Is u Werklik Bekeerd?
Marius Wolfaardt
Matthéüs 4:17:
“Van toe af het Jesus begin om te preek en te sê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom.”
Lukas 8:4-15:
“En toe daar ‘n groot menigte vergader, en die wat uit die verskillende stede by Hom aangesluit het, sê Hy aan hulle deur ‘n gelykenis: ‘n Saaier het uitgegaan om sy saad te saai; en toe hy saai, val ‘n deel langs die pad en is vertrap, en die voëls van die hemel het dit opgeëet. En ‘n ander deel het op die rots geval; en nadat dit opgeskiet het, het dit verdroog, omdat dit geen vogtigheid gehad het nie. En ‘n ander deel het tussen die dorings in geval; en die dorings het daarmee saamgegroei en dit verstik. En ‘n ander deel het in die goeie grond geval en gegroei en honderdvoudige vrug opgelewer. Toe Hy dit gesê het, roep Hy uit: Wie ore het om te hoor, laat hom hoor! En sy dissipels het Hom gevra en gesê: Wat beteken hierdie gelykenis tog? En Hy antwoord: Aan julle is dit gegee om die verborgenhede van die koninkryk van God te ken; maar aan die ander deur gelykenisse, sodat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie verstaan nie. Dit is dan die gelykenis: Die saad is die woord van God. Dié langs die pad is die hoorders. Daarna kom die duiwel en neem die woord uit hul harte weg, sodat hulle nie sou glo en gered word nie. En dié op die rots is hulle wat die woord met blydskap ontvang wanneer hulle dit hoor; en hulle het geen wortel nie, aangesien hulle net vir ‘n tyd glo, en in die tyd van versoeking val hulle af. En wat in die dorings geval het—dit is die wat gehoor het, en hulle gaan weg en word verstik deur die sorge en rykdom en genietinge van die lewe en dra geen ryp vrug nie. En wat in die goeie grond val—dit is die wat, nadat hulle gehoor het, die woord in ‘n edele en goeie hart hou en met volharding vrug dra.”
“Wie ore het om te hoor, laat hom hoor!” Nie net die fisiese nie, maar ons geestelike ore sal oopmaak om te kan luister en ag te gee aan Sy Woord.
Daar moet besef word dat die Siele Vyand nooit die stryd sal neerlê nie. Een van sy eerste doelwitte is om die persoon daarvan te weerhou om deur te gaan met die Here en weergebore te word.
Spreuke 16:25:
“Daar is ‘n weg wat vir ‘n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.”
Jeremia 17:9:
“Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken?”
Die Woord van God is baie duidelik oor valse en ware bekerings. Altwee lewer vrug op, met ander woorde, ware en valse bekering het sekere resultate wat sigbaar word.
Wat is Ware Bekering dan?
Wanneer die berouvolle sondaar besluit (kies) om die saak met die Here reg te maak, dan draai hy om op sy lewenspad wat weg van die Here af gelei het, en nader die troon van genade met belydenis van sonde. Hy vra nie net vinnig en terloops dat die Here sy sonde moet vergewe nie, maar voldoen ook aan die voorwaardes vir vergifnis naamlik – ‘n grondige en eerlike belydenis van sonde.
1 Johannes 1:8-9:
“As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie. As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.”
Die Here Jesus wag dat jy jou sondes sal bely en ook jou rug daarop sal draai. Met ander woorde – jy moet daarmee breek en nie meer daarmee voort gaan nie. Jy kan nie al jou sondes bely en later vandag nogsteeds daarmee voortgaan nie.
Spreuke 28:13:
“Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie; maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind.”
Sondaars (iemand wat sonde beoefen) sowel as teruggevalle Christene wat weer deur sonde in hulle lewe gebind word moet ten volle bereid wees om klaar te maak met die ou lewe en belydenis doen van hulle oortredinge.
Lukas 15:18:
“Ek sal opstaan en na my vader gaan, en ek sal vir hom sê: Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u,”
Jy moet ordentlik huis skoonmaak! Soos die Huilige Gees jou oortuig van sonde, moet jy dit een vir een bely. Dan voldoen ons aan die Here se voorwaardes van ‘n deeglike en eerlike selfondersoek en ‘n belydenis wat nie net met die verstand nie maar met die hart gedoen is. Bekering is “A True Change of heart towards God.” Daar is baie mense blind vir God, blind vir Sy Woord en blind vir die waarheid. Dis ‘n defenitiewe bewys so ‘n persoon behoort nog nie aan God nie. Laat toe dat die die Here die skille van u oë Verwyder, dat Hy u kan Red uit die dood.
Daar is geen Bybelse grond daarvoor dat enige persoon vergewe kan word van sy sondes en vrygespreek word, as hy nie ten minste inwaarts uitroep: ‘Here Jesus vergewe my…” nie. Jy word nie gered deur ‘werke’ van gebed nie, maar jy word gered deur ‘n gebed eerste. Miskien is dit nie nodig om ‘n boek te lees of ‘n boodskap te hoor of die Bybel te lees of vir iemand om met jou die Evangelie te deel om gered te word nie, maar dis wel nodig om die gebed te bid vir jou redding! (Bekering)
Daar gaan baie wees in die hemel en almal gaan verskillende getuienisse hê hoe die Here hulle geroep het tot bekering, maar almal sal dieselfde ondervinding gehad het: die besef van hulle verlorenheid, berou oor hulle toestand en sondes, belydenis van hul sondes voor die Here, in geloof na die Here te gaan wat alleen verlossing kan bied, die skoon wassing deur Sy bloed (bloed van Jesus) en wedergeboorte. Maar, almal sou ook daarvoor gebid het.
Lukas 8:5:
“‘n Saaier het uitgegaan om sy saad te saai…”
Die saaier is nie die probleem nie! Hy is gewillig om te saai en gewillig om uit te gaan. Die saad is ook nie die probleem nie! Want, dit ontkiem in die regte omstandighede. Wat is dan die Probleem? Die persoon wat luister en ‘n besluit geneem het, maar nie Vrug dra nie (vrug wat by die bekering pas). Die gevolge van ‘n ware bekering is Vrug (sê Johannes).
Hoe Lyk Ware Vrug?
1.1 Vrug van Belydenis
Belydenis gaan gepaard met berou en ‘n ernstige voorneme van afstanddoening. Party mense bely omdat hulle uitgevang is en nie omdat hulle werklik berou het. Ware berou beteken tog: “Ek sal dit nie weer doen nie.” Belydenis het met God en mense te doen!
Jakobus 5:16:
“Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag.”
As ek iets moet doen om herstel te bring tussen my en iemand kan restutusie ook nodig wees. Restutusie is soos ons dit leer in die Woord by Sagguës.
Lukas 19:8b:
“as ek van iemand iets afgepers het, gee ek dit vierdubbel terug.”
Ware Bekering is ‘n 180° omkeer, weg van sondige gewoontes na Goddelike gewoontes.
Hoe kan ‘n mens volhard in sonde (dinge wat mense ‘n slegte gewoonte noem) en sê jy’s bekeerd? Een kommentator sê bekering “behels spyt en berou, gepaardgaande met ‘n ware verandering van hart tot God.”
Twee Woorde in Grieks omskryf die begrip van bekering:
- Metanoia: Verandering van gedagte of ‘n wegdraai van sonde.
- Epistiephó: Om te draai na God.
As jy net metanoia het, dan word jy ‘n “goeie morele” mens. Jy’t net ‘n nuwe blaadjie omgeslaan. Altwee moet hand aan hand gaan!
1.2 Vrug van Dankbaarheid
Dankbaarheid vir wat die Here vir jou kom doen het. Dit verdwyn partykeer in ons gebede. Dankbaarheid word bewys deur ‘n blymoedige gees. Omdat Jesus Christus vir my alles kom doen het, gee ek nie om om alles vir Hom te doen nie. Dis die rede hoekom God ‘n blymoedige gewer liefhet. Dit is hoekom ek ook geen verskoning sal hê as ek vir die Here iets moet doen nie! Dit is ook weens dankbaarheid dat ek sal volhard om Sy glimlag oor my lewe te wil sien en weg te bly van sonde en onregverdigheid.
1.3 Vrug van Goeie Werke
‘n Ware bekeerde lewe sal begin fokus op ander. Dit wat ek vir ander doen, moet met so ‘n rein gesindheid gedoen word, dat dit my Vader in die hemel sal verheerlik.
Matthéüs 5:16:
“Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.”
Dit wat ons doen vir ander, trek nie aandag op onsself nie, maar op ons Hemelse Vader.
1.4 Vrugte van die Gees
- Liefde: die soort wat Aanhou gee, nie terug Verwag nie.
- Blydskap: die Blydskap waarvan God die bron is.
- Vrede: ‘n altyd bewuste wete dat ons in God se hand is. In lewe, dood, siekte, teespoed is Hy teenwoordig.
- Lankmoedigheid: oorwinnende geduld.
- Vriendelikheid: ‘n goedheid wat liefdevol en goedhartig is.
- Goedheid: ‘n innerlike energie om goed te doen, “a mellowing of character.”
- Getrouheid: jy is betroubaar. Jy is iemand wat werk selfs al kyk jou baas nie. Jy is getrou in jou pligte by die kerk, as ampsdraer en in jou besoeke.
- Sagmoedigheid: onderdanig aan God se wil, leerbaar, “Considerate” – jy neem ander in ag.
- Selfbeheersing: al jou begeertes en liefde vir genot is onder beheer.
1.5 Vrug van Geregtigheid
Om die regte ding te doen soos God dit vir ons wys in Sy Woord. Nie soos ek dit met my verstand wil uitredeneer nie!
Vyf Karaktertrekke van Valse Bekering
2.1 Onmiddelike Resultate, Sonder om Koste te Bereken
Markus 4:5:
“En ‘n ander deel het op ‘n rotsagtige plek geval waar dit nie baie grond gehad het nie; en dadelik het dit opgekom, omdat dit geen diepte van grond gehad het nie.”
Daar was geen diepte om te verstaan wat hy (die persoon in die gelese gedeelte) vra toe hy ‘n besluit vir Jesus geneem het nie. Dit was dalk kopkennis of emosies, en na ‘n tyd val so ‘n persoon terug.
Die Woord sê self in Lukas 14:28:
“Want wie van julle wat 'n toring wil bou, gaan nie eers sit en die koste bereken, of hy die middele het om dit uit te voer nie?”
Die Gawe van God is verniet, maar dis nie goedkoop nie!
2.2 Geen Vogtigheid nie
Lukas 8:6:
“En ‘n ander deel het op die rots geval; en nadat dit opgeskiet het, het dit verdroog, omdat dit geen vogtigheid gehad het nie.
Waar kry ons, ons vogtigheid vandaan?
Psalm 1:2-3:
“maar sy behae is in die wet van die HERE, en hy oordink sy wet dag en nag. En hy sal wees soos ‘n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit.”
“Soak yourself in the Word of God.” As jy dit doen sal jy standvastigheid kry in die Here.
Jy sal nie op ander maniere geestelik probeer groei nie!
2.3 Geen Wortelstelsel nie
Matthéüs 13:6:
“maar toe die son opgaan, is dit verskroei, en omdat dit geen wortel gehad het nie, het dit verdroog.”
Hoe groei ‘n mens se geloofswortels? Dit sak al dieper en dieper af in die grond. Die probleem is egter wanneer die winde van omstandighede waai, was daar nooit geleer om in geloof vas te klou nie! Wanneer die viand ‘n ligte briesie van versoeking stuur, word ons geloof ontwortel. Wanneer die wêreld die persoon verlei met status of goedkeuring word ons geloof ontwortel. Geloof gewortel en gegrond in die liefde van Jesus, word nie sommer ontwortel nie.
2.4 Ontvang die Woord met Blydskap, maar dis nie Blywend nie
Markus 4:16:
“…wat, as hulle die woord hoor, dit dadelik met blydskap aanneem,”
Wanneer die persoon die Woord hoor, is hy opgewonde en gemotiveerd en vol ywer, maar later word hy gekenmerk deur verskoning op verskoning.
2.5 Hulle Glo vir ‘n Tyd Lank
Lukas 8:13:
“…hulle net vir ‘n tyd glo…”
Hulle glo wel al die feite met hulle verstand, maar wanneer hulle daar kom om hulle kruis op te neem en Jesus te volg, word dit te veel vir hulle. Hulle het nog nooit ‘n “commitment” hart, siel, gees, aan die Here gemaak nie.
Hoe word ons Commitment gewys? (Bewys)
1. Wanneer Versoekings kom
Geleenthede duik op om te sondig en ek moet besluit of ek dit gaan doen of nie! Versoekings daag altyd eerste ons verstand uit. Dit word Aangewakker deur ons sintuie en word deur gevoer na ons gedagtes. Daarna word ons wil uitgedaag en hier is die krisis! Wat gaan ek wil doen?
2. Gelooftoetse
Hoe ek reageer oor toetse in my lewe, is die bewys van wat ek werklik van God glo.Voorbeelde uit die Bybel van gelooftoetse wat geskryf is:
- Abram toe hy trek. Hy moes alleen trek en sit toe met al Lot se probleme. Hy het sy geloofstoets gedop.
- Noag toe hy ‘n ark moes bou. Noag het ‘n ark op droeë grond gebou. Hy het sy geloofstoets geslaag.
God moet ons Suiwerheid bewerk deur toetsing, maar ook ons egtheid toets.
3. Vervolging
Ons weet nog nie regtitg wat vervolging is nie. Miskien is vervolging die bespotting wat ons moet verduur ter wille van standpunte wat ons moet inneem vir Jesus. Of, miskien is dit die teenkanting of verwerping van familie en vriende ter wille van ons geloofsortuigings. Laat hierdie dinge u groei of stagneer?
Slot:
Is jy daadwerklik gewederbaar ( het jy tot bekering gekom) of is u op ‘n valse fondament (valse bekering)
1 Johannes 4:10:
“Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun gestuur het as ‘n versoening vir ons sondes.”
2 Korinthiërs 5:21:
“Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.”
Wil u nie antwoord op die roepstem van Jesus nie? Dit is die Here wat self die eerste tree gee op die pad van die sondaar se redding, deur hom op te roep tot bekering, maar ook die middele te voorsien vir sy verlossing.
Jesaja 1:18:
“Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die HERE: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol.”
Openbaring 3:19-20:
“…Wees dan ywerig en bekeer jou. Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.”