fbpx
Articles
Articles | Tips & Help for the Daily Christian Life |

Grow in Christ

Die Omgooi van Christelike Fondamente

Prof. Johan Malan, Middelburg, RSA (April 2009)

In die laaste dae, net voordat die Here sy oordele oor die goddeloses uitstort, sal daar ‘n tyd van grootskaalse rebellie teen God en sy koninkryk op aarde aanbreek. Regerings sal almal mislei word om hulle vir ‘n humanistiese en antichristelike nuwe wêreldorde te beywer. Die Bybel waarsku ons teen hierdie tyd:

“Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die Here en teen sy Gesalfde en sê: Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp! Hy wat in die hemel woon, lag; die Here spot met hulle. Dan sal Hy hulle aanspreek in sy toorn, en in sy grimmigheid sal Hy hulle verskrik: Ek tog het my Koning gesalf oor Sion, my heilige berg. Ek wil vertel van die besluit: Die Here het aan My gesê: U is my Seun, vandag het Ek self U gegenereer. Eis van My, en Ek wil nasies gee as u erfdeel en die eindes van die aarde as u besitting. U sal hulle verpletter met ‘n ysterstaf, U sal hulle stukkend slaan soos ‘n erdepot. Wees dan nou verstandig, o konings; laat julle waarsku, o regters van die aarde! Dien die Here met vrees, en juig met bewing. Kus die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die weg vergaan nie; want gou kan sy toorn ontvlam. Welgeluksalig is almal wat by Hom skuil!” (Ps. 2:2-12).

Die internasionale gemeenskap sal kragte saamspan om die fondamente van die Christelike beskawing heeltemal omver te werp omdat dit in die pad van hulle postmoderne hervormings sal staan. Die godvresende koning Dawid noem die gevolge van hierdie nietige sameswering: “As die fondamente omgegooi word, wat kan die regverdige doen? ... Die Here toets die regverdige, maar sy siel haat die goddelose en die wat geweld liefhet. Hy sal op die goddelose [vurige kole] en swawel laat reën; en ‘n gloeiende wind sal die deel van hulle beker wees” (Ps. 11:3,5,6).

Hierdie wêreldwye rebellie teen die Christelike beskawing het reeds begin. Die Here gebruik dit ook as ‘n tyd van toetsing vir die regverdiges om te sien of hulle standvastig sal bly of nie. Dit is uit huidige wêreldgebeure duidelik dat die volgende sewe fondamente van die Christendom toenemend aangeval en omgekeer word:

1. Geloof in die Drie-enige God van die Bybel. Hy het Homself as een God, naamlik Jahweh, geopenbaar, maar ook in ‘n meervoudige hoedanigheid as Elohim, daarom kon Hy sê: “Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis” (Gen. 1:26). God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees is drie persone wat saam die enige God van die Bybel is. Sonder die erkenning van hierdie basiese feit is daar geen ware godsdiens moontlik nie – buite Hom is daar net die selfmisleidende aanbidding van valse gode. Omdat die ware God die Skepper van die hemel en die aarde is, asook van alle lewe, is Hy die finale gesagspersoon in die heelal. Mense wat Hom verwerp, verwerp sy oppergesag, sy reddende genade én sy oordele. Daardeur sê hulle dat hulle vry wil wees om te lewe nét soos hulle wil en om ook, soos die Israeliete ná hulle uittog uit Egipte, voor ‘n god neer te buig wat hulle self gemaak het. Ons sal nou kyk watter ander fondamente in die samelewing ook val wanneer geloof in die Drie-enige God laat vaar word.

2. Die Woord van God word aktief deur die gevalle mensdom verwerp. Van die begin af het die mens wat deur Satan verduister is in sy gemoed, die woorde en opdragte van die ware God verwerp. Hierdie rebellie het in die Tuin van Eden al begin. God het vir die mens gesê: “Van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe” (Gen. 2:17). Die duiwel het egter die woord van God verwerp en vir Eva gesê: “Julle sal gewis nie sterwe nie, maar... julle oë sal oopgaan sodat julle soos God sal wees” (Gen. 3:4-5), m.a.w. julle sal onsterflik en alwetend wees as julle nie na die onredelike eise van God se Woord luister nie. Die demonies-geïnspireerde verwerping van God se Woord is nou, sesduisend jaar later, erger as ooit tevore aan die gang. ‘n Vuur van verset teen die Bybel as die geïnspireerde en foutlose Woord van God is aan die brand gesteek en hierdie vuur woed al tot in die kerke, kweekskole en lesingsale van die meeste Protestantse denominasies. Daar word nou algemeen geredeneer dat die Bybel uit ‘n versameling mitologiese volksverhale bestaan wat nie ernstig en letterlik opgeneem moet word nie. Die Bybel word ook as primitief en tydgebonde afgemaak, en dus nie van toepassing op die moderne mens wat deur middel van die wetenskap al baie nuwe dinge ontdek het nie. Daar word hoogstens ‘n klompie sedelesse uit die Bybel afgelei. Verder word alles vergeestelik, veral ook profesieë oor die eindtyd. As gevolg hiervan weet die moderne mens glad nie meer waar hy in die raadsplan van God staan nie, en steur homself ook nie aan hierdie goddelike openbarings nie. Wat hom betref, kom daar nie ‘n tyd van verdrukking en oordele nie, maar ‘n nuwe wêreldorde van vrede en eenheid onder alle nasies.

3. Geloof in die Here Jesus Christus word tans as die belangrikste teiken in die rebellie teen die Drie-enige God uitgesonder, veral ook in tradisioneel Christelike kerke. Dit word ontken dat Hy sy hemelse Vader op aarde kom openbaar het, so ook se Paulus se stelling: “want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik” (Kol. 2:9). Sy maagdelike geboorte, messiasskap, godheid, soendood, opstanding uit die dood en hemelvaart word nie meer net bevraagteken nie, maar openlik in baie kerke en kweekskole verwerp. Hierdie beweging het al soveel momentum verkry dat dit tot ‘n nuwe hervorming aanleiding gegee het, wat eintlik ‘n deformasie weg van Christelike beginsels af is. Een van die gesiene teoloë van die Universiteit van Pretoria sê in ‘n sy boek, Fatherless in Galilee, dat Jesus ‘n buite-egtelike kind, sy moeder ‘n prostituut en sy vader waarskynlik ‘n Romeinse soldaat was. Dit word as rede aangevoer waarom Hy oor ‘n hemelse Vader gefantaseer het. ‘n Teoloog van die Universiteit van Stellenbosch het gesê dat sy nie meer in die godheid en opstanding van Jesus glo nadat sy hierdie boek gelees het nie. Die ontkenning van Jesus se opstanding word deur verskeie van die plaaslike teoloë ondersteun. Die meeste van hulle ontken ook die bestaan van die duiwel en die hel. Nog ‘n bekende Pretoriase teoloog het baie onlangs ‘n boek oor die lewe van ‘n Galilese Sjamaan gepubliseer. Hierin word Jesus as ‘n tradisionele toordokter of waarsêer voorgestel wat genesings gedoen het en ook ‘n bemiddelaar van goddelike kennis was. Daar was glo baie sulke sjamane in Israel en onder hulle buurvolke. ‘n Besoekende teoloog van die Jesus Seminaar in die VSA, John Dominic Crossan, het in Pretoria gesê dat die kruisiging van Jesus ‘n transendentale daad van kindermishandeling was, en dat ons só ‘n wrede God moet verwerp wat dit aan sy seun gedoen het. Hy het ook gesê dat Jesus nie begrawe is nie en dat sy lyk deur honde gevreet is. Crossan is ná sy lesing lof toegeswaai en sy standpunte is deur verskeie plaaslike teoloë verkondig as deel van ‘n nuwe hervorming in die teologie. ‘n Professor van die Universiteit van Johannesburg sluit hierby aan en sê dat hy nie kan sien hoedat ‘n gewelddadige daad soos die kruisiging enigsins met die verlossing van die mensdom in verband gebring kan word nie. Só word die grondbeginsels van die Christelike teologie met minagting verwerp. Die Bybelse Jesus word deur die moderne teoloë die kultiese Jesus genoem omdat die Christendom volgens hulle in ‘n kultus ontwikkel het as gevolg van verkeerde aannames oor Jesus. Die ander Jesus wat deur hulle verkondig word, word die historiese Jesus genoem (vgl. 2 Kor. 11:2-4). Hy word as ‘n blote mens en hoogstens ‘n profeet beskou, en dus glad nie op ‘n hoër vlak as Mohammed, Krishna of Boeddha gestel nie.

4. Christelike moraliteit word eweneens deur groot dele van die moderne Christendom verwerp. Wanneer die Bybel nie meer as absoluut geldig en toepaslik beskou word nie, is dit vanselfsprekend dat Bybelse konsepte van reg en verkeerd ook bevraagteken en verwerp sal word. Een van die mees skreiende voorbeelde van die huidige neiging tot immoraliteit is moderne beskouings oor seksuele losbandigheid en homoseksualiteit. In 1 Timotheus 1:10 sê Paulus dat buite-egtelike verhoudings en sodomie in stryd met die gesonde leer van die Bybel is. In Romeine 1:26-28 sê hy van hierdie perverse mense: “Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is; en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe... En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgegee aan ‘n slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie.” Die moderne mensdom staan saam met die meeste van sy kerke voor die poorte van Sodom en klop om in te kom en deel van hierdie dekadente gemeenskap te word. Hulle skaar hulleself gewillig by diegene wat weens hulle sonde en immorele lewenswyse onder God se oordele is.

5. ‘n Christelike samelewingsorde word ook as té beperkend en voorskriftelik beskou, en dus verwerp. Wanneer ‘n land volgens Bybelse standaarde funksioneer, dan moet dit ‘n Christelike grondwet hê waarin die oppergesag van die Drie-enige God erken word, asook staatsinstellings wat aan Christelike standaarde voldoen, soos selfbeskikkingsreg vir volke, Christelike onderwys, ‘n Bybelse regstelsel met gepaste strawwe vir misdadigers, insluitend die doodstraf vir moordenaars en verkragters, ‘n duidelike beleid teen drank- en dwelmverslawing, asook streng ekonomiese beheer teen korrupsie, omkopery, woekerwinste, hebsug en selfverryking. Die moderne mens wil egter al hierdie sondes doen en verwerp streng Christelike beheer oor sy doen en late. Noudat die wêreldekonomie as gevolg van die materialistiese mensdom se hebsug en swak bestuur in ‘n resessie is, raak hulle desperaat en benoud. Hulle beweeg egter nie in die regte rigting van hoër produktiwiteit, laer besteding en verhoogde besparing nie, maar verlaag rentekoerse om verdere besteding aan te moedig.

6. Die Kerkhervorming van die 16de eeu word bevraagteken en verwerp. Protestantisme het uit protes teen die teologiese dwalings en korrupte praktyke van die Vatikaan ontstaan. Dit het na Christelike hervormings in baie lande van die wêreld gelei. Dit is juis hierdie hervormings wat nou in ‘n postmoderne transformasieproses ongedaan gemaak word. Om Protestants te wees, beteken om aan streng Christelike standaarde te voldoen. Die algemene verwerping hiervan het die inwoners van die Westerse wêreld uit die Christelike beskawing na die onseker toestande van post-Christelike samelewings weggevoer. Hierdie samelewings is só vry en ongebonde dat hulle alle gelowe, ideologieë en lewenswyses erken, solank dit nie die regte van ander mense aantas nie. Alle kerke én selfs ook alle gelowe kan nou hande vat en saam aan ‘n moderne toring van Babel bou. Daar word in ons tyd slegs teen duidelike Christelike beginsels geprotesteer – nie meer teen die ondermyning daarvan deur afvallige kerke nie. Die hele proses is dus omgekeer, en sodoende word die pad terug na ‘n moderne heidendom betree. Die sg. Nuwe Hervorming word gebruik om die Hervorming van die 16de eeu ongedaan te maak.

7. Israel word as God se volk verwerp en hulle Bybelse aanspraak op in die land Israel toenemend ontken. Daar word nie aan die Bybelse beloftes waarde geheg dat Israel in die laaste dae in die land herstel sal word wat die Here met ‘n eed aan hulle vaders beloof het nie (vgl. Gen. 13:14-15; Eseg. 11:17; 36:22-28). Hulle word eerder as ‘n sekulêre volk beskou wat inbreuk op die regte van die Palestyne maak. Die verwerping van God en sy Woord lei onvermydelik ook na die verwerping en minagting van die uitverkore volk deur wie die Woord van die Here na al die nasies van die wêreld gekom het (Rom. 3:1-3; 11:11-12). Israel se beloofde geestelike herstel as ‘n volk word ook glad nie in ag geneem nie (vgl. Rom. 11:25-28; Eseg. 36:24-27). Saam met die verwerping van Israel gaan ook die verwerping van die evangeliese Christendom, omdat hulle sterk teen humanistiese hervormings gekant is. Die Here Jesus het sy dissipels hierteen gewaarsku: “Omdat julle nie van die wêreld is nie, haat die wêreld julle... In die wêreld sal julle verdrukking hê” (Joh. 15:19; 16:33). Hierdie vyandskap sal in die eindtyd groot afmetings aanneem, omdat ware Christene teen die propagering van die valse christus van alle gelowe gekant is.

‘n Nuwe bedeling

Wanneer die rebelse nasies van die wêreld vir God en sy Gesalfde verwerp en alle bande met hulle verbreek het, gaan hulle in die plek van die sewe fondamente wat hulle omgegooi het, sewe ander fondamente vir hulle antichristelike nuwe wêreldorde lê. Hierdeur sal hulle hul volkome vryheid vier en volle erkenning aan die godsdienstige vervalsings van die duiwel gee. Hierdie fondamente waarop baie mense alreeds hulle lewens bou, is die volgende:

1. Die universele God van alle gelowe word in die plek van die Drie-enige God erken en aanbid. Hy kan Jahweh, Allah, of Brahma genoem word, maar nie die Drie-enige God nie. Hy het nie ‘n seun nie – net ‘n groot aantal profete deur wie mense uit verskillende gelowe tot hom kan nader. Paulus noem hierdie universele god “die god van hierdie wêreld” wat in ongelowiges se harte werk om hulle vir die evangelie van Jesus Christus te verblind” (2 Kor. 4:4). Hy is ‘n misleier en nabootser van die ware God en verteenwoordig die koninkryk van die duisternis.

2. Die godsdienstige tradisies van alle volke word in die plek van die verwerpte Woord van God erken. Die ondersteuners van ‘n multigodsdienstige oriëntasie beweer algemeen dat die Christendom homself deur sy eng denke verarm het, en dit moet oorweeg om vir die belewing van ‘n dieper spiritualiteit gebruike by die Oosterse en Afrika-gelowe oor te neem. Christelike gebede behoort volgens hulle deur Oosterse meditasie vervang te word, wat ‘n mistiese eenwording met die panteïstiese god binne-in jou is. By Afrika-volke soos die Boesmans kan die vergoddeliking en aanbidding van die natuur en verskeie natuurgode aangeleer word.

3. Die kosmiese Jesus van alle gelowe is ook een van die valse fondamente wat aan die postmoderne mensdom gebied word. Hierdie Jesus is nie tot die Christendom beperk nie, aangesien hy ook ander titels het, soos Krishna vir die Hindoes, die Imam Mahdi vir die Moslems en Maitreya-Boeddha vir die Boeddhiste. Die universele of kosmiese Jesus van alle gelowe is totaal vreemd aan die Bybelse Jesus wat die enigste weg na die Vader is. Dit is ‘n valse Jesus wat oral bevorder word. Die Bybel noem hom die Antichris of dier en sê dat die hele wêreld deur hom mislei sal word: “En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan. En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesê: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer?” (Op. 13:3-4). Saam met die aanbidding van die Antichris sal ook die wêreldwye en verpligte aanbidding van Lucifer as die god van hierdie wêreld wees. Moet dus nie dink dat Satanisme aan die afneem is nie. Daar kom ‘n baie donker tyd in die 3½ jaar van die groot verdrukking wanneer die aanbidding van Satan en die Antichris die enigste amptelike godsdiens in die wêreld sal wees. Volgens Openbaring 13:15 sal almal gedood word wat weier om die beeld van die dier te aanbid. Die Antichris sal Satan se persoonlike verteenwoordiger op aarde wees, en Johannes beskryf sy magsbasis só: “Die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag” (Op. 13:2). Alle pogings word tans aangewend om die Bybelse beeld van Jesus só te dekonstrueer dat dit aan die beeld van Antichris gelykvormig kan word. In die proses laster hulle teen die ware Christus, net soos wat die Antichris ook godslasteringe teen die Drie-enige God sal uitspreek (Op. 13:5-6).

4. ‘n Humanistiese moraliteit word in die plek van ‘n Christelike moraliteit gestel. Feitlik onbeperkte vryhede word aan mense verleen om te doen net wat hulle wil, mits hulle nie ander se belange en regte aantas nie. Dit word as heeltemal aanvaarbaar beskou om te lieg, bedrog te pleeg, omkoopgeskenke aan te neem, dronkenskap en brassery te beoefen, buite-egtelike verhoudings aan te knoop en ook homoseksueel te wees. Ateïsme word ook aanvaar. Sulke mense sal almal ‘n groot aangetrokkenheid tot die Antichris hê, wat in 2 Thess. 2:3 as die seun van die verderf en die mens van sonde beskryf word. Daar is nou al verskeie lande wat só korrup en moreel vervalle is, dat hulle vir hulle leiers kies wat aan openlike en skaamtelose immoraliteit in die ergste graad skuldig is. Dit is ‘n aanduiding dat hulle self nét so sleg is, en beplan om onder dié leiers se bewind dieselfde dinge te doen. Die Antichris en sy goddelose lewenstyl sal hulle soos ‘n handskoen pas.

5. ‘n Humanistiese samelewingsorde is deesdae oral in die wêreld aan die orde van die dag, soos ook uit die grondwette van omtrent al die leidende nasies blyk. Hulle is met ‘n inklusiewe ideologie vir wêreldvrede en -eenheid besig, waarin daar vir alle gelowe en denkrigtings voorsiening gemaak word, mits mense nie terrorisme en geweld teen ander aanblaas nie. Daar word beslis nie ‘n Christelike nie, maar ‘n humanistiese vrede nagestreef. By die inhuldiging van Barack Obama as president van die VSA, het Rick Warren in sy gebed gesê: “We stand here united not in the name of religion but in the name of peace.” Hy het baie duidelik bedoel dat alle gelowe in Amerika met die oog op vrede moet saamwerk. Die Here Jesus het egter aan sy dissipels gesê: “My vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie” (Joh. 14:27). Die wêreld het sy eie, antichristelike manier om vrede en eenheid onder mense van verskillende geloofsoortuigings te skep. Dit is hoogs onvanpas as ‘n Christelike leier hierdie soort vrede bevorder.

6. Ekumeniese denke word as ‘n plaasvervanger vir Protestantse denke gesien en bevorder. Christelike ekumene is op die saamgroepering en uiteindelike vereniging van Protestantisme, Rooms-Katolisisme en al die onafhanklike Christelike kerke ingestel. Dit is egter net ‘n interim doelwit onderweg na multigodsdienstige ekumene. Die einddoel van die ekumeniese beweging is om alle gelowe in ‘n alliansie met mekaar te verenig. Hierdie alliansie word in Openbaring 17:5 die moeder van die hoere genoem, wat op die dier se rug ry. Hierdie vrou sal die Antichris se bruid wees, net soos wat die ware kerk die bruid van Christus is. Die valse gelowe moet maar in Openbaring 17:16 lees hoe kort en ongelukkig hulle huwelik met die Antichris gaan wees, en hoedat hy hulle summier sal laat teregstel indien hulle sou weier om hom as God te aanbid.

7. Israel sal nie lank in die antichristelike nuwe wêreldorde figureer nie, want die Antichris sal ‘n Joodse volksmoord gelas wanneer Israel hulle verbond met hom verbreek. Dit sal in die middel van die verdrukking gebeur, wanneer die valse messias homself in die herboude tempel in Jerusalem tot God sal verklaar (2 Thess. 2:4). Die Here Jesus het gesê: “Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die heiligdom... dan moet die wat in Judéa is, na die berge vlug... Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie” (Matt. 24:15-21). Dieselfde lot sal ook alle ware Christene tref wat eers in die tyd van die verdrukking tot bekering sal kom. Die Here Jesus sal vir die heel eerste martelare wat in die hemel aankom, sê “dat hulle nog ‘n klein tydjie moet rus totdat hulle medediensknegte en hulle broeders wat nog gedood sal word soos hulle, voltallig is” (Op. 6:10-11).

Die valse, antichristelike nuwe wêreldorde sal tot onmiddellike ondergang gedoem wees wanneer die Here Jesus ná die sewe jaar van verdrukking terugkeer aarde toe om sy vrederyk hier te vestig. Johannes sê: “En ek het die dier [die Antichris] en die konings van die aarde en hulle leërs versameld gesien, om oorlog te voer teen Hom wat op die perd sit [Christus], en teen sy leër. En die dier is gevange geneem, en saam met hom die valse profeet wat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy húlle verlei het wat die merk van die dier ontvang en sy beeld aanbid het. Lewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat met swawel brand. En die ander is gedood met die swaard wat uit die mond gaan van Hom wat op die perd sit” (Op. 19:19-21).

Dit is net die koninkryk van God wat ‘n langtermyn, ewige toekoms het. Selfs al is die Christelike geloof nou aan intensiewe aanvalle van die duiwel en groot druk vir antichristelike hervormings blootgestel, weet ons dat dit oor en oor die moeite werd is om by die Here en sy Woord te staan en geen kompromie te maak nie. Wanneer die toorn van die Lam ontvlam, sal die goddeloses soos stoppels in die vuur verbrand. Die Here sal vuur, brandende swawel en ‘n gloeiende wind oor hulle beskik. As ons egter waak en bid, sal ons waardig wees om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan (Luk. 21:36). Die Here Jesus het ewige heerlikheid aan sy getroue dissipels belowe, terwyl die poel van vuur op die Antichris en sy meelopers wag.

www.bibleguidance.co.za

Featured Articles

Monday, July 10, 2023 False Teachers & Doctrine 3839
From Speaking in Tongues to Speaking Truth: Why I Left the Charismatic Church Madelein Wolfaardt My mother’s death broke the spell. After years of prophetic declarations, healing services, and speaking in tongues, I finally saw the charismatic Christian movement for what it was. This is how I learned to distinguish between genuine faith and spiritual manipulation — a journey from blind acceptance to clear-eyed truth.

Questions Answered

Here are some articles on different topics, see what the Bible says.

/Eienskappe%20van%20God
DIE NATUURLIKE EIENSKAPPE VAN GOD WAT VERBAND HOU MET GOD SE WESE SOOS HY IN HOMSELF IS. Alwetend – God weet alles. Hy het volledige kennis van alles in die verlede, hede en die toekoms. (Job 37:16; Ps. 139:1-6). Almagtig – God…
One has only to examine the Bible to find abundant references condemning the use of alcoholic beverages. In fact, if the preacher is to stick to his Bible, preach the whole truth, and be…
Twee van die sondes waarteen mense ‘n baie verdraagsame houding inneem, is drink en rook. Wat sê die Bybel hiervan, en wat is die gevare wat daaraan verbonde is? Drankgebruik Een van die algemeenste argumente waardeur mense drankgebruik wil regverdig,…
Hell:%20What%20the%20Bible%20Says
An exposition of the doctrine of eternal punishment in a burning hell for all the unsaved people of all ages. 1. How Can We Know About Hell? “There was a certain rich man, which was clothed in purple and fine…
It is important that one understands the phenomenon of apostatising, or backsliding, as every believer should be able to identify and counter this backward course in his or her spiritual life whenever it occurs. If you wish to determine the…
Die onderwerp van die doop is baie kontroversieel met baie misverstande. Baie mense dweep met die doop en dit raak 'n obsessie by hulle. Dit veroorsaak baie keer ongebalanseerde en dwase strydvrae met die gevolg dat Christene twis oor die…
Vergifnis
Vergifnis is ‘n opdrag in die Woord van God (Matt 6:14, 15; Mark 11:25, 26; Luk 6:37; Efes 4:32 en Kol 3:13). Sonder vergifnis is daar geen bevryding van die seer en pyn wat ander jou aangedoen het nie. Die…

Lees meer

Loose Lips Sink Ships
I know this has been used as a catchphrase by the military in referring to ships. However, I believe it could be applied to each one of us today. Loose lips can sink more than naval ships. They can…

Read more

Questions Answered

Questions Answered

Being a Christian and drinking alcohol, what does the Bible say?
The Dangers of Moderate Drinking
John B. Gough (1817-1886) Born in Sandgate, Kent, England in 1817, Gough immigrated to the United States when he was only twelve years old. His mother and sister also came to America. His mother died of a stroke and Gough,…

Read more

Beer and Wine: The Bible’s Counsel
Doesn't the Bible refer in a number of places to wine and strong drink? Don't we quite often find people drinking alcohol in the Bible? Can't we assume, then, that Scripture generally does not condemn drinking alcoholic beverages? It's true that…

Read more

A collection of articles written by FB Meyer. Practical advice for the daily Christian life.

A NEW YEAR is opening before us, and there is some satisfaction in feeling that an opportunity will be afforded of making a really new start. Each true heart in which there is a spark of the Divine life turns eagerly towards the unblemished page, the untrodden way, of the…
BENEATH all exaggeration there is a basis of truth. When an American said that the whey which flowed from the making of a large cheese in his country was sufficient to run three sawmills; and when another affirmed that the soil of his farm was so prolific that the tendrils…
To be straight is to be true. There is no more important exhortation on the page of Scripture, than where the Apostle says, "Whatsoever things are true . . . think on these things." A friend of mine, educated in one of our great English schools, says that the most formative words of…
WHAT a shadow is cast over lives and homes by bad tempers! It is Sunday morning, God's day of rest and peace, when the worry and rush of the world should be quiet, and the voices of newspaper boys and hawkers of small wares should be still. A family of…
No flirting, young people, please! You cannot flit around the flame without the risk of burning your wings; and remember, if these are lost, you cannot get another pair; you may be able to crawl or limp, but you will never again bask in the sunbeams or dance with merry-hearted…
LONGFELLOW'S village blacksmith felt that "something accomplished, something done," had earned a night's repose; and I suppose that he did little else than shoe the farmers' horses, or put new shares to their ploughs; yet he had the perpetual consciousness that he was doing something in the world, contributing to…
No wonder that the common people hung on Christ's words. He was a Master of the Art of Illustration, because he sought his emblems, not from remote corners of creation, or its recondite processes, but from the common incidents of ordinary human experience. Salt and light, birds and lilies, gates…
Everyone needs some guidance on where to start reading and how to read their Bible. Below are Afrikaans & English printables - give it to every young believer that you give a Bible to.
Tips on reading your Bible

Where should I start?

Start by reading a chapter in the morning and evening. Mark in your Bible and write in a notebook everything that stands out in the chapter you read.

Read more

Wenke om jou Bybel te lees

Waar moet ek begin?

Lees jou Bybel in orde, moet nooit rondspring tussen boeke en hoofstukke nie. Hou by jou lees skedule, as jy laas Markus 1 gelees het lees jou nou Markus 2.

Lees meer

Heiligmaking

'n Rein hart gevul met die Heilige Gees

/Volkome%20Heiligmaking
Met die ondervinding van wedergeboorte (Joh. 3:3) én die bevestiging daarvan deur die getuienis van die Heilige Gees (Rom. 8:16), vind ‘n radikale verandering van lewenswyse plaas (2 Kor. 5:17). Hierna volg ‘n proses van selfontdekking wat lei tot die behoefte aan ‘n dieper innerlike verlossing (vrymaking) en reiniging van die inwonende sonde asook die vervulling met die Heilige Gees.
/Gaan
aan%20na%20Volwassenheid
In Heb 3 & 4 wys die skrywer vir ons die wonderlike belofte van God se rus, wat ‘n rein en oorwinnende lewe in Christus is. Hy vertel van hierdie belofte, en dan vermaan hy die Hebreërs in hoofstuk 5:12-14 dat hulle moet voortgaan na volwassenheid want hulle is nog kinders in die geloof.
/Die%20pad%20na%20Heiligmaking
Hier besef die weergebore Christen dat ‘n dieper werk in sy hart benodig word. Dat daar dinge is waaraan hy dalk nog vasklou of sonde wat hy nie wil laat staan nie of hy twyfel en vertrou God nie volkome nie. Hier gaan ons kyk na wat die stryd in ons binneste is en hoe om die pad na heiligmaking te begin.
deur Marius Wolfaardt Christen Leefstyl
Kol 2:6: Soos julle dan Christus Jesus, die Here, aangeneem het, wandel so in Hom, 1. Watookal die Here vir jou sê, doen dit. Joh 2:5 “Sy moeder sê vir die dienaars: Net wat Hy vir julle sê, moet julle doen.” - Moenie meer of minder doen nie, doen net dit wat Hy gesê het. Matt 28:20 “En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.” – As ek doen wat Hy sê sal Hy met my wees. Doen wat Jesus sou gedoen het. Meet alles altyd hieraan.
by Marius Wolfaardt Christian Lifestyle
Col 2:6 As therefore ye received Christ Jesus the Lord, so walk in him, 1. Whatever the Lord tells you to do, do it. Joh 2:5 “His mother saith unto the servants, Whatsoever he saith unto you, do it.” Don't do more or less, but, just that which He tells you to do. Mat 28:20 “teaching them to observe all things whatsoever I commanded you: and lo, I am with you always, even unto the end of the world.” If you do what He tells you to do, He will be with you unto the end of the world. Always do what Jesus would do, measure everything according to this rule.
deur Marius Wolfaardt Christen Leefstyl
Hoe hanteer ek dit?

Mat 5:4 Salig is die wat treur, want hulle sal vertroos word.
Binne in die moeilike tye is die Here reeds besig om iets nuuts te maak, al sien jy dit nie raak terwyl jy in die vuur is of deur die rivier gaan nie. God het ‘n plan. Rou is natuurlik en is iets wat moet gebeur, dit is ‘n proses om deur te werk, maar daarna moet jy ook aan beweeg en nie hier vasval nie.

Assurance of Salvation

Seker</p>heid
Is jy weergebore?

Seker

heid

Om te WEET DAT JOU SONDE VERGEWE IS en dat Jesus nou in jou hart woon.
Lees meer
Rebirth
What Why How..?

Rebirth

What the Bible teaches us about being born again.
Read More
 Weer</p>gebore
Wat Hoekom Hoe..?

Weer

gebore

Wat die Bybel ons leer van wedergeboorte.
Lees meer
English Sermons

English Sermons

Here is a link if you would like to listen to audio sermons by various preachers. Promoting Genuine Biblical Revival.

Go to website