om as leier op te tree toe hulle deur die Jordaan getrek het om die Beloofde Land in besit te neem. Sy oorwinningstogte in Kanaän het van hom ’n besondere instrument in die hand van die Here gemaak. Josua was ’n Ou-Testamentiese tipe van Jesus wat deur die Vader gestuur is vir ’n veel groter doel, naamlik om mense oral in die wêreld uit die slawerny van sonde te bevry.
Deur sy versoeningsoffer aan die kruis het Jesus dit vir sy dissipels moontlik gemaak om in sy oorwinning te deel en met sy Heilige Gees vervul te word. Dit stel hulle in staat om staande te bly teen die liste van die duiwel en om die evangelie van verlossing in ’n vyandige wêreld aan alle nasies te verkondig. Terwyl Josua se leierskap in ’n voorlopige en beperkte sin vir Israel voordele ingehou het, was Jesus se verlossingswerk volkome en op ’n wêreldwye skaal van toepassing sodat gelowiges uit alle nasies deel van sy koninkryk kan word en hulle volle geestelike erfenis geniet.
Josua se lewe en werke was ’n skadubeeld van dit wat Israel se groot Verlosser veel later sou doen. Uit ’n tipologiese studie van sy leierskapsrol en prestasies kan ons baie leer van dit wat Jesus Christus vir Nuwe-Testamentiese gelowiges gedoen het. In hierdie studie sal baie aandag gegee word aan die wyse waarop geestelike beginsels in die boek Josua tydens die koms van Christus vervul is.
Die belangrikste kenmerk van Josua se lewe was dat hy die Gees van God gehad het (Num. 27:18). Hy het die Here geëer en homself tot die diens van Moses gestel sodat hy aktief kon inskakel by die uitvoering van God se plan met Israel. Die uittog uit Egipte was nie net vir hom ’n fisiese bevryding uit slawerny nie, maar ook ’n geestelike bevryding uit oorheersing deur ’n sondige en heidense volk, sodat Israel die Here in hulle eie land en as ’n vrye volk kon dien. Omdat Josua die Here geëer en gedien het, het die Here hom as leier verkies om groot verlossingsdade vir sy volk te doen.
Tydens hulle uittog uit Egipte het Israel nie self enige deel gehad aan die beëindiging van hulle slawerny nie – hulle moes net gehoorsaam wees en die Here se riglyne oor die slag van die paaslam nakom. Die Here het Israel deur sy sterk mag verlos. Hierdie daad van uitredding is ’n tipe van ons verlossing uit sonde – ons moet net ons geloof in die Here stel en ons sondes teenoor Hom bely. Hy sal ons dan deur die bloed van die Lam reinig en ons sal ervaar hoedat Hy al die bande van sonde en ongeregtigheid in ons lewe verbreek.
’n Deurlopende aspek van Josua se lewe is dat hy betrokke was by ’n fisiese stryd wat net ’n heenwysing was na ’n geestelike stryd wat alle gelowiges moet voer totdat hulle uiteindelik hulle volle erfenis in die Here verkry het. Kort nadat Israel uit Egipte uitgered is, het hulle by Ráfidim, wat Rusplek beteken, in ’n konfrontasie met die magte van Ámalek beland. Vyandige ruiters het die Israeliete wat stadig gevorder en agter geraak het, ingehaal en doodgemaak. Insypelaars het dus binne-in die laer ingekom en die agterstes, wat vir hulle die maklikste teiken was, aangeval. Ámalek is ’n tipe van die duiwel wat God se volk van binne af aanval, daarom is hy ’n voorstelling van die inwonende sondige natuur wat oorwin moet word. Farao is ’n tipe van die duiwel wat ons van buite af aanval, wil oorheers, verslaaf en doodmaak. Nadat die Here vir Israel van Farao verlos en sy mag oor hulle gebreek het, moes hulle dringend ook oorwinning oor hulle ander vyand, Ámalek, behaal. Josua is as leërowerste aangestel in hierdie stryd:
“En Moses het aan Josua gesê: Kies vir ons manne en trek uit, veg teen Ámalek. Môre sal ek op die top van die heuwel staan met die staf van God in my hand. En Josua het gedoen soos Moses aan hom gesê het, om te veg teen Ámalek. Maar Moses, Aäron en Hur het op die top van die heuwel geklim. En telkens as Moses sy hand ophou, was Israel die sterkste; maar as hy sy hand laat sak, was Ámalek die sterkste. Maar die hande van Moses het swaar geword; daarom het hulle ’n klip geneem en dit onder hom neergelê, dat hy daarop kon sit. En Aäron en Hur het sy hande ondersteun, die een duskant en die ander anderkant. So het sy hande dan vas gebly tot sononder. En Josua het Ámalek en sy volk met die skerpte van die swaard ’n neerlaag toegebring. Toe sê die Here vir Moses: Skrywe dit as ’n aandenking in ’n boek en prent dit Josua in, dat Ek die gedagtenis van Ámalek onder die hemel heeltemal sal uitdelg. En Moses het ’n altaar gebou en dit genoem: Die Here is my banier. En hy het gesê: Waarlik, die hand op die troon van die Here! Oorlog het die Here teen Ámalek van geslag tot geslag” (Ex. 17:9-16).
Die stryd teen Ámalek was besonder hewig. Wanneer Moses sy hande seënend omhoog gehou het, het Josua en sy manskappe vir Ámalek teruggedryf. Wanneer Moses sy hande laat sak het, is Josua weer deur Ámalek teruggedryf. Dit is ’n tipiese situasie van val en opstaan. As ’n oplossing hiervoor het Aäron en Hur Moses se hande omhoog gehou en is Ámalek deur die skerpte van die swaard ’n neerlaag toegedien. Aäron, die priester, is die verpersoonliking van gebed, terwyl Hur witheid, reinheid, of heiligheid beteken. Die stryd teen die vlees kan nie sonder voortdurende gebed en ’n oorgawe tot heiligheid gewen word nie.
Dit is opvallend dat die stryd teen Ámalek nooit ophou nie, maar van geslag tot geslag voortduur. Elke nuwe geslag mense moet van die inwonende, sondige natuur verlos word. Binne die verband van elke geslag is dit ook ’n voortdurende stryd, omdat die vlees gekruisig moet bly en nie toegelaat moet word om weer sy verlore beheer oor ons lewe terug te kry nie. Die Here Jesus het gesê: “As iemand agter My wil aankom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg” (Luk. 9:23). Wanneer Ámalek verslaan is en ons die oorwinnende lewe deelagtig geword het, moet ons voortdurend aan die kruisdood van Christus gelykvormig word sodat ons deur die Gees kan bly wandel, en nie deur die vlees nie.
Josua het hierdie oorwinning behaal, maar dit was afhanklik van Moses se voortgesette voorbidding en betrokkenheid by die stryd. Ná die koms van Jesus is Hy die leërowerste van die Here wat aan ons die oorwinning skenk, maar dan moet ons voortdurend waak en bid en ook volhard in heiligmaking. As ons dit nie doen nie, kan Ámalek weer sy stempel op ons lewe begin afdruk en ons laat terugval.
Hoe verlos óns Josua, Jesus, ons van Ámalek (die sondige natuur in ons)? Dit het tog niks met ’n fisiese konfrontasie te doen nie! By Ráfidim word ook ’n antwoord verskaf op die geheim vir geestelike oorwinning. Moses het opdrag gekry om ’n rots te slaan sodat water daaruit kon vloei om die volk se dors te les (Ex. 17:1-6). Hierdie rots was ’n tipologiese heenwysing na Jesus. Paulus sê dat Israel gedrink het uit ’n geestelike rots, “en die rots was Christus” (1 Kor. 10:4). Toe Moses die rots geslaan het, is dit geklief en ’n stroom water het daaruit gevloei. Die water verwys na die Heilige Gees, daarom het Jesus gesê: “As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink! Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei. En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo” (Joh. 7:37-39).
Die klief van die rots dui op die kruisiging van Jesus, en hierin is die geheim vir wedergeboorte én die oorwinnende lewe geleë. Jesus Christus vergewe nie net ons sonde op grond van sy soendood nie, maar die kruis is ook ’n doodsinstrument waarmee ons die vlees kan oorwin en afsterf. Daarom roem Paulus in die kruis van Christus, deur wie die wêreld vir hom gekruisig is en hy vir die wêreld (Gal. 6: 14). Op grond van Jesus se kruisdood is die Heilige Gees uitgestort om aan ons lewe én oorvloed van lewe te gee. Hy bekragtig ons om die oorwinnende lewe te lei en deur die Gees te wandel, want dan sal ons nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie (Gal. 5:16). Is Jesus net jou Verlosser of ook jou Heiligmaking?
Josua was altyd ten nouste betrokke by die geestelike aspek van sy volk se verlossing, en daarom het hy by alle geleenthede ’n ondersteunende rol in Moses se leierskap gespeel. Hy het werklik ’n veranderde hart gehad, daarom het hy God in gedagtenis gehou en altyd ’n geestelike perspektief op alle probleme gehad. Toe Moses op die berg geklim het om deur God onderrig te word oor hoe Israel as sy volk moes leef, het Josua hom vergesel (Ex. 24:13-14; 32:17).
Tydens Moses en Josua se afwesigheid het die volk in afgodediens verval: “Toe die volk sien dat Moses vertoef om van die berg af te kom, het die volk rondom Aäron versamel en vir hom gesê: Kom, maak vir ons gode wat voor ons uit trek; want hierdie Moses, die man wat ons uit Egipteland laat optrek het, ons weet nie wat van hom geword het nie. En Aäron sê vir hulle: Ruk die goue ringe af wat aan die ore van julle vroue, julle seuns en julle dogters is, en bring dit vir my.... En hy het dit uit hulle hand geneem en dit met die beitel bewerk en daar ’n gegote kalf van gemaak. Daarop sê hulle: Dit is jou gode, o Israel, wat jou uit Egipteland laat optrek het” (Ex. 32:1-4).
Afvallige gelowiges raak gewoonlik by afgodediens betrokke omdat hulle ’n alternatiewe vorm van godsdiensbeoefening soek wat nie-veroordelend en verdraagsaam teenoor sonde is, en gevolglik minder voorskriftelik en sosiaal meer aanvaarbaar is. In moderne tye bestaan afgodediens nie net uit die verering van sekere gode of afbeeldings van godsdienstige leiers nie, maar kan ook die vorm aanneem van verslawing aan mag, rykdom of drankmisbruik. Sulke persone is dan dienstig aan die wyngod (Bacchus), die geldgod (Mammon), of ander soortgelyke “gode”. In werklikheid is dié mense hulle eie god en die bepalers van hulle eie lotgevalle, daarom doen hulle eenvoudig net wat hulle wil.
Israel het vir hulle ’n goue kalf gemaak en hierdie dooie voorwerp aanbid as die god wat hulle uit Egipte gelei het na die vryheid van ’n ongebonde bestaan. Hulle het ’n godsdiensleier sonder sterk beginsels gekry om die kalf vir hulle te maak. Dieselfde situasie heers vandag nog op geestelike gebied. Afvallige gelowiges wat na laer standaarde streef, kry vir hulle teoloë wat nie meer aan die drie-enige God van die Bybel glo nie, om vir hulle ’n ander God en ’n ander Jesus te konstrueer wat vir hulle meer aanvaarbaar is.
Die nuwe God is die universele god van alle gelowe wat homself ook deur ander godsdienste en hulle heilige geskrifte geopenbaar het. Die nuwe Jesus is die historiese Jesus wat nie maagdelik gebore is nie; nie God is nie; nie die straf vir ons sonde aan die kruis betaal het nie; nie uit die dood opgestaan en ook nie na die hemel opgevaar het nie. Hierdie nuwe gode bied aan die mensdom die vryheid om sonder enige gewetenswroeging te doen net soos hulle lus het. Almal kan hande vat en een word, omdat niemand van hulle sterk beginsels en duidelike Bybelse oortuigings het nie. Dit is die tydgees van afvalligheid waarteen Paulus gewaarsku het, wanneer mense die gesonde leer van die Bybel sal verwerp en vir hulle ’n menigte leraars sal versamel wat die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels (2 Tim. 4:3-4).
Moses en Josua het Israel se afgodediens sterk veroordeel. Hierdie sonde het die toorn van die Here ontlok en dit het tot die dood van 3 000 Israeliete gelei (Ex. 32:28). Die vraag is: hoe tree ons op in gevalle van grootskaalse afvalligheid in ons eie volk, en veral ook onder predikante en teoloë? Staan ons by die enkele manne van God wat hulle teen hierdie dwalings uitspreek, of volg ons die populêre denke van die meerderheid waarin valse, mensgemaakte leerstellings goedgepraat word? ’n Duidelike keuse moet tussen die waarheid en die leuen gemaak word. Die eer van die Here is op die spel en ons toekoms hang daarvan af. Moenie tot jou eie ondergang saam met die stroom van goddeloosheid afdryf nie, maar neem ’n standpunt in teen die tydgees van verval en verdedig die integriteit van God se Woord ten alle tye.
Aan die grens van die land Kanaän het Moses twaalf verspieders uitgestuur om die land te gaan verken en dan terug te rapporteer. Josua was een van hierdie verspieders (Num. 13:17-20). Die groot meerderheid van die verkenners (tien van die twaalf) het bevrees geword vir die inwoners van die land en Israel afgeraai om die land in besit te probeer neem. Na die 40 dae van verkenning het hulle só aan Moses verslag gedoen:
“Ons het gekom in die land waarheen u ons gestuur het; en waarlik, dit loop oor van melk en heuning, en dít is sy vrugte. Maar die volk wat in die land woon, is sterk, en die stede is versterk en baie groot; en ons het daar ook die kinders van die Enakiete gesien. Die Amalekiete woon in die Suidland, maar die Hetiete en Jebusiete en Amoriete woon in die gebergte, en die Kanaäniete woon by die see en aan die kant van die Jordaan. Toe het Kaleb die volk stil gemaak teenoor Moses en gesê: Laat ons gerus optrek en dit in besit neem; want ons kan dit sekerlik oorweldig. Maar die manne wat saam met hom opgetrek het, het gesê: Ons kan nie teen die volk optrek nie, want hulle is sterker as ons. So het hulle dan slegte gerugte onder die kinders van Israel versprei oor die land wat hulle verken het, deur te sê: Die land wat ons deurgetrek het om dit te verken, is ’n land wat sy inwoners verteer; en al die mense wat ons daarin gesien het, is groot manne. Ons het daar ook die reuse gesien, die kinders van Enak, van die reuse afkomstig; en ons was soos sprinkane in ons oë; so was ons ook in hulle oë” (Num. 13:27-33).
Josua en Kaleb het egter die volk moed ingepraat en probeer om hulle vertroue in die almag van God te herstel: “En Josua, die seun van Nun, en Kaleb, die seun van Jefúnne, twee van die wat die land verken het, het hulle klere geskeur en die hele vergadering van die kinders van Israel toegespreek en gesê: Die land wat ons deurgetrek het om dit te verken, is ’n buitengewoon goeie land. As die Here ’n welbehae in ons het, sal Hy ons in hierdie land inbring en dit aan ons gee, ’n land wat oorloop van melk en heuning. Wees net nie teen die Here opstandig nie, en wees julle nie bevrees vir die volk van die land nie, want hulle is ons spys. Hulle beskutting het van hulle gewyk, en die Here is met ons. Wees nie bevrees vir hulle nie! Toe sê die hele vergadering dat hulle gestenig moet word” (Num. 14:6-10).
Moses het ook bevestig wat Josua en Kaleb gesê het: “Die Here julle God wat voor jul uit trek, Hy sal vir julle stry net soos Hy voor julle oë met julle in Egipte gedoen het en in die woestyn, waar jy gesien het hoe die Here jou God jou gedra het soos ’n man sy seun dra, op die hele pad wat julle getrek het, totdat julle tot by hierdie plek gekom het. Maar ondanks hierdie woord het julle nie geglo in die Here julle God nie” (Deut. 1:30-32).
Die groot aantal Israeliete wat nie geglo het dat God die land Kanaän aan hulle kon gee nie, is weens hulle ongeloof van die Here se beloftes uitgeskakel. Daardie hele ou geslag wat in ongeloof verval het, Josua en Kaleb uitgesonder, het in die woestyn gesterf. Net lede van die jong geslag het onder die leiding van Josua ’n nuwe oorgawe aan die Here gemaak en was waardig om die land in besit te neem. Die Here het vir die ongehoorsame geslag gesê: “Waarlik, júlle sal nie in die land kom waaroor Ek my hand opgehef het om julle daarin te laat woon nie, behalwe Kaleb, die seun van Jefúnne, en Josua, die seun van Nun” (Num. 14:30). Sonder geloof kan niemand die Here behaag nie (Heb. 11:6), daarom het Hy van die ongelowige geslag gesê: “Sterwe sal hulle in die woestyn!” (Num. 26:65).
Die verkenning van die Beloofde Land was sedert hulle uittog uit Egipte ’n ernstige en baie belangrike stadium in Israel se geestelike ontwikkeling. Nadat hulle uit Egipte verlos is, het hulle vir 18 maande lank deur ’n intensiewe geestelike leerskool gegaan om hulle geloof te versterk en hulle op die pad van oorwinning te plaas. Hulle het egter nie hierdie geloofslesse ter harte geneem nie, en was in hulle gees nog steeds vreesagtige twyfelaars. Hulle het vergeet van die bloed van die paaslam waaronder hulle in Egipte geskuil het, van die Here se kragtige dade by die Rooi See, van sy wonderwerke in die woestyn, van die groot oorwinning wat Josua oor die magte van Ámalek behaal het, en van die jaar by Sinai toe hulle die wette en voorskrifte van die Here ontvang het.
Indien Israel die Here se onderwysing aanvaar en hulle geloofslewe daarby aangepas het, sou hulle in hierdie stadium geestelik sterk en goed voorbereid gewees het om die volgende groot uitdaging te aanvaar. Hulle het eers die situasie met betrekking tot die pad vorentoe beoordeel voordat hulle ’n finale standpunt daaroor ingeneem het. Twaalf verspieders is uitgestuur, maar hulle verslae het die volk voor ’n moeilike keuse gestel. Die probleme het vir hulle baie groot en onoorkomelik gelyk, en vertroue in die Here se almag was vir hulle soos ’n veraf droom wat dalk nooit sou realiseer nie. Israel se kwynende geloof in die God wat wonders doen, was so laag dat hulle selfs die twee Godvresende verspieders wou stenig omdat hulle die volk probeer oorreed het om die stryd teen die vestings van die Bose in die Naam van die Here aan te knoop.
Dit was vir ongelowige Israel verkiesliker om permanent in die woestyn te vertoef, eerder as om hulle erfenis oorkant die Jordaan saam met die Here in besit te neem. Baie van hulle was selfs bereid om eerder na Egipte terug te gaan en weer slawe van Farao te word. Hulle het die maklike uitweg van geen weerstand verkies, en as gevolg daarvan hulleself geestelik onbeskryflik verarm, selfs tot op die punt dat hulle totaal onwaardig was om die Here se beloftes van ryke seën te beërf.
Die moderne Christendom is in presies dieselfde situasie. Ons beskou onsself as Christene wat reeds uit die “Egipte” van ’n sondige verlede verlos is. Soos in die geval van Israel, is baie van die lidmate van Christelike kerke net vormgodsdienstiges sonder ’n getuienis van wedergeboorte. Hulle is meelopers wat net ’n uiterlike gedaante van godsaligheid het, maar meestal in stryd met God se Woord optree. Die ander is wel gered, maar nog in die babaskoene van hulle geloofslewe. Net ’n klein groepie is geestelik volwasse omdat hulle van heiligmaking ná bekering kan getuig, en doelgerig voortgaan om al die beloftes van die Here in die geloof aan te neem.
Die geestelike probleme en insigloosheid van die meerderheid gelowiges lei daartoe dat hulle inherent afhanklik is van godsdienstige leiers wat die pad vorentoe vir hulle moet aandui. Soos Israel, stuur hulle ook verkenners uit om die pad wat voorlê te ondersoek en dan raad oor gepaste optrede aan die volk te gee. Hierdie verkenners is teoloë, predikante en Christelike skrywers. Hulle bestudeer die Bybel, gee riglyne, stel leerstellings op en gee raad. Sommige van hulle het baie invloedryk geraak en kerkvaders geword, bv. Augustinus, Calvyn en Luther.
Dit is in hierdie situasie dat die duiwel aansienlike invloed verkry het deur miljoene mense te mislei, geestelik te beroof en op ’n verkeerde pad te plaas. Net soos in die geval van Israel, gee die meerderheid van die moderne verkenners heeltemal verkeerde raad aan die volk. Hulle fokus nie op volle verlossing in Christus nie en beskou daarom die land Kanaän, naamlik die oorwinningslewe, as ’n totaal onbereikbare ideaal en sê aan hulle volgelinge dat hulle swak mense is wat nooit volkome oorwinning oor sonde en vleeslikheid sal verkry nie. Hulle moet hulleself versoen met die idee dat hulle nou eenmaal sondaars is en met die woestynlewe voortgaan. Hulle is tog uit Egipte verlos en moet daarby berus. Hulle moet nie na die dieper lewe soek nie, want dit is nie vir hulle beskore nie.
Ken jy hierdie soort taal wat nie net fatalisties is nie, maar ook spreek van ongeloof oor verskeie Bybelse beloftes? Sulke teoloë en kerkvaders ondermyn die geloofwaardigheid van die Bybel omdat hulle hoofsaaklik op ontkenning ingestel is. Nie almal van hulle ontken alle Bybelse leerstellings nie, aangesien sommige van hulle wel die verlossingsleer erken, soos uitgebeeld deur Israel se verlossing uit Egipte. Hulle volstaan egter hierby, ontken dat daar nog ’n oorgang na die Land van Belofte is, en sluit hulleself sodoende van talle Bybelse beloftes uit. Weens hulle selfopgelegde teologiese beperkings ontken hulle die volgende leerstellings en beloftes in die Bybel, want hulle beweer reguit: Daar is nie ’n verdere genadewerk van hartsreiniging en vervulling met die Heilige Gees nie omdat alle Christene reeds die Gees in sy volheid ontvang het; daar is nie so iets soos vleeslike Christene wat hoofsaaklik deur die vlees wandel nie; daar is nie ’n wegraping, ’n persoonlike Antichris of ’n letterlike verdrukking van sewe jaar nie; Israel is nie meer God se volk nie en die herstel van moderne Israel het niks met die Bybel te doen nie; die troon van Dawid sal nie in Jerusalem herstel word nie en daar sal ook nie ’n duisendjarige vrederyk ná die wederkoms van Christus wees nie. Hierdie groep teologiese verkenners erken Jesus Christus wel as Verlosser, maar is nie met die Heilige Gees vervul nie, verstaan glad nie die volle raad van God nie, en berus volkome by die woestynlewe met sy geestelike armoede en sukkelbestaan. Hulle het nie ’n duidelike toekomsverwagting nie.
Soos wat geestelike verval toeneem, word die lys van teologiese ontkennings net langer en die verval neem al hoe groter afmetings aan. Die volgende is nuwe toevoegings tot die lys, en daardeur word die basiese fondamente van die Christelike geloof heeltemal omgekeer (vgl. Ps. 11:3): Daar is nie so iets soos wedergeboorte nie omdat mense op ’n ritualistiese wyse gered word tydens die doop; Christus is nie maagdelik gebore nie; Hy is nie God nie; sy kruisiging was ’n politieke daad wat niks met die vergifnis van sonde te doen het nie; Hy het nie uit die dood opgestaan nie en dus ook nie na die hemel opgevaar nie; Hy is nie die enigste Verlosser nie omdat daar ook baie ander messiasse is soos Boeddha, Krisjna en Mohammed; daar is iets goeds in alle gelowe; die Bybel is nie die geïnspireerde en foutlose Woord van God nie; daar is nie ’n hemel of ’n hel nie en ook nie ’n duiwel nie; sonde is ’n relatiewe begrip en elkeen kan vir homself besluit wat reg en verkeerd is. Hierdie groep verkenners is van mening dat dit ’n fout was vir Israel om uit Egipte weg te trek en hulleself tot ’n miserabele woestynlewe te beperk. Hulle is ten gunste van ’n terugkeer na Egipte en die aanvaarding van ’n intergeloofsoriëntasie. Hierdie denkrigting verteenwoordig die oorgang vanaf ’n swak geloof na totale ongeloof. Geloofsverval van hierdie aard is die gevolg van demonies-geïnspireerde misleiding (1 Tim. 4:1).
Teenoor die groot groep dwalendes is daar ’n klein groepie gelowige verkenners wat goeie raad uit die Woord van God gee. Hulle doen hulle bes om geloof in die almag van God en die waarheid van sy beloftes te bevorder. Daar is immers ’n beloofde land om in besit te neem, en dit kom op wantroue in God neer indien ons sou weier om sy beloftes in die geloof aan te neem en Hom vir ’n volle verlossing en volkome heiligmaking te vertrou (vgl. 1 Thess. 5:23). Waarom sou Hy ’n land (of lewe) aan ons belowe waar ons vry van oorheersing deur ons vyande kan leef, indien dit onmoontlik is om oorwinnings in sy Naam te behaal? Ons sal onsself geestelik eindeloos verarm indien ons nie onsself verootmoedig en op die vervulling met krag uit die hoogte wag nie, want dit is die sleutel tot oorwinning oor al ons vyande.
Die twee betroubare verspieders is deur die volk verwerp en daar was selfs pogings om hulle dood te maak. Dit is vandag ook so. Diegene wat sterk op evangeliese beginsels staan, en dit sluit die dieper genadewerk van heiligmaking in, is nie populêre predikers of raadgewers nie. In hulle verkenning van die geestelike landskap was hulle ten volle bewus van die groot mag van die vyand. Dit het egter nie hulle siening oor die pad vorentoe bepaal nie, want hulle was bewus van ’n nog groter waarheid, naamlik die almag van God om sy Woord aan Israel te vervul en al sy beloftes waar te maak. Hy kan en wil van almal van ons meer as oorwinnaars maak.
Wie het Israel deur die Jordaanrivier na die land van belofte en oorwinning gelei? Een van die twee getroue getuies, naamlik Josua. Ons volg ook vir Josua, naamlik Jesus, na die land van oorwinning. Johannes beskryf Hom só: “Jesus Christus, die getroue getuie, die eersgeborene uit die dode en die Owerste oor die konings van die aarde! Aan Hom wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in sy bloed en ons gemaak het konings en priesters vir sy God en Vader, aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid!” (Op. 1:-5-6). Sal Hy iets aan ons belowe en dit nie doen nie? Ons moet seker maak dat ons na die regte raadgewers en teologiese verkenners luister. Die meerderheid van hulle is nie betroubaar nie, daarom kan hulle nie met oortuiging sê wat Paulus gesê het nie: “Ek het nie nagelaat om aan julle die hele raad van God te verkondig nie” (Hand. 20:27).
Die land Kanaän was vir Israel die vervulling van talle beloftes. Dit waarop die ware gelowiges gehoop het, sou hier ’n wonderlike werklikheid word. Wanneer ons Israel se geskiedenis noukeurig volg, is dit duidelik dat daar benewens die afvalliges en ongelowiges onder hulle, twee groepe gelowiges was. Die een groep was oppervlakkig en het die Here nie van harte gedien nie, terwyl die klein kerngroep ware gelowiges die Here voluit en sonder voorbehoud gedien het. Hierdie selfde onderskeid tussen vleeslike en geestelike gelowiges tref ons regdeur die Bybel aan (vgl. 1 Kor. 3:1-3). Die bekende heiligheidsprediker, A.B. Simpson, sê in sy kommentaar oor Josua: “Selfs die mees oppervlakkige waarnemer moes al agtergekom het dat daar nog altyd twee duidelik verskillende soorte Christene in die wêreld was. Die een soort word gekenmerk deur moedeloosheid, angs, twyfel, wisselvalligheid en aanhoudende mislukkings. Dit is ’n lewe wat so onbevredigend is dat jy wonder of dit die moeite werd is. Die ander soort Christen word gekenmerk deur volle versekering, oorwinning, blydskap, tevredenheid, krag en stabiliteit” (Christ in the Bible: Joshua, deur A.B. Simpson).
Wat ons as Christene betref wat uit die slawerny van sonde verlos is, is daar beslis ook die verdere beloftes van heiligmaking en oorwinning oor die vlees. Daar is dus die eerste beloftes oor redding wat ons moet aanneem om uit die koninkryk van die duisternis oor te kom na die koninkryk van die lig. Ons moet egter nie hierby volstaan nie, want dit is die uitdruklike wil van die Here dat elkeen van sy kinders ook die genadewerk van heiligmaking deelagtig sal word: “Terwyl ons dan hierdie beloftes het, geliefdes, laat ons ons van alle besoedeling van die vlees en die gees reinig, en laat ons die heiligmaking in die vrees van God volbring” (2 Kor. 7:1).
Die Here Jesus se genade oor ons strek dus verder as net redding, want “uit sy volheid het ons almal ontvang, ja, genade op genade” (Joh. 1:16). Wanneer ons by die eerste genadewerk van redding volstaan, dan is ons wel weergebore, maar soos klein kindertjies in Christus wat nog nie geestelike volwassenheid bereik het nie. Ons moet opgroei tot die volwasse man of vrou in die Here, “tot die mate van die volle grootte van Christus, sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering” (Ef. 4:13-14).
Redding kan ook gesien word as aanvanklike heiligmaking, maar dit is net ’n voorbereiding vir die dieper genadewerk van volkome heiligmaking: “Mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus! Hy wat julle roep, is getrou; Hy sal dit ook doen” (1 Thess. 5:23-24). Die opdrag tot volkome heiligmaking is nie buite ons bereik nie, want die Here self doen dit vir elkeen wat Hom daarvoor vertrou, en wat bereid is om aan die voorwaarde van selfsterwe te voldoen. Indien ons bereid is om die eie-ek in ’n volle oorgawe oor te lewer om gekruisig te word en vir die wêreld en die sonde te sterf, sal ons ten volle met die opstandingslewe van Jesus Christus beklee word.
Dit was noodsaaklik dat Moses moes sterf voordat die volk die Beloofde Land kon beërf, want Hy was ’n tipe van die wet en deur die werke van die wet kon Israel nie die beloftes verkry nie. Hulle het Josua, ’n tipe van Jesus, nodig gehad om hulle deur te lei en die beloftes van God te laat ervaar. Paulus het die Jode daaraan herinner dat hulle sondes slegs deur Jesus vergewe kon word: “Laat dit dan aan julle bekend wees, broeders, dat deur Hom vergifnis van sondes aan julle verkondig word, en dat elkeen wat glo, deur Hom geregverdig word van alles waarvan julle deur die wet van Moses nie geregverdig kon word nie” (Hand. 13:38-39).
Wanneer ons Jesus volg op pad na ons geestelike bestemming, moet ons eerstens van die voorskriftelike en veroordelende mag van die wet verlos word, asook van die onvermoë daarvan om enige mens voor God te regverdig. Hoewel die wet ’n onbereikbare hoë standaard vir die gevalle mens gestel het, het dit nogtans onder die Jode ’n vorm van eiegeregtigheid in die hand gewerk op grond van menslike pogings tot wetsnakoming (vgl. Luk. 18:11-12).
’n Totaal nuwe manier van godsdiens is met die koms van Christus aan Israel geopenbaar. Sedertdien is hulle nie van sonde oortuig deur die wet nie maar deur die Heilige Gees, en het ook nie meer onder die verpligting gestaan om offers vir die versoening van hulle sonde te bring nie. Jesus Christus het die wet volmaak onderhou, en deur sy kruisdood al die skaduagtige offers van die ou verbond vervul. Jode én alle ander mense word deur die Heilige Gees van sonde oortuig deur elkeen te meet aan die standaard van Christus se sondelose lewe. Enige oortredings aan ons kant word uit genade vergewe op grond van die Here Jesus se soendood aan die kruis. Hy bied egter meer as net vergifnis van sonde aan ons, want Hy wil hê dat ons deur die volle identifikasie met sy kruis ook vir die sonde sal sterf. Dit is die tweede genadewerk.
Die eerste genadewerk word tipologies voorgestel deur Israel se uitredding uit Egipte toe die paaslam deur hulle geslag en die bloed daarvan aan hulle deurposte gestryk is. Die tweede genadewerk word deur Israel se deurtog deur die Jordaan voorgestel toe hulle onder Josua se leiding die land van belofte betree het nadat Moses begrawe is. Die ou geslag Israeliete het in die woestyn gesterf, en net die nuwe geslag kon deur Josua deur die Jordaan gelei word.
Die Jordaan stel die dood voor omdat dit in die Dooie See uitmond en daar ophou bestaan. Die eie-ek (die ou, sondige natuur) moet ook tot ’n einde kom. Elkeen van ons moet ’n volle oorgawe maak sodat ons saam met Paulus kan sê: “Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my” (Gal. 2:20). Later in dieselfde brief sê hy: “Ek roem in die kruis van onse Here Jesus Christus, deur wie die wêreld vir my gekruisig is en ek vir die wêreld” (Gal. 6:14).
Die verpligting rus op my om myself voortdurend as dood vir die sonde te reken (Rom. 6:11). Ek moet die oue mens altyd as gekruisig beskou en hom nie toelaat om af te kom van die kruis nie. Ek moet dus my gekruisigde posisie handhaaf, want hoewel die ou Adam gekruisig is, is hy nog nie dood nie. Dit is die rede waarom ek “elke dag” met die kruis van Christus moet identifiseer deur dit op te neem en Hom te volg (Luk. 9:23). Soos wat ek geestelik ontwikkel, moet ek met die Here Jesus “saamgroei deur die gelykvormigheid aan sy dood” (Rom. 6:5). As Ek saam met Hom sterwe, sal ek ook saam met Hom lewe.
Die nuwe geslag Israeliete wat die land beërf het, verteenwoordig die nuwe (weergebore) mens wie se hart volkome deur die Here verander is. Die oue mens wat nog na sonde neig, kan nie dié beloftes beërf nie. Terwyl die volk in die woestyn rondgetrek het, het hulle minagtend teenoor die Here opgetree en nie eers hulle kinders laat besny nie. Weens hulle ongeloof was hulle nie waardig om die land Kanaän te beërf nie, en het daardie geslag deur hulle eie toedoen in die woestyn gesterf:
“Want veertig jaar lank het die kinders van Israel in die woestyn getrek, totdat die hele volk omgekom het, die krygsmanne wat uit Egipte weggetrek het, wat nie aan die stem van die Here gehoorsaam was nie; vir wie die Here gesweer het dat Hy hulle die land nie sou laat sien wat die Here hulle vaders met ’n eed beloof het om aan ons te gee nie – ’n land wat oorloop van melk en heuning. Maar in hulle plek het Hy hul seuns gestel; dié het Josua besny; want hulle was onbesnede, omdat hulle op pad nie besny is nie” (Jos. 5:6-7).
Direk na hulle deurtog deur die Jordaanrivier het Josua die onbesnedenes laat besny. Dit was egter net ’n uiterlike teken van die Abrahamitiese verbond. Die Here se doel hiermee was ’n geestelike oorgawe waarin die volk se harte besny moes word: “En die Here jou God sal jou hart besny en die hart van jou nageslag, om die Here jou God lief te hê met jou hele hart en met jou hele siel, dat jy kan lewe” (Deut. 30:6).
Die Nuwe-Testamentiese teëbeeld van die besnydenis is die reiniging van mense se harte tydens ’n volle oorgawe: “Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik; en julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag; in wie julle ook besny is met ’n besnydenis wat nie met hande verrig word nie, deur die liggaam van die sondige vlees af te lê in die besnydenis van Christus” (Kol. 2:9-11; vgl. Rom. 2:28-29).
Josua was die regte leier om Israel na hierdie volkome oorgawe aan die Here te lei. Hy en Kaleb was die twee verkenners wat by Kades deur die volk verwerp is omdat hulle aangedring het dat Israel ten spyte van die vyandige nasies in Kanaän moes oortrek en die land in besit neem. Die ander tien verkenners was net so bang en ongelowig soos die volk, en het gesê dat dit ’n onmoontlike taak was om die land te verower (Num. 14:1-10; Deut. 1:28-30; 9:1).
’n Volle oorgawe aan die almagtige God wat vir Israel deur sy groot krag uit Egipte verlos het, was die enigste manier waarop hulle deur Hom gebruik kon word om die Beloofde Land in besit te neem.
Die nuwe leier van Israel was Josua. Die Here het vir Moses gesê wie sy volk na die Beloofde Land sou begelei: “Josua, die seun van Nun, wat voor jou staan – hý sal daar inkom, versterk hom, want hý sal Israel dit laat beërwe” (Deut. 1:38). Die Heilige Gees het hom vir sy groot taak toegerus: “En Josua, die seun van Nun, was vol van die Gees van wysheid; want Moses het hom die hande opgelê. En die kinders van Israel het na hom geluister” (Deut. 34:9).
Na die dood van Moses het die volgende geslag Israeliete deur die Jordaan getrek en hulle verbond met die Here hernu. Hulle het voor ’n baie groot probleem te staan gekom, naamlik hoe om die vyande wat in versterkte stede gewoon het, te oorweldig en tot oorgawe te dwing. Jérigo was die heel eerste van hierdie stede wat hulle teëgekom het, en waarskynlik ook die een wat die sterkste verskans was. Israel het nog nooit teen vyande in ommuurde stede geveg nie, en hulle spiese, swaarde, pyle en boë was glad nie vir so ’n oorlog geskik nie.
Dit was hier by Jérigo waar hulle die belangrike les moes leer dat die stryd aan die Here behoort. Dit was juis ook in hierdie menslik onmoontlike situasie dat Israel besef het dat hulle werklike leier nie Josua, die seun van Nun was nie, maar die Leërowerste van die Here wat later as Jeshua, die Seun van die hemelse Vader, na Israel gekom het. Net Hy kan hulle van die mag van die vyand verlos:
“En terwyl Josua by Jérigo was, slaan hy sy oë op en kyk, en daar staan ’n man teenoor hom met ’n ontblote swaard in sy hand; en Josua het na hom gegaan en hom gevra: Behoort U by ons of by ons vyande? En Hy sê: Nee, maar Ek is die leërowerste van die Here; Ek het nou gekom. Toe val Josua met sy aangesig op die grond en buig hom neer en vra Hom: Wat wil my Here aan sy dienskneg sê? Toe sê die leërowerste van die Here vir Josua: Trek jou skoene van jou voete af, want die plek waar jy op staan, is heilig. En Josua het so gedoen” (Jos. 5:13-15).
Ons moet onthou dat ook ons, ná ons vervulling met die Heilige Gees, net diensknegte van Christus is. Ons kan slegs in Hom meer as oorwinnaars wees. Hy het gesê: “Sonder My kan julle niks doen nie” (Joh. 15:5). Hy moet altyd die eer kry vir alles wat bereik word, daarom moet ons nooit na eie eer soek, in ons eie prestasies roem en dink dat ons deur ons eie krag die oorwinning kan behaal nie.
Deur ’n bonatuurlike ingryping van die Here het die mure van Jérigo geval, en dit het Israel in staat gestel om die stad in te neem en te verwoes. Dieselfde beginsel geld steeds vandag op geestelike gebied indien ons bose vestings in ons lewe wil oorwin: “Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie; want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp, terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus” (2 Kor. 10:3-5). Die gesag van Christus moet erken en gebruik word.
Gebruik jy die geestelike wapens van geloof (1 Joh. 5:4-5; Ef. 6:16), gebed (Jak. 5:16; Ef. 6:18), die swaard van die Woord (Ef. 6:18; Heb. 4:12), die bloed van die Lam (Ef. 1:7; Op. 12:11), en die woord van jou getuienis (Op. 12:11)? Is die vestings van sonde in jou lewe almal neergewerp en getuig jy dat die Here Jesus jou verlos het? Wanneer ons getuig, moet dit só wees dat die mense God sal verheerlik vir dit wat bereik is, en nie vir ons nie (Matt. 5:16).
Daar is twee sleutelbegrippe in die boek Josua wat ten grondslag lê van Israel se oorwinnings en die verkryging van God se beloftes – dit is geloof en gehoorsaamheid. Ons kyk eerstens na die belangrike rol van geloof in God se volk.
Die Beloofde Land is deur geloof verower. Elke tree van die pad is in die geloof geneem: die Jordaan is in die geloof oorgesteek, die mure van Jérigo het deur die geloof geval, en so ook is elke oorwinning daarna in die geloof behaal. Geloof verwys nie na ’n onpersoonlike mag wat deur die mens gemanipuleer kan word nie, maar na ’n vaste vertroue in die Here dat Hy sal doen wat Hy belowe het.
Geloof is “’n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ’n bewys van die dinge wat ons nie kan sien nie.... Hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ’n beloner is van die wat Hom soek” (Heb. 11:1, 6). Geloof beteken dat ons die Here daadwerklik vir die vervulling van sy beloftes sal vertrou, en dit op daardie oomblik ook sal aanneem. Jy moet die Here Jesus as jou Verlosser vertrou en aanneem, dan word jy dadelik uit jou sondige en verlore toestand gered. Wanneer jy Hom as jou Heiligmaking aanneem, sal Hy jou sonder enige twyfel van vleeslikheid verlos en jou met sy Heilige Gees vervul.
Daar is egter ook onbybelse vorms van geloof waarin mense self bepaal wat hulle wil hê, en dan gebruik hulle “geloof” om dit te probeer verkry – maar dít werk nie. ’n Suiwer geloof kan nie met menslike begeertes gelykgestel word nie, al is daardie begeertes ook hoe mooi en edel. Die Here gee aan ons deur die Heilige Gees geloof om in sy Seun te glo, asook in al die beloftes in sy Woord. Wanneer ons lewe in ooreenstemming met die Woord is, sal ons begeertes en ideale ook in harmonie met die Bybel wees: “En wat ons ook al bid, ontvang ons van Hom, omdat ons sy gebooie bewaar en doen wat welgevallig is voor Hom.... En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor as ons iets vra volgens sy wil” (1 Joh. 3:22; 5:14).
Israel het vaste beloftes oor die land Kanaän gehad. Die ou geslag het nie in ooreenstemming met die beloftes opgetree nie en het in die woestyn gesterf. Die nuwe geslag Israeliete het hierdie beloftes geglo en in die lig daarvan opgetree. Omdat hulle besnede harte gehad het – harte wat waarlik in God glo – het hulle aan sy voorwaarde voldoen om die seën te verkry, en het God sy beloftes aan hulle vervul. Die tydperk onder die leierskap van Josua was een van die geestelike hoogtepunte in Israel se vierduisendjaar-lange geskiedenis.
Wanneer mense volkome gehoorsaam is aan God se Woord deur dit in hulle daaglikse wandel te eerbiedig en ook daarvolgens te glo en te bid, sal dit altyd met hulle goed gaan. Die Here het vir Josua gesê: “Wees net baie sterk en vol moed, om nougeset te handel volgens die hele wet wat Moses, my kneg, jou beveel het; wyk daarvan nie regs of links af nie, sodat jy met goeie gevolg kan handel, oral waar jy mag gaan. Hierdie wetboek mag nie uit jou mond wyk nie; maar bepeins dit dag en nag, sodat jy nougeset kan handel volgens alles wat daarin geskrywe staan; want dan sal jy in jou weë voorspoedig wees, en dan sal jy met goeie gevolg handel” (Jos. 1:7-8).
Ons moet erns daarmee maak om nie net aan sekere opdragte uitvoering te gee en die res na te laat nie. Daar is nie slegs opdragte en beloftes met betrekking tot redding in die Woord nie, maar ook met betrekking tot heiligmaking, waaksaamheid, geestelike oorlogvoering, volhardende gebed, vrugbare diens, nederigheid, standvastigheid tydens toetse en beproewings, en nog baie ander. Aan hoe meer daarvan ons gehoorsaam is, hoe meer sal ons opgroei tot geestelike volwassenheid. Mense wat by redding volstaan en dan terugsit, loop gevaar om ’n nuttelose en onvrugbare lewe te lei en eendag met leë hande voor die Here te staan te kom, gered asof deur vuur heen (1 Kor. 3:15).
Daar is ongelukkig diensknegte van die Here wat nie hulle talente en tyd in sy diens gebruik nie, en as gevolg daarvan geestelik stagneer. Hulle draai hulle talente in ’n doek toe en beplan om dit net so onbenut aan die Here terug te gee (Luk. 19:20-23). Dit is hulle wat nie die stap van heiligmaking gedoen het nie en dus nie die Jordaan oorgesteek het na die Beloofde Land nie.
Ongehoorsaamheid verwys nie net na die nalaat van sekere opdragte en beloftes nie, maar ook na die aktiewe doen van sondige dade wat in stryd met God se Woord is. Tydens die inname van Jérigo het Agan strydig met God se opdragte opgetree en van die buit vir homself geneem en in sy tent gaan begrawe (Jos. 7:1). As gevolg hiervan het die seën van die Here van Israel gewyk en is hulle verslaan toe hulle teen die stad Ai opgetrek het (Jos. 7:11-12). Eers nadat Agan en sy gesinslede deur die hele Israel gestenig en saam met hulle besittings verbrand is, is die Here se toorn van Israel afgewend en is die inwoners van Ai verslaan.
Ten spyte van die beloftes aan Israel oor ’n Godgegewe land wat oorloop van melk en heuning, was daar enkele van die stamme wat verkies het om nie hulle erfenis in die Beloofde Land te ontvang nie, maar wel oos van die Jordaanrivier. Onder hulle was die stamme van Ruben en Gad, asook die helfte van die stam van Manasse. Hulle het wel saam met hulle broers geveg om die Beloofde Land van oorheersing deur heidense volke te bevry, maar het daarna weer na hul woonplekke oos van die Jordaan teruggekeer (Jos. 1:12-18). Hulle het Josua ten volle as leier erken en ook hulle militêre diensplig sonder murmurering nagekom, maar ten opsigte van hulle persoonlike lewens ander keuses gemaak.
Dit is ’n vreemde situasie hierdie, maar in die geestelike toepassing daarvan glad nie so ongewoon nie. Daar is ook vandag baie Christene wat die evangeliese verlossingsleer, asook die leer van heiligmaking, ten volle erken en selfs ook verkondig, maar nogtans nie self aan die standaard daarvan voldoen nie. Dit wat hulle sê en dit wat hulle doen, is nie in ooreenstemming met mekaar nie. Hulle gee met hulle lippe volle erkenning aan die beloftes van die Here, maar in die praktyk bevind hulle hulself oos van die Jordaanrivier in ’n geestelike woestyn.
Daar mag verskeie redes vir hierdie teenstrydige situasie wees, bv. mense se belangrikheid in hulle eie oë, ’n oormatige liefde vir geld, verkeerde verhoudings, of ander verborge sondes. As gevolg hiervan kom hulle nie by die punt uit waar hulle volkome sterf aan hulleself nie (die oorsteek van die Jordaanrivier), en gaan voort met ’n lewe van vleeslikheid ten spyte van hulle kennis van die Bybelse leer van volle verlossing. Deur die jare heen is daar heeltemal tereg vir baie van hierdie dubbelhartige gelowiges gesê: “Doen wat julle sê!” (Eng. “Practise what you preach!”).
Die grondgebied wat die Here aan Israel belowe het, moes van bose oorheersing bevry en in besit geneem word. Die mag en houvas van die koninkryk van die duisternis moes in hierdie hele gebied verbreek word, sodat die koninkryk van die lig in die plek daarvan gevestig kon word. In Josua 12 word 31 konings genoem wat deur Israel verslaan is en uit hulle grondgebied verdryf is. Dit was egter nog nie naastenby die hele gebied wat aan Israel belowe is nie, daarom sou die stryd in Kanaän voortduur solank as wat daar nog heidense volke was. Josua het nie sy taak heeltemal afgehandel nie:
“En toe Josua oud en ver op sy dae was, het die Here vir hom gesê: Jy is oud en ver op jou dae, en daar het nog ’n baie groot stuk land oorgebly om in besit te neem” (Jos. 13:1). Die gebied wat wel verower is, is tussen die twaalf stamme verdeel, maar as gevolg van die voortbestaan van bose vestings het die stryd teen die heidendom in Kanaän voortgeduur.
Behalwe die feit dat Israel nie al die bose vestings oorwin en uitgewis het nie, het hulle ook die fout gemaak om in een geval ’n verbond te sluit met die Gibeoniete, wat ’n heidense volk in hulle midde was. Hierdie mense het Josua doelbewus mislei deur voor te gee dat hulle van ’n ver land af gekom het om ’n nie-aanvalsverdrag met Israel te sluit. Hulle was egter inwoners van Kanaän, maar het ’n slim plan beraam om Israel deur middel van ’n eed daarvan te weerhou om hulle aan te val. Hulle het met verslete klere en skoene, asook met ou padkos, by Josua aangekom en beweer dat hulle van ’n ver land af kom (Jos. 9:3-27).
Josua het nie die saak verder ondersoek nie en ook nie die Here geraadpleeg nie (Jos. 9:14), maar die Gibeoniete verseker dat hy hulle nie sou aanval nie. As gevolg hiervan het Israel hulle eie posisie verswak en ’n kleiner erfenis verkry. Hierdie gebeurtenis en die gevolge daarvan is nog ’n bewys van hoe die Bose dikwels deur ’n verandering in strategie sy doel met die ondermyning van God se volk bereik. Hy verander van gedaante en kom as ’n engel van die lig om niksvermoedende gelowiges te mislei.
In Nuwe-Testamentiese tye is ons ook deurlopend by ’n oorlog betrokke nadat ons deur die Jordaanrivier van sterwe aan onsself getrek het en begin het met ’n lewe onder die leiding van die Heilige Gees. Die stryd wat ons in die Kanaän van die volheidslewe voer, neem egter ’n ander vorm aan en is hoofsaaklik teen ’n vyand van buite. Voor die tyd was ons stryd primêr teen ’n vyand binne-in ons, naamlik ons ou sondige natuur wat ná ons verlossing uit Egipte steeds heerskappy oor ons gevoer het in ’n poging om ons geestelik tot ’n onvrugbare woestynlewe van val en opstaan te beperk. Hierdie lewe het meer dikwels na neerlae as na oorwinnings gelei.
In die nuwe situasie in Kanaän het alles verander, en Israel het een oorwinning ná die ander behaal, want die Here het vir hulle gestry (Jos. 10:14). Ten spyte van al hulle oorwinnings het Israel egter nie die punt bereik waar hulle al die grondgebied verower het wat die Here aan hulle belowe het nie (Jos. 13:1-7).
Die fisiese stryd wat Josua en sy manskappe in Kanaän gevoer het, is die uitbeelding van ’n geestelike stryd wat ons in Nuwe-Testamentiese tye teen sonde voer. Om in hierdie stryd te kan oorwin, het ons nie fisiese wapens nodig nie, maar geestelike wapens. Paulus sê vir die Korinthiërs: “Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie; want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp, terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus” (2 Kor. 10:3-5).
Hieruit is dit duidelik dat sondes begin by verkeerde gedagtes wat nie onderwerp is tot gehoorsaamheid aan Christus nie. Hierdie gedagtes is suggesties of voorstelle om sonde te doen, en hulle kan uit drie oorde op ons inwerk:
Versoekings om te sondig kan in die eerste plek regstreeks van die duiwel en sy bose geeste af kom. Johannes praat van die duiwel as die verleier van die nasies (Op. 12:9; 20:3), en Paulus verwys na mense wat van die geloof afvallig word omdat hulle verleidende geeste en leringe van duiwels aanhang (1 Tim. 4:1).
In die tweede plek kan versoekings om te sondig vanuit die verdorwe wêreld op ons inwerk. Die hele wêreld en al sy sondige beginsels lê in die mag van die Bose (1 Joh. 5:19), daarom word dit gekenmerk deur statusbeheptheid, korrupsie, dubbele standaarde, valsheid, magsug en die najaag van rykdom. As ons hierdie dinge begeer en najaag, dan draai ons die rug op die Here en sy koninkryk van geregtigheid: “Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie. Want alles wat in die wêreld is – die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe – is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld. En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig” (1 Joh. 2:15-17).
In die derde plek kan sonde voortvloeiend wees uit die ongekruisigde vlees van die mens. Selfs in die lewens van gelowiges poog die gevalle natuur om uit sy gekruisigde posisie te ontsnap en weer beheer oor die persoon se lewe te probeer kry. Wanneer ’n gelowige nie meer daagliks met die kruis van die Here Jesus identifiseer nie, laat hy die vlees toe om weer sondige begeerlikhede in hom te vestig. Jakobus sê: “Elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word. Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort” (Jak. 1:14-15).
Ons moet die geestelike wapens van God opneem en teen hierdie versoekings weerstand bied. Omdat die duiwel sy vurige pyle van versoekings óf regstreeks óf deur middel van die verdorwe wêreld op ons rig, óf deur die sondige vlees op ons inwerk, is hy die groot vyand wat oorwin moet word. Paulus sê: “Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte. Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug” (Ef. 6:10-12). Daar is ’n stryd om te stry, daar is oorwinning te verkry.
Is jy ’n oorwinnaar in die stryd teen sonde? Indien nie, dan moet jy vaardig word in die gebruik van geestelike wapens soos geloof (Ef. 6:16: 1 Joh. 5:5), gebed (Ef. 6:18; Jak. 5:16), die Woord (Ef. 6:17; Heb. 4:12) en die bloed van die Lam (Ef. 1:17; Op. 12:11).
Soos in die geval van Josua en die Gibeoniete, bestaan daar ook die moontlikheid dat gelowiges weens hulle onkunde en naïwiteit mislei kan word om kompromie met sonde te maak. Net soos die Gibeoniete gedoen het, kom die duiwel dikwels in ’n onskuldige gewaad as ’n engel van die lig om mense te mislei om hom te aanvaar as ’n gesant van God wat net goeie bedoelings het. Die groot aantal sektes, valse profete en valse godsdienste in die wêreld lewer bewys van die sukses waarmee die duiwel miljoene mense mislei. Die Here Jesus het nie verniet teen hierdie ernstige gevaar gewaarsku nie: “Pas op dat niemand julle mislei nie” (Matt. 24:4, 11, 24).
Mense wat mislei is, het die deur vir die vyand oopgemaak, hom ingenooi, en hulle harte vir sy boodskap van misleiding oopgestel. Een van die onmiddellike gevolge hiervan is dat hulle vir die waarheid verblind word en aktiewe kampvegters van een of ander vorm van die leuen word. Hierdie leuens werk deur na die res van hulle oortuigings, want “’n bietjie suurdeeg maak die hele deeg suur” (1 Kor. 5:6). Sulke mense verloor hulle geestelike krag en insig, en bevorder onwetend die ideologieë en werke van die duisternis.
Josua moes ’n duidelik omskrewe land in besit neem wat deur die Here aan Israel gegee is (Jos. 1:2). Hierdie volk en hulle land moes deurentyd in ’n heilige toestand voor die Here wees, daarom moes alle heidense nasies daaruit verdryf word en geen verontreinigende gebruike soos afgodediens daarin beoefen word nie. Die koninkryk van God op aarde is deur sy uitverkore volk verteenwoordig, daarom het hulle ’n teokratiese regeringsvorm gehad met God as die Hoof van die volk. Israel se leiers moes altyd die Here raadpleeg voordat hulle belangrike besluite geneem het. Wanneer hulle van die Here afvallig geraak het, is hulle gedissiplineer.
In ’n Nuwe-Testamentiese verband het die opset met betrekking tot God se koninkryk op aarde heeltemal verander. Weens Israel se langdurige ontrouheid teenoor die Here, het hulle nie alleen sy profete verwerp nie, maar ook sy Seun. Dit het tot die lang, internasionale verstrooiing gelei waarteen die Here hulle al in die tyd van Moses gewaarsku het: “Ek sal julle onder die volke verstrooi en ’n swaard agter julle uittrek; en julle land sal ’n wildernis en julle stede puinhope word” (Lev. 26:33).
Tydens die bedeling van Israel se verstrooiing sou hulle nie meer die verteenwoordigers van God se koninkryk op aarde wees nie, en sou daar ook nie meer ’n geografiese begrensing tussen God se koninkryk en heidense koninkryke op aarde wees nie. Alle gelowiges sou hulle in hierdie tyd in ’n wêreld bevind wat hoofsaaklik deur ongeredde mense bewoon word en gevolglik in die mag van die Bose lê (1 Joh. 5:19). Te midde van hierdie geestelik duistere toestand moes die boodskap van Jesus Christus se reddende genade aan alle mense op aarde verkondig word, ongeag die sterk teëstand wat dit mag veroorsaak (Matt. 28: 19; Mark. 16:15).
Mense wat in hierdie tyd gered word, word lede van ’n hemelse koninkryk wat nie fisies op aarde geopenbaar is nie: “Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons as Verlosser verwag die Here Jesus Christus” (Fil. 3:20). Tydens Christus se liggaamlike afwesigheid op aarde bevind ons onsself in ’n vyandige gebied waarin ons soos vreemdelinge en bywoners leef (1 Pet. 2:11). Waarlik geredde mense is oral op aarde ’n minderheidsgroep (Matt. 7:13-14).
Dit is dus heeltemal onvanpas om tydens die kerkbedeling ’n vorm van koninkryksteologie te verkondig waardeur daar gepoog word om die koninkryk van die hemel as ’n sigbare realiteit op aarde te openbaar. Ware Christene moet eerder op verdrukking en vervolging deur die meerderheid ongelowiges en misleides ingestel wees. Die Here Jesus het gesê: “Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard” (Matt. 10:34). Binne-in ons harte het ons die vrede van sondevergifnis, maar wat ons verhouding met die ongelowige wêreld daarbuite betref, is ons in ’n situasie van konfrontasie. Ons moet die goeie stryd van die geloof stry (1 Tim. 6:12).
Daar is geen sprake dat ons, soos Israel in die vorige bedeling, die heidene uit sekere gebiede moet verdryf sodat God se koninkryk duidelik deur die res van die wêreld gesien kan word nie. Ons mag nie ons vyande vervolg en doodmaak nie, maar inteendeel die boodskap van God se liefde aan ’n verloregaande wêreld verkondig. Ons moet dus ons vyande liefhê en hulle redding begeer. Dit verbind ons daartoe om die lig van ’n donker wêreld en die sout van ’n bedorwe aarde te wees. In die kerkbedeling leef die gelowiges en ongelowiges saam, soos koring en onkruid wat in dieselfde land gesaai is (vgl. Matt. 13:24-30). Eers in die oestyd, wanneer die Here kom, sal die koring en onkruid van mekaar geskei word.
Wanneer die Messias gekom het, sal daar vir Israel en gelowiges van alle tye ’n volmaakte sabbatsrus aanbreek: “Want as Josua aan hulle rus gegee het, sou Hy nie van ’n ander dag daarná spreek nie. Daar bly dus ’n sabbatsrus oor vir die volk van God” (Heb. 4:8-9). Daar is talle beloftes oor hierdie tyd van volkome rus in die Messias:
Tydens die bewind van Josua het Israel rus gehad in hulle harte en die Here gedien, en nadat hulle die heidense volke oorwin en verdryf het, het hulle ook rus van hulle vyande gehad (Jos. 23:1; 24:31). Josua het egter besef dat hierdie volk se harte nie regtig volkome in hulle toewyding teenoor die Here was nie, en dat die opkomende geslag dalk weer van die Here se weë sou afwyk. Voor sy dood het Josua die volk ernstig hieroor aangespreek:
“Julle moet daar baie vas by staan om sorgvuldig te doen alles wat geskrywe staan in die wetboek van Moses, dat julle daar nie regs of links van afwyk nie; dat julle met hierdie nasies wat met julle saam oorgebly het, nie meng nie; julle mag ook die naam van hulle gode nie vermeld en daarby nie laat sweer nie, en julle mag hulle nie dien en julle voor hulle nie neerbuig nie; maar die Here julle God moet julle aanhang soos julle tot vandag toe gedoen het.... Neem julle dan terdeë in ag ter wille van julle siele, om die Here julle God lief te hê; want as julle ooit mag afwyk en hierdie nasies aanhang wat nog met julle saam oorgebly het, en julle met hulle verswaer en julle met hulle en hulle met julle meng, weet dan verseker dat die Here julle God nie langer hierdie nasies voor julle uit sal verdrywe nie; maar hulle sal vir julle ’n vangnet en ’n strik wees en ’n angel in julle sye en dorings in julle oë, totdat julle omkom uit hierdie goeie land wat die Here julle God aan julle gegee het” (Jos. 23:6-8, 11-13).
Dit was ongelukkig net Josua se tydgenote wat die Here gedien het, want die volgende geslag het weer in grootskaalse goddeloosheid verval: “Maar Josua, die seun van Nun, die kneg van die Here, het gesterwe, honderd en tien jaar oud.... En toe ook daardie hele geslag by hulle vaders versamel is, staan daar ’n ander geslag ná hulle op wat die Here en ook die werk wat Hy vir Israel gedoen het, nie geken het nie. En die kinders van Israel het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here: hulle het die Baäls gedien en die Here, die God van hulle vaders, verlaat wat hulle uit Egipteland uitgelei het, en hulle het agter ander gode aan geloop, van die gode van die volke wat rondom hulle was, en hulle daarvoor neergebuig en die Here geterg. Maar toe hulle die Here verlaat en die Baäl en die Astartes dien, het die toorn van die Here teen Israel ontvlam, en Hy het hulle oorgegee in die hand van rowers wat hulle beroof het; en Hy het hulle verkoop in die hand van hulle vyande rondom, sodat hulle nie meer kon standhou voor hulle vyande nie” (Rig. 2:8-14).
Israel se lang geskiedenis sedertdien is oorheers deur verlengde tye van geestelike afvalligheid. Dikwels het die Here hulle aan hul vyande oorgegee, en tydens die Assiriese ballingskap van die tienstammeryk en die Babiloniese ballingskap van die suidelike ryk van Juda en Benjamin is hulle heeltemal uit hulle land weggevoer deur hulle vyande. Dit was alles die gevolg van geestelike afvalligheid wat algemeen in Israel voorgekom het:
“Maar hierdie saak het Ek hulle beveel, naamlik: Luister na my stem, dan sal Ek vir julle ’n God wees, en julle sal vir My ’n volk wees; en wandel net in die weg wat Ek julle beveel, dat dit met julle goed kan gaan. Maar hulle het nie geluister en geen gehoor gegee nie, maar gewandel in wat hulle in die verharding van hul bose hart beraadslaag het, en hulle het agteruitgegaan en nie vooruit nie.... Jy het my verwerp, spreek die Here, jy het al agteruitgegaan; daarom strek Ek my hand teen jou uit” (Jer. 7:23-24; 15:6).
God het getrou gebly, maar Israel het ontrou geraak en hulle rug op die Here gekeer. As die regverdige afvallig raak, troubreuk teenoor die Here pleeg en hom nie daarvan bekeer nie, sal hy in sy sonde sterf (Eseg. 18:24). Dit is ’n Bybelse beginsel wat ook in Nuwe-Testamentiese tye geld (Joh. 15:4-6). Elke nuwe geslag mense moet van voor af keuses oor hulle eie geestelike lewe maak. Terwyl daar sommiges is wat in die allerheiligste geloof opgebou word (Jud. 1:20), is daar aan die ander kant van die spektrum diegene wat weens misleiding aan die geloof skipbreuk ly (1 Tim. 1:19).
Israel het weens ongehoorsaamheid aan die Here by ’n eindelose stryd teen hulle vyande betrokke geraak. Hulle is binne-in die Beloofde Land dikwels aangeval en soms tot oorgawe gedwing deur heidense nasies, omdat hulle nie al hulle vyande oorwin en verdryf het soos wat die Here hulle beveel het toe hulle die land ingetrek het nie. As gevolg hiervan het hulle nie die seën en beskerming van die Here geniet nie. Hulle geestelike afvalligheid en blindheid het uiteindelik daartoe gelei dat hulle die Messias, Jeshua, verwerp het, en daardeur het hulle alle reg verbeur om in die land te woon wat God aan hulle beloof het. Dit het na ’n selfopgelegde ballingskap gelei wat byna twee millennia lank geduur het.
Moderne Israel is nog steeds betrokke by aanhoudende stryd en oorloë teen hulle vyande, omdat hulle as volk nog nie die rus van die Messias ingegaan het nie. Volgens Bybelse profesieë sal hulle egter die Messias aanneem wanneer Hy weer kom (Sag. 12:10; Matt. 23: 39), en dán eers sal hulle tydens die duisendjarige vrederyk van die Messias rustig in hulle eie land woon.
Die kerk van Christus moet uit Israel se foute leer. Ons moet baie goed verstaan dat Jesus die Lam van God is wat ons uit Egipte gelei het, maar ook die groot Oorwinnaar wat ons deur die Jordaan van sterwe aan die vlees gelei het na ’n lewe van oorwinning en blydskap in die Here. Indien ons nie die eerste genadewerk van verlossing deelagtig geword het nie, is ons nog steeds ongeredde slawe van die sonde. Indien ons wel gered is, maar nog nie die tweede genadewerk van heiligmaking saam met die volle aflegging van ons ou lewe in die geloof aangeneem het nie, bevind ons onsself in die geestelike woestyn van ’n onvervulde lewe wat deur baie neerlae en ’n gebrek aan godsvrug gekenmerk word.
Indien ons wel die oorgang na Kanaän gemaak het, maar nalaat om in heiligheid te groei en onsself deeglik van alle besoedeling van die gees en die vlees te reinig, maak ons self die deur vir die duiwel oop om ons opnuut tot oorgawe aan sonde, mislukking en wêreldgesindheid te dwing. Ons sal dan van ons vreugde en krag tot oorwinning beroof word en uiteindelik in ’n selfopgelegde ballingskap weggevoer word na ’n woestynlewe van val en opstaan, en selfs ook verder terug na ’n lewe van ongeloof in Egipte. Veragtering in die genade is ’n algemene verskynsel (Heb. 12:14-15).
Waarom is daar so ’n groot mate van geestelike verwarring in Christelike kerke wêreldwyd? Die antwoord is duidelik: indien mense nie onomwonde tot bekering en wedergeboorte opgeroep word nie, is hulle steeds in Egipte en het net ’n gedaante van godsaligheid. Indien hulle wel tot bekering opgeroep is maar nog nie ’n volle oorgawe tot heiligheid gemaak het nie, is hulle geestelik onvolwasse en op reis na nêrens in die woestyn van verwarring. In hierdie doellose lewe sonder vaste oortuigings sal hulle soos die golwe van die see rondgeslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering (Ef. 4:14). Dit verklaar die bestaan van honderde verskillende kerke wat elkeen sy eie leerstellings het – sommige baie verder van die waarheid af as ander. Selfs baie van diegene wat wel die leer oor heiligmaking gehoor en aanvaar het, is nie volkome in hulle toewyding teenoor die Here nie en verloor later weer die erfenis van die volheidslewe. Hulle bevind hulleself dan weer terug in die woestynlewe in die geselskap van ander vleeslikes.
Ons moet goed verstaan dat daar net een pad na die land van belofte is, en dit is onder die leiding van Josua en deur die Jordaan van sterwe aan jouself. In die Nuwe Testament is Jesus Christus ons Leidsman tot heiligmaking, en die pad loop deur ’n oorgawe van sterwe aan jouself waarin jy volkome met die kruis van Christus moet identifiseer sodat jy aan sy dood gelykvormig kan word. Daarna sal Hy ons met sy Heilige Gees vervul sodat ons kragtig kan word in die Here om ’n volle wapenrusting te kan aantrek waardeur ons staande sal kan bly teen die liste van die duiwel. In Jesus Christus alleen kan ons van oorwinning tot oorwinning gaan terwyl ons opgroei tot die volwasse man of vrou in Christus.
In die volheidslewe moet ons steeds elke dag keuses maak, en dit geld lewenslank vir elke mens. Die besluite wat ons neem en die keuses wat ons maak, bepaal die koers van ons lewe. Indien ons in ons besluite gelei word deur die Heilige Gees en die Woord van God, sal ons nie links of regs van die Here se pad afwyk nie, en met goeie gevolg handel oral waar ons gaan (Jos. 1:7). Dit is dus nodig dat ons ’n goeie begrip van die mens se vrye wil sal hê, want ons is medewerkers van God wat die woord van die waarheid reg moet sny (1 Kor. 3:9; 2 Tim. 2:15). Verkeerde besluite kan daartoe lei dat ons, in ’n mindere of meerdere mate, van die Here se pad afwyk.
Uit die boek Josua blyk die beginsel van die mens se vrye wil baie duidelik. Die algemene roeping van die Here aan Israel het ook ’n persoonlike roeping aan elke individu ingesluit, wat vereis het dat elke lid van die volk self ook op die roepstem van die Here moes reageer. Dit het nie net gegeld vir die bepaling van hulle primêre posisie as gelowiges en lede van God se volk nie, maar ook vir hulle voortgesette gehoorsaamheid daarna. Selfs al was hulle besnede verbondskinders wat die paaslam geslag het en uit Egipte gelei is deur God, moes alle lede van die volk nog steeds morele en geestelike keuses maak oor hoe hulle wou leef. In hierdie opsig het hulle grootliks gefaal, selfs tot op die punt waar hulle God verloën het. Hulle het al die Here se groot verlossingsdade beleef, “maar God het in die meeste van hulle geen welgevalle gehad nie, want hulle is neergeslaan in die woestyn” (1 Kor. 10:5).
Israel se lang swerftogte deur die woestyn was die direkte gevolg van hulle geestelike afvalligheid. Die Here sê: “Veertig jaar het Ek ’n afkeer gehad van hierdie geslag en gesê: Hulle is ’n volk met ’n dwalende hart, en hulle ken my weë nie; sodat Ek in my toorn gesweer het: Waarlik, hulle sal in my rus nie ingaan nie” (Ps. 95:10-11).
Die nuwe geslag Israeliete wat onder Josua se leiding die land Kanaän verower het, moes ook self keuses uitoefen oor waar hulle lojaliteite was. Hulle het aanvanklik die regte keuse gemaak, maar Josua was sekerlik bewus van dubbelhartigheid by baie van hulle, asook van die moontlikheid dat die opkomende geslagte dalk verkeerde besluite sou neem en as gevolg daarvan geestelik sou verval. Josua het hierdie reg van vrye keuse gerespekteer:
“Maar as dit verkeerd is in julle oë om die Here te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: òf die gode wat julle vaders daar oorkant die Eufraat gedien het, òf die gode van die Amoriete in wie se land julle woon; maar ek en my huis, ons sal die Here dien.... As julle die Here verlaat en vreemde gode dien, sal Hy julle weer kwaad aandoen en julle vernietig, nadat Hy aan julle goed gedoen het” (Jos. 24:15, 20). Die mens het wel ’n vrye keuse, maar hy is nie vry van die gevolge van sy besluite nie.
Dieselfde beginsel geld ook vir ons, daarom word ons juis in die lig van Israel se verkeerde keuses gewaarsku om nie ook dieselfde foute te maak nie: “En hierdie dinge was voorbeelde vir ons, dat ons nie begerig moet wees na slegte dinge soos hulle begerig was nie” (1 Kor. 10:6). Soos Israel, sal dit ons niks help om te skuil agter verbondstekens en ’n naam dat ons God se volk is nie. Baie mense redeneer inderdaad dat hulle Christene is omdat hulle gedoop en aangeneem is, en daarom het hulle die vryheid om te leef soos hulle wil. Hulle maak ’n groot fout, want die Here is nie tevrede met lippediens nie, maar met ’n veranderde hart (Mark. 7:6-7).
Israel se fout in die woestyn was dat hulle net verstandelike aannames na aanleiding van God se verlossingsdade gemaak het, en nie regtig in die geloof daarop gereageer het nie. Hulle was net in hulle vlees besny en nie in hulle harte nie. As gevolg hiervan het die ou geslag ongelowige vormgodsdienstiges in die woestyn gesterf, en dit behoort ons tot diepe nadenke te stem: “Laat ons dan vrees dat, terwyl die belofte om in sy rus in te gaan nog standhou, dit nie miskien sal blyk dat iemand van julle agtergebly het nie. Want aan ons is die evangelie ook verkondig net soos aan hulle; maar die woord van die prediking het hulle nie gebaat nie, omdat dit by die hoorders nie met die geloof verenig was nie. Want ons wat geglo het, gaan die rus in, soos Hy gesê het: Daarom het Ek in my toorn gesweer, hulle sal in my rus nie ingaan nie” (Heb. 4:1-3).
Ons moet waarlik in die Here Jesus glo en ook alle sonde bely en laat staan, want dan alleen sal ons sy rus kan ingaan. As ware gelowiges in Christus wat onder die leiding van sy Heilige Gees optree, kan ons deur die Jordaan van die dood gaan om as Christene ’n oorwinnende stryd teen sonde, ongeregtigheid en versoekings te stry. Hier sal ons rus vind vir ons siele, alhoewel die stryd teen boosheid soms baie hewig sal wees. Vanuit hierdie posisie van oorwinning sal ons waardig wees om ook die komende sabbatsrus van die millennium te beërf wanneer die Messias kom.
In sy kommentaar oor Josua sê A.B. Simpson dat daar basies twee klasse Christene is, naamlik die vleeslikes en die geestelikes. Hy sê egter dat die geestelikes ’n spektrum verteenwoordig wat verder in twee groepe onderverdeel kan word, gemeet aan die vlak van gehoorsaamheid en getrouheid wat hulle bereik het. Daar is dus drie groepe verlostes, en hy beskryf hulle as goed, beter en beste:
“In alle dinge is daar ’n goeie, beter en ’n beste. Dit is veral waar in ons geestelike lewe. Die verhaal van Exodus, Levítikus en Númeri is die goeie, want daarin word Israel se verlossing uit Egipte beskryf – dit is ’n tipe van gelowiges se verlossing deur die Here Jesus Christus. Deuteronómium en die eerste hoofstukke van Josua dui vir ons die beter lewe aan, naamlik Israel se intog in die Beloofde Land – dit is ’n tipe van ons heiligmaking deur die Here Jesus en die krag van die Heilige Gees. Daar is egter nog iets meer as net dit, want in die later hoofstukke van Josua word die hoogste moontlikheid van ons geestelike lewe ontvou. Daar was keur besittings in die Beloofde Land, want daar was nog oorwinnings wat behaal moes word nadat die land ingeneem en die 31 konings verslaan is. Hebron, Kirjat-Sefer en Timnat-Serag het iets meer as net ’n gewone oorwinning voorgestel – dit dui op ’n spesiale erfenis in die Here wat net die deel is van ’n paar geheiligde kinders van die Here wat hulleself onderskei het omdat hulle meer as oorwinnaars in Christus was.”
Die eerste tree op die pad van die Here is om alle vorms van sonde en rebellie teen Hom te staak deur tot bekering te kom. Dit word voorgestel deur die deurtog deur die Rooi See, wat die begin van ’n nuwe lewe was. Daarna moet die geredde persoon sy hele lewenswandel in ooreenstemming met die wil van God bring. Dit behels dat hy sal sterwe aan homself en deur die Jordaan in die Land van Belofte intrek. Hierna bly daar vir die geheiligde gelowige nog die uitdaging oor om alles te doen wat die Here van hom verwag en in elke opsig van sy lewe ’n oorwinnaar te wees.
Daar is dus ’n beginpunt met betrekking tot die doen van God se wil, daarna ’n oorgawe tot heiligmaking, en uiteindelik die moontlikheid van vordering tot op die vlak van al die volheid van God. Paulus sê: “Word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed sodat julle kan beproef wat die goeieen welgevalligeen volmaaktewil van God is” (Rom. 12:2; beklemtoning bygevoeg). In hierdie teks is daar duidelik sprake van drie vlakke van die wil van God wat deur ons nagestreef moet word, naamlik sy goeie, sy welgevallige, en sy volmaakte wil.
Om God se goeie wil te doen, vereis dat ek deur bekering in sy wil sal inkom vanuit ’n ongeredde lewe wat buite sy wil gelei is: “Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser, wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom” (1 Tim. 2:3-4). Hy wil nie hê dat sommige mense verlore moet gaan nie, maar dat almal tot bekering sal kom (2 Pet. 3:9).
Dit is dus God se uitdruklike wil dat jy gered moet word. In Handelinge 17:30 staan daar: “God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer.” Omdat jy ’n vrye wilsbesluit moet neem om ooreenkomstig God se opdrag tot bekering te kom, kan jy dit weerstaan en verwerp as jy wil. Dan sal jy die gevolge daarvan moet dra. Die Here Jesus het vir die inwoners van Jerusalem gesê: “Hoe dikwels wou Ek [julle] bymekaarmaak net soos ’n hen haar kuikens onder haar vlerke bymekaarmaak, en julle wou nie! Kyk, julle huis word vir julle woes gelaat!” (Matt. 23:37-38). Ewige verwoesting in ’n godverlate plek wag op almal wat vir Jesus as Verlosser verwerp het.
Stéfanus het die ongeredde vormgodsdienstiges in Israel van dieselfde onbekeerlike gesindheid beskuldig: “Julle hardnekkiges en onbesnedenes van hart en ore, julle weerstaan altyd die Heilige Gees” (Hand. 7:51). Moenie die Heilige Gees weerstaan wat met ’n vriendelike uitnodiging na jou toe kom om jou sondes te bely en te laat staan, jou saak met die Here reg te maak en Hom te volg en te dien nie (Joh. 16:8; Matt. 21:28-32). Sonder sy oortuigingswerk kan jy nie gered word nie, en dit is ook net Hy wat jou kan wederbaar.
Sal jy die wil van die Here begin doen deur jouself vir redding aan Hom oor te gee? Die “Here Jesus Christus [het] Homself gegee vir ons sondes, sodat Hy ons kan uitred uit die teenwoordige bose wêreld, volgens die wil van onse God en Vader” (Gal. 1:3-4).
“En julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes waarin julle tevore gewandel het... in die begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het; en ons was van nature kinders van die toorn net soos ook die ander” (Ef. 2:1-3). Die mensdom is in net twee families verdeel – die kinders van God en die kinders van die duiwel. As ons die goeie wil van God doen, dan noem die Here Jesus ons sy familie (Mark. 3:31-35) en ook seuns en dogters van ons hemelse Vader (2 Kor. 6:17-18). Die wêreldlinge en ongeredde vormgodsdienstiges word kinders van die duiwel genoem (Joh. 8:44; Hand. 13:10). Doen God se wil en word sodoende ’n lid van sy familie! Dit is sy versoek, begeerte én opdrag aan ons.
’n Persoon wat gered is, het die Bybelse opdrag om ’n heilige, diensbare en aan God welgevallige lewe te lei. Dit is die enigste vorm van godsdiensbeoefening wat vir die Here aanneemlik is (Rom. 12:1), en Hy is met niks minder as dit tevrede nie. ’n Marginale Christelike lewe van vleeslikheid en onvrugbaarheid is nie vir die Here aanvaarbaar nie. Sulke mense sal eendag met leë hande voor Hom staan, gered asof deur vuur heen (1 Kor. 3:1-3, 9-17). Doen jy die Here se welgevallige wil met betrekking tot heiligmaking en diensbaarheid, of hou jy gerieflikheidshalwe ’n lae profiel en gaan met bedekte sondes in jou lewe voort?
’n Geheiligde lewe – gees, siel én liggaam – is nodig ten einde insig in verdere aspekte van God se wil te hê en ’n lewe te lei wat vir Hom welgevallig is. Is jou hart en lewe gereinig en dra jy vrugte vir die ewige lewe, of bedroef jy die Heilige Gees in hierdie opsig deur nie jouself as ’n heilige en lewende offer aan Hom te wy nie? Onderwerp jou dan aan God se wil wat dié saak betref, en weet dat Hy behae daarin sal hê om jou vir diens toe te rus en ’n rein kanaal van jou te maak: “Want dit is die wil van God: julle heiligmaking; dat julle jul moet onthou van die hoerery … Want God het ons nie tot onreinheid geroep nie, maar tot heiligmaking. Daarom, hy wat dit verwerp, verwerp nie ’n mens nie, maar God wat ook sy Heilige Gees aan ons gegee het” (1 Thess. 4:3, 7-8).
Ek moet van alle onreinheid gereinig word en in my hele lewenswandel heilig word (1 Pet. 1:15). Die beklemtoning van hoerery hierbo bevestig maar net die feit van die algemene voorkoms daarvan. Die vleeslike hartstogte en begeerlikhede van die mens word deur Satan uitgebuit, en seksuele versoekings kom een of ander tyd oor feitlik alle mense se pad. Die hele wêreld is in die greep van wellus vasgevang, en die vervaardigers en uitgewers van pornografiese films en tydskrifte (asook diegene wat pornografiese webwerwe het) word skatryk.
Nog ’n algemene struikelblok in die weg van ’n heilige, Geesvervulde lewe, is drankgebruik. Sulke mense tree ook in stryd met God se wil op: “Julle [moet] nie onverstandig wees nie, maar verstaan wat die wil van die Here is. Moenie dronk word van wyn nie – daarin is losbandigheid; maar word met die Gees vervul” (Ef. 5:17-18).
Tabak, dwelms en baie ander dinge besoedel jou, “want waar ’n mens deur oorwin is, daarvan het hy ook ’n slaaf geword” (2 Pet. 2:19). Die oplossing vir verslawing aan alle sonde is voor die hand liggend: “As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees” (Joh. 8:36).
Moenie met hierdie besoedelings saamleef nie, maar doen daarvan afstand en stel jou liggaam as ’n lewende, heilige en aan God welgevallige offer in sy diens. As jy dit nie doen nie, dan doen jy nie sy welgevallige wil nie en sal jy ook nie die seën van ’n Geesvervulde lewe geniet nie. ’n Wisselvallige geestelike lewe van val en opstaan is nie tot eer van die Here nie.
’n Persoon wat in ’n volle oorgawe die stap van heiligmaking gedoen het en in die genade en kennis van Christus groei, sal noodwendig na die volmaakte wil van die Here vir sy of haar lewe begin soek. Dit behels onder meer duidelikheid oor jou roeping, asook die beste wyse waarop dit uitgeleef kan word. Paulus sê: “Ek vermaan julle dan … om te wandel waardig die roeping waarmee julle geroep is” (Ef. 4:1). Stel vas hoe en waar jy die Here die beste kan dien.
Ons moenie die Here net nou en dan behaag en slegs met tussenposes onsself aan Hom toewy nie. Ons moet ook nie met min vrug tevrede wees as ons veel meer vir die Here kan bereik nie. Daar moet na die volmaakte wil van die Here vir ons lewe gesoek word, sodat ons ons roeping as Christene volkome kan vervul. Paulus se gebed vir die Kolossense was: “dat julle vervul mag word met die kennis van sy wil in alle wysheid en geestelike insig, sodat julle waardiglik voor die Here mag wandel om Hom in alles te behaag en julle in elke goeie werk vrug mag dra en in die kennis van God mag groei” (Kol. 1:9-10).
Die doel van hierdie gebed vir die Kolossense was: “... dat julle volmaak en volkome mag staan in die ganse wil van God” (Kol. 4: 12). Hulle moes daarna streef om ook God se volmaakte wil te ken en te doen – nie net sy goeie en welgevallige wil nie.
Het jy al die Here se volmaakte plan vir jou lewe ontdek? Die Bybel sê dat jy onder die leiding van God se Gees verligte oë van die verstand moet hê sodat jy jou geestelike roeping en erfdeel onder die heiliges kan verstaan (Ef. 1:18). Jy moet ook bid dat die Heilige Gees jou met krag sal versterk in die innerlike mens, sodat jy in staat kan wees om saam met al die heiliges ten volle te begryp wat die breedte, lengte, diepte en die hoogte van Christus se liefde is wat die kennis oortref, sodat jy daarin gewortel en gegrond kan word en vervul kan word tot al die volheid van God (Ef. 3:16-19).
Die tydperk van Josua se leierskap is gevolg deur die Rigtersperiode van groot afvalligheid in Israel se geestelike lewe. Soms, onder die leiding van ’n Godvresende rigter, het dit beter gegaan maar daarna was die verval weer erger as ooit tevore (Rig. 2:11-23). Hierdie patroon van wisselvalligheid en herhalende tydperke van afvalligheid is ook kenmerkend van die Nuwe- Testamentiese Christendom.
Dit is nie vanselfsprekend dat as jy die welgevallige en volmaakte wil van God doen, jy dit altyd sal aanhou doen nie. Soos nooit tevore nie sal jy in jou lewe veel teëstand en stryd ervaar. Die duiwel sal jou op allerlei wyses aanval en probeer ontmoedig om met die Here se werk voort te gaan. Hy sal jou versoek om sonde te doen, en jou ook aktief deur middel van leerstellige dwalings probeer mislei. Dit sal van jou standvastigheid, eerlikheid, gehoorsaamheid en toewyding aan die Here afhang of jy in sy volmaakte wil sal bly.
Net soos wat ons geestelik vooruit kan gaan en volmaak en volkome in die ganse wil van God kan staan, kan ons ook agteruitgaan en in ons geestelike lewe veld verloor. Dit is moontlik om uit God se volmaakte wil te beweeg sonder om radikaal van jou roeping af weg te breek. Jy sal dan minder vrug dra, nie meer honderd- en sestigvoudig nie, maar nog altyd die Here dien en dinge doen wat vir Hom welgevallig is. Jy sal egter weet dat nie alles in jou lewe meer heeltemal reg is nie.
Deur selfondersoek en ’n hertoewyding kan jy weer volkome herstel word. Jy kan egter ook geheel en al onbetrokke raak by die werk van die Here, maar nog steeds aan jou getuienis as ’n Christen vashou (God se goeie wil). Petrus en die dissipels het in ’n stadium besluit om hulle roeping te laat vaar en weer te gaan visvang. Hulle het egter nie sukses hiermee gehad nie, en die Here Jesus het hulle aan die oewer van die See van Galilea besoek om hulle geestelike roeping as vissers van mense te herbevestig (Joh. 21:3-17).
Die Galásiërs het ook van God se welgevallige wil af wegbeweeg toe hulle geestelik veragter het. Paulus was verbaas dat dit so maklik kon gebeur, en het daarop gewys dat hulle mislei was: “Ek verwonder my dat julle so gou afvallig word van hom wat julle deur die genade van Christus geroep het, na ’n ander evangelie toe, terwyl daar geen ander is nie; behalwe dat daar sommige mense is wat julle in die war bring en die evangelie van Christus wil verdraai” (Gal. 1:6-7). Hierdie gemeente is gewaarsku dat indien hulle verder op die pad van leerstellige verval sou voortgaan, hulle geheel en al uit die genade van Christus sou verval (Gal. 5:4).
Die Efésiërs is ook gewaarsku dat as hulle nie van die pad van mensgemaakte werke en vormgodsdiens omdraai nie, die Here hulle kandelaar (die simbool van die Heilige Gees se teenwoordigheid in die gemeente) van hulle sou wegneem (Op. 2:4-5). Selfopgelegde geestelike duisternis sou dan in die gemeente intree. Wanneer daar vervreemding in ons verhouding met die Here Jesus intree, word afgedwaalde lidmate gewoonlik navolgers van mense en probeer om hulle te behaag. Hulle dien nie meer die Here nie.
Dit is van die grootste belang dat ons ten alle tye op die smal pad sal volhard waarop die Here Jesus ons deur die wedergeboorte geplaas het, en nie daarvan sal afwyk nie. Die Here het vir Josua gesê dat die Woord sy riglyn in die lewe moet bly, en dat hy glad nie daarvan moet afwyk nie. Indien sy voetstappe in die Woord geanker bly, sou dit altyd met hom goed gaan (Jos. 1:5-8). In ’n toestand van getrouheid aan die Here sou hy krag tot oorwinning ontvang en dan hoef hy geen vyand te vrees of deur enige probleem gestuit te word nie. As die Here met hom is, wie kan teen hom wees? Hy het Josua hiervan verseker: “Het ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die Here jou God is met jou, oral waar jy heengaan” (Jos. 1:9). Dit is vir ons ewe belangrik om in ons geestelike toewyding, besluitneming en doelstellings, absolute duidelikheid oor die wil van God te hê en ons lewens daarvolgens te skik.
Binne die breë raamwerk van God se wil moet die fyner besonderhede daarvan steeds op ’n gereelde basis bepaal en uitgeleef word. Hoe moet ek die besluite neem waardeur ek uitvoering aan my roeping gee, en wat moet ek doen as ek voor ’n kruispad of ’n toe deur te staan kom? Vir hierdie en vele ander sake moet ook ooreenkomstig God se wil uitsluitsel verkry word. Soms is die antwoord duidelik en voor die hand liggend, maar dikwels twyfel ’n mens of jy die regte besluit geneem het. Die volgende riglyne word aan die hand gedoen om God se wil in spesifieke situasies te kan bepaal:
Die Bybel.Die Here praat met ons deur sy Woord en gee dikwels uitdruklike opdragte wat ons kan navolg. Soms kry ons net breë beginsels en riglyne waaraan ons op die beste moontlike manier uitvoering moet gee. Ons moet egter ook bereid wees om nee vir ’n antwoord te aanvaar en nie aanhou om Bybel te lees totdat ons ons eie vooropgestelde antwoorde gekry het nie. Begin net om te doen wat jou hand vind om te doen – die Here sal jou lei en bevestiging uit sy Woord gee.
Gebed.Die Here sê dat ons Hom moet raadpleeg en ken in al ons weë (Spr. 3:6). Moet dus nie eensydige besluite neem voordat jy gebid en die Here in ’n saak geken het nie. Hy belowe dat as jy soek, sal jy vind (Matt. 7:7). Dit geld ook die nodige wysheid om besluite ooreenkomstig sy wil te kan neem: “As iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid … en dit sal aan hom gegee word” (Jak. 1:5).
Die Heilige Gees.Die Heilige Gees is “die Gees van wysheid en verstand, die Gees van raad en sterkte, die Gees van kennis en van die vrees van die Here” (Jes. 11:2). Hy sal jou in die hele waarheid lei (Joh. 16:13) sodat jy telkens die waarheid van God se wil van alle gevaarlike vorms van misleiding sal kan onderskei. Ook in hierdie opsig is baie gebed en verootmoediging nodig om by die regte besluit of standpunt te kan uitkom.
Omstandighede.Die Here lei jou ook deur omstandighede. Hy sê: “Kyk, Ek het voor jou ’n geopende deur gegee, en niemand kan dit sluit nie” (Op. 3:8). Hou jou oë op geleenthede wat oop deure is. Let egter ook op omstandighede en geleenthede wat strydig met die wil van die Here is, en vermy dit. Moenie ’n toe deur probeer oopforseer en jou eie wil op ’n situasie afdwing nie.
Vrede in jou hart.“En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en sinne bewaar in Christus Jesus” (Fil. 4:7). ’n Mens ervaar vrede in jou gemoed as jy die regte ding doen ooreenkomstig God se wil. Die mens wat nie hierdie vrede in sy hart het nie, sal ’n onrustigheid en selfs ’n innerlike stryd ervaar. Hy sal dan weet dat wat hy beplan of doen, nie in die wil van God is nie. Laat vrede deur ’n rein gewete altyd jou skeidsregter wees en moenie daarsonder met ’n saak voortgaan nie: “En laat die vrede van God... in julle harte heers” (Kol. 3:15).
Gesonde verstand.Jou verstand word geheilig en op die Woord van God ingestel as jy die Here met jou hele hart, jou hele verstand en al jou krag liefhet. Deur die Heilige Gees gee die Here aan ons verligte oë van die verstand sodat ons sy wil kan verstaan en na die beste van ons oordeel uitvoering daaraan kan gee. Hy leer ons om ons gesonde verstand in sy diens te gebruik (Tit. 2:11-12; 1 Pet. 1: 13), maar ons sal dit slegs kan doen wanneer ons denke op Christelike beginsels gebaseer is.
Die begeertes van jou hart.Die Heilige Gees wek goeie begeertes in jou hart op wat tot eer van die Here is, “want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae” (Fil. 2:13). “Verlustig jou in die Here, dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart” (Ps. 37:4). ’n Aanduiding van God se wil kan begeertes wees wat Hy self in jou hart gewerk het. Jy móét die dinge van die Here begeer en bedink: “As julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit. Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie” (Kol. 3:1-2). Indien jou begeertes geheilig is, sal die Here aan jou oop deure van geleenthede gee om dit te kan uitvoer. Onthou egter dat daar altyd versoekings sal wees om te sondig, daarom moet jy aanhou om vleeslike en bose begeertes te weerstaan.
Die regte tyd.Moenie impulsiewe, oorhaastige besluite neem nie. Die Here antwoord ons gebede op sy eie bestemde tyd: “Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word” (Heb. 4:16). Wees geduldig en wag op die Here.
Wanneer jy na die wil van die Here soek, moet jy daarteen waak om blindelings ander mense se raad te volg, veral wanneer hierdie persone (gewoonlik selfaangestelde profete) beweer dat die Here iets oor jou roeping aan hulle geopenbaar het wat Hy nie aan jou geopenbaar het nie. Daar is vandag baie sulke “profete” wat jou lewe met twyfelagtige motiewe in ’n bepaalde rigting wil stuur om hulle eie doel te bereik. Waarom sou die Here so duidelik met hulle praat oor jou toekomsplanne en nie met jouself nie? Ons het nie, soos in Ou-Testamentiese tye, middelaars nodig om die Here namens ons te raadpleeg nie. Ons kan goeie raad oorweeg wat deur Geesvervulde vriende aan ons gegee word, maar dit kan nooit die finale aanduiding wees oor wat jy moet doen nie. Die Woord van die Here en die leiding deur sy Heilige Gees is die finale gesag vir enige besluite met betrekking tot jou lewe.
Soos wat Josua sy volk gelei het om al die Here se beloftes te aanvaar oor ’n nuwe lewe in die Beloofde Land, ver weg van hulle sondige verlede in Egipte, is die Here Jesus ons Leidsman wat ons nie net van ons sonde verlos nie, maar ook erfgename wil maak van al die beloftes oor die volheidslewe. Ons moet sy leiding getrou volg, nie links of regs van sy Woord afwyk nie, met sy Gees vervul word en nooit enige kompromie met die wêreld maak nie. Dan alleen sal ons koersvas op pad wees na die Nuwe Jerusalem waar ons vir ewig in die lig van sy aangesig sal lewe.
Heilige manne in die Bybel behoort nie tot die vlak van rolmodelle verhef te word nie, omdat elkeen se omstandighede en roeping uniek is. Jesus Christus is ons enigste rolmodel en ons word geroep tot ’n lewe van gelykvormigheid aan Hom. Petrus sê dat Jesus vir ons ’n voorbeeld gestel het sodat ons sy voetstappe kan navolg (1 Pet. 2:21). Ons kan nogtans baie uit Petrus en ander heilige manne se lewens en ervarings leer – nie net uit dit wat hulle bereik het nie, maar ook uit hulle mislukkings. Ons moenie dieselfde foute maak as wat hulle gemaak het nie. Indien ons wel soos hulle faal, dan moet ons let op die wyse waarop hulle hul probleme oorkom en weer in die regte verhouding met die Here gekom het. Kyk egter veral na dit wat hulle positief bereik het en word daardeur geïnspireer om beter navolgers van die Here Jesus te word:
“Daarom dan, terwyl ons so ’n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê, die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof” (Heb. 12:1-2). Slaan ag op die wolk van getuies en leer uit hulle ondervindings, maar hou jou oë op die Here Jesus gevestig. Die geheim van die oorwinnende lewe is om in Christus te bly (Joh. 15:4-5) en nie ’n navolger van mense te word nie.
Daar was verskeie hoogte- en laagtepunte in Petrus se lewe, en sy geestelike oorwinnings het ’n blywende erfenis vir Christene van alle tye nagelaat. Uit ’n geheelbeeld van sy lewe is dit duidelik dat daar twee fases in hierdie dissipel se lewe was. Eers was daar die wisselvallige deel van sy lewe tussen sy bekering en vervulling met die Heilige Gees, maar ná Pinksterdag sien ons Petrus as die Geesvervulde dissipel van Jesus wat groot dinge vir die uitbreiding van die Here se koninkryk bereik het. Ten spyte van die hewigste druk op hom het hy nooit voor versoekings of aanslae geswig nie en enduit op die nou pad volhard.
Die volgende was die belangrikste stadiums in Petrus se geestelike ontwikkeling:
Petrus is as ’n visser by die See van Galiléa geroep om ’n dissipel van die Here Jesus te word: “En terwyl Jesus langs die see van Galiléa loop, sien Hy twee broers, Simon wat genoem word Petrus, en Andréas, sy broer, besig om ’n net in die see uit te gooi; want hulle was vissers. En Hy sê vir hulle: Kom agter My aan, en Ek sal julle vissers van mense maak. En hulle het dadelik die nette laat staan en Hom gevolg” (Matt. 4:18-20).
Jesus het ’n klein groepie dissipels geroep om intensief opgelei te word vir hulle toekomstige rol om Hom voltyds as evangeliste te dien. Dit beteken nie dat alle getuies van Christus hulle werk moet bedank om Hom voltyds te dien nie – elkeen moet ten volle duidelikheid oor sy eie roeping verkry. Selfs ’n toegewyde apostel soos Paulus het vir sy lewensonderhoud tente gemaak, maar dit was nooit die belangrikste fokus van sy lewe nie.
Petrus het alles verlaat om die Here Jesus te volg – sy werk én sy familie – en hy het later slegs vir een nag na sy vroeëre beroep as visserman teruggekeer toe hy gedink het dat dit te moeilik en ook te gevaarlik was om Jesus te dien. Hy is egter gou van sy twyfel, vrees en gebrek aan motivering verlos.
Petrus was die eerste dissipel wat openlik verklaar het dat Jesus die Messias en Seun van God is. Hy het sonder huiwering gesê: “U is die Christus, die Seun van die lewende God” (Matt. 16:16). Christus het hierop geantwoord: “Jy is Petrus [afgelei van petros, ’n klein rotsie], en op hierdie rots [petra:’n groot rots] sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie” (Matt. 16:18). Die groot rots verwys na Petrus se getuienis dat Jesus die Christus is. In hierdie uitspraak bevestig die Here Jesus vier kerngedagtes in verband met die Nuwe-Testamentiese kerk:
In die tyd toe Petrus die belangrike openbaring oor Jesus as die beloofde Messias en Seun van God ontvang het, was hy nog nie ’n Geesvervulde gelowige nie en het nie die hele raad van God geken nie. Hy het bv. glad nie besef dat Jesus twee keer sou kom, en tydens sy eerste koms die lydende Messias sou wees wat sy lewe vir sondaars aflê nie. As gevolg van sy vleeslikheid en gebrekkige kennis kon Petrus nie verstaan waarom Christus moes ly en sterf nie.
Die Here Jesus het gesê dat Hy baie onder “die ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes moes ly, en gedood word en op die derde dag opgewek word” (Matt. 16:21). Petrus het totaal negatief hierop gereageer: “Toe neem Petrus Hom opsy en begin Hom bestraf en sê: Mag God dit verhoed, Here, dit sal U nooit oorkom nie! Maar Hy het omgedraai en vir Petrus gesê: Gaan weg agter My, Satan! Jy is vir My ’n struikelblok, omdat jy nie die dinge van God bedink nie, maar die dinge van die mense” (Matt. 16:22-23).
Pas nadat Petrus ’n stelling gemaak het oor ’n baie groot waarheid met betrekking tot Jesus se Godheid en Messiasskap, het die duiwel hom weens sy beperkte insig in God se raadsplan mislei om homself teen die moontlikheid van Jesus se kruisiging uit te spreek. Baie Christene wat onkundig en geestelik onvolwasse is, tree ook so op. Die een oomblik bely hulle ’n groot waarheid uit die Woord, en die volgende oomblik ontken hulle weer ’n kernwaarheid in die Bybel en verkondig een van Satan se baie leuens. Hulle doen dit as gevolg van misleiding of ’n gebrek aan kennis, en is gewoonlik vas daarvan oortuig dat hulle die regte siening huldig.
Selfs nadat Petrus reggehelp is, was dit nie die einde van sy vleeslike arrogansie nie. Kort voor Jesus se kruisiging het Hy aan sy dissipels gesê: “Julle sal almal in hierdie nag aanstoot neem aan My.... Daarop antwoord Petrus en sê vir Hom: Al sal almal ook aanstoot aan U neem, ek sal nooit aanstoot neem nie. Jesus sê vir hom: Voorwaar Ek sê vir jou, in hierdie nag, voordat die haan gekraai het, sal jy My drie maal verloën. Petrus sê vir Hom: Al moes ek ook saam met U sterwe, ek sal U nooit verloën nie! So het ook al die dissipels gesê” (Matt. 26:31-35). Petrus het ook die ander dissipels beïnvloed om op hulle eie krag en integriteit te vertrou.
’n Mens kan die mooiste en eerbaarste voornemens hê om in die Here Jesus se voetspore te volg en nie daarvan af te wyk nie, maar sonder die instaatstellende krag wat Hy deur sy Heilige Gees aan ons verleen, sal daar niks van kom nie. Die aand voor die kruisiging het Petrus drie keer heftig ontken dat hy ’n dissipel van Jesus was. Toe Jesus op die punt was om die doodstraf deur kruisiging opgelê te word, en sy dissipels onder geweldige druk van vervolging verkeer het, was Petrus nie eers in staat om teenoor ’n eenvoudige diensmeisie te erken dat hy ’n volgeling van Jesus was nie. Hy het selfs gesweer dat hy Hom nie ken nie (Matt. 26:69-74).
Petrus het gou sy fout besef: “En dadelik het die haan gekraai, en Petrus het die woord van Jesus onthou wat Hy vir hom gesê het: Voor die haan kraai, sal jy My drie maal verloën. En hy het buitentoe gegaan en bitterlik geween” (Matt. 26:75). Wanneer ’n mens se beste voornemens in mislukking eindig, voel jy baie teleurgesteld, skaam en jammer oor jou lafhartige optrede. Jou selfbeeld is in skerwe en daar is ’n streep deur jou getuienis as Christen getrek. Jy wonder hoe dit moontlik is dat jy so ’n swakkeling kon wees. Petrus het egter nie die stryd gewonne gegee nie, maar bitter berou oor sy mislukkings gehad en besluit om weer te probeer.
Petrus was in hierdie tyd steeds nie met die Heilige Gees vervul nie, daarom kon verwag word dat daar van sy herstelpoging nie veel sou kom nie. Kort ná die kruisiging van Jesus Christus het hy weer by die ander dissipels aangesluit en probeer om sy gebroke geestelike lewe in orde te kry.
Die dissipels was egter almal vreesbevange ná die teregstelling van Jesus en het hulleself in ’n vertrek toegesluit. Die Sondag toe die Here Jesus uit die graf opgestaan het, was hulle steeds agter geslote deure bymekaar: “En toe dit aand was op daardie eerste dag van die week en die deure waar die dissipels vergader het uit vrees vir die Jode gesluit was, het Jesus gekom en in hul midde gestaan en aan hulle gesê: Vrede vir julle!” (Joh. 20:19).
Tydens hierdie byeenkoms het die dissipels vir die eerste keer die sendingopdrag ontvang (Joh. 20:21). Hoewel hulle deur die Heilige Gees die vrede van sondevergifnis gehad het, was hulle nog nie met die krag van die Heilige Gees vervul nie en kon dus toe nog nie begin om die opdrag van wêreldevangelisasie uit te voer nie. Hulle moes eers geestelik hiervoor toegerus word:
“En Hy sê vir hulle: So is dit geskrywe, en so moes die Christus ly en op die derde dag uit die dode opstaan, en bekering en vergewing van sondes in sy Naam verkondig word aan al die nasies, van Jerusalem af en verder. En julle is getuies van hierdie dinge. En kyk, Ek stuur die belofte van my Vader op julle. Maar julle moet in die stad Jerusalem bly totdat julle toegerus is met krag uit die hoogte” (Luk. 24:46-49).
Voor die vervulling met die Heilige Gees het Petrus en die ander dissipels besef dat hulle nie die geestelike krag en motivering gehad het om ’n goddelose, vyandige wêreld met die evangelie van Christus te konfronteer nie. Hulle het hulle onvermoë besef, vir die geweldige uitdaging teruggedeins en besluit om maar liewer ’n lae profiel te hou en voorlopig na hulle sekulêre beroepe terug te keer. Petrus het gesê: “Ek gaan visvang. Hulle sê vir hom: Ons gaan ook saam met jou. En hulle het uitgegaan en dadelik in die skuit geklim, en in daardie nag het hulle niks gevang nie” (Joh. 21:3).
Die Here Jesus het volle begrip vir hulle gebrek aan kennis en geestelike toewyding gehad, en duidelik vir hulle gewys dat hulle nie gelukkig sou wees as hulle na die wêreld terugkeer nie. Hy het hulle by die See van Galilea gaan opsoek, deur ’n wonderwerk verseker dat hulle baie visse vang, en daardeur vir hulle gewys dat net Hy ’n verskil in hulle lewens kon maak. Hy kon beslis ook van hulle vissers van mense maak. Jesus het aan Petrus die geleentheid gegee om drie keer te bevestig dat hy Hom waarlik liefhet. Sodoende het hy vergoed vir die drie keer wat Hy Jesus verloën het, en toe die opdrag gekry om as ’n herder vir die Here Jesus se kudde op te tree deur geestelike voedsel en versorging aan hulle te bied (Joh. 21:15-17).
Onder die geledere van vleeslike Christene is daar ook verskeie persone wat ná ’n tyd besluit om nie meer die Here te volg en te dien nie, en hulleself weer ten volle in ’n sekulêre loopbaan in die wêreld te gaan uitleef. Hulle soek nie meer die Here nie en dien Hom op ’n halfhartige wyse. Sulke mense sal nooit geluk vind nie, omdat hulle ’n geestelike roeping verruil het vir iets wat tydelik, minderwaardig en onvervullend is. Daar is vir hulle net een pad en dit is terug na die Here Jesus, na hernude reiniging deur sy bloed en die vervulling deur sy Heilige Gees. Teruggevallenes moet Psalm 51 lees en ’n nuwe oorgawe aan die Here maak.
Petrus was onder die groep van 120 dissipels en ander gelowiges wat in Jerusalem op die uitstorting van die Heilige Gees gewag het, sodat hulle toegerus kon word met krag uit die hoogte. In Handelinge 1:8 het die Here Jesus gesê: “Julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaria en tot aan die uiterste van die aarde.” Die opdrag was groot, maar so ook die instaatstellende krag.
Petrus, wat in ’n stadium herhaaldelik vir Jesus verloën het toe hy onder die druk van vyandige mense geswig het, het homself vir tien dae lank saam met die ander dissipels verootmoedig om sy sonde en vleeslikheid te bely, sy geloof volkome in Jesus Christus te stel en te wag op die uitstorting van die Heilige Gees sodat hy vir diens bekragtig kon word. Die dissipels is op Pinksterdag met die Heilige Gees vervul en die “nuwe Petrus” het met groot oortuiging die evangelie aan ’n misleide Joodse volk verkondig. Hy het ’n kragtige boodskap gebring en op een dag drieduisend siele na Christus gelei. Dit was die eerste vaste treë van die jong kerk van Christus op aarde.
Daarna het die vroeë kerk dikwels aan vleeslikheid en ’n gebrek aan kennis mank gegaan, en dit onderstreep die feit dat almal van ons ná bekering ook ’n dieper genadewerk van vervulling met die Heilige Gees nodig het. Sonder hierdie ondervinding sal ons niks in die diens van die Here bereik nie. Israel moes nie alleen deur die Rooi See van wedergeboorte gaan nie, maar ook deur die Jordaan van ’n volle oorgawe en sterwe aan die ou lewe van val en opstaan. Dieselfde beginsel geld vir alle gelowiges.
In die fase van Petrus se lewe ná Pinksterdag het hy ervaar wat dit was om in die volheid van die Heilige Gees te wandel en ver verby aardse begeerlikhede na ons ewige woning in die hemel te kyk. Hy het uit eie ondervinding geweet wat dit was om ’n vleeslike Christen te wees wat die Here Jesus in baie opsigte teleurgestel en ook verloën het, maar genadiglik het hy die opdrag ernstig opgeneem om op die Here te wag totdat hy toegerus was met krag uit die hoogte. Daarna het hy nooit weer omgekyk of gehuiwer nie, selfs nie toe hy aan die einde van sy lewe ’n marteldood deur kruisiging in die gesig gestaar het nie.
Wandel jy ook deur die volheid van die Heilige Gees? Dan sal jy krag ontvang om ’n getuie vir Christus te wees en onder die moeilikste omstandighede staande te kan bly sonder om moedeloos te word en terug te draai na die wêreld toe. Jy sal ook kragtig word in die Here om met sukses teen die aanslae van die duiwel weerstand te kan bied. Verder sal jou kennis van die Here en sy Woord toeneem totdat jy saam met al die heiliges ten volle sal kan begryp wat die breedte, lengte en diepte van Christus se liefde is, sodat jy vervul kan word tot al die volheid van God (Ef. 3:17-19).
Petrus was die dissipel wat deur die Here uitverkies is om op Pinksterdag die oorgang van die bedeling van die wet na die bedeling van genade aan te kondig. Die kerkdispensasie kon eers begin nadat die Here Jesus die losprys vir mense se sonde betaal en daardeur al die skaduagtige offers van die Ou Testament vervul het. Hy moes ook uit die dood opstaan om sy oorwinning oor die magte van die duisternis te demonstreer en daardeur aan almal van ons ’n opstanding in ’n nuwe lewe te kon bied. Ons moenie net aan Jesus se dood gelykvormig word deur vir die wêreld en die sonde te sterf nie, maar ook aan sy opstanding, sodat ons saam met Hom in ’n nuwe lewe kan wandel (Rom. 6:5).
Ons kan egter slegs hierdie geestelike seëninge deur die werking van die Heilige Gees deelagtig word, daarom moes die Here Jesus eers na die hemel opvaar, sodat die Heilige Gees uitgestort kon word om Hom oral op aarde te verteenwoordig en mense se aandag op Hom en sy versoeningswerk te vestig (Joh. 14:26; 16:14). Die Heilige Gees kan tegelyk in miljoene mense se harte en lewens werk om hulle van sonde te oortuig, te wederbaar, te vervul, in die hele waarheid te lei en die Here Jesus ’n werklikheid in hulle harte te maak.
Dit was Petrus se taak om aan te kondig dat die nuwe bedeling begin het. Dit het op die oggend van die Ou-Testamentiese Pinksterfees gebeur, toe duisende Jode in Jerusalem byeengekom het om ’n fees ter ere van die wet te vier. In Egipte moes die Israeliete ’n paaslam slag tydens hulle verlossing uit die slawerny van Farao. Op die 50ste dag van hulle uittog uit Egipte was die volk by Sinai waar hulle die wet ontvang het. Hulle het egter daar in grootskaalse ongeloof verval en ’n goue kalf gemaak om as hulle god te aanbid (Ex. 32:4). Hierdie daad van afgodediens het die toorn van die Here verwek en Hy het ’n plaag gestuur waarin drieduisend Israeliete gesterf het.
Aan die begin van die Nuwe-Testamentiese bedeling is Jesus as die Lam van God op die dag van die Paasfees gekruisig. Drie dae later het Hy uit die dood opgestaan. Vyftig dae later (dit is tien dae na sy hemelvaart) is die Heilige Gees uitgestort op die Ou-Testamentiese feesdag van die wet, om daardeur aan te toon dat die wet oorgegaan het in genade. Die wet kon Israel nie red nie en het hulle veroordeel weens hulle sonde. Die Heilige Gees kon mense egter van die genade van Christus oortuig en op een dag drieduisend siele red. Dit was die begin van ’n groot oes vir God se koninkryk in Israel en ook onder die nasies van die wêreld.
Petrus het die oorgang van Moses se wet na die Messias se genade aangekondig. In sy preek het hy Israel aan die kruisiging van Jesus herinner, aan sy opstanding uit die dood, asook aan die feit dat Hy Here is, en daarop gewys dat dit die grondslag van die Nuwe- Testamentiese weg van verlossing is: “Hierdie Jesus het God opgewek, waarvan ons almal getuies is.... Laat dan die hele huis van Israel sekerlik weet dat God Hom Here en Christus gemaak het, hierdie Jesus wat julle gekruisig het. Toe hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê: Wat moet ons doen, broeders? En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep.... Laat julle red uit hierdie verkeerde geslag” (Hand. 2:32, 36-40). Dit was die begin van Christus se kerk op aarde.
Petrus het sy Christelike bediening met groot ywer en toewyding voortgesit. Hy was só volkome met die Heilige Gees vervul en met hemelse insig beklee, dat die Gees hom gelei het om twee sendbriewe te skryf wat later ’n deel van die Bybel geword het. Hy het die jong Messiaanse gemeentes aangemoedig om hulle hoop volkome in die genade te stel wat hulle deel geword het by die openbaring van Jesus Christus, omdat hulle vrygekoop is deur die kosbare bloed van Christus, soos van ’n lam sonder gebrek en vlekkeloos (1 Pet. 1: 13-19). Die kruis het gedoen wat die wet nie vir hulle kon doen nie.
Petrus het die gelowiges opgeroep om te verkondig die deugde van Hom wat hulle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig (1 Pet. 2:9), en hulle daarop gewys dat dit konkrete, histories bewysbare feite was wat hy en die ander apostels verkondig het: “Want ons het nie kunstig verdigte fabels nagevolg toe ons julle die krag en koms van onse Here Jesus Christus bekend gemaak het nie, maar ons was aanskouers van sy majesteit” (2 Pet. 1:16).
Die jong gemeentes is ook daaraan herinner dat hulle bywoners en vreemdelinge in ’n bose en verbygaande wêreld is waarin hulle veel verdrukking sou verduur (1 Pet. 2:11; 4:1-19). Petrus het ’n hele hoofstuk aan die tragiese verskynsel van teruggevallenes gewy wat die pad van die Here verlaat en na ’n sondige lewe in die wêreld teruggekeer het (2 Pet. 2:1-22). Christene word egter bemoedig om geestelik staande te bly in hierdie goddelose wêreld wat vir die vuur bestem is: “Terwyl al hierdie dinge dan vergaan, hoedanig moet julle nie wees in heilige wandel en godsvrug nie? – julle wat die koms van die dag van God verwag en verhaas” (2 Pet. 3:11-12).
Heiligmaking was ’n belangrike tema in sy prediking en geskrifte. Hy het die opdrag aan Israel in Levitikus 11:44 herhaal en daardeur bevestig dat dit op alle mense van alle tye van toepassing is: “Soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel heilig word, omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig” (1 Pet. 1:15-16). Die mens is na God se beeld van heiligheid geskape, maar hierdie beeld is deur die sondeval geskend. Ons word egter geroep om opnuut met God se beeld van volkome heiligheid beklee te word, want daarsonder kan ons God nie behaag nie.
As ons aan die Here Jesus se dood en opstanding gelykvormig word, dan beklee ons onsself met Christus en wandel deur sy Gees. Petrus wys sy lesers daarop dat Christus deur sy lyding en sterwe vir ons getoon het hoe om vir die verdorwenheid van die wêreld te sterf. Ons moet ons kruis opneem en Hom volg (Luk. 9:23; 1 Pet. 2:21), selfs al bring dit vir ons vervolging mee (1 Pet. 4:12-13).
Toe Jesus nog op aarde was, het Hy die onaangename einde van Petrus se aardse lewe voorspel en vir hom gesê: “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, toe jy jonger was, het jy jouself gegord en rondgegaan waar jy wou; maar wanneer jy oud geword het, sal jy jou hande uitsteek, en ’n ander een sal jou gord en bring waar jy nie wil wees nie. En dit het Hy gesê om aan te dui deur hoedanige dood hy God sou verheerlik; en toe Hy dit gespreek het, sê Hy vir hom: Volg My. En Petrus het hom omgedraai en die dissipel sien volg vir wie Jesus liefgehad het, die een wat by die maaltyd op sy bors geval en gesê het: Here, wie is u verraaier? Toe Petrus [vir Johannes] sien, vra hy vir Jesus: Here, maar wat van hom? Jesus antwoord hom: As Ek wil hê dat hy bly totdat Ek kom, wat gaan dit jou aan? Volg jy My” (Joh. 21:18-22).
Proff. Walvoord en Zuck sê die volgende oor bogenoemde gedeelte in hulle Bible Knowledge Commentary, bl. 345-346: “Verse 18 en 19 bevat ’n ernstige voorspelling oor Petrus se komende kruisiging. Toe Petrus oud was, is hy met uitgestrekte arms aan ’n kruis vasgebind (1 Clement 5:4; 6:1; Eusebius: The Ecclesiastical history, 2:25). Gehoorsaamheid aan Christus se basiese opdrag, Volg My, is die belangrikste saak in elke Christen se lewe. Soos wat Jesus die Vader se wil gedoen het, moet die dissipels ook die Here se wil doen, ongeag of hulle pad na ’n kruis of een of ander moeilike ervaring lei. Toe Petrus ingelig is oor God se plan met sy lewe, het hy gewonder wat die toekoms vir sy vriend, Johannes, ingehou het. Jesus het hom skerp berispe omdat hy so nuuskierig was oor God se wil vir ’n ander persoon se lewe: ‘Wat gaan dit jou aan? Volg jy My.’ Sekere dissipels kan maklik van die spoor afdwaal as gevolg van onnodige vrae oor God se verborge wil, en dan as gevolg daarvan God se duidelik geopenbaarde wil verontagsaam. God se spesifieke planne vir individuele Christene verskil baie van mekaar, en in die meeste gevalle maak Hy nie die redes daarvoor aan ons bekend nie. Petrus moes homself toewy aan God se regstreekse opdragte aan homself.”
Ons moet ook daaraan toegewy wees om die Here se duidelike opdragte aan ons uit te voer, en die toekoms in sy hande los. Ons weet nie eers wat die dag van môre inhou nie, daarom moet ons elke dag doen wat ons hand vind om te doen, en daarna streef om met die Here se dinge besig te wees wanneer Hy kom om ons te kom haal – ongeag of dit by ons dood of tydens sy wederkoms sal wees.
Volgens Foxe’s Book of Martyrs is Petrus in Rome ter dood veroordeel en gekruisig. Nero het redes gesoek om Petrus tereg te stel, maar mede-Christene het daarvan te hore gekom en hom dringend versoek om die stad te verlaat en sodoende sy lewe te spaar. Petrus was aanvanklik onwillig, maar is uiteindelik deur hulle oortuig om te vlug. Toe hy by die stadspoort gekom het, het Jesus volgens oorlewering aan hom verskyn, en Petrus het in eerbied aan Hom gevra: “Here, waarheen gaan U?”, waarop Hy geantwoord het: “Ek het gekom om weer gekruisig te word.” Petrus het na aanleiding hiervan verstaan dat hy sy lyding ter wille van Christus moes aanvaar, en het dadelik teruggedraai na die stad toe. Hy is kort daarna gekruisig, maar op sy eie versoek is hy onderstebo gekruisig. Hy het gesê dat hy onwaardig was om op dieselfde manier as die Here Jesus gekruisig te word.
Dit is slegs wanneer ’n mens se oë op jou ewige bestemming in die hemel gerig is dat jy die Here Jesus onvoorwaardelik sal volg en dien – ongeag wat die koste daarvan mag wees. Vervulling met die Heilige Gees is ’n absolute vereiste vir ’n lewe van volkome diens aan die Here, asook vreesloosheid vir die gevolge daarvan – selfs al beteken dit ’n marteldood. Petrus het ná sy bekering ’n baie duidelike ervaring van vervulling met die Heilige Gees gehad.
Kan jy ook van die vervulling met die Heilige Gees getuig en wandel jy steeds deur die Gees? Daarsonder sal jy nie vaste oortuigings hê nie, deur elke wind van lering meegesleur word, maklik voor die geringste teëstand swig, en bo alles nie geskik wees om as ’n getuie vir die Here Jesus op te tree terwyl Hy talm om te kom nie. Ons moet ook, soos die 120 getroue volgelinge van Jesus in die bokamer, wag op die Here totdat ons toegerus is met krag uit die hoogte. Dan alleen sal ons met vertroue die moeilike taak kan aanpak wat Hy aan ons opgedra het.
Johan Malan - Afrikaanse Artikels
Opsomming: Die basiese roeping, eienskappe en kenmerke van 'n ware gemeente van Christus.
Ons leef in ‘n tyd van ongekende misleiding, veral op godsdienstige gebied. Die duiwel span al sy misleidingskrag in om Jesus Christus se dissipels van die suiwer Bybelse leer afvallig te maak, hulle ywer te laat verflou, hulle met nietige dinge besig te hou wat geen ewigheidswaarde het nie, en hulle ook in morele sondes te laat verval. Sodoende verswak en ondermyn hy die kerk van Christus waarteen hy veg en behaal in die proses groot oorwinnings.
Dit is nodig dat alle kinders van die Here in ‘n tyd soos hierdie opnuut sal opleef na die hoë roeping van God in Christus Jesus. Ons is geroepe heiliges wat onsself opnuut van elke besoedeling van die vlees en die gees moet reinig, en die heiligmaking in die vrees van God volbring (2 Kor. 7:1). Ons moet die eie-ek in ons lewe kruisig, en ook sorg dat hy gekruisig blý. Dit is die Here se voorwaarde vir ware dissipelskap en die doeltreffende funksionering van sy kerk op aarde (Luk. 9:23).
Ongelukkig leef baie mense met hul ongekruisigde, ou natuur saam. Hulle kom nêrens in hulle geestelike lewe nie, “want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie” (Gal. 5:17).
Dit is ‘n sinnelose oefening om die Here in die krag van die vlees te probeer dien. Daar is selfs baie predikante wat dit probeer doen, maar hulle werk het geen geestelike diepte nie. Lidmate kom gedurig in aanraking (soms in botsing) met hierdie leraars se ongekruisigde vlees en is dan diep teleurgesteld in hulle.
As ons welgevallig in God se oë wil wees, moet ons elke dag wandel deur die Gees, dan sal ons nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie (Gal. 5:16). Om dit te kan doen, verg ‘n lewe van selfverloëning, diepe afhanklikheid van die leiding van die Heilige Gees, en die bereidwilligheid om die Here se wil in alle sake te soek en ook te doen.
Dit is belangrik om die opdrag, funksies en kenmerke van 'n ware Christelike gemeente goed te begryp indien ons wil seker maak dat dit tot eer van die Here en tot opbouing van sy lidmate reg funksioneer.
· Dit is gebou op die Rots Jesus Christus (Matt. 16:18).
· Dit bestaan net uit geredde mense (Hand. 2:47).
· Dit kan in sy kleinste vorm as ‘n huiskerk bestaan (Filemon v. 2).
· Ouderlinge en diakens word ter wille van toesig, pastorale werk en ander dienste aangestel. Hulle is nie heersers oor die gemeente nie, maar voorbeelde vir die kudde. Hulle staan onder die gesag van die gemeente se Hoof, naamlik Christus (Hand. 14:23; 1 Pet. 5:2-4; 1 Tim. 5:17; 1 Tim. 3:1-5, 8; Hand. 20:28-30).
· Gemeentevergaderings moet belê word om verslag oor belangrike sake te doen, en ook besluite oor buitengewone aangeleenthede te neem (Hand. 14:27 en 15:22). Die Heilige Gees se leiding moet baie duidelik oor alle besluite afgebid word.
· Die gemeente se geloof moet opgebou word en dit moet groei (Hand. 16:5).
· Die gemeente moet deur ordelikheid en heiligheid gekenmerk word (1 Kor. 14:33; Ef. 5:25-27).
· Christus is die Hoof van die gemeente (Ef. 1:22), en sy posisie mag nie deur menslike gesagspersone ingeneem word nie.
· Die gemeente funksioneer soos ‘n liggaam waarvan die lede verskillende maar aanvullende funksies het (1 Kor. 12:26-28; Rom. 12:5-8).
· Gebed is een van die sentrale funksies van die gemeente (Hand. 12:5; Mark. 11:17).
· Twiste tussen broeders moet binne die gemeente opgelos word (1 Kor. 6:4).
· Byeenkomste moet getrou bygewoon word (Heb. 10:25).
· Die gemeente van Christus is aan vervolging in die wêreld blootgestel (Hand. 8:1, 4; Joh. 15:19-20 en 16:33).
· Deur sy Gees onderrig die Here die gemeente (Op. 2:7). Hy kan enigeen bekwaam maak om boodskappe te bring (1 Kor. 12:7-8; Ef. 4:11), en hierdie beginsel maak nie vir die posisie van ‘n menslik geordende leraar voorsiening wat alleen mag preek nie.
Die volgende sewe eienskappe is kenmerkend van die ware kerk van Jesus Christus, en moet almal behoorlik funksioneer indien die gemeente ernstig is om sy roeping te vervul:
1. Die Uitgeroepenes
Die Nuwe Testamentiese term vir die kerkof gemeente van Christus is die ekklésia – dit beteken letterlik die uitgeroepenes. Dit is diegene wat uit die duisternis van sonde en verlorenheid uitgeroep is en oorgekom het tot die wonderbare lig van Christus (1 Pet. 2:9). Deur ‘n geestelike wedergeboorte het die Here van hulle nuwe mense gemaak (Joh. 3:3). Die ware kerk van Christus bestaan dus slegs uit weergebore Christene. Hulle moet van veranderde lewens kan getuig, anders kwalifiseer hulle nie om lede van die gemeente van Christus genoem te word nie. Die toepassing van hierdie beginsel vir lidmaatskap blyk duidelik uit Handelinge 2:47: “En die Here het daagliks by die gemeente gevoeg die wat geredis.” ‘n Mens móét eers teenoor die Here Jesus jou sondes bely(1 Joh. 1:9) en jou geloofin Hom as Verlosser stel (Hand. 16:31) sodat Hy jou geestelik kan lewend maak (Joh. 5:24). Dán eers behoort jy aan Hom.
So baie mense doen nooit ‘n eerlike sondebelydenis nie en kom dus nie werklik tot bekering nie. Hulle sluit in hulle ongeredde toestand by Christelike gemeentes aan, maar uit ‘n Bybelse oogpunt behoort hulle nie aan die gemeente van Christus nie. Hulle is vormgodsdienstiges wat net ‘n gedaante van godsaligheid het (2 Tim. 3:5; Titus 1:16; Op. 3:1). Die Here sal hierdie vormgodsdienstiges eendag wegwys, al het hulle ook aan “kerke” behoort en selfs in sy Naam gepreek (Matt. 7:21-23). Hulle is nie gereinig deur die bloed van die Lam nie.
As gevolg hiervan het die begrippe “Christendom” en “Christelike kerk” reeds aansienlik afgewater geraak omdat dit ‘n versameling van geredde én ongeredde mense verteenwoordig. Dit is diegene wat deur die doop en belydenis van geloof hulle lidmaatskap verkry het, ongeag of hulle ‘n getuienis van wedergeboorte het of nie. Die ware kerk van Christus sluit slegs die weergebore Christenein. Daar word ook na hulle as evangeliese Christene, as ware Christeneof (veral in die VSA) as fundamentalisteverwys om hulle van die groot groep ongeredde naamchristene te onderskei.
‘n Persoon wat gered is, is ‘n lid van die gemeente van Christus, ongeag of hy/sy by ‘n denominasie (“kerk”) aangesluit het of nie. Om as Christen jou roeping te vervul om ‘n getuie vir Christus te wees, is dit vanselfsprekend dat jy jou by ander Christene sal voeg om die Here meer effektief te kan dien. Dit is terselfdertyd ‘n uitdrukking van die noue band van liefde wat tussen lede moet bestaan (Joh. 13:35). Gemeentelede noem mekaar ‘broer’ en ‘suster’ omdat hulle met dieselfde Gees deurdronge is en dieselfde hemelse Vader het. Hulle leef deur die geloof en het dieselfde eindbestemming in die nuwe Jerusalem.
2. Tempel van die Heilige Gees
Die gemeente van Christus het die opdrag om heilige, Geesvervulde lewens te lei: “…dit is die wil van God: julle heiligmaking… hy wat dit verwerp, verwerp nie ‘n mens nie, maar God wat ook sy Heilige Gees aan ons gegee het” (1 Thess. 4:3, 8). “Soos Hy wat julle groep het, heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel heilig word” (1 Pet. 1:15).
Lede van die gemeente van Christus moet begryp dat die Heilige Gees nie net uitgestort is om hulle te oortuig van sonde en te wederbaar nie – hulle is ook geroepe om ‘n tempel van die Heilige Gees te wees sodat hule God verheerlikende lewens kan lei (1 Kor. 6:19-20). Die Heilige Gees wil hulle vervul sodat hulle in die eerste plek oorwinnend oor sonde, versoekings en die vlees kan leef (Gal. 5:16), en in die tweede plek diensbaar gemaak kan word in die koninkryk van die hemel (Hand. 1:8).
Wat die aspek van diensbaarheid betref, om getuies vir Christus te wees, word die gemeente as ‘n kandelaar beskryf (Op. 1:20). In hierdie kandelaar word die olie van Heilige Gees gegiet sodat die gemeente (en ook elke individuele lidmaat) ‘n helder skynende lig in ‘n donker wêreld kan wees.
Baie gemeentelede besef ongelukkig nie hulle opdrag om met die Gees vervul te word en heilig te leef nie (Ef. 5:18). Sommiges leef só vleeslik en onder die heerskappy van sonde dat hulle glad nie as “geestelike mense” beskryf kan word nie. Hulle vleeslikheid manifesteer in gesindhede soos twis, jaloersheid en tweedrag, en dit ondermyn die gemeente van Christus totaal (1 Kor. 3:1-3). Sulke vleeslike lidmate wat in sonde leef, moet ernstig gewaarsku word: “Weet julle nie dat julle ‘n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie? As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend; want die tempel van God is heilig, en dit is julle” (1 Kor. 3:16-17).
Ontledig jouself voor die Here en gee jouself oor om vir die eerste keer, of by hernuwing, met die Heilige Gees vervul te word. Hy sal jou krag gee om teen versoekings te oorwin en ook om ‘n getuie vir Christus te wees. Hy sal jou in die hele waarheid lei (Joh. 16:13) en ook aan jou ‘n bepaalde gawe (of gawes) gee om die Here te kan dien (Rom. 12:6).Here
3. Die Liggaam van Christus
Deur die wedergeboorte word ons in die liggaam van Christus ingedoop: “Ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam” (1 Kor. 12:13). Soos ‘n liggaam ‘n organiese eenheid is waarin die verskillende lede mekaar aanvul, is dit ook die geval met die liggaam van Christus. Die lede funksioneer aanvullend tot mekaar:
“Want soos ons in een liggaam baie lede het en die lede nie almal dieselfde werking het nie, so is ons almal saam een liggaam in Christus en elkeen afsonderlik lede van mekaar. En ons besit genadegawes wat verskil volgens die genade wat aan ons gegee is” (Rom. 12:4-6). [Vir ‘n uiteensetting van die verskeidenheid funksies van die lede, kyk ook Rom. 12:7-8 en 1 Kor. 12:12-31].
Saam met ander lede kan jy jou talente en gawes op ‘n aanvullende wyse tot die uitbreiding van God se koninkryk aanwend: “Namate elkeen ‘n genadegawe ontvang ontvang het, moet julle mekaar daarmee dien soos goeie bedienaars van die veelvuldige genade van God” (1 Pet. 4:10). Die plaaslike gemeente moet teen passiwiteit en onvrugbaarheid waak en daarna streef om ‘n volwaardige weerspieëling en verteenwoordiger van die korporatiewe liggaam van Christus te wees.
Beoefen u taak en roeping slegs in die krag en onder leiding van die Heilige Gees omdat ons die Here nie deur die krag van die vlees kan behaag nie. Die loot moet ín die wingerdstok bly as dit veel vrug wil dra. Die outoriteit van u geestelike roeping is net in Christus gesetel, en die Heilige Gees bekragtig u om dit uit te voer. U staan op oorwinningsgrond wanneer u u roeping deur die krag en genade van Jesus Christus beoefen. Hy is ons Hoof – die een wat ons roep, toerus, lei én uitstuur:
“…die Vader van die heerlikheid… het Christus… as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee, wat sy liggaam is, die volheid van Hom wat alles in almal vervul” (Ef. 1:17-23).
4. Klein kuddetjie
Die Here Jesus verduidelik die roeping en bekragtiging van sy volgelinge ook só: “Moenie vrees nie, klein kuddetjie, want julle Vader het ‘n welbehae daarin gehad om aan julle die koninkryk te gee” (Luk. 12:32).
In hierdie analogie is Christus se volgelinge ‘n kudde skape wat deur die Goeie Herder gelei en versorg word. Hulle is diep afhanklik van Hom om hulle na groen weivelde te lei, te beskerm en deur elke gevaarlike situasie te lei (Ps. 23:2-4). Die Herder ken sy skape, voorsien in hulle behoeftes, en weet om hulle uit alle benoudheid te lei: “Ek is die goeie herder, en Ek ken my eie en word deur my eie geken… en Ek lê my lewe af vir die skape” (Joh. 10: 14-15).
Die Opperherder het ook opsieners aangestel om verantwoordelikheid te neem met die versorging van elkeen van sy kuddes op aarde:
“Gee dan ag op julleself en op die hele kudde waaroor die Heilige Gees julle as opsieners aangestel het om as herders die gemeente van God te versorg, wat Hy deur sy eie bloed verkry het”(Hand. 20:28)
Baie herders is so vleeslik en vol van eiebelang dat hulle glad nie hierdie taak met waardigheid vervul nie. Indien hulle dit wél volgens Bybelse riglyne doen, sal die Here aan hulle genadeloon gee. Die selfsugtiges het hulle loon weg:
“Hou as herders toesig oor die kudde van God wat onder julle is, nie uit dwang nie, maar gewilliglik; nie om vuil gewin nie, maar met bereidwilligheid; ook nie as heersers oor die erfdeel nie, maar as voorbeelde vir die kudde. En wanneer die Opperherder verskyn, sal julle die onverwelklike kroon van heerlikheid ontvang” (1 Pet. 5:2-4).
5. ‘n Pilaar en grondslag van die waarheid
Die gemeente van die lewende God is “’n pilaar en grondslag van die waarheid” (1 Tim. 3:15). Dit moet ‘n kenmerk van die gemeente van Christus wees dat dit die Bybelse leer van die saligheid in stand sal hou sodat mense nie in dwalinge verval nie. Die gemeente móét dus ‘n apologetiese (verdedigende) bediening hê waarin die suiwer Christelike leer teen dwaalleringe verdedig word. Goeie onderskeidingsvermoë is hiervoor nodig.
Daar rus ‘n verwantwoordelikheid op die herder om toe te sien dat lidmate oor die sektes ingelig is en in staat is om hulle dwalinge in die lig van die waarheid van die Woord te kan weerlê. Judas sê die volgende oor hierdie taak:
“Geliefdes, terwyl ek alle ywer aanwend om aan julle oor ons gemeenskaplike saligheid te skrywe, het ek die noodsaaklikheid gevoel om julle deur my skrywe te vermaan om kragtig te stry vir die geloof wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer is. Want sekere mense het ingesluip… goddelose mense wat die genade van onse God verander in ongebondenheid, en die enigste Heerser, God, en onse Here Jesus Christus, verloën” (Jud. 1:3-4).
Die stryd wat ons vir die waarheid stry, sluit ook die aspek van Bybelvertalings in. Baie van die dwalinge word deur verkeerde vertalings bevorder.
6. Dissipels van Christus
Alle gemeentelede moet daarna streef om aan die standaard van dissipels van Christus te voldoen. Die Here Jesus het sy dissipels geroep, onderrig, toegerus én uitgestuur.
Roeping: “Kom agter My aan, en Ek sal julle vissers van mense maak” (Matt. 4:19). “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg” (Luk. 9:23). Daar is dus ‘n bepaalde selfverloëning, of kruisiging van die eie-ek, as voorwaarde vir dissipelskap. Iemand wat nie bereid is om dit te doen nie, diskwalifiseer homself as ‘n dissipel (Luk. 14:27).
Onderrigting: Jesus het sy disspels oor ‘n tydperk van drie jaar deeglik onderrig oor die dinge van die koninkryk sodat hulle hierdie kennis weer aan ander kon oordra. Hy het gesê: “…leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het” (Matt. 28:19). In die proses van voortgesette onderrig speel die Heilige Gees ‘n sleutelrol in alle dissipels se lewens: “…die Trooster, die Heilige Gees… sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle julle gesê het” (Joh. 14:26). Dissipelskapskursusse, bv. hoe om siele te wen, is baie waardevol. Hierdie kennis kan egter deur selfstudie ook opgedoen word.
Geestelike toerusting:“…julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal My getuies wees” (Hand. 1:8). Kennis alleen maak opgeblase (1 Kor. 8:1), daarom móét dit altyd met geestelike insig, genade en die vervulling met die Heilige Gees gepaard gaan (2 Pet. 3:18). Die dissipels is uitdruklik verbied om te begin leer voordat hulle toegerus is met krag uit die hoogte (Luk. 24:49). Voldoen u aan hierdie vereiste?
Sending: “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies…” (Matt. 28:19). “Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook” (Joh. 20:21). “Gaan dan; kyk, Ek stuur julle soos lammers onder wolwe” (Luk. 10:3). Alle gemeentelede het die opdrag om getuies vir Christus te wees – so ver en wyd as moontlik. Begin by jou huis, by jou werksplek, in jou tuisdorp, en waar jy ook al heen reis. As jy nie self die evangelie effektief kan uitdra nie, ondersteun dan iemand anders om dit te doen. Wees net op een of ander wyse daarby betrokke!
7. Die Bruid van die Lam
Die gemeente is die Bruid van die Lam. Die romantiek van die Christendom word weerspieël deur die groot liefde wat die hemelse Bruidegom vir sy bruid het, en wat ons ook vir Hom moet hê. Daar moet ‘n innige verlange wees om by die bruilof van die Lam met Hom verenig te word. Deur ‘n proses van heiligmaking moet ons voorberei word om op ‘n waardige wyse, sonder vlek of rimpel, voor Hom te verskyn:
“Christus [het] ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee om dit te heilig, nadat Hy dit gereinig het met die waterbad deur die Woord, sodat Hy die gemeente voor Hom kon stel, verheerlik, sonder vlek of rimpel of iets dergliks; maar dat dit heilig en sonder gebrek sou wees” (Ef. 5:26-27).
Die heiligmaking wat so ‘n noodsaaklike voorbereiding vir ons ontmoeting met die hemelse Bruidegom is, behels twee duidelike aspekte. Die eerste is persoonlike heiligheid. Ons moet nie onrein, sondige gewoontes hê waardeur ons na gees, siel of liggaam besoedel word nie (2 Kor. 7:1; 1 Thess. 5:23-24). Tweedens moet ons werke doen waardeur die Here behaag word, omdat “heiligmaking” ook as “afsondering vir die diens van die Here” vertaal kan word. Daar moet dus bepaalde werke in ons lewe as die vrug van die Heilige Gees wees. Dit verleen terselfdertyd aan ons ‘n bruilofskleed:
“Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak. En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges” (Op. 19:7-8; kyk ook Ps. 45:10-11, 14-16).
Ons redding is toegerekende geregtigheid. By daardie geleentheid word die kleed van geregtigheid aan ons gegee. Heiligmaking is meewerkende geregtigheid, wat beteken dat ons medewerkers van God in Christus Jesus word. Wat dié saak betref, moet ons die Bybelse genademiddels soos gebed, getuienis, selfbeheersing, getrouheid en diensbaarheid gebruik en aktief saamwerk om ons heiligmaking te laat realiseer.
Hierdie twee genadewerke word duidelik in 1 Kor. 3:9-15 van mekaar onderskei. Redding is die fondament (Christus) waarop ons lewens oorgebou word (v. 11). Heiligmaking is die werke wat ons op dié fondament bou (v. 12-15). As jy met hout, hooi en stoppels bou, m.a.w. verganklike dinge, sal jy met leë hande voor die Here staan – gered asof deur vuur heen. As jy met goud, silwer en kosbare stene op die rots Jesus Christus bou, sal jy loon ontvang. Terselfdertyd sal hierdie werke, wat die regverdige dade van die heiliges is, jou bruilofskleed versier:
“Die koningin staan aan u regterhand in goud van Ofir… Louter heerlikheid is die Koning se dogter daarbinne; van gouddraad is haar kleding. In veelkleurige gewade word sy na die Koning gelei” (Ps. 45:10, 14-15).
Hierna sal ons altyd by die Here wees en saam met hom in sy koninkryk regeer. Bly net getrou in hierdie tyd van groot afvalligheid: “Hou maar net vas wat julle het, totdat Ek kom. En aan hom wat oorwin en my werke tot die einde toe bewaar, sal Ek mag oor die nasies gee” (Op. 2:25-26).
Johan Malan - Afrikaanse Artikels
Opsomming: Kersfeesvieringe neem hoofsaaklik die vorm van sekulêre feeste aan omdat dit met heidense vieringe ter ere van die songod vermeng geraak het.
Daar is steeds groot meningsverskille oor die tyd én die wyse waarop Kersfees gevier moet word. Die feit is dat die jaarlikse Kersfeesvieringe op 25 Desember verkeerd geskeduleer is en op 'n hoogs gekommersialiseerde wyse deur Christene én nie-Christene gevier word. Die wêreld lê in 'n toenemende mate beslag op hierdie fees en verdraai die ware betekenis daarvan meer en meer deur dit met heidense gebruike te vermeng. In sommige gevalle word Christus heeltemal uit die fees weggelaat deur sy Naam met 'n Xuit te krap en die fees Xmaste noem.
Die besluit om die viering van Jesus se geboortedag van 'n vorige datum in April na die huidige 25 Desember te verskuif, is in die vierde eeu tydens die bewind van keiser Konstantyn geneem. Amptelike erkenning is toe aan die Christendom gegee, en ten einde dit vir die heidense gelowe meer aanvaarbaar te maak, is 'n vermenging van die twee tradisies doelbewustelik toegelaat.
In die voor-Christelike heidenwêreld was 25 Desember die dag waarop Die Fees van die Onoorwinlike Son(Invicti Solis) gevier is. In die Noordelike Halfrond vind die sonstilstand in die middel van die winter op 22 Desember plaas. Sonaanbidders het dan verskeie rituele uitgevoer om die songod te oorreed om terug te draai. Mense het geglo dat as die son op sy suidelike tog sou voortgaan, die mensdom deur duisternis, koue en dood oorval sou word. Op 25 Desember, wanneer die son begin terugdraai, het dit tot groot blydskap en vreugde aanleiding gegee. Mense het rondom groen bome gedans, aan mekaar geskenke gegee, en jolyt en dronkenskap het dikwels hierdie feestelikhede gekenmerk.
Kersfees is na 25 Desember verskuif op grond van die argument dat Jesus die Son van Geregtigheidis. Die onafwendbare gevolg was egter dat die Christelike Kersfeesen die Babiloniese Fees vir die Onoorwinlike Sonvermeng geraak het. Selfs al word die songod as sodanig nie meer direk vereer nie, word Christus nou saam met twee afgode, nl. Bacchus (die drankgod) en Mammon (die geldgod) vereer.
Kyk maar hoe hoog die drankverkope oor Kersfees is, en hoeveel geld aan geskenke vir mekaar (nie vir Christus nie!) uitgegee word. Kyk ook na al die ligsinnige jolyt, en besluit dan vir uself tot eer van wie hierdie fees gevier word. Vra vir uself af wie Sinterklaas met sy rooi gewaad is, wat vryelik op Moslems se winkelvensters pryk en ook die winskopies op drankwinkels se vensters aankondig. Staan dit in die teken van die Here Jesus se koms na hierdie wêreld? Beslis nie!
Bybelse getuienis dui daarop dat Jesus tydens die loofhuttefees gebore is. Dit is in die tweede helfte van Tisri, wat die sewende maand in Israel se godsdienstige kalender en die eerste maand in hulle siviele kalender is, m.a.w. die maand waarin die Rosh Hashanah gevier word. Op die Gregoriaanse kalender is dit gewoonlik in September. Die Bybelse feite oor Jesus se geboortedag is die volgende:
'n Belangrike aanduiding is die tyd wanneer Sagaria, 'n lid van die priesterlike familie van Abía, sy tempeldiens verrig het. In 1 Kronieke 24 is daar 'n beskrywing van die twee weke tempeldiens wat deur 24 priesterlike families verrig moes word: "Dit was hulle ampsorde vir hul diens, om in die huis van die Here te gaan" (v. 19). Die agtste familie in die groep van 24 was dié van Abíja (1 Kron. 24:10).
Die eerste maand in hierdie siklus is Nisan, wat die eerste maand in die godsdienstige kalender van Israel is (Ex. 12:2; Lev. 23:5). Volgens die skedule in 1 Kronieke 24 was die familie van Abíja die agtste groep, en was dus die tweede helfte van die vierde maand dienspligtig. Dit was aan hierdie familie dat die priester Sagaria, die vader van Johannes die Doper, behoort het:
"Daar was in die dae van Herodes, koning van Judéa, 'n sekere priester met die naam van Sagaria, uit die afdeling van Abía... En terwyl hy besig was om die priesteramp voor God te bedien in die beurt van sy afdeling, het die lot volgens die priesterlike gewoonte op hom geval om in te gaan in die tempel van die Here en reukwerk te brand" (Luk. 1:5, 8-9).
Terwyl hy hiermee besig was, het 'n engel aan hom verskyn en gesê:
"Moenie vrees nie, Sagaria, want jou gebed is verhoor, en jou vrou Elisabeth sal vir jou 'n seun baar, en jy moet hom Johannes noem" (Luk. 1:13).
Die res van die gebeure staan in 'n noue verband met hierdie aankondiging:
"En ná hierdie dae het Elisabeth, sy vrou, ontvang en haar vyf maande lank verberg... En in die sesde maand is die engel Gabriël deur God gestuur na 'n stad in Galiléa met die naam van Násaret, na 'n maagd wat verloof was aan 'n man met die naam van Josef, uit die huis van Dawid; en die naam van die maagd was Maria... En die engel sê vir haar: Moenie vrees nie, Maria, want jy het genade by God gevind. En kyk, jy sal swanger word en 'n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem. Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee, en Hy sal koning wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid... En kyk, Elisabet, jou bloedverwant, het self ook 'n seun ontvang in haar ouderdom, en hierdie maand is die sesde vir haar wat onvrugbaar genoem is. Want geen ding sal by God onmoontlik wees nie. En Maria sê: Hier is die diensmaagd van die Here. Laat dit met my gaan volgens u woord" (Luk. 1:24, 26-27, 30-33, 36-38).
Sagaria se ontmoeting met die engel, en die begin van sy vrou se swangerskap, het in die tweede helfte van die vierde maand in die godsdienstige kalender plaasgevind (Junie op ons kalender). Ses maande later, in die tweede helfte van die tiende maand (omtrent die tyd wanneer Kersfees nou gevier word), het Maria se swangerskap begin. Nege maande later, in die tweede helfte van September, is Jesus gebore.
Sedert Sagaria se beurt van tempeldiens het dus 15 maande (6+9) tot by die geboorte van Jesus verloop – dit is een jaar en drie maande. Binne die raamwerk van die Joodse godsdienstige kalender was dit die tydperk tussen die tweede helfte van die vierde maand en die tweede helfte van die sewende maand in die daaropvolgende jaar. Dit het dus met die loofhuttefees (September op ons kalender) saamgeval: "Op die vyftiende dag van hierdie sewende maand is dit sewe dae lank die huttefees vir die Here" (Lev. 23:34).
Daar is ook in die Bybel omstandigheidsgetuienis wat hierdie inligting oor die tyd van Jesus se geboorte bevestig. Die wagters het buite in die veld oornag – iets wat hulle weens die koue nie in die middel van die winter gedoen het nie:
"En daar was herders in dieselfde landstreek, wat in die oop veld gebly en in die nag oor hulle skape wag gehou het. En meteens staan daar 'n engel van die Here by hulle, en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn en groot vrees het hulle oorweldig. En die engel sê vir hulle: Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle 'n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees, dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Saligmaker wat Christus, die Here is. En dit is vir julle die teken: julle sal 'n Kindjie vind wat in doeke toegedraai is en wat in die krip lê" (Luk. 2:8-12).
Onder die godsdienstige Jode in Israel was, en is dit nog steeds, gebruiklik om tydens die loofhuttefees in die besonder vir die koms van die Messias uit te kyk. Dit is waarom Jesus se broers by Hom aangedring het om nie in Galiléa te bly nie, maar om die huttefees in Jerusalem by te woon en Homself daar te openbaar indien Hy inderdaad die Messias is:
"En die fees van die Jode, die huttefees, was naby. Sy broers het toe vir Hom gesê: Vertrek hiervandaan en gaan na Judéa, sodat u dissipels ook u werke kan sien wat U doen" (Joh. 7:2-3).
Die fees het reeds begin, en die Jode was op die uitkyk vir Jesus. Hulle was in hewige argumente betrokke of Hy die beloofde Messias was of nie. Ná 'n paar dae het Jesus in hulle midde verskyn: "En toe dit al in die middel van die fees was, het Jesus opgegaan na die tempel en geleer" (Joh. 7:14).
Sy kritici het sy lering verwerp, asook die aansprake oor Hom, maar sommige mense was sterk daarvan oortuig dat Hy die Messias is. Hulle het volgehou dat Hy die krag van God openbaar het en al die profesieë in verband met die Messias vervul het:
"Maar baie van die skare het in Hom geglo en gesê: Wanneer die Christus kom, sal Hy meer tekens doen as wat hierdie man gedoen het?" (Joh. 7:31).
Op die laaste dag van die fees het Jesus die mense uitgenooi om met hulle geestelike behoeftes na Hom toe te kom:
"En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink! Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei. En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo" (Joh. 7:37-39).
Die loofhuttefees het 'n sterk toekomsperspektief op die koms van die Messias as koning, wanneer die oes van geredde mense in die hemelse skure byeengebring sal word. Die fees het egter ook 'n sterk terugverwysing na die eerste koms van die Messias, toe Hy die deur na die koninkryk van die hemel geopen en arbeiders in die oeslande gestuur het om onder elke volk en stam en nasie 'n oes vir Hom in te samel.
Wat is jou verhouding met hierdie Jesus wat byna 2000 jaar gelede na die aarde gekom het, en binnekort weer sal kom om sy bruidsgemeente te kom haal? Hy het baie populêre volgelinge gehad wat Hom ter wille van genesings en ander wonderwerke gevolg het. Toe Hy egter oor die essensie van sy koms na hierdie aarde gepraat het, het die meeste mense aanstoot geneem en Hom verlaat:
"Hy wat my vlees eet en my bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom opwek in die laaste dag. Want my vlees is waarlik spys, en my bloed is waarlik drank... En baie van sy dissipels het gesê toe hulle dit hoor: Hierdie woord is hard, wie kan daarna luister?... Hieroor het baie van sy dissipels teruggegaan en nie meer saam met Hom gewandel nie. Toe sê Jesus vir die twaalf: Wil julle nie ook weggaan nie? En Simon Petrus antwoord Hom: Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde van die ewige lewe. En ons het geglo en erken dat U die Christus is, die Seun van die lewende God" (Joh. 6:54-55, 60, 66-69).
Jy moet die Here Jesus as die gekruisigde ken: "Hom het God voorgestel in sy bloed as 'n versoening deur die geloof" (Rom. 3:25).
Daar is té veel teologiese rigtings waarin die byvoordele van die Christendom buite-om die kruis aan mense gebied word. Voorbeelde hiervan is die Koninkryk-nou en die Voorspoedsevangelies.Ook is daar 'n hele aantal weergawes van vormgodsdiens waarin die klem op uitverkiesing, doop, aanneming en 'n goeie lewe val, en nie op die kruisboodskap nie. Dit is vir al hierdie mense dat die Here Jesus sê: "As julle nie deel aan my gebroke liggaam en gestorte bloed het nie, behoort julle nie aan My nie."
Is dit 'n harde woord? In 'n sekere sin is dit, want dit verg 'n kosteberekening. Jy moet jou sondes bely sodat jy gereinig kan word deur die bloed van die Lam. Jy moet ook bereid wees om eind-uit die pad met Hom te bewandel, al beteken dit ook verwerping deur die wêreld. As jy bereid is om op die kruisweg saam met Hom te ly, sal jy ook verhoog word om saam met Hom te regeer (Rom. 8:17, 2 Thess. 1:4-5, 2 Tim. 2:12, 1 Pet. 5:10).
Jesus het na hierdie aarde gekom sodat ons lewe en oorvloed kan hê. Kom ons leef tot sy eer en neem nie aan wêreldse vermaak deel wat tot oneer van sy Naam is nie. Dink daaraan dat Hy sy lewe vir jou afgelê het.
Johan Malan - Afrikaanse Artikels
Ons leef in ‘n tyd van ongekende tegnologiese prestasies, waarin handige hulpmiddels en kitsoplossings vir omtrent alle probleme aangebied word. Daar hoef nie meer moeilike pogings aangewend te word om iets gedoen te kry nie. Op die terrein van kommunikasie is alle inligting letterlik met die druk van ‘n knoppie onmiddellik tot ons beskikking. Dit is nie nodig om ure lank daarna te soek nie, want die internet ontsluit vir ons die hele wêreld. Dit het ‘n leefwyse geword om minder moeite te doen en kitsoplossings vir alles te vind – ongelukkig ook vir geestelike probleme.
Die prestasies van die moderne mens het hom nie net meer selfversorgend gemaak nie, maar ook baie hoogmoedig. Hy is trots op alles wat hy deur sy kennis en tegnologie vermag het, en gee aan homself alle krediet vir dit wat bereik is. Menseverering is aan die orde van die dag en leiers, of helde, word op elke lewensterrein geïdentifiseer en nagevolg.
Ten spyte van die verbysterende vooruitgang op tegnologiese en wetenskaplike gebied, is die mens steeds nie in staat om die geweldige morele verval te stuit wat oral in die wêreld voorkom nie. Moderne predikers wat die tegnologie baie behendig gebruik om miljoene mense te bereik, bied egter ook kitsoplossings vir hierdie probleme aan. Die evangelie word heeltemal afgewater, met sielkundige selfbeeldprogramme en positiewe denke vermeng, en sonde word selde of ooit genoem.
Tydens kort massabyeenkomste, en ook oor die televisie, word aan die suksesvolle, moderne mens oplossings vir sy morele en geestelike probleme aangebied. ‘n Goeie lewe op aarde, asook die ewige lewe in die hemel, word as ‘n bonus aan hierdie “goeie mense” aangebied. Dit is ook maklik bekombaar deur net hulle hande op te steek en ‘n kort gebed agter ‘n prediker aan te bid. Daarna word hulle vir tyd en ewigheid salig verklaar.
Soms gaan kitsbekerings van hierdie aard met sondebelydenis gepaard, maar daar word al hoe minder hierop aangedring. In Rick Warren se nie-veroordelende evangelie word mense nie as sondaars bestempel nie, en die klem word slegs op die groot voordele van Christenskap gelê. Dit word met blydskap deur die menigtes aanvaar, sonder dat hulle hoegenaamd ‘n kosteberekening vir bekering doen. Die klem val nie op dit wat hulle moet prysgee nie, maar op dit wat hulle in terme van ‘n gelukkiger en voorspoediger lewe, asook ‘n beter selfbeeld, gaan bykry.
Die Here Jesus het valse bekerings van hierdie beskryf toe Hy gesê het: “‘n Saaier het uitgegaan om te saai; en terwyl hy saai, val ‘n deel langs die pad, en die voëls het gekom en dit opgeëet. En ‘n ander deel het op rotsagtige plekke geval waar daar nie baie grond was nie; en dadelik het dit opgekom, omdat daar geen diepte van grond was nie; maar toe die son opgaan, is dit verskroei, en omdat dit geen wortel gehad het nie, het dit verdroog... By wie op rotsagtige plekke gesaai is – dit is hy wat die woord hoor en dit dadelik met blydskap aanneem; maar hy het geen wortel in homself nie, hy is net vir ‘n tyd, en as daar verdrukking en vervolging kom ter wille van die woord, struikel hy dadelik” (Matt. 13:3-6, 20-21).
Hierdie kitsbekeerlinge het die woord “met blydskap aangeneem” en beskou hulleself derhalwe as Christene. Blydskap is egter ‘n positiewe emosie wat nie in die Bybel as eerste reaksie tydens ‘n bekering voorgehou word nie. ‘n Persoon wat tot bekering kom, is onder ‘n diepe sonde-oortuiging en het berou oor sy sonde (1 Joh. 1:9). “Die Here is naby die wat gebroke is van hart, en Hy verlos die wat verslae is van gees” (Ps. 34:19). Eers nadat die sondes wat besig was om ‘n persoon na die verderf toe te sleep, bely en vergifnis daarvoor verkry is, sal ‘n gevoel van blydskap in die geredde persoon se hart ervaar word.
Indien die kwessie van sonde, asook die belydenis en reiniging daarvan, omseil word deur net die voordele van Christenskap te beklemtoon, word die deur wyd vir valse bekerings oopgemaak. Baie mense wil graag hoor dat hulle hemel toe sal gaan en eendag saam met Christus sal regeer as hulle net hulle hand opsteek, by ‘n kerk aansluit en gereeld bydraes vir een of ander prediker gee. Die probleem is net dat sulke “bekeerlinge” se lewe nie wesenlik en blywend verander nie. Daarna swig hulle maar weer voor versoekings om te sondig en gaan met hulle ou lewe voort. Hulle maak geen geestelike impak op die samelewing of op hulle kerke nie, en alles gaan maar voort soos altyd. Dit is hoogs misleidend om situasies waar honderde duisende sulke kitsbekerings plaasvind, ‘n herlewing te noem. Die Bybel doen dit nie.
Selfs wanneer mense waarlik met berou tot bekering kom, moet hierdie stap met ‘n oorgawe tot heiligmaking opgevolg word voordat hulle standvastige en vrugbare geestelike lewens sal lei. Indien dit nagelaat word, plaas die pasbekeerdes hulleself in ‘n verlengde kleuterskool vir vleeslike Christene waarin hulle niks vir die saak van die Here sal beteken nie (1 Kor. 3:1-3; Heb. 5:12-13). Hulle dra nie vrug wat by die bekering pas nie, is nie in daardie toestand ‘n bate vir die Christelike kerk nie en skep meer probleme as wat hulle goed doen. Sulke mense se wisselvallige lewe van val-en-opstaan is tot oneer van die Here Jesus en daarom ook nie vervullend vir hulleself nie. Frustrasie en bitterheid blyk dikwels uit hulle houding en hulle is krities en selfs totaal veroordelend teenoor mede-Christene wat van hulle verskil en hulle probeer reghelp.
As gevolg van hierdie geestelike sukkelbestaan gee baie van hulle in een of ander stadium die stryd gewonne en keer na hulle ou lewe terug. Ander sit hulle gedaante van godsaligheid voort en bied gereeld verskonings aan waarom hulle nie aktief by die dinge van die Here betrokke is nie. Baie min van hulle erken die feit dat hulle onvermoë om die Here suksesvol te kan dien, met hulle gebrek aan heiligmaking in verband staan – daarom doen hulle nie iets daadwerklik om die probleem op te los nie. Solank die ongekruisigde vlees (eie-ek) toegelaat word om voort te bestaan, sal dit enige vorm van geestelike groei blokkeer. Voor die Heilige Gees nie volle beheer oor ons lewe het nie, kan ons nie deur die Gees wandel en die Here in die krag van sy Gees dien nie (Gal. 5:16-17).
In die herlewingstyd van die 18de en 19de eeue was dit algemene gebruik om die leer van heiligmaking aan jong bekeerlinge te verkondig. Dit het daartoe gelei dat Christene hulleself ondersoek, onbelyde sondes bely en daarmee gebreek het, en ook die sondige vlees volkome oorgelewer het om gekruisig te word. Hierop het die Here hulle met sy Heilige Gees vervul. Dit is egter nodig om na die voorbereidende fase te kyk voordat ‘n persoon met die Gees van God vervul word, want dit is in hierdie opsig dat baie mense faal.
Heiligmaking moet baie duidelik van regverdigmaking onderskei word. Regverdigmaking is “toegerekende geregtigheid”. Die Here Jesus het die volle prys vir die redding van sondaars aan die kruis betaal, en hierdie versoening word aan hulle toegereken wanneer hulle dit in die geloof en met die belydenis van hulle sondes aanneem. Ons werk nie hiervoor nie, daarom word redding deur die geloof, sonder werke, aan ons geskenk (Ef. 2:8-9). Ons besoedelde kleed van sonde word weggeneem sodat ons met Christus se kleed van geregtigheid beklee kan word. Dit maak van ons nuwe mense en vereis van ons om onsself vir die ou lewe van sonde “dood te reken” (Rom. 6:11). Dit beteken dat ons die ou lewe moet oorlewer om gekruisig te word (Gal. 6:14). Dit moet ‘n daaglikse leefwyse word (Luk. 9:23).
Daar word ‘n bepaalde stap van ons verwag om hierdie toestand van hartsreiniging deur die volkome oorwinning oor die vlees (die ou, sondige natuur) deelagtig te kan word. Dit wat die Here in die ondervinding van heiligmaking van ons verwag, maak daarvan “meewerkende geregtigheid”. Ons moet medewerkers van God word as ons wil hê dat heiligmaking in ons lewe moet uitwerk (vgl. 1 Kor. 3:9).
Ons medewerking beteken gladnie dat ons die opdrag tot heiligmaking deur eie inspanning kan laat realiseer nie – ons moet slegs saamwerk om dit wat die Here aan ons bied, te laat uitwerk. Net die Here alleen kan ons innerlik heilig maak, maar as ons nie ons volle samewerking gee deur aan die voorwaardes te voldoen nie, sal dit nooit gebeur nie. Ons groei nie sommer vanself in heiligmaking in nie. Die volgende geloofsoortuigings en stappe is in die proses van heiligmaking ter sake, en ons het ‘n plig om nougeset uitvoering daaraan te gee:
‘n Volgende stap:Ons moet eerstens besef dat heiligmaking ‘n verdere genadewerk ná regverdigmaking is. Dit volg ná redding en moet aktief gesoek en nagejaag word. Hy by wie die liefde en godsvrug van ‘n lewe van heiligmaking ontbreek, “is blind en kortsigtig, en het die reiniging van sy vorige sondes vergeet” (2 Pet. 1:3-9). Ons moet besef dat daar ná die eerste reiniging van sondes ‘n dieper werk van hartsreiniging is wat die Here vir ons wil doen. Dit staan as “volkome heiligmaking” bekend (1 Thess. 5:23) en moet jou hele lewe – gees, siel én liggaam – aan die beeld van Christus gelykvormig maak. Moet dus nie by die toetreepunt van die Here se heilswerk in jou lewe bly nie, maar gaan voort totdat jy ook die belofte van heiligmaking verkry het.
Posisionele (innerlike) heiligheid:Ons moet begryp dat ons eers posisioneel heilig is nadat ons harte gereinig en ons met die nuwe natuur van Christus beklee is. Voor die tyd is ons nie geestelik nie, maar vleeslik (1 Kor. 3:1-3). Om egter met Christus se nuwe natuur beklee te word en daardeur te lewe, vereis ‘n selfondersoek en oorgawe van ons kant af waarin ons die ou natuur oorlewer om gekruisig te word. Paulus sê aan Christene in Éfese: “...dat julle, wat die vorige lewenswandel betref, die oue mens moet aflê wat deur die begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan, en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid” (Ef. 4:22-24). Hierdie opdrag word aan mense gegee wat reeds Christene is, en beklemtoon die noodsaaklikheid van ‘n volle oorgawe. Hoewel Paulus na hulle “vorige lewenswandel” verwys wat op hulle lewe voor bekering dui, het dit nog steeds ‘n invloed op hulle gehad. Uit hierdie gedeelte blyk die mens se verantwoordelikheid van die volledige aflê van die ou natuur duidelik. Dit behels ‘n selfondersoek en die belydenis en versaking van alle sondes en vleeslikheid, asook die geloofsaanvaarding van die Here se beloftes oor heiligmaking.
Uiterlike heiligheid: Nadat die struikelblokke uit die weg geruim en ons harte gereinig is, het ons ‘n groot taak om ooreenkomstig die beginsels van ons nuwe natuur te leef. Paulus sê: “Terwyl ons dan hierdie beloftes het, geliefdes, laat ons ons van alle besoedeling van die vlees en die gees reinig, en laat ons die heiligmaking in die vrees van God volbring” (2 Kor. 7:1). Ons moet die opdrag tot heiligmaking volbring, m.a.w. ons moet daadwerklik optree om dit in ons lewe te laat uitwerk. Daar is eerstens sonde, vleeslikheid en wêreldgesindheid wat vermy moet word, en aan die ander kant die voorskrifte van die Here tot diensbaarheid wat doelgerig en gedissiplineerd uitgevoer moet word. Paulus het homself op ‘n daaglikse basis hiertoe verbind: “Ek kasty my liggaam en maak dit diensbaar, dat ek nie miskien, terwyl ek vir ander gepreek het, self verwerplik sou wees nie” (1 Kor. 9:27).
Die voortgaande lewe van aflê en beklee word sterk in Kolossense 3 beklemtoon, waar daar aan bekeerdes gesê word: “Maar nou moet julle ook dit alles aflê, naamlik toorn, woede, boosheid, laster, skandelike taal uit julle mond. Lieg nie vir mekaar nie, omdat julle die oue mens met sy werke afgelê het en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper... Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid. Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander ‘n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen. En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is” (Kol. 3:8-14). Dit is alles opdragte wat wag om uitgevoer te word, daarom is heiligmaking nie ‘n statiese posisie wat ‘n gelowige posisioneel beklee wanneer hy in Christus is nie.
Uit al die tekste oor heiligmaking is dit duidelik dat daar tussen die krisis en proses van heiligmaking onderskei moet word. Die Here maak ons volkome heilig wanneer ons ‘n volle oorgawe maak soos wat Hy dit van ons verwag. Dit is die krisisondervinding. Die woord “volkome” soos in 1 Thess. 5:23 gebruik, beteken “om geheel en al aan iets oorgegee te wees”. Hierna volg daar ‘n lewenslange proses van heiligmaking waarin ons die volkome heiligmaking wat die Here in ons harte bewerk het, elke dag daadwerklik en doelgerig moet uitleef.
Beide aspekte van heiligmaking word in Lukas 19:23 genoem, naamlik die sterwe aan jouself én die daaglikse wandel met die Here Jesus. Hy sê: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg.” Eers moet ek myself verloën en so volkome met die kruis van Christus identifiseer dat ek saam met Hom sal sterwe vir die ou lewe, die wêreld en die sonde. Paulus sê: “Ek roem in die kruis van onse Here Jesus Christus, deur wie die wêreld vir my gekruisig is, en ek vir die wêreld.” Wanneer ek egter saam met Christus gesterwe het, sal ek ook saam met Hom lewe (Rom. 6:5-8).
Hierna moet ek “elke dag” my kruis opneem en Christus volg en dien. Die vlees moet dus in ‘n gekruisigde posisie bly, anders kan dit herleef en weer beheer oor my lewe oorneem (vgl. Gal. 3:3). Die vlees moenie net onderdruk word nie, dit moet sterf, maar omdat dit weer kan herleef, moet gesorg word dat dit dood bly. Slegs die Heilige Gees kan aan my die krag en motivering gee om enduit met die lewe van oorwinning en godsvrug te volhard: “Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie” (Gal. 5:16). Volhard jy saam met al die heiliges op hierdie nuwe en lewende weg waarop die Here ons deur die dood en opstanding van sy Seun, asook die uitstorting van die Heilige Gees, geplaas het?
Die sielevyand sal alles in die stryd werp om Christene van ‘n Geesvervulde, heilige lewe te weerhou en hulle sodoende kragteloos in die diens van die Here te maak. Die een daarvan is om aan mense ekstatiese ondervindings te gee, soos bv. talespreek en val in die gees, wat hulle dan laat dink dat hulle onder die volle beheer van die Heilige Gees is. Dit is ‘n ernstige vergissing, want die Here Jesus het nie ekstatiese ondervindings aan ons beloof nie, maar net die krag en leiding van die Heilige Gees (Luk. 24:46-49; Hand. 1:8).
Die ander valse kortpad na heiligmaking is die misleidende bewering dat alle Christene reeds posisioneel heilig in Christus is en dus nie ‘n tweede genadewerk van vervulling met die Heilige Gees nodig het nie. Hierdie bewering word onder andere na aanleiding van 1 Kor. 1:30 gemaak, waar Paulus sê dat Christus ons geregtigheid, heiligmaking én verlossing is. Heiligmaking word dus, soos verlossing, ook by bekering aan ons toegereken. Volgens hulle kyk God na ons deur die bloed van Christus en sien ons as volkome heilig aan.
‘n Ander teks wat vir hierdie verkeerde afleiding misbruik word, is Gal. 5:24, waar Paulus sê: “...die wat aan Christus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig.” Dit is dus nie regtig nodig om ná jou bekering eers die vleeslike natuur finaal af te lê sodat jy met die heilige natuur van Christus beklee kan word nie – jy het dit reeds. Koms ons kyk na hierdie twee tekste en ondersoek hulle werklike betekenis.
Wat 1 Kor. 1:30 betref, is dit wél so dat die Here Jesus ons verlossing én heiligmaking is. Dit is egter net sy verlossing wat deur die geloof aan ons toegereken word sonder dat ons daaraan hoef te werk. Christus het namens ons gesterf en die volle prys vir ons redding betaal. Sy kleed van geregtigheid word op ons gelê. Wat ons heiligmaking betref, het Hy egter nie namens ons heilig geleef nie – Hy het slegs die heilsmiddele tot ons beskikking gestel sodat ons dit kan gebruik om medewerkers in die proses van heiligmaking te word. Die belangrikste van hierdie heilsmiddele is sy kruis waarmee ons kan identifiseer om onsself vir sonde en die wêreld dood te reken, die voortgaande reiniging deur sy bloed, die sekerheid van al die beloftes in sy Woord, die krag en leiding van sy Heilige Gees, die vrye toegang na sy genadetroon deur gebed, en al sy opdragte tot diensbaarheid waarby ons die voorreg het om betrokke te wees. Ons gaan eendag voor die regterstoel van Christus rekenskap gee oor hoe ons hierdie heilsmiddele gebruik het, en baie gelowiges gaan bedroë daarvan afkom.
Indien heiligmaking, soos verlossing, aan alle Christene toegereken word, dan behoort daar gladnie so iets soos vleeslike Christene te wees wat nie met die Heilige Gees vervul is nie, en wat weens hulle gebrek aan diensbaarheid eendag met leë hande voor die Here sal staan – gered asof deur vuur heen (vgl. 1 Kor. 3:15). Waarom verwyt Paulus dan die gemeentelede in Korinthe omdat die werke van die vlees nog die botoon in hulle lewe voer? (1 Kor. 3:1-3). Waarom noem hy hulle vleeslike Christene wat soos klein kinders in Christus is, indien hulle posisioneel reeds heilig is? Hulle was só vol van hulleself dat hulle nie eers geweet het dat hulle lewe ‘n tempel van die Heilige Gees behoort te wees nie (1 Kor. 3:16). Die Heilige Gees het inderdaad reeds in hulle gewoon, maar weens hulle vleeslikheid en gebrek aan volle oorgawe was Hy gladnie in beheer van hulle lewe nie. Hulle het Hom aanhoudend bedroef.
Wat Galasiërs 5:24 betref, kan Christene net in beginsel sê dat hulle van hulle ou lewe afsien wanneer hulle die Here Jesus as Verlosser aanneem. Dit is wat die Here van ons verwag, en so behoort dit ook in die praktyk te wees. Of dit in gelowiges se lewe regtig so uitwerk, is ‘n heel ander vraag. Hierdie vraag word volledig in Galasiërs 5 beantwoord, daarom het ons geen verskonings om verkeerde sienings hieroor te huldig nie: “Maar die wat aan Christus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig. As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel. Laat ons nie word soekers van ydele eer wat mekaar uittart en mekaar beny nie” (Gal. 5:24-26).
In hierdie verse word ‘n duidelike onderskeid getref tussen ‘n situasie waarin ons “deur die Gees lewe” en een waarin ons “deur die Gees wandel”. Die eerste een dui op lewendmaking, of redding, en die tweede op ‘n lewe van oorwinning en godsvrug onder die leiding van die Heilige Gees. Die meeste Galasiërs het nie hierdie oorgang gemaak nie, daarom het hulle steeds mekaar uitgetart en beny. Om daagliks in hierdie lewe van heiligheid te kan wandel, moet die vlees gekruisig wees. Indien die ongekruisigde vlees toegelaat te word om voort te bestaan en sy dominansie in hulle lewe te behou, sal dit die werk van die Heilige Gees in hulle lewe blokkeer: “Want die vlees begeer teen die vlees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie” (Gal. 5:17). Hoe kan só ‘n persoon beskou word as posisioneel heilig en iemand wat oorwinnend leef?
Die Gees kan nie in beheer gestel word voordat die vlees oorgelewer is om gekruisig te word nie. Wanneer ek wél die kruis van selfverloëning opneem en ‘n volle oorgawe maak, sal die Gees my vervul. Vir sulke mense wys Paulus op die voortgaande proses van heiligmaking waartoe ons geroep word: “Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie”(Gal.5:16).
Baie min Christene leef heilig en oorwinnend onder die leiding van die Heilige Gees. Dit is veel makliker om na bonatuurlike ervarings te soek, of om op ‘n leunstoel terug te sit en agter die verskoning van posisionele heiligheid te skuil wat jy na bewering saam met jou redding gekry het. Vir sulke selfmisleide Christene is werke van toewyding nie deel van meewerkende geregtigheid nie, maar ‘n vorm van werkeheiligheid wat deur die Here verwerp word. Hulle weet egter nie wat dit is om deur Jesus Christus en die krag van die Heilige Gees ‘n medewerker van God te wees nie.
Omdat hierdie krag in hulle lewe ontbreek, kom hulle later op die punt waarin hulle die leer van heiligmaking as ‘n tweede genadewerk verwerp. Dit is dan juis húlle wat in die krag van die vlees voortgaan om die Here te dien. Dit is egter ‘n futiele oefening, want hulle kan nie regtig ander Christene stig en in die geloof opbou as hulle prediking nie in die betoning van Gees en krag is nie. Hulle moet eers met krag uit die hoogte toegerus word (Luk. 24:46-49). Vleeslike predikers bied kitsoplossings vir redding en heiligmaking aan, sonder enige beklemtoning van die kosteberekening en volle oorgawe wat die Here van ons verwag.
Ons moet nie navolgers van ander mense wees nie, want dan is die kans baie goed dat ons mislei gaan word. Doen liewer intensiewe Bybelstudie en laat die Heilige Gees toe om jou leermeester te wees. Bestee baie tyd aan gebed, sodat dit stil kan word in jou gemoed om die Here se stem te kan verneem. Die Gees van God sal jou in die hele waarheid lei – nie net van redding nie, maar ook van ‘n rein, heilige, oorwinnende en vrugbare lewe in sy diens.
Johan Malan - Afrikaanse Artikels
Baie van die dwalings wat in Christelike kerke voorkom, ongelukkig ook in sekere evangeliese kerke, kan na die koninkryksteologie van die eindtyd herlei word. Predikers raak bekommerd oor die verskynsel van ‘n kwynende, halfhartige en passiewe Christendom omdat hulle eie aansien en inkomste ook daaronder ly.
In ‘n poging om hierdie situasie te verander, word baie van hierdie predikers deur ‘n misplaaste ywer aangevuur om die toekomstige openbaring van God se koninkryk nóú op ‘n dramatiese en sigbare wyse te laat realiseer. Die volgende metodes en hulpmiddels word deur hulle ingespan om “herlewing” en ’n transformasie na koninkrykstoestande te bevorder:
In sommige van die moderne herlewingsbewegings (veral Word of Faith) word groot klem op manifestasies en gawes van die Heilige Gees gelê. Hoewel Jesus nie verloën word nie, word Hy subtiel op die agtergrond geskuif terwyl die klem hoofsaaklik op sintuiglik waarneembare gawes en werke van die Heilige Gees geplaas word. Hierdie manifestasies sluit die volgende in: Val in die gees, lag in die gees, die maak van ’n groot aantal dieregeluide, dronk word in die gees, braak in die gees, spoeg in die gees, dans in die gees, profeteer in die gees, en verskeie ander vreemde manifestasies.
‘n Valse herlewing van dié aard het vanaf gemeentes in Toronto, Brownsville en Pensacola na talle kerke en groepe oor die hele wêreld versprei. Rodney-Howard-Browne van Suid-Afrika het ‘n leidende rol hierin gespeel. Dit is ook deur die Alfa-kursus in verskeie kerke ingedra – onder meer die Anglikane.
Skielik het daar nuwe “lewe” in dooie kerke gekom. Byeenkomste het in vermaaklikheidsessies ontaard terwyl mense in groot getalle omval, onbeheersd begin lag en hulpeloos op die vloer rondkruip. Volgens hulle is dit ‘n bewys dat die koninkryk van God onder hulle neergedaal het. Die feit dat hulle met buite-Bybelse manifestasies besig is deurdat daar geen voorbeelde in die Bybel hiervan is nie, pla die leiers van hierdie “herlewingsbeweging” glad nie. Hulle sê dat God soewerein is en kan doen wat Hy wil. Volgens hulle is Hy nie eers aan sy eie Woord gebonde nie en kan dus dinge doen wat teenstrydig met sy Woord is.
Die ervarings wat mense by hierdie dienste het, al was hulle ook in ‘n semi-transtoestand, word aan wedergeboorte en vervulling met die Heilige Gees gekoppel. In die fase hierna word hulle deur ’n koninkryksvisie gemotiveer om as koningskinders te leef. Indien hulle groot bedrae geld vir die kerk gee, sal die Here hulle ryk en voorspoedig maak en hulle sal ook van probleme soos siektes en ander terugslae gevrywaar word. Wanneer die “gees” oor hulle kom, bv. gedurende ‘n lagbui in die kerk, sal hulle probleme soos mis voor die son verdwyn. Hoe sterker hulle geloof is, hoe meer sal die Here hulle op materiële gebied seën. Hulle skerp stygende inkomste en die luuksheid van hulle motors en huise is die sigbare bewyse van hierdie seën wat op hulle rus. Hulle is ook so “vry in die Here” dat hulle aan geen reëls gebonde is nie en feitlik kan doen net wat hulle wil. Sodoende word die deur wyd vir die hartstogte en begeerlikhede van die vlees oopgemaak.
Beoordeling. Die enigste vaste riglyn en finale gesag wat Christene oor leerstellige sake het, is die Woord van God. Ons opdrag is: “Verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig… want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ’n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels” (2 Tim. 4:2-4).
Mense wat nie by die Woord van God bly nie, wend hulle tot buite-Bybelse fabels (dit is mites of leuens). Daar is inderdaad ‘n menigte valse leraars in die eindtyd wat hulleself tot buite-Bybelse openbarings wend om ‘n populêre maar valse herlewingsbeweging op tou te sit. Die Here praat met hulle op ‘n buite-Bybelse manier deur drome, visioene, tale en soms deur ‘n hoorbare stem, terwyl die “gees” wat by hulle byeenkomste vaardig is, in buite-Bybelse manifestasies spesialiseer. Dié gees “red” sondaars op ‘n buite-Bybelse manier deur hulle bloot te laat val en snaaks te laat optree. Die kruis-evangelie word in die proses heeltemal deur hierdie ervarings oorskadu en vervang.
Baie ander Christene val nou ook in dieselfde slaggat van buite-Bybelse openbarings, en maak dikwels daarop aanspraak dat die Here hulle deur drome en visioene lei. Dit is gewoonlik die begin van baie ernstige dwalings. Selfs al meen ‘n persoon dat die Here deur ‘n droom of visioen met hom gepraat het, dan mag hy dit nog steeds nie aan ander oorvertel en daardeur die dwaling laat posvat dat die Here nie meer primêr deur sy Woord met ons praat nie. Ons het net een duidelike en uitdruklike opdrag om God se wil aan mense bekend te maak, en dit is om sy Woord te verkondig – tydig en ontydig. In die ou tyd, voordat daar ‘n Bybel was, het die Here wél deur drome, visioene, ‘n hoorbare stem, en ook deur engele, tot mense gespreek, maar in hierdie laaste dae spreek Hy deur sy Seun (Heb. 1:1). Wat die Here deur sy Seun aan ons wil sê, is alles in sy Woord opgekrywe, daarom bevat dit die volle raad van God vir ons (Hand. 20:27). Ons mag niks hierby toevoeg nie.
Wat die werk van die Heilige Gees betref, is dit volgens die Bybel sy eerste taak om mense van hulle sonde te oortuig, en ook van die Here Jesus se geregtigheid, sodat hulle gered kan word (Joh. 16:8; 1 Kor. 12:3). Daarna lei Hy die gelowiges verder in die waarheid van die Woord (nie in vreemde ervarings nie) en maak hulle ook bekwaam om die Here te kan dien.
In die huidige, valse herlewing is daar egter geen sprake van ‘n duidelike sonde-oortuiging en sondebelydenis wat ‘n voorwaarde vir ‘n ware wedergeboorte is nie (1 Joh. 1:8-9). In plaas daarvan kom mense onder die beheer van vreemde geeste wat hulle in ’n transtoestand laat beland wat na lagbuie en tipiese simptome van dronkenskap en die maak van dieregeluide lei. God se Gees skep nie dierlike neigings en bedwelmdheid by mense nie, maar oortuig hulle op ‘n nugtere en verstaanbare wyse van hulle sonde en ongeregtigheid.
Verder leef ons nie nou in die oorvloedige en probleemvrye toestande van die komende koninkryk, wat eers ná Christus se wederkoms sal aanbreek nie. Ons is vreemdelinge en bywoners in ‘n goddelose wêreld, en moet met slegs basiese leefbare toestande tevrede wees (1 Tim. 6:8-12). Ons is nie nou konings nie, maar diensknegte en soldate vir Christus in ‘n vyandige wêreld.
Die mensgemaakte utopia wat deur hierdie valse koninkryksherlewing geskep word, asook die vryhede en oorvloed wat daarmee gepaard gaan, is besig om na totale bandeloosheid te lei – veral onder die jong geslag. Sonde-oortuiging, ingetoënheid, ware heiligheid en ‘n bereidwilligheid om vir Christus te ly, is eienskappe wat totaal by hulle afwesig is. In die plek hiervan word daar onder die verradderlike vaandel van die koninkryksteologie aan die vlees vrye teuels gegee.
Een van die populêre metodes in die koninkryksteologie is die gebruikmaking van profete en apostels met groot magte. Hulle spesialiseer in buite-Bybelse openbarings in assosiasie met ‘n buite-Bybelse (okkultiese) mag om tekens en wonders te kan doen. Die algemeenste tekens is genesingswonders, asook goudstof of olie wat op mense se hande, arms of hare verskyn.
Volgens hulle eie aanspraak word baie van die profete en apostels klein godjies, en eien hulleself die mag toe om selfs net deur hulle woorde wonderwerke te doen (“name it and claim it”). Hulle leer hul volgelinge om ook so te maak. Baie mense het ‘n blinde geloof in hierdie apostels en reis duisende kilometers met hulle siekteprobleme agter profete soos Bennie Hinn, Rick Joyner en T.B. Joshua aan.
Beoordeling. Daar is twee groot probleme met die eindtydse profete wat God se koninkryk probeer vestig: 1. Hulle word kultusleiers omdat mense hulle as persone met spesiale magte sien wat uit eie inisiatief wonderwerke kan doen. 2. Hulle buite-Bybelse openbarings is onverifieerbaar in die Bybel, en dus vir hulle ’n handige metode om die ergste denkbare dwalings onder hulle volgelinge in te dra. Omdat hulle na bewering wonderwerke kan doen, glo mense ook alles wat hulle sê. Die Here Jesus het ons ernstig teen hierdie soort profete gewaarsku, wat in die eindtyd in groot getalle na vore sal kom: “En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei… hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei” (Matt. 24:11, 24). Dit sal by uitstek die metode wees waardeur die valse profeet en sy meelopers die wêreld sal mislei om die Antichris in die plek van die ware Christus te aanvaar en te aanbid (Op. 19:20).
Daar is ook ‘n groeiende beweging in die wêreld om die koninkryk van die Here deur middel van ’n rekonstruksionistiese transformasie te vestig. Sommige van die voorstanders hiervan is erg charismaties en vind aansluiting by die twee bewegings wat hierbo genoem is (bv. Peter Wagner), terwyl andere nie charismaties is nie. Die basiese uitgangspunt van hierdie beweging is dat die koninkryk van Satan eers van sy invloed en mag gestroop moet word sodat die struikelblokke teen die vestiging van God se koninkryk en die uitbreek van herlewing uit die weg geruim kan word.
Om dit te kan doen, moet Christene van verskillende kerke hande vat en kragte saamsnoer sodat suksesvolle strategiese geestelike oorlogvoering teen die vestings van Satan gedoen kan word. Dit behels massa-byeenkomste op stadions, ens. Eers daarna sal ’n transformasieproses na ‘n Christelike samelewing plaasvind omdat die vestings van sonde en ongeregtigheid afgebreek is. Bewegings wat hulleself hiervoor beywer is, onder meer, Peter Wagner se World Prayer Center, George Otis van die Sentinel-groep, Mike Bickle van die Kansas City Prophets, Bennie Mostert van Nupsa, Marches for Jesus en Turning the Tide. Bruce Wilkinson (tans met sy nuwe visie in SA) het ook sy gewig hierby ingegooi.
Die afbreek van bose vestings in ‘n stad of in ‘n land vereis gebedsmarse waarin vestings wat vooraf bepaal is, bestraf en deur simboliese gebare afgebreek word. Poortwagters bid dan by toegangsweë sodat die duiwels nie weer na die stad of land terugkeer nie. Hierdie geestelike reinigingsaksie het ook ‘n historiese dimensie deurdat die sondes wat die voorouers gedoen het, ook bely en die betrokke bloedlynvloeke verbreek word (in ‘n afsonderlike artikel word hierdie dwaling in meer besonderhede bespreek). Aanvullend tot die verbreking van bose vestings en bloedlynvloeke moet die inwoners van ‘n stad of land ook teenoor mekaar hul sondes van die hede en verlede bely sodat eenheid en versoening geskep kan word. Dit sal die koninkryk laat neerdaal.
Beoordeling: Die transformasiebeweging is op ‘n paar baie ernstige dwalings gebaseer. Ons het geen Bybelse opdrag of outoriteit om bose vestings in die lug neer te werp en sg. gebiedsdemone te bind nie. Slegs individue kan uit satansmag bevry word. Die ongeredde wêreld sal tot by die wederkoms in die mag van die Bose bly, want eers dán sal Satan van sy invloed en mag gestroop en in ‘n bodemlose put gebind word.
Die transformasiebeweging se sterk beklemtoning van duiweluitdrywing uit mense én uit dorpe of stede, neem die klem heeltemal van die vlees af weg wat tussen mense en ‘n Geesvervulde lewe staan. Indien hulle eerder op die kruisiging van hulle sondige natuur konsentreer en die Here vir vervulling met sy Gees vertrou, sal Christene nader aan die ideaal van herlewing kom.
Opvattings oor bloedlynvloeke is ook ‘n groot dwaling in die beweging, omdat dit op die idee berus dat die versoening tydens jou wedergeboorte onvolledig is. Volgens hulle word die sondes wat jy van jou vaders geërf het, nie by jou redding en regverdigmaking uitgewis nie, daarom kort daar nog ‘n sessie van innerlike reiniging en die verbreking van bloedlynvloeke. Volgens hulle het die Here nie ‘n volkome werk in jou lewe gedoen toe Hy jou siel gered het nie, omdat Hy jou nie van alle ongeregtighede gereinig het nie. Hulle voer dan sekere bevrydingsaksies uit wat aanvullend tot Christus se versoeningswerk by wedergeboorte is.
Ons moet dit duidelik stel dat die transformasiebeweging ‘n onbybelse metode is om die koninkryk van Christus voor sy wederkoms in dorpe, stede en lande te vestig. Daar is geen opdrag tot dié effek in die Bybel nie. ‘n Volledige transformasie na Christelike samelewings sal eers in die duisendjarige vrederyk plaasvind, soos in Jesaja 2:2-4, 11:9, 19:23-25 en in Jeremia 3:17 beskryf word. Sagaria sluit by hierdie profesieë oor Christelike volke en stede aan wanneer Hy sê:
“So sê die Here van die leërskare: Nog sal volke aankom en die inwoners van baie stede. En die inwoners van die een stad sal gaan na die ander en sê: Kom, laat ons heengaan om die aangesig van die Here om genade te smeek en die Here van die leërskare te soek. Ek wil ook gaan! So sal dan baie volke en magtige nasies kom om die Here van die leërskare in Jerusalem te soek en die aangesig van die Here om genade te smeek. So sê die Here van die leërskare: In dié dae [dit is in die komende vrederyk] sal tien man uit al die tale van die nasies die slip van ‘n Joodse man gryp en dit vashou en sê: Ons wil met julle saamgaan, want ons het gehoor dat God met julle is” (Sag. 8:20-23).
Hierdie profesieë sal duidelik eers in die Messiasryk (die toekomstige koninkryk van Christus op aarde) vervul word, en kan op geen manier nóú deur ’n ekumeniese transformasiebeweging geskep word nie. Wat die huidige bedeling betref, sal die nasies in die verharding van hul bose harte voortgaan tot met die wederkoms van Christus. Dit is die rede waarom hulle maklik deur bose geeste mislei sal word om na Armagéddon op te trek en selfs teen Christus te veg (Op. 16:13-14).
In hulle sondige toestand sal die nasies tot die einde toe voortgaan om die Christendom te verwerp deur bv. Christelike wette en reëls af te skaf (Ps. 2) en Israel as God se volk te opponeer en ook hulle godgegewe land te verdeel (Joël 3:1-2). Die nasies sal ook as gevolg van hulle gebrek aan kennis oor God se wil teen Israel en Jerusalem veg en daardeur die vloek van Génesis 12:3 oor hulleself bring (Sag. 12:3 en 14:12-13).
Israel sal as volk ook in hulle geestelik verblinde toestand aanhou om die Messias te verwerp todat Hy sy voet op die Olyfberg neersit, wanneer Israel as ‘n volk tot verootmoediging en nasionale bekering sal kom en sal opsien na Hom vir wie hulle deurboor het (Sag. 12: 10-14). Eers daarna, in die Messiasryk, sal die geredde Israel se guns deur al die nasies gesoek word.
In die huidige situasie sal die stryd, vyandskap en sondigheid in die wêreld erger word (Op. 22:11), en geen transformasiebeweging sal enigsins daarin slaag om nou reeds Christelike koninkrykstoestande op aarde te skep nie. Daar moet nou, soos tydens die hele bedeling van die kerk, ‘n geestelike wapenrusting aangetrek word sodat ons kan staande bly teen die liste van die duiwel (Ef. 6:10-13). Hierdie wapenrusting is tot ons voordeel gegee om ons in die stryd teen die Bose staande te hou, en nie om die Bose se vestings in die lug neer te werp en sodoende ons stad of land uit satansmag te bevry nie. Vestings van sonde wat wél neergewerp kan word, is binne-in die hart en gemoed van die mens waar dit by verkeerde gedagtes begin (2 Kor. 10:3-5).
Mense moet nou soos brandhout uit die vuur geruk word, en hiervoor moet die ou-ou tyding van die Here Jesus se reddende genade aan hulle verkondig word. Hoe meer persoonlik hierdie gesprekke is, hoe beter. Ekumeniese massabyeenkomste op sportstadions, tussen mense wat nie eers oor die verlossingsleer saamstem nie, is van twyfelagtige waarde. Kompromieë met vormgodsdienstige politieke leiers sal ook nie die verlangde effek hê nie. Die Here se opdrag is dat ons heupe omgord en ons lampe aan die brand moet wees (ons verhouding met Hom moet absoluut reg wees) en dan moet ons uitgaan na die paaie en lanings om verlore skape op te soek en na die kudde van God in te bring. Dit is al oor en oor bewys dat geestelike gesprekke in ‘n persoonlike of kleingroepsverband baie meer doeltreffend as groot byeenkomste is. Vir laasgenoemde is daar ook plek, mits daar nie onbybelse koninkryksvisies aan dit gekoppel word nie, want dan lei dit na valse verwagtings en dwalings.
Een van die sterk motiverings in die kerklike wêreld is om ekumeniese eenheid te skep in ‘n poging om daardeur die koninkryk van God sigbaar te laat manifesteer. Die algemene siening is dat verdeeldheid tussen kerke in die weg van herlewing staan. In baie lande is daar reeds ekumeniese rade wat hulle daarvoor beywer om kerke te verenig, soos bv. die Suid-Afrikaanse Raad van kerke in ons eie land. Die meeste van hierdie streeksrade is by die Wêreldraad van Kerke (WRK) geaffilieer.
Een van die kenmerke van die ekumeniese beweging, veral binne die verband van die WRK, is leerstellige kompromie. Gemeenskaplikhede word só vaag gedefinieer dat alles en almal geakkommodeer kan word. Die WRK se siening is dat leerstellings verdeel, maar diens verenig. Kerke moet dus eerder hande vat om armoede, konflik, siektes en diskriminasie te beveg as om die evangelie van verlossing te verkondig.
Hierdie denkraamwerk van leerstellige kompromie het alreeds daartoe gelei dat Christelike ekumene in multigodsdienstige ekumene oorgegaan het. Daar word nou geglo dat alle gelowe op aarde dieselfde God aanbid en dus almal kan hande vat om vrede en eenheid in ons verdeelde en konflik-geteisterde wêreld te skep.
Beoordeling. Die SA Raad van kerke wat by die WRK geaffilieer is, is die toetreepunt tot die ekumeniese beweging in Suid-Afrika. In die WRK is daar reeds sterk elemente van multigodsdienstige denke gevestig, wat dit binne die raamwerk van wêreldekumene plaas. Daar is geen Bybelse regverdiging om eers net waarnemerstatus by ‘n ekumeniese liggaam te aanvaar nie. Ons mag onder geen omstandighede in dieselfde juk saam met hulle trek nie (2 Kor. 6:14-18). Die Rooms-Katolieke Kerk is met ‘n soortgelyke intergeloofsvirus besmet en werk hartlik saam om die weg vir die nuwe wêreldorde se universele alliansie van godsdienste te baan.
Die ekumeniese beweging het reeds heeltemal vervals geraak deurdat dit ontrou aan die Drie-enige God en sy Woord is. Dit is ‘n wegbereider vir die koms van die kosmiese christus van alle gelowe, nl. die Antichris. Die groot fout wat die WRK al in sy beginjaar in 1948 gemaak het, was om die Bybelse begrip van geestelike eenheid in Jesus Christus as ‘n verskoning vir strukturele eenheid te gebruik, soos uitgedruk deur sy credo: “Een kerk vir een wêreld.” Hierdeur is die klem van die vertikale, mens-God-verhouding af na die horisontale verhouding tussen mense en kerke verplaas.
Die gevolg hiervan was dat menslike (sekulêre) sake die oorhand in besprekings gekry het; daarom is die agendas van vergaderings toenemend deur politieke en sosio-ekonomiese kwessies oorheers. Dit het daartoe gelei dat rassisme, armoede en onderdrukking beveg is, terwyl die geestelik verdorwe toestand van die miljoene verlore mense nooit eers in ag geneem is nie. Geen leerstellige insig is getoon nie, en spoedig is godsdienstige universalisme aanvaar, wat die duiwelse dwaling is dat daar saligheid in alle gelowe is.
Uit ‘n Bybelse oogpunt het daar niks goeds uit die ekumeniese beweging gevloei nie – slegs geestelike afvalligheid en onverskoonbare kompromie tussen die Protestante en Katolieke, asook tussen die Christendom en die nie-Christelike gelowe. Uit ‘n vervalsde godsdienstige assosiasie van hierdie aard kan net die Antichris en sy komende nuwe wêreldorde voordeel trek.
Een aspek wat die koninkryksgroepe in gemeen het, is dat hulle almal die belofte van die wegraping verwerp. Hulle meen dat ons nou in die vrederyk is waarin die duiwel gebind is (of gebind moet word) en dat daar nie ’n wegraping of oordele sal wees nie. Hulle werk nóú deur hulle rekonstruksionisme aan die koms en openbaring van die koninkryk, en beplan om voor Christus se koms die wêreld oor te neem. Wanneer Hy kom, kan Hy volgens hulle net die beheer oor sy koninkryk oorneem en dit verder bestuur. Hierdie groepe beskou diegene wat aan die wegraping glo, as onbetrokke en negatiewe mense wat net ‘n geleentheid soek om die sondige wêreld te ontvlug. Hulle probeer nie om die wêreld deur eenheid, herlewing, strategiese geestelike oorlogvoering en transformasie te verander nie, en wag net dat die Here hulle moet kom haal en die sondaars oordeel.
Die koninkryksgroepe is egter totaal uit pas met Bybelse profesieë. Hulle kyk die feit heeltemal mis dat die einde van die kerkbedeling nie deur ‘n wêreldwye herlewing gekenmerk word nie, maar deur die oordele van die groot verdrukking. Wat dié tyd betref, het Christene die opdrag dat hulle moet waak en bid sodat hulle waardig sal wees om al die oordele wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan (Luk. 21:36).
Christene moet die groot verdrukking ontvlug omdat dit ‘n tyd van goddelike wraak oor die sondaars is (Jes. 13:9-13; Op. 6:15-17, 11:18). Daar was ook situasies van goddelike oordele oor die sondaars in Ou Testamentiese tye, asook in die eerste eeu van die kerkbedeling:
· In die tyd van Noag moes die gelowiges voorsiening maak om uit die vloed te kom, omdat God die sondaars daarin wou verdelg (Gen. 6:13-14).
· In die tyd van Lot moes die gelowiges na die berge vlug sodat hulle nie saam met die goddeloses omkom nie (Gen. 19:12-13).
· Tydens die verwoesting van Jerusalem in die jaar 70 n.C. moes die gelowiges uit die stad wegvlug sodat hulle nie saam met die sondaars geoordeel word nie (Luk. 21:20-22).
Nou, aan die einde van die kerkbedeling, gaan daar ‘n groot verdrukking wees soos daar nog nooit op aarde was nie (Matt. 24:21). Ons opdrag is om dit te ontvlug (Luk. 21:36). Geen mensgemaakte pogings gaan die tyd van oordele en verdrukking voorkom nie. Ons opdrag is om mense teen die oordele te waarsku deur seker te maak dat hulle saak met die Here reg is. Ons sit nie passief terug nie, maar besef dat ons moet werk terwyl dit dag is – die nag van God se oordele kom wanneer niemand kan werk nie.
Terwyl ons vir die Here werk, besef ons dat net ‘n relatief klein groepie mense op die evangelieboodskap sal ag slaan. Die breë weg sal steeds die populêrste bly, en dié wat vuil is, sal nóg vuiler word. Ons besef ook dat die wêreld al hoe slegter sal word, tot op dié dag wanneer die Here sy ware kinders kom haal. Dan sal die Antichris geopenbaar word en die sewe jaar lange verdrukking begin. Eers daarna, wanneer Christus kom, sal sy koninkryk wat nou verborge is, geopenbaar en gevestig word.
Koninkryksgroepe wat beweer dat die kinders van die Here nóú as groot profete, apostels en konings aan die wêreld geopenbaar sal word, moet maar weer Kolossense 3:4 gaan lees. Ons sal eers op die dag van Christus se openbaring in heerlikheid (ná die groot verdrukking) saam met Hom geopenbaar word. Dan sal ons met Hom in sy koninkryk regeer.
Johan Malan - Afrikaanse Artikels
Opsomming: Die Buite-Bybelse manifestasies van die sg. "lagherlewing" neem verdere afmetings aan, en laat mense steeds verder dwaal.
"Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is" (Matt. 7:15).
"En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei… Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei" (Matt. 24:11, 24).
Die valse profeet "doen ook groot tekens, sodat hy selfs vuur uit die hemel laat neerdaal op die aarde voor die oë van die mense. En hy verlei die bewoners van die aarde deur die tekens wat hom gegee is om voor die oë van die dier [die Antichris] te doen" (Op. 13:13-14).
Wanneer die Bybel teen die opkoms van valse profete in die laaste dae waarsku, dink baie mense dat dit op die leiers van valse kerke en sektes dui, soos bv. op die Rooms-Katolieke Kerk, die Mormone, die Jehovasgetuies, die Ou Apostels, of uit die nie-Christelike gelowe, soos bv. die Boeddhistiese Dalai Lama en baie ander. Daar is is inderdaad valse godsdienstige leiers in hierdie sektes en gelowe. Uit die profetiese rede van Christus is dit egter duidelik dat die eindtydse valse profete hoofsaaklik uit Christelike kerke na vore sal tree met ‘n mandaat uit die hel om selfs die uitverkorenes te mislei.
Hulle staan dus in die kerk op, net soos wat die valse profete in Israel van binne uit die volk gekom het. Petrus sê: “Daar was ook valse profete onder die volk, net soos wat daar onder jullevalse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën en ‘n vinnige verderf oor hulleself bring; en baie sal hulle verderflikhede navolg” (2 Pet. 2:1-2). Aan die gemeente in Éfese sê Paulus: “Ek weet dit, dat ná my vertrek wrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie. Ja, uit julle selfsal daar manne opstaan wat verkeerde dinge praat om die dissipels weg te trek agter hulle aan” (Hand. 20:28-30).
Hoewel hierdie valse profete in Christelike kerke opstaan, is hulle deur die duiwel daar geplant en het hulle die ware Jesus en sy Woord verloën. Uiterlik kom hulle baie vroom voor en gebruik selfs die Naam van die Here Jesus om siekes gesond te maak en duiwels uit te dryf. Dit is egter net uiterlike vertoon. Paulus sê: “Sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in apostels van Christus. En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ‘n engel van die lig. Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke” (2 Kor. 11:13-15).
Hulle is óf van die begin af ongered en vormgodsdienstig, óf hulle is teruggevalle leraars wat die Gees van die waarheid begin bedroef en weerstaan het, en uiteindelik die krag van die dwaling ontvang het om die leuens te glo. 2 Timotheus 3:13 verwys na mense wat eers self mislei word en daarna ander mense mislei. 2 Timótheus 2:26 sê dat die duiwel hulle in ‘n strik gevang het om sy wil te doen.
Onder die leiding van moderne valse profete het daar 'n valse herlewing ontstaan wat as die Toronto-Pensacola-Brownsville herlewing van buite-Bybelse ervarings bekend staan.
By hierdie byeenkomste vind sintuiglik waarneembare tekens en wonders as manifestasies van God se teenwoordigheid plaas. Die volgende is die mees algemene ervarings: ‘n Hewige geskud, rukkings, verlies aan liggaamskrag, swaar asemhaling, fladderende ooglede, bewende lippe, olie of goudstof op die liggaam, onbeheerste lagbuie, simptome van dronkheid, naarheid, braking, algehele gedisoriënteerdheid, visioene, hoorbare stemme uit die geesteswêreld, ‘n ervaring van ligtheid of gewigloosheid wat jou laat op en af spring, ‘n swaar gevoel wat jou afdruk, laat val op die vloer en in die rondte laat rol, ‘n geskreeu en die maak van dieregeluide soos brul, blaf, kraai en blêr.
Die gevoel van dronkheid, wat ‘n transtoestand is, is só oorheersend dat baie van hierdie byeenkomste “nuwe wyn-byeenkomste” genoem word. Hierdie mense sing ook oral ‘n “New Vinos Drinking Song” waarvan ‘n deel (in Afrikaans vertaal) só lui:
Ek lag soos ‘n idioot en blaf soos ‘n hond,
As ek nie nugter word nie, sal ek dalk spring soos ‘n padda,
En kraai soos ‘n haan totdat die dag breek.
Want die Heilige Gees beweeg en ek kan nie wegbly nie.
Ek sal op en af spring en in die rondte dans,
Die kerkbanke was goed, maar dit is lekkerder op die vloer;
Ek is ‘n alkoholis vir daardie wonderlike nuwe wyn,
Want die Heilige Gees skink en ek hou net aan drink!
Die volledige Engelse teks van hierdie lied lui só:
Now I laugh like an idiot and bark like a dog,
If I don’t sober up, I’ll likely hop like a frog!
And I’ll crow like a rooster ‘til the break of day,
‘Cause the Holy Ghost is moving, and I can’t stay away!
Now I roar like a lioness who’s on the prowl,
I laugh and I shake, maybe hoot like an owl!
Since God’s holy river started bubbling up in me,
It spills outside, and it’s setting me free!
So I’ll crunch and I’ll dip and I’ll dance round and round,
‘Cause the pew was fine, but it’s more fun on the ground!
So, I’ll jump like a pogo stick, then fall on the floor,
‘Cause the Holy Ghost is moving, and I just want more!
CHORUS:
Now I’m just a party animal grazing at God’s trough,
I’m a Jesus junkie, and I can’t get enough!
I’m an alcoholic for that great New Wine,
‘Cause the Holy Ghost is pouring, and I’m drinking all the time!
Valse bekerings vind by dié byeenkomste plaas, omdat daar geen nugtere denke, gebrokenheid van hart en sondebelydenis is nie. Mense is duidelik in ‘n transtoestand onder die beheer van ‘n vreemde gees, en groot blydskap oor dit wat die Here na bewering vir hulle doen. Rodney Howard Browne het vir mense wat op die vloer gekreun, gelag en gebid het, gesê dat dit nie ‘n biduur is nie en dat hulle net moet aanhou lag. Die blydskap van die Here moet diep uit uit hulle maag opborrel. Hy het ook gesê: "I am a Holy Ghost bar tender." Hy skink die nuwe wyn wat mense so dronk maak en snaakse dinge laat doen.
‘n Besoekende profetes uit Brasilië, Silvania Machado, het in Pretoria groot opspraak verwek toe daar goudstof aan haar hare verskyn het. Sy het in die Lewende Woord-kerk van pastoor Neville Norden opgetree toe die “wonderwerk” gebeur het. Machado maak op groot wonderwerke in haar eie lewe aanspraak. Volgens haar het sy verskillende soorte kanker gehad en later stukke van haar lewer uitgehoes. Sy sê dat God haar genees het nadat daar vir haar gebid is. Sy het die goudstof wat nou uit haar hare kom, as ‘n “manifestasie van God se goue glorie” beskryf.
Pastoor Norden sê dat metallurge ná die diens die “goudstof” wat uit haar hare gekom het, getoets het. Dit is met behulp van ‘n elektronmikroskoop gedoen waaraan ‘n program gekoppel is wat aandui watter elemente teenwoordig is. Daar was geen goud nie – net gemasjineerde plastiek, eintlik goudkleurige blinkertjies (‘glitter’) soos wat in winkels te koop is. Dit is maar net deel van die sensasie en "spesiale effekte" wat deur mense geskep word om geloofwaardigheid aan hulle valse leringe te gee.
Die Here Jesus se waarskuwing teen valse profete in Mattheus 7:22-23 is baie betekenisvol: “Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk.”
Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here! Die Christelike evangelie word vandag maklik gemaak, tot só ‘n mate dat die boodskap van bekering heeltemal oppervlakkig raak en vervals word. Aan mense word gesê dat hulle net die Here Jesus in hulle lewens moet innooi en Hom as hulle persoonlike Saligmaker aanneem. Daar word niks gesê van sonde wat bely en laat staan moet word nie. Die aanneem van Jesus as jou Saligmaker sonder ‘n duidelike bekering van al jou sondes lei nie na ‘n ware wedergeboorte nie. Wat antwoord Jesus hierdie mense wat so maklik vir Hom sê: “Here, Here!” maar wat nie regtig weergeborenes is wat die wil van sy Vader doen nie? “Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk.” Hulle leef wetteloos omdat elkeen nog steeds sy eie lewe lei en nie regtig die Here dien nie. Hulle is nie waarlik gered nie. Die Here het vir Paulus na die heidene gestuur “om hulle oë te open, dat hulle hul van die duisternis tot die lig kan bekeeren van die mag van Satan tot God, sodat hulle deur die geloof in [Hom] vergifnis van sondes en ‘n erfdeel onder die geheiligdes kan ontvang” (Hand. 26:18). Kan jy daarvan getuig dat die Here Jesus jou van alle sonde en ongeregtigheid rein gewas het met sy bloed? (Ef. 1:7; 1 Joh. 1:7).
Ná die valse bekering kom ons nou by valse profete. “Het ons nie in u Naam geprofeteer nie?” Valse Christene wil vermaak word en het ‘n natuurlike aangetrokkenheid tot valse profete. Hulle is verveeld met die ou, Bybels gebaseerde leerstellings en wil profete hê wat aan hulle ‘n opwindende visie gee van ‘n groot herlewing en magtige tekens en wonders. Die wêreld gaan vir Christus verower word, en deur die moderne profete word daar ‘n woord aan gemeentes én individue gegee van hoe die Here hulle vir magtige dade gaan gebruik. Vir baie mense is dit opwindend om só “’n woord van die Here” te ontvang. Baie mense word ook geleer hoe om die profetiese gawe te ontwikkel.
“Het ons nie duiwels uitgedryf nie? Hulle sê: "Ons was by geestelike oorlogvoering betrokke. Ons het demoniese vestings bokant dorpe en stede afgebreek sodat die lug gesuiwer en die pad vir die ongehinderde werking van die evangelie voorberei kan word.” Yonggi Cho, die pastoor van die grootste Christelike gemeente in die wêreld, het die begrip van ‘n “oop hemel” verkondig waaruit alle demoniese vestings en bose geeste verdryf is. Dan kan die evangelie sy vrye loop neem. Peter Wagner en George Otis verkondig dieselfde boodskap, asook NUPSA in Suid-Afrika. Deur geestelike kartering word bose vestings en gebiedsdemone bepaal, daarna word hulle tydens gebedsmarse, gebedsbyeenkomste en bestraffings vanaf hoë geboue of berge rondom die stad verdryf. Die duiwels word dus uit ‘n land, ‘n streek, 'n stad of ‘n dorp verdryf, maar daar is nêrens só ‘n opdrag in die Bybel nie, daarom kan dit ook nie gedoen word nie. Net individue kan van satansmag bevry word (dit word deur geloof in Christus in gebed gedoen, en nie deur 'n mensgemaakte proses 'innerlike genesing' nie). Dit sal dus glad nie help om eendag vir die Here te sê dat jy in sy Naam alle duiwelse vestings van Pretoria af verdryf en die dorp vir die koninkryk van God in besit geneem het nie.
“Het ons nie in u Naam baie kragte gedoen nie?Die demonstrasie van bonatuurlike kragte, tekens en wonderwerke is vir baie mense ‘n bewys van die groot herlewing van ons tyd. Toronto, Pensacola en Brownsville stel volgens hulle die Handelinge herlewing in die skadu. Sommige van die moderne profete sê selfs: “Petrus en Paulus kon nie hele gemeentes só dronk kry dat hulle nie op hule voete kan staan nie, maar ons kon! Johannes, Jakobus en Petrus kon ook nie profeteer soos brullende leeus, of soos arende rondvlieg nie!”
Die valse profete van die eindtyd maak op ‘n spesiale salwing aanspraak. Die Here Jesus waarsku ernstig: “Baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei” (Matt. 24:5). Hy verwys ook na hulle as "valse christusse" m.a.w. "valse gesalfdes" (Matt 24:24). “Christus” beteken “Gesalfde” (Eng. “Anointed One”). Hierdie mense beskou hulleself as spesiale gesalfdes van die Here. Hierdie salwing word egter op ‘n okkultiese manier deur handoplegging van een persoon na ‘n ander oorgedra. Nuwe profete kry dit nie deur die geloof van die Here nie, maar moet na ander profete gaan om die salwing by hulle te kry. Dit is waarom mense na Toronto, Pensacola of Brownsville gaan om dit te kry, na Lagos in Nigerië, of na enige ander profeet wat deur hulle bewonder en nagevolg word. Bennie Hinn het, volgens sy eie bekentenis, sy salwing (‘anointing’) by die graf van ‘n valse profetes, Kathryn Kuhlman, gekry. Hy sê dat hy met die gees van Kathryn Kuhlman kontak gemaak het, en erken dus by implikasie dat hy ‘n spiritis is.
Waarheen lei hierdie valse herlewing wat vinnig oor die hele wêreld versprei? Dit is nie sommer net ‘n gier van ons tyd nie, maar deel van ‘n beplande geestelike klimaatskepping vir die verskyning en wêreldwye oorname deur die valse profeet en die Antichris. Die valse profeet sal die valse tekens en wonders herlewing van die eindtyd tot nuwe hoogtes voer deur skouspelagtige tekens te doen. Hy sal selfs sigbare vuur uit die hemel laat neerdaal voor die oë van die mense. Die Antichris sal dieselfde doen, want sy koms sal wees “volgens die werking van die Satan met allehande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie. En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo” (2 Thess. 2:9-11).
Hoeveel mense het nie in ons tyd al die krag van die dwaling ontvang om onder die leiding van valse profete die leuens van Satan te glo nie! Die Here Jesus sê: “Pas op dat niemand julle mislei nie” (Matt. 24:4).
Bill Randles: The New Prophets. Plumbline Publishing, Posbus 3410, Pietermaritzburg 3200.
Video: "Transformations – The New Spiritual Warfare Movement".
(Bg. video's is beskikbaar by Kerugma Produksies, Posbus 1367, Kuilsrivier 7579. Tel. (021) 903 1901 of e-pos by
Meer by:
Johan Malan - Afrikaanse Artikels
Heiligmaking bepaal nie net die kwaliteit van ons verhouding met die Here hier op aarde nie, maar dit moet uitdruklik ook met die oog op die wederkoms van Jesus beoefen word. Die ware kerk is die bruid van die Here Jesus, wat by sy wederkoms met ‘n rein kleed voor Hom gestel moet word. Hiervoor het ons twee genadewerke in ons lewe nodig. Die eerste genadewerk staan in verband met die aanvanklike reiniging wat ons tydens wedergeboorte ontvang, terwyl die tweede genadewerk met volkome heiligmaking, of vervulling met die Heilige Gees, in verband staan. Jesus Christus het Homself vir altwee hierdie genadewerke aan ons oorgegee en verwag dat ons Hom vir beide daarvan sal vertrou:
"Christus [het] ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee om dit te heilig, nadat Hy dit gereinig het met die waterbad deur die woord, sodat Hy die gemeente voor Hom kon stel, verheerlik, sonder vlek of rimpel of iets dergliks; maar dat dit heilig en sonder gebrek sou wees" (Ef. 5:25-27).
Ons moet deur ‘n proses van heiligmaking op die ontmoeting en vereniging met die hemelse Bruidegom voorberei word. Dit is belangrik dat die kerk van Christus ‘n duidelike roepingsbewustheid hier op aarde én ook ‘n duidelike bestemmingsbewustheid in die hemel moet hê. Paulus sê dat ons ‘n hoë roeping van God in Christus Jesus het (Fil. 3:14). In die huidige bedeling is ons geroep om getuies van Jesus te wees in ‘n wêreld wat in die mag van die Bose lê (1 Joh. 5:19). Ons is dus ambassadeurs vir Christus in ‘n vreemde koninkryk. As geroepe heiliges moet ons waardige verteenwoordigers van die koninkryk van die hemel wees “sodat [ons] onberispelik en opreg kan wees, kinders van God sonder gebrek te midde van ‘n krom en verdraaide geslag onder wie [ons] skyn soos ligte in die wêreld” (Fil. 2:15).
Dwarsdeur ons aardse lewe en die uitvoering van die taak wat ons hier het, moet ons deur die vooruitsig op ons hemelse bestemming tot heiligmaking gemotiveer word. Dit moet aan ons moed en deursettingsvermoë gee terwyl ons as vreemdelinge ons opdragte in hierdie goddelose wêreld uitvoer: “Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus, wat ons vernederde liggaam van gedaante sal verander, om gelykvormig te word aan sy verheerlikte liggaam” (Fil. 3:20-21).
Ons moet onsself reinig in voorbereiding daarop om in die hemel in noue assosiasie met die Here Jesus te leef. Ons sal nét so ‘n opstandingsliggaam soos Hy hê en in sy volmaakte, heilige teenwoordigheid verkeer:
“Geliefdes, nou is ons kinders van God, en dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie; maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is. En elkeen wat hierdie hoop op Hom het, reinig homself soos Hy rein is” (1 Joh. 3:2-3).
In die lig daarvan dat ons vir altyd in sy heilige teenwoordigheid gaan wees, moet ons nou reeds leer om geestelik in sy teenwoordigheid te leef, Hom innig lief te hê soos ‘n bruid wat na haar bruidegom verlang, en niks te doen wat sy Heilige Gees sal bedroef nie. Die hoop dat ons Hom sal sien en by Hom sal wees, is ‘n reinigende hoop. Ons moet nou daarop voorberei word om aan sy sy gestel te word. Ons sal nie in status aan Jesus gelyk wees nie, omdat Hy die Hoof van die gemeente bly, maar ons sal dieselfde verheerlikte liggaam hê en as sy bruid ten nouste aan Hom verbonde wees.
Die proses van reiniging veronderstel morele én leerstellige reinheid. Ons moet moreel rein en heilig leef, en teen alle besmettinge van die vlees waak. Ons moet egter ook leerstellig getrou aan die Here Jesus bly deurdat ons teen al die geestelike dwalings en misleiding van Satan sal waak. Paulus verwys hierna as hy aan die gemeente sê: “Ek is jaloers oor julle met ‘n goddelike jaloersheid, want ek het julle aan een man verbind, om julle as ‘n reine maagd aan Christus voor te stel. Maar ek vrees dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus” (2 Kor. 11:2-3). Het jy dalk in Satan se strikke van verleiding beland? Vlug dan na die Here Jesus vir vergifnis, verlossing en reiniging.
Wat moet ons in die donker en goddelose wêreld doen om in afwagting op die koms van die Meester rein en heilig te lewe? Paulus lê sterk klem op die feit dat ons onberispelik moet wees in heiligheid by die wederkoms van Jesus Christus: “…en mag die Here julle ryk en oorvloedig maak in liefde vir mekaar en vir almal… sodat Hy julle harte kan versterk om onberispelik te wees in heiligheid voor onse God en Vader by die wederkoms van onse Here Jesus Christus…” (1 Thess. 3:12-13). Hy brei ook verder hierop uit:
“En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus! Hy wat julle roep, is getrou; Hy sal dit ook doen” (1 Thess. 5:23-24).
Die Here maak dit vir ons moontlik om waardig te wandel voor Hom wat ons tot sy koninkryk en heerlikheid roep (1 Thess. 2:12). In die lig van die verganklikheid van hierdie wêreld waarin ons net pelgrims en verbygangers is, moet ons tot groter heiligheid aangespoor word: “Terwyl al hierdie dinge dan vergaan, hoedanig moet julle nie wees in heilige wandel en godsvrug nie? – julle wat die koms van die dag van God verwag en verhaas… Daarom… beywer julle dat julle vlekkeloos en onberispelik voor Hom bevind mag word in vrede” (2 Pet. 3:11-12,14).
Sorg dat jy in ‘n rein toestand bly en voortdurend deur die bloed van die Lam gereinig word. Bely onmiddellik enige sonde wat jy gedoen het, sodat daar nie oor tyd heen ‘n skeidsmuur van sonde tussen jou en die Here Jesus opgebou word nie. Wandel in die lig en bied ten bloede toe weerstand teen die sonde: “As ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde” (1 Joh. 1:7).
Wat gebeur as ons nie heilig leef nie maar in plaas daarvan ‘n vleeslike, wêreldse lewe lei? Dan diskwalifiseer ons onsself nie alleen om eendag as rein maagde voor Christus gestel te word nie, maar ons het ook nie die krag, motivering en geestelike insig om hier op aarde vir Hom te werk nie. Paulus sê aan die geredde, maar vleeslike Korinthiërs: “En ek, broeders, kon met julle nie spreek soos met geestelike mense nie, maar soos met vleeslike, soos met klein kinders in Christus. Ek het julle met melk gevoed, nie met vaste spys nie, want julle was nog nie daartoe in staat nie, en julle is nou nog nie daartoe in staat nie, omdat julle nog vleeslik is; want aangesien daar onder julle jaloersheid en twis en tweedrag is, is julle nie vleeslik nie en wandel julle nie na die mens nie?" (1 Kor. 3:1-3).
Mense groei nie sommer vanself uit hierdie toestand van vleeslikheid nie. Hulle moet 'n volle oorgawe maak waarin die vlees met sy hartstogte, begeerlikhede, eiesinnigheid en soeke na selfverheerliking oorgelewer word om gekruisig te word. Indien dit nie doelbewustelik en nougeset gedoen word nie, dan tree een van die volgende toestande van geestelike verval in:
1. ‘n Vleeslike lewenswyse
Vleeslikheid, veral selfliefde en grootheidswaan, neem in hierdie tyd nog veel meer van mense besit. “Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom. Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards…” (2 Tim. 3:1-2). Wanneer die gevalle, vleeslike natuur van die mens na vore kom en beheer oor jou lewe neem, word die Heilige Gees bedroef en van sy beheer oor jou lewe ontneem (Gal. 5:17; Ef. 4:30). Wanneer geestelike verval van hierdie aard in Christene se lewens voorkom, kan hulle optrede tereg as dwaas, onverstandig en vleeslik beskryf word (Gal. 3:1,3).
2. Die liefde verkoel
Die liefde van God in jou verkoel as gevolg van oormatige blootstelling aan sonde: “En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel” (Matt. 24:12). Die hele samelewing is in ‘n eindtydse vervalproses waarin dit toenemend boos, gewelddadig, immoreel, liefdeloos en korrup raak. Daar word al hoe meer met sondes geassosieer in plaas daarvan om dit te verwerp: “…en hou nie gemeenskap met die onvrugbare werke van die duisternis nie, maar bestraf dit liewer” (Ef. 5:11). Daar kan nooit enige kompromie met sonde wees sonder dat dit jou geestelik aftrek nie.
3. Depressie
Depressie en die verswakking van geloof tree in as gevolg van al die probleme en ellendes van ons tyd. Baie mense se harte word beswaar deur die sorge van die lewe (Luk. 21:34), tot op dié punt dat hulle alle hoop op uitkoms en beterskap laat vaar. Sulke mense leef nie meer op na die hoë roeping van God in Christus Jesus nie, en besef ook nie dat daar tydens die wederkoms van Christus ‘n kragtige ingryping ten goede in die sake van hierdie wêreld sal wees nie.
4. Louheid
Geestelike louheid en verval tree ook as gevolg van materialisme en selfregverdiging in. Die Here Jesus sê vir die eindtydse kerk: “Omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit my mond spuug. Want jy sê: Ek is ryk en het verryk geword en het aan niks gebrek nie; en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en naak is nie” (Op. 3:16-17). Wêreldse voorspoed lei, ook in kerke, na arrogansie, selfverheffing en selfregverdiging. Sulke mense het die Here nie regtig nodig nie en verklaar hulleself salig.
5. Wêreldse vermaak
Christene wat geestelik verval, het geen probleem om openlik met sondaars te assosieer en saam met hulle partytjies te hou nie. Hulle steur hulleself nie aan ander Christene se vermanings nie, maar beledig hulle en behandel hulle sleg. Die Here Jesus sê dat só ‘n dienskneg sy medediensknegte begin slaan en saam met die sondaars eet en drink (Matt. 24:48). In Lukas 21:34 word die dissipels van Christus ook gewaarsku dat swelgery en dronkenskap hulle geestelik sal vernietig en onwaardig vir die wegraping maak.
6. Onkunde en valse leerstellings
‘n Baie algemene oorsaak van vleeslikheid en teruggevallenheid in Christene se lewens is onkunde oor die Bybel en ook beïnvloeding deur valse leerstellings. As gevolg van hulle lae geestelike standaarde en gebrek aan kennis het hulle ‘n voorliefde vir predikante wat hulle gehoor streel en hulle in dié toestand salig verklaar (2 Tim. 4:3-4). Dwalende kerke en predikante wat standaarde afwaarts aanpas, is dus ook vir hulle toestand verantwoordelik. As sulke mense nie duidelike boodskappe oor wedergeboorte en heiligmaking hoor nie, ontwaak hulle nie maklik uit hierdie toestand om die Here te begin soek nie.
7. Gebrek aan ‘n toekomsverwagting
Christene wat geestelik veragter, het nie ‘n aktiewe wederkomsverwagting nie. Die vyf dwase maagde het op ‘n baie kritieke oomblik toe hulle moes gewaak en vir die Bruidegom gewag het, aan die slaap geraak. Toe die tyd van sy koms hulle skielik oorval, het hulle té laat agtergekom dat hulle nie genoeg olie in hulle kanne gehad het nie. Terwyl hulle nog rondgeval het om ‘n oplossing vir die probleem te vind, het die Bruidegom gekom en hulle het agtergebly (Matt. 25:6-10). As jy vleeslik is, het jy ook té min van die olie van die Heilige Gees in jou lewe en voer jy ‘n kwynende geestelike bestaan. In dié toestand is jy nie wederkomsgereed nie omdat jou lewe nie deur waaksaamheid en gebed gekenmerk word nie. Hierdie aktiwiteite is bedoel om jou onder die leiding van die Heilige Gees waardig te maak om die komende groot verdrukking te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan (Luk. 21:36). Daar is verder ook die gevaar dat as ons Christus nie aktief verwag nie, ons dalk ’n Antichris-verwagting kan ontwikkel deur vir sy nuwe wêreldorde van internasionale eenheid, gelykheid en broederskap gereed te maak.
Die oplossing vir ‘n teruggevalle, vleeslike toestand is ‘n volle oorgawe waarin die vlees vir die eerste maal of by hernuwing oorgelewer word om gekruisig te word. Die Here Jesus sê: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg” (Luk. 9:23). Is jy bereid om die eie-ek met sy verdorwe neigings te verloën en af te lê om gekruisig te word? Indien nie, dan diskwalifiseer jy jouself om ‘n ware dissipel van Jesus te wees (Luk. 14:27). Vleeslikheid, mislukking, geestelike onvrugbaarheid en onwaardigheid sal dan jou voorland wees. Dit sal van jou ‘n “slegte en luie dienskneg” (Matt. 25:26) maak.
Wat is die groot probleem wat deur die vlees veroorsaak word? Dit neig weg van die dinge van God af en blokkeer jou geestelike groei heeltemal, “want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie” (Gal. 5:17). Wanneer die vlees egter onttroon en gekruisig is, kan die Gees volle beheer oor jou lewe neem en jou ongehinderd lei. Slegs dan kan jy wandel deur die Gees sonder om die begeerlikhede van die ongekruisigde vlees te volbring (Gal. 5:16).
Het jy al die getuienis van die Heilige Gees ontvang dat Hy jou hart gereinig en in die volle sin van die woord daarvan ‘n tempel van God gemaak het waar net Hy geëer en gedien word? Hy sal ‘n vrede in jou hart uitstort wat alle verstand te bowe gaan, asook ‘n nuwe, dieper liefde vir God, vir jou broeders en susters in die Here én vir ‘n verloregaande wêreld. Hierdie liefde sal vloei soos ‘n rivier en aanhoudend uit die Bron gevoed word – veral in tye van stil gebed en ernstige Bybelstudie.
As jy jouself in ‘n geestelike dorsland bevind waar mense nie hierdie lewende water in hulle binneste het nie, sal jy jou droë omgewing in ‘n fonteinland omskep (Ps. 84:7). Jy sal nie deur die wêreld afgetrek en uiteindelik soos die wêreld word nie, maar soos ‘n fontein in ‘n dorre landstreek ‘n oplossing en uitkoms aan dorstige, sterwende siele bied. Dit sal slegs gebeur nadat die vlees gekruisig en jy volkome met die Gees van God vervul is. Jesus Christus het gekom dat ons lewe én oorvloed kan hê. Moenie by die eerste reiniging van jou sondes volstaan nie, maar soek ook na die vervulling met die Gees sodat jy die oorvloedige lewe kan verkry.
Johan Malan - Afrikaanse Artikels
Opsomming: Die letterlike vervulling van Bybelse profesieë oor die eindtyd skyn soos 'n lig op die Christen se pad.
Hoe dieper ons in die eindtyd beweeg, hoe minder word daar in feitlik alle kerke in die letterlike vervulling van Bybelse profesieë geglo. Terwyl die tekens van die tye rondom ons opsigtelik (en selfs dramaties) in vervulling gaan, druk teoloë hulle koppe dieper in die sand en sê: “Ons sien niks nie!” of: “Die Bybel is ‘n simboliese boek en moet nie letterlik opgeneem word nie.”
Die gevolg van hierdie negatiewe houding is ‘n skerp toename in skeptisisme en ongeloof in Bybelse uitsprake oor die eindtyd. Die meeste mense steur hulleself net eenvoudig nie aan profesieë nie omdat dit na bewering slegs abstrakte, historiese stellings is wat geen direkte relevansie vir ons tyd het nie.
Onder omstandighede soos dié is dit nodig dat die fundamentele waarheid en absolute betroubaarheid van die profetiese woord opnuut herbevestig word: Bybelse profesieë oor die eindtyd en die wederkoms van Christus sal tot in die fynste besonderhede nét so letterlik as dié tydens sy eerste koms vervul word. Dit skyn soos 'n lig op die Christen se pad in hierdie donker dae:
"En ons het die profetiese woord wat baie vas is, waarop julle tog moet ag gee soos op 'n lamp wat in 'n donker plek skyn" (2 Pet. 1:19)
Die volgende twaalf profetiese temas is sleutelaspekte van gebeurtenisse wat volgens die Bybel in die eindtyd sal plaasvind:
‘n Groot deel van die Bybel word aan gebeurtenisse in die volk Israel gewy. Drie van die belangrike Bybelse temas in hierdie volk se bestaan is hulle roeping, hulle internasionale verstrooiing en hulle eindtydse herstel.
Die volk se roeping deur die Here en die beloftes van hulle vestiging in die Beloofde Land dateer terug na die tyd van Abraham, Isak en Jakob (Gen. 13:14-5; 28: 13). Hierdie beloftes is eers vervul nadat die volk Israel uit Egipte bevry is en deur die woestyn na die land getrek het wat die Here met ‘n eed aan hulle beloof het.
Hier het hulle dikwels van die weë van die Here afgewyk, die profete verwerp en vervolg, en uiteindelik ook die Seun van God verwerp en laat kruisig. Dit het tot Israel se internasionale verstrooiing gelei (Matt. 23: 34-39; Luk. 19:41-44). Gedurende hierdie tyd sou Israel as ballinge na alle nasies verstrooi raak en Jerusalem sou deur die nasies vertrap word totdat die tye van die nasies vervul is (Luk. 21:20-24).
Hierdie toestand, gekenmerk deur die verstrooiing van Israel en die vertrapping van Jerusalem deur die heidene, sou nie onbepaald voortduur nie, maar “totdat die tye van die nasies vervul is” (Luk. 21:24). Wanneer die tye van die nasies vervul is, dit is die tyd van wêreldevangelisasie wanneer die heidene in die koninkryk van God kan inkom, sal die volk Israel én die stad Jerusalem weer herstel word (Rom. 11:25-26). Die Here het dus nie as gevolg van Israel se ongehoorsaamheid sy verbond met hulle verbreek nie. Hy sál hulle in hul land herstel en die beloftes wat aan hulle voorvaders gemaak is, in volle vervulling laat gaan (Lev. 26:44-45; Rom. 11:1-2).
Net so letterlik as wat Israel uit die Egiptiese slawerny verlos en in hulle land gevestig is, en net so letterlik as wat hulle na alle uithoeke van die aarde verstrooi is nadat Jerusalem in die jaar 70 n.C. deur die Romeine verwoes is, word hulle nou weer ten aanskoue van die hele wêreld uit die nasies versamel en in hulle land gevestig – alles ooreenkomstig letterlike beloftes in die Bybel. Jeremia sê: “Hy wat Israel verstrooi het, sal hom vergader en hom bewaak soos ‘n herder sy kudde” (Jer. 31:10). Dit is dus die Here self wat die volk herstel:
"So spreek die Here Here: Kyk, Ek gaan die kinders van Israel haal tussen die nasies uit waarheen hulle getrek het, en Ek sal hulle van alle kante bymekaar laat kom en hulle bring in hul land" (Eseg. 37:21).
Die feit dat Bybelse Jerusalem (die Ou Stad) sedert die Sesdaagse Oorlog in Junie 1967 weer in Joodse hande is en in Augustus 1980 tot Israel se ewige en onverdeelbare hoofstad verklaar is, is onweerlegbare bewyse daarvan dat ons baie naby aan die einde van die tye van die nasies is. Weldra sal die kerkdispensasie verby wees en die Here sy wedergebore kinders kom haal om hulle hemelse woning te betrek (Joh. 14:2-3).
Indien u die profesieë oor die herstel van Jerusalem en Joodse volk vergeestelik, dan glo u effektief nie wat die Here self oor hierdie volk se toekoms gesê het nie, en u ontneem uself ook van die belangrikste en mees eksakte teken van die eindtyd.
Omdat die herstel van Israel ‘n daad van God is, en hulle fisiese herstel net ‘n voorbereiding vir hulle geestelike herstel is (Eseg. 36:24-28), is dit te begrype dat Satan alle pogings sal aanwend om die herstelproses te ontwrig, die volk geestelik te verblind en hulle militêr deur hulle vyande te probeer vernietig. In die Ou Testament was daar dikwels sulke sameswerings teen Israel wat duidelik van sataniese aanhitsing getuig (Ps. 83:2-9).
Die groot oorloë waarin Israel in 1948, 1956, 1967, 1973 en 1982 teen sy Arabiese bure gewikkel was, asook die Palestyne en Hamas-terroriste se moorde en sabotasieveldtog die afgelope twee dekades, is besig om die toneel voor te berei vir die groot oorlog van Eségiël 38 en 39 – Die Russies-Arabiese inval in Israel.
Hierdie oorlog sal na verwagting tot die aanbreek van die sewe jaar lange verdrukking onder die bewind van die Antichris lei, en dispensasioneel dus geweldig belangrike implikasies hê. Die oorlogswolke wat so dikwels in die Midde-Ooste saampak, moet altyd met groot erns bejeën word omdat groot oorloë met dramatiese gevolge vir die hele wêreld hier gevoer gaan voer. Die Russies-Arabiese inval sal, soos die latere slag van Armagéddon, ‘n letterlike oorlog met ‘n skrikwekkende dodetol wees. Profesieë hieroor moet nie simbolies verklaar word nie. Die Midde-Oosterse konflik is baie werklik!
Die formele einde van die kerkbedeling op aarde sal met die opstanding van die regverdiges en hulle wegvoering na die hemel aanbreek (1 Thess. 4:16-17). Net die regverdiges sal uit hulle grafte opstaan, omdat die goddeloses eers ‘n duisend jaar later, ná die vrederyk, opgewek sal word om hulle oordeel na die poel van vuur te ontvang (Op. 20: 5, 11-15).
Die wegraping sal baie skielik en onverwags plaasvind – in ‘n oomblik, in ‘n oogwink (1 Kor. 15:51-52). Wanneer die hemelse bruidegom soos ‘n dief in die nag verskyn om sy bruidsgemeente na hemelse plekke weg te voer, sal al die ongereddes, vormgodsdienstiges en teruggevallenes agterbly (Matt. 25:1-13).
"In daardie nag sal daar twee op een bed wees; die een sal aangeneem en die ander verlaat word…" (Luk. 17:34).
Groot veranderinge sal hierna op die aarde plaasvind omdat die ware kerk, as die tempel van die Heilige Gees, ‘n teëhouende rol teen die openbaring van die Antichris gespeel het (2 Thess. 2:6-10). Met hulle skielike wegname sal daar geen geestelike weerstand teen die sigbare openbaring en magsoorname van die Antichris wees nie.
Die veranderinge wat kort ná die wegraping sal intree, sal deur alle mense op aarde verwelkom word. ‘n Valse vredevors met wêreldhervormende vermoëns sal op die toneel verskyn. Hy en sy mederegeerder, die valse profeet, sal verbysterende wonderwerke kan doen (Op. 13: 2, 11-14) en selfs oorloë beëindig of afweer.
Die Antichris sal die internasionale gemeenskap deur bedrieglike diplomasie tot ‘n eenheid onder sy leierskap saambind. Ná al die eeue van konflik, oorloë, haat en bloedvergieting sal dit werklik lyk of vrede en eenheid op aarde uiteindelik aangebreek het. Dit sal egter ‘n valse, antichristelike vrede wees wat ‘n voorspel tot die grootste verdrukking van alle tye sal wees:
"Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid – dan oorval ‘n skielike verderf hulle soos die barensnood ‘n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie" (1 Thess. 5:3).
Die sewe jaar lange verdrukking, wanneer die Antichris en die valse profeet oor die aarde sal regeer, sal ‘n letterlike tydperk wees wat in dae, maande én jare afgetel sal kan word. Dit is dus nie ‘n simboliese of allegoriese aanduiding van tyd nie.
Volgens Daniël 9:24-27 is daar ná die Babiloniese ballingskap sewentig jaarweke (70 X 7 jaar) van heilsgeskiedenisoor die volk Israel bepaal. Hierdie tydperk het begin met die opdrag om Jerusalem te herbou, en dit eindig met die nasionale bekering van Israel wanneer “ewige geregtigheid” vir dié volk sal aanbreek.
‘n Jaarweek is sewe jaar lank (Lev. 25:8). Sewentig jaarweke is dus 490 jaar. Daniël 9 se 490 profetiese jare van 360 dae elk het in 445 v.C. begin toe koning Artasásta opdrag vir die herbouing van Jerusalem gegee het (Neh. 2:1-8). Met die kruisiging van die Gesalfde (Christus) het presies 69 jaarweke verstryk (Dan. 9:25-26).
Op hierdie punt is die heilsgeskiedenis van Israel as volk onderbreek omdat hulle hul Messias, wat hulle die ewige geregtigheid van God kon binnelei, verwerp het. Dit het na hulle internasionale verstrooiing en ‘n lang tyd van sekulêre geskiedenis buite die heilsplan van God gelei. Dit het met die tye van die nasies saamgeval, want Jesus het sy dissipels met die evangelieboodskap na die ganse mensdom gestuur nadat Israel Hom verwerp het. Aan die einde van die tye van die nasies word Israel, hulle land én hulle stad Jerusalem weer herstel. Dan sal die 70ste jaarweek van heilsgeskiedenis verloop.
Daniël sê dat ‘n vors van ‘n volk wat sal kom (die Antichris, of valse Messias) vir een week lank (sewe jaar) met baie nasies ‘n sterk verbond sal sluit. In die middel van die week sal hy, wat Israel betref, die offerdiens in die herboude tempel verbied en homself in die tempel tot God verklaar (Dan. 9:27, 11:36; 2 Thess. 2:4).
Die sewe jaar lange verdrukking is dus duidelik in twee helftes van 3½ jaar elk verdeel. In die eerste 3½ jaar (42 maande of 1260 dae) sal daar ‘n valse vrede op aarde heers, en Israel sal dink dat die valse Messias die ware Messias is. Hulle sal dus saam met die ander nasies ook ‘n verbond met hom sluit (Joh. 5:43). Gedurende hierdie eerste 1260 dae sal twee spesiale getuies van die Here die volk teen hulle verbond met die valse Messias waarsku (Op. 11:3).
In die tweede helfte van die verdrukking, wat as die groot verdrukking beskryf word (Matt. 24:21), sal die Antichris ‘n militêre diktator en politieke alleenheerser in die wêreld wees (Op. 13:4-7). Israel sal hulle verbond met hom verbreek wanneer hy homself in die tempel tot God verklaar, en dan vir hulle lewe na die woestyn moet vlug (Matt. 24:15-21; Dan. 12:1, 11).
Wanneer die ware Messias aan die einde van die 70ste jaarweek tydens sy wederkoms sy voete op die Olyfberg sit, sal die hele oorblyfsel van Israel met Hom versoen word (Sag. 14:4-5; 12:10-14; 13:1, 9). Op daardie dag sal die 70 jaarweke van Israel se heilsgeskiedenis ná die Babiloniese ballingskap afgehandel wees, en ewige geregtigheid onder alle lede van die volk heers (Jer. 31: 34; 32:37-42; Sag. 8:23).
Aan die begin van die sewe jaar lange verdrukking sal daar ‘n alliansie van valse wêreldgodsdienste wees wat ten nouste met die Antichris sal saamwerk (Op. 17:1-6). Talle ongeredde lede van misleide, vormgodsdienstige ‘Christelike’ kerke sal ‘n deel van hierdie duistere komplot uitmaak en die Antichris voluit dien!
Die wêreldwye intergeloofsekumene wat die afgelope dekade so sterk na vore getree het, is die finale voorloper vir dié afvallige moederorganisasie. Drie van hierdie organisasies wat baie prominent is, is die multigodsdienstige Wêreldkonferensie vir Godsdiens en Vrede, die Parlement vir Wêreldgodsdienste, en die mees onlangse een, die Verenigde Godsdienste Organisasie.
Mense wat nou nog Bybelse profesieë oor ‘n alliansie van valse godsdienste wat die bruid van die Antichris sal wees, simbolies opneem, is totaal uit voeling met die Bybel en ook met die praktyk.
Die Here het Jerusalem uitverkies as die plek waar Hy Homself sou openbaar, waar Hy in die tempel aanbid sou word, waar Christus die prys vir ons sondes sou betaal, waar die Heilige Gees uitgestort sou word, waarheen Jesus Christus met sy wederkoms sal terugkeer, en van waar Christus in die vrederyk die wêreld sal regeer (1 Kon. 11:36; Jes. 2:2-4; Jer. 3:17; Sag. 14:4, 9).
Die Antichris, as die nabootser van Christus, wil baie graag in Jerusalem aanbid word en ook van dié stad af die wêreld regeer. Een van die metodes wat hy sal gebruik om in die plek van Jesus as Messias aanvaar te word, is om homself vir die ortodokse Jode aanvaarbaar te maak en deur hulle as die beloofde Messias aanvaar en vereer te word (Joh. 5:43).
Die Satan besef dat die ortodokse Jode baie graag die tempel in Jerusalem wil herbou, en gaan aan hulle deur die Antichris die lank verwagte toestemming gee om dit te doen. Hierdie stap sal ‘n deel van die Antichris se Messiaanse ooreenkoms met hulle wees: húlle aanvaar hom as die Messias, en hý waarborg hulle nasionale belange en gee aan hulle die reg om die tempel teenoor die Oospoort op die tempelberg te bou.
Met die bou van die derde tempel (die eerste was die tempel van Sálomo en die tweede die tempel van Heródes) sal die Antichris twee duidelike doelwitte hê. Die eerste daarvan is die bevestiging van Israel se voortgesette verwerping van Jesus as die Messias. Deur die bou van die tempel en die herinstelling van die offerdiens sal hulle opnuut en formeel die offer van Jesus as die Lam van God vir hulle sonde verwerp. Die tweede doel van die Antichris is dat hy binne-in die tempel as God aanbid wil word (2 Thess. 2:4). Dié godsdienstige verraad gaan ín die herboude tempel gepleeg word!
Die stad Babilon, wat die afgelope byna 20 jaar op die walle van die Eufraatrivier in die huidige Irak herbou word, is al verskeie kere in die geskiedenis verwoes. God se oordele word teen dié stad uitgespreek omdat dit die oorsprong van die valse godsdienste in die wêreld is.
Die stad is die eerste keer deur Nimrod gebou as die vesting van ‘n wêreldkoninkryk en ‘n wêreldgodsdiens wat in regstreekse opposisie teen die koninkryk van God is. Die bekende toring van Babel was ‘n uitdrukking van die rebellie, selfverheffing en selfvergoddeliking van die mens. As sodanig is die stad op ‘n besondere wyse in diens van die koninkryk van Satan, van waar die hele wêreld met sy bose leerstellings binnegedring is.
God se oordele het sedert die begin van Babilon oor hierdie stad gerus, en is dikwels voltrek. Satan se rebellie teen die koninkryk van God is egter nooit in die geskiedenis gestaak nie, daarom is hierdie stad telkens weer as ‘n simbool van sy koninkryk se mag en invloed herbou. Dit is teen hierdie agtergrond duidelik waarom die valse wêreldgodsdiens van die eindtyd in Openbaring 17 “Verborge Babilon” genoem word, terwyl die verwoesting van die herboude stad Babilon as die groot politieke, ekonomiese en godsdienstige vesting van Satan se koninkryk, in Openbaring 18 beskryf word.
Die profesieë oor die finale verwoesting van Babilon kom in die Ou én Nuwe Testamente voor. Dit sal só absoluut wees dat die stad daarna nooit weer herbou sal word nie (Jes. 13:19-22; Jer. 51:24-26, 61-64; Op. 16:18-21; Op. 18:1-24). Nog nooit in die geskiedenis is Babilon in een uur met vuur vernietig nie, en dit was ook nog nooit permanent onbewoond en verlate nie.
Dit alles dui onteenseglik daarop dat Babilon se finale verwoesting nog toekomstig is. Nog een keer in die geskiedenis gaan hierdie stad ‘n belangrike rol in die aktiwiteite van Satan se koninkryk speel. Tydens die eerste 3½ jaar van die verdrukking sal die stad tot ‘n handels- en vermaaklikheidsentrum sonder weerga opgebou word. Ook sal dit die hoofkwartier van die ontugtige vrou van Openbaring 17 wees, wat die moeder van al die valse godsdienste is. Sagaria 5:11 bevestig die feit dat hierdie vrou in die land Sínear (antieke Babilonië, m.a.w. moderne Irak) haar laaste tuiste sal vind.
Babilon is reeds weer gedeeltelik herbou. In September 1987 is die eerste deel van die herboude stad feestelik ingewy. Dit is duidelik dat die geskiedenis homself hier gaan herhaal. Babilon gaan onder die bewind van die Antichris weer die hoofsetel van sataniese wêreldryk en ‘n alliansie van valse godsdienste word. Wanneer die ware Christus met sy wederkoms die Antichris en sy hordes oordeel, sal die dier se koninkryk en hoofstad ook deur totale verwoesting in die gesig gestaar word (Op. 16:18-19; en 19:19-21).
Hierdie profesieë moet letterlik opgeneem word, soos wat dit in die Bybel bedoel en beskryf word. Babilon was ‘n letterlike stad wat eeue lank die wêreldgeskiedenis oorheers het. Babilon is nie Rome, New York of enige ander stad nie. Dit is ook nie ‘n abstrakte begrip nie. Verborge Babilon van Openbaring 17 is ‘n verwysing na die valse godsdienste wat van Babilon af na die nasies van die wêreld uitgegaan en hulleself in die heidense geloofsvorms verberg het. In die eindtyd sal die valse gelowe ekumeniese bande smee en hulleself in een moederorganisasie organiseer. Hulle sal op die dier (die Antichris) se rug ry en hartlik met hom saamwerk.
Hierdie slag verwys na die groot wêreldoorlog wat tydens die wederkoms van Christus in die Midde-Ooste sal woed. Onder demoniese beïnvloeding sal die nasies van die wêreld in Israel saamtrek (Op. 16: 13-14, 16). Die Antichris sal weet dat die ware Christus sewe jaar ná die begin van die antichristelike nuwe wêreldorde sal terugkeer om sy duisendjarige ryk op aarde te vestig, met Jerusalem as hoofstad. Dit sal die einde van die Antichris se ryk wees, daarom sal hy alle moontlike duiwelse magte inspan om die nasies van die aarde in Israel te mobiliseer vir ‘n oorlog teen Christus en sy leër (Op. 19:19).
Die Antichris sal in die slag van Armagéddon ook die oorblyfsel van Israel probeer uitwis omdat hulle almal op die dag van die ware Messias se wederkoms geestelik sal ontwaak en ‘n groot rol in die komende Messiasryk sal speel.
Profesieë oor die wederkoms van Christus moet ook letterlik opgeneem word. Net ná die hemelvaart van Jesus het engele aan die dissipels gesê: “Hierdie Jesus wat van van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het” (Hand. 1:11). Hy het sigbaar van die Olyfberg af na die hemel opgevaar, en sal met sy wederkoms sigbaar uit die hemel na die Olyfberg terugkeer (Sag. 14:4-5). Dan sal elke oog Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het, m.a.w. die Joodse volk (Op. 1:7). Israel moet dus terug wees in hulle land wanneer Jesus aan die einde van Daniël se sewentigste jaarweek sal terugkeer aarde toe.
Die sigbare koms van Jesus, wanneer elke oog Hom sal sien, moet nie verwar word met die wegraping wat sewe jaar vroeër plaasvind nie. Tydens die wegraping kom Hy soos ‘n dief in die nag, en nét sy bruidsgemeente sal Hom aanskou. By dié geleentheid kom Hy ook nie tot op die aarde nie, want die ware gelowiges sal “in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug” (1 Thess. 4:17).
Ná sy wederkoms sal die Here Jesus die troon van Dawid herstel en die wêreld daarvandaan regeer (Hand. 15:16-17). Die troon van Dawid was nie in die hemel nie, maar in Jerusalem. Reeds voor sy geboorte het ‘n engel uit die hemel aangekondig dat Jesus op die troon van Dawid sal regeer (Luk. 1:32). Dit het nog nie gebeur nie, maar dit sal ná sy wederkoms leterlik in vervulling gaan. Nét so letterlik as wat Israel na hul land teruggebring word in die laaste dae, en ook weer beheer oor die stad Jerusalem gekry het, sal die ware Messias in geregtigheid as die Koning van die Jode op die troon van Dawid regeer! Al die nasies sal met ‘n ysterstaf regeer word (Ps. 2:9; Op. 2:27). Só ‘n regering kan nét op aarde wees.
Hierdie is eweneens ‘n letterlike begrip. Wanneer die gebeure rondom die wederkoms van Christus in Openbaring 19 en 20 gelees word, is die volgende verwante sake baie duidelik:
· Aan die einde van die groot verdrukking kom Jesus Christus terug aarde toe, vergesel van ‘n hemelse leër, om Homself as Koning aan die wêreld te openbaar, oor sy vyande wraak uit te oefen en die heerskappy van die Antichris te beëindig.
· Heel eerste sal die Antichris en die valse profeet gevang en lewendig in die poel van vuur gegooi word. Die oordele van die Here sal ook hulle leërs tref wat in Israel ontplooi sal wees (Op. 19:20-21).
· Hierna sal die duiwel gevang, gebind en in ‘n put toegesluit word waar hy ‘n duisend jaar moet bly. Dit sal bo hom verseël word sodat hy nie gedurende die duisend jaar die nasies kan verlei nie (Op. 20:1-3). Tans verlei hy wél die nasies en loop soos ‘n brullende leeu rond om te kyk wie hy kan verslind.
· Direk hierna neem die duisendjarige vrederyk ‘n aanvang, waarin die verheerlikte heiliges wat deel aan die eerste opstanding gehad het, saam met Christus sal regeer (Op. 20:4-6). Sigbare vrede sal op aarde heers, omdat die verleier van die nasies gebind sal wees. Oorloë en revolusies sal onbekend wees, en geen land sal ‘n weermag nodig hê nie (Jes. 2:2-4).
· Aan die einde van die vrederyk sal die duiwel ‘n kort tydjie ontbind word, dan sal daar onmiddellik weer aanhitsing vir ‘n groot oorlog plaasvind. Wanneer God ingryp om die rebelle te verdelg, sal die eindoordeel aanbreek. Dan sal al die sondaars van alle eeue tot die hel verdoem word (Op. 20:7-15).
Nie net die letterlike vervulling van profesieë tydens die eerste koms van Jesus nie, maar ook die huidige, letterlike herstel van Israel na hulle eie land ná byna 2000 jaar van internasionale ballingskap, is vaste bewyse van die letterlike vervulling van eindtydse profesieë.
Page 8 of 11