fbpx
Articles
Articles | Tips & Help for the Daily Christian Life |

Grow in Christ

Die stryd teen vleeslikheid

Baie Christene leef in ‘n toestand van vleeslikheid voort deurdat hulle nie na ‘n lewe van oorwinning in die krag en onder die leiding van die Heilige Gees streef nie. Die gevolg hiervan is dat die eienskappe van die vlees oorheersend in hulle lewe bly en alle moontlikheid van geestelike groei uitskakel. Hulle bly klein kindertjies in die Here wat as gevolg van hulle beperkinge en tekortkominge onbevoeg is om geestelike werk te doen. Hulle vertoon nie die vrug van die Gees nie en word deur verdorwe emosies soos selfgesentreerdheid, twis, jaloersheid en tweedrag gekenmerk. Daar is egter ‘n oplossing vir hierdie ernstige probleem.

Paulus klassifiseer mense geestelik soos volg, en maak spesifiek vir ‘n kategorie van vleeslike Christene voorsiening:

"Die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word. Maar die geestelike mens beoordeel wel alle dinge…" (1 Kor. 2:14-15).

"En ek, broeders, kon met julle nie spreek soos met geestelike mense nie, maar soos met vleeslike [mense], soos met klein kinders in Christus. Ek het julle met melk gevoed, nie met vaste spys nie, want julle was nog nie daartoe in staat nie, en julle is nou nog nie daartoe in staat nie, omdat julle nog vleeslik is; want aangesien daar onder julle jaloersheid en twis en tweedrag is, is julle nie vleeslik nie en wandel julle nie na die mens nie?" (1 Kor. 3:1-3).

Uit die eerste aanhaling in 1 Korinthiërs 2:14-15 is dit duidelik dat daar basies twee groepe mense op aarde is. Die eerste groep is die natuurlike mense wat nog ongered is en volkome deur hulle gevalle natuur en verduisterde gemoed oorheers word. Vir hulle is die evangelie dwaasheid omdat hulle dit nie verstaan nie. Weens hulle verharde, donker harte weerstaan hulle die boodskap van verlossing. Paulus sê dat hulle sinne deur die duiwel verblind is (2 Kor. 4:4).

Hierteenoor is daar die geestelike mense wat gered is en deur die Gees van God vervul en gelei word. Volgens 1 Korinthiërs 2:16 het hulle die sin van Christus, m.a.w. geestelike insig en verligte oë van die verstand om die dinge van die Here te kan verstaan (Ef. 1:17-18).

Wanneer Paulus homself spesifiek tot die Korinthiërs rig, spreek hy hulle nie as natuurlike mense aan nie omdat hulle, met die uitsondering van ‘n paar valse broeders, wél ‘n getuienis van redding gehad het. Hy beskryf hulle as broeders in Christus. Paulus spreek hulle egter ten spyte van hulle Christenskap nie as geestelike mense aan nie, maar as vleeslike mense.

Die derde kategorie

Wat is hierdie derde kategorie van vleeslike Christene? Dit moet met ‘n baie groot probleem in verband staan, omdat vleeslike mense meesal in die Nuwe Testament as sondaars beskryf word wat op pad hel toe is. In Romeine 8 sê Paulus: "Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge. Want wat die vlees bedink is die dood, maar wat die Gees bedink is lewe en vrede, omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is… As julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe" (Rom. 8:5-7, 13).

Die vlees is duidelik die ou, gevalle, sonde-geneigde natuur van die mens. Dit is tot in sy kern verrot en kan nie gerehabiliteer word nie, maar moet doodgemaak word. In Bybelse taal moet dit gekruisig word.

Hoe is dit dan moontlik dat Christene onder die mag van die vlees kan lewe? Dit is ‘n aanduidding van een van twee probleme in hulle lewe: Hulle het óf nagelaat om ‘n volle oorgawe te maak waarin die ou natuur tot kruisiging oorgelewer word sodat hulle met die Heilige Gees vervul kan word, óf hulle het, soos die Galásiërs, teruggeval deur in die Gees te begin en in die vlees te eindig (Gal. 3:3). Hulle was dus óf gestagneerde óf teruggevalle Christene. Die Korinthiërs het duidelik in ‘n vroeë stadium geestelik gestagneer.

Die feit dat hulle vleeslik was, het ‘n groot bedreiging vir hulle Christenskap ingehou. Dit het hulle daarvan weerhou om geestelike mense, m.a.w. Geesvervulde Christene, te wees wat die Here kon behaag.

Ons moet nou die gevolge van vleeslikheid in Christene se lewens in oënskou neem, soos wat dit deur dr. Andrew Murray uiteengesit is in ‘n preek van hom getiteld "Vleeslik en geestelik" wat hy oor die gedeelte in 1 Korinthiërs 3:1-4 gelewer het (Bron: Algehele oorgawe, deur dr. Andrew Murray. NG Kerk Uitgewers).

Die rede waarom groot dele van hierdie preek woordeliks aangehaal word, is omdat die oorheersende probleem van vleeslikheid, asook die gevolge daarvan onder Christene in die kerk van daardie tyd, duidelik uitgewys word. Die feit dat ‘n groot groep Christene boodskappe van dié aard ter harte geneem, hulleself ondersoek en ‘n nuwe oorgawe aan die Here gemaak het, was ’n deurslaggewende faktor vir die uitbreek van herlewing in Wellington. Hierdie Bybels-gefundeerde en Heilige Gees-gewerkte herlewing het daarna ook na baie ander gemeentes versprei.

In die boodskap word die gevolge van vleeslikheid in ‘n Christen se lewe só verduidelik:

1. Vleeslikheid gaan met ‘n gebrek aan geestelike insig gepaard

Andrew Murray sê hieroor:

"Die apostel Paulus het gevoel dat al sy prediking sonder vrug sou wees as hy met mense wat nie geestelik was nie, oor geestelike sake sou praat. Hulle was Christene, ware Christene, klein kinders in Christus, maar daar was een dodelike gebrek – hulle was vleeslik. Die apostel sê dus aan hulle: ‘Ek kan nie aan julle geestelike waarhede aangaande die geestelike lewe meedeel nie, want julle kan dit nie begryp nie.’ Dit was nie omdat hulle dom was nie. Hulle was baie slim en vol kennis, maar hulle was nie in staat om geestelike onderrig te begryp nie. Hieruit leer ons dié eenvoudige les: die hele probleem in die kerk van Christus met Christene wat soms ‘n seën ontvang en dit dan weer verloor, is omdat hulle vleeslik is. Wat ons nodig het om die seën te behou is om geestelik te word. Ons moet kies watter soort Christelike lewe ons wil lei – die vleeslike lewe of die geestelike. Kies die geestelike en God sal behae daarin skep om dit aan u te gee...

"Daar is soms Christene wat honger en dors na die Woord, daarna luister en sê: ‘Watter heerlike waarhede, watter duidelike leerstelling, watter wonderlike uiteensetting van God se Woord!’ en tog word hulle nie een enkele tree vorentoe gehelp nie; of hulle word vir twee of drie weke gehelp, en dan verdwyn die seën weer. Wat is die rede hiervoor? Daar sit ‘n kwaad aan die wortel: die vleeslike toestand verhinder die siel om geestelike waarhede in te neem.

"Ek is bevrees dat ons dikwels in ons kerke ‘n groot fout begaan om aan vleeslike Christene te verkondig wat alleen vir geestelike mense geskik is. Hulle vind dit baie mooi, vat dit met hulle verstand en verlustig hulle daarin, en nogtans bly hulle lewens onveranderd in weerwil van die geestelike onderrig wat hulle ontvang. As daar een ding is wat elkeen van ons God gedurig voor moet bid, dan is dit dít: ‘Here, verhoed tog dat ek geestelike onderrig in ‘n vleeslike hart sal opneem.’ Die enigste bewys dat u ‘n seën ontvang, is dat u uit die vleeslike staat oorgebring word in die geestelike. God is gewillig om dit te doen. Laat ons daarom bid en dit aanneem."

Die gebrek aan geestelike insig en onderskeidingsvermoë word deur Paulus ook aan die Efésiërs verduidelik as hy vir hulle sê dat ons almal moet opgroei "tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus; sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering" (Ef. 4:13-14).

2. Vleeslikheid is ‘n toestand van verlengde onvolwassenheid

Oor die tweede rede vir vleeslikheid het Andrew Murray gesê:

"U is lank gelede bekeerd en u moes nou al ‘n jong man gewees het, maar u is is nog steeds ‘n klein kindjie in Christus. ‘Ek het julle met melk gevoed, nie met vaste spyse nie, want julle was nog nie daartoe in staat nie.’ U weet hoe mooi ‘n babatjie is. Mens kan nouliks iets aantreklikers vind as ‘n kindjie van ses maande met sy rooi wangetjies en laggende gesiggie. Veronderstel ek het só ‘n kind gesien, en ná ses maande kom ek terug en vind die kind niks groter nie. Die ouers sal dan ook al onraad bemerk omdat hy nie groei nie. En as ek ná drie jaar sou terugkom en vind dat die kind nog niks groter is nie, sou ek die ouers baie treurig aantref. Hulle sou my meedeel: ‘Die dokter sê die kind het ‘n vreeslike kwaal – hy kan nie groei nie. Hy sê dit is ‘n wonder dat die kind nog lewe, en tóg leef hy.’ Ná tien jaar kom ek weer daar, en steeds is dit net ‘n hulpelose babatjie wat nog niks gegroei het nie.

"U sien, kindsheid op sy regte tyd is die mooiste ding in die wêreld, maar kindsheid wat té lank duur word ‘n las en ‘n oorsaak tot droefheid: ‘n teken van siekte. Dit was die toestand van baie van daardie Christene in Korinthe – hulle het babatjies gebly.

"‘n Kenmerk van ‘n babatjie is dat hy homself nie kan help nie en dus ook nie andere kan help nie. Dit is die lewe van baie Christene. Hulle maak van die predikante geestelike verpleegsters van babatjies. Dit is ‘n ernstige saak dat daardie geestelike babatjies hulle predikante al die tyd besig hou om hulle te versorg en te voed, en nooit help hulle hulself nie. Hulle weet nie hoe om hulleself uit die Woord van Christus te voed nie, en nou moet die predikant hulle voed. Hulle weet nie wat dit is om met God in aanraking te kom nie, en die predikant moet vir hulle bid. Hulle weet nie wat dit beteken om te lewe soos mense wat ‘n God het om hulle te help nie, en wil maar altyd net versorg word. Pas op dat dit nie die rede is waarom u na ‘n konferensie of ‘n kerk toe gaan, sodat u verpleegsters vir u geestelike voedsel moet voorsit nie. Prys die Here vir die verkondiging van die evangelie en vir die gemeenskap van die gelowiges, maar daar móét groei en ontwikkeling wees sodat ons ook andere kan help. In die brief aan die Hebreërs vind ons dieselfde onvolwasse toestand:

"’Want hoewel julle vanweë die tyd leraars behoort te wees, het julle weer nodig dat ‘n mens julle die eerste beginsels van die woorde van God moet leer, en het julle weer behoefte aan melk en nie aan vaste spys nie. Want elkeen wat melk gebruik, is onervare in die woord van geregtigheid, omdat hy ‘n kind is. Maar vaste spyse is vir volwassenes, vir die wat geestesvermoëns besit deur die gewoonte geoefen, om goed van kwaad te onderskei. Daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande Christus nie, maar na die volmaaktheid voortgaan’ (Heb. 5:12-6:1).

"As ‘n klein kindjie, ‘n geestelike babatjie van drie maande, vleeslik is en nie heeltemal goed weet wat sonde is, en nog nie oorwinning daaroor het nie, dan is dit nie iets om oor verwonderd te wees nie. As ‘n man egter jaar ná jaar in dieselfde toestand voortleef en altyd deur die sonde oorheers word, dan is daar iets radikaals met sy geestelike lewe verkeerd. Niks kan ‘n kindjie in voortdurende kindsheid hou as net een of ander soort kwaal nie. As ons gedurig moet sê: ‘O God, ek is nie geestelik nie’, laat ons dan tog liewer sê: ‘O God, ek is vleeslik. Ek verkeer in ‘n sieklike toestand en wil graag daaruit gehelp word.’"

 3. Vleeslikheid is ‘n toestand waarin sonde en mislukking bobaas is

Dr. Murray is nog steeds aan die woord:

"Watter bewys voer Paulus aan dat hierdie mense vleeslik was? Hy beskuldig hulle van verkeerde gesindhede en dade: ‘Want aangesien daar onder julle jaloersheid en twis en tweedrag is, is julle nie vleeslik nie?" Hulle tree net soos die ander mense op, en nie soos mense wat nuut gemaak is en in die liefde en krag van die Heilige Gees lewe nie.

"U weet dat God ons liefhet, dat Hy in die lig woon en dat liefde die groot gebod is. Die kruis van Christus is die bewys van God se liefde, en liefde is ook die eerste en belangrikste vrug van die Heilige Gees. Wanneer mense toegee aan hulle humeur, hoogmoed, jaloersheid en tweedrag; wanneer u mense bitsige dinge van ander hoor sê – wanneer ‘n man nie iemand anders volkome kan vergewe nie; wanneer ‘n vrou met veragting van haar buurvrou praat as ‘daardie nare ding’, of van iemand anders kan sê: ‘o, wat ‘n hekel het ek in daardie vrou’ – dit alles is die vrugte van die vlees. Elke stukkie liefdeloosheid is niks anders as die vlees nie. Die vlees is selfsugtig en hoogmoedig en liefdeloos, daarom is elke sonde teen die liefde niks anders as ‘n bewys dat die persoon vleeslik is nie.

"U sê: ‘Ek het dit probeer oorwin, maar ek kan nie.’ Dit is juis die saak wat ek wil beklemtoon. Moenie probeer om geestelike vrugte te dra solank u nog in ‘n vleeslike toestand is nie. U sal dit nie kan doen nie, ‘want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar sodat julle nie kan doen wat julle wil nie’ (Gal. 5:17).

"Ons vleeslike natuur is nie alleen die oorsaak van liefdeloosheid nie, maar ook van so baie ander sondes. Neem wêreldsgesindheid en die liefde vir geld, wat mense álles laat opoffer om ryk te word, en ook die najaag van weelde, genot en ‘n hoë posisie. Wat is al hierdie dinge anders as die vlees? Dit bevredig die vlees en is presies waarin die wêreld homself verlustig. Die vleeslike toestand word deur wêreldsgesindheid en die krag van die sonde bewys.

"Iemand het my oor sy gebrek aan liefde tot gebed geraadpleeg. Hy wou weet hoe hy die beoefening van liefdevolle gemeenskap met God deelagtig kon word. My antwoord was: ‘My broeder, dit kan hoegenaamd nie bereik word nie, totdat u ontdek dat dit buite die vleeslike toestand moet geskied. Die vlees kan hom nie in God verlustig nie; dit is u probleem. U moet nie ‘n besluit neem of in u dagboek skryf: Ek gaan meer bid nie. U kan dit nie forseer nie. Lê die byl aan die wortel van die boom en kap die vleeslike siel uit. U kan dit nie self uitkap nie, maar laat die Heilige Gees van God met die veroordeling van sonde kom en gee uself oor om saam met Christus gekruisig te word, dan sal die Gees van God volle beheer van u oorneem. Hy sal u leer om God lief te hê, om gebed lief te hê, om u naaste lief te hê, en u sal nederig en hemelsgesind wees.’ Die vleeslike toestand is die wortel van elke sonde.

 4. Die vleeslike toestand kan naas groot geestelike gawes bestaan

Dr. Murray wei soos volg hieroor uit:

"Onthou, daar is ‘n groot verskil tussen geestelike gawes en geestelike gesindhede, en dit is wat baie mense nie verstaan nie. Onder die Korinthiërs was daar baie wonderlike geestelike gawes aanwesig. Paulus prys hulle dat hulle in geen enkele genadegawe agter staan nie. In 1 Korinthiërs 13 praat hy van die gawes van profesie, en van die geloof wat berge kan versit, en van kennis, maar hy sê vir hulle dat hierdie dinge hulle niks sal baat as hulle nie die liefde het nie. Hulle het hulle in die gawes verlustig maar hulle nie oor gesindhede bekommer nie. Paulus wys aan hulle ‘n nóg uitnemender weg: om te leer om lief te hê en nederig te wees, want liefde is die uitnemendste van alle dinge.

"Dit is ‘n baie ernstige saak om te bepeins dat iemand die gawe van profesie mag besit, dat hy ‘n getroue en suksesvolle werker in een of ander werkkring mag wees, en dat hy tóg deur sy skerpe oordeel en die hoogmoed wat daar by hom opkom, asook deur ander dinge, bewys mag lewer dat hy ten spyte van al sy gawes nog ‘n gebrek aan geestelike gesindhede het. O, pas tog op dat Satan jou nie bedrieg nie deur die gedagte: ‘Maar ek werk vir God en Hy seën my. Andere sien op na my en ek is die persoon waardeur hulle gehelp word.’

"Geliefde mede-Christene, die feit dat ‘n vleeslike Christen geestelike gawes mag hê, behoort ons onuitspreeklik ernstig te stem. Dit behoort die ernstigste en voorspoedigste persoon op sy knieë voor God te bring met die gedagte: ‘Ná alles wat Gods Gees as ‘n gawe in my gewerk het, gee ek nie miskien toe aan die vlees in gebrek aan nederigheid of liefde of reinheid of heiligheid nie?’ Mag God ons om sy Naam ontwil deursoek en toets."

 Die oplossing

Die oplossing van die probleem van vleeslikheid begin daar waar ‘n mens tot die besef kom dat daar oorwinning oor sonde en vleeslikheid is. Dit ís vir ons moontlik om elke dag onder die leiding van die Heilige Gees te lewe. Die Here sê in sy Woord dat sy liefde in ons harte uitgestort word deur die Heilige Gees. Hy beveel ons ook om met die Gees vervul te word, en dit die krag van ons hele lewenswandel te maak: "Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie" (Gal. 5:16). Dit is die lewe waartoe God ons roep en waarvoor Christus ons vrygekoop het. Nadat Hy sy bloed gestort het, het Hy na die hemel gegaan om die Heilige Gees in sy volheid oor ons uit te stort.

Glo in die krag van die bloed van Christus om u te reining, en ook in die krag van die verheerlikte Christus om sy Gees in u hart te gee, dan het u die eerste stap in die regte rigting geneem. Al voel u ook hoe ellendig, hou aan die Here Jesus vas. Hy kan u met sy Gees vervul, want sy Woord het u gebied: "Moenie dronk word van wyn nie – daarin is losbandigheid; maar word met die Gees vervul" (Ef. 5:18).

Die vervulling met die Heilige Gees is ‘n tweede genadewerk. By ‘n mens se bekering oortuig die Heilige Gees jou van jou verlore toestand, van die afskuwelikheid van die sonde, en veral van die skuld en straf van die sonde. In daardie stadium is daar maar ‘n geringe besef van jou verborge, innerlike sondes en van die ou natuur wat as die oorsaak daarvan gekruisig moet word. Die besef hiervan kom meesal ‘n tyd ná ‘n persoon se bekering baie sterk by hom op.

Wanneer die innerlike stryd tussen die vlees en die Gees die Christen tot teleurstelling en wanhoop oor sy vleeslikheid dryf, kom hy duidelik voor die keuse om die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede oor te lewer om gekruisig te word, en in die plek daarvan deur die Heilige Gees met die natuur van Jesus Christus beklee te word. As hy hierdie stap neem, word hy ‘n geestelike Christen.

Daar is ongelukkig baie wanopvattings oor hoe om van ‘n vleeslike tot ‘n geestelike Christen oor te gaan. Sommige mense meen dit is ‘n geleidelike proses waardeur jy gaandeweg na ‘n toestand van geestelikheid opgroei. Dit is egter nie so nie. Andrew Murray sê:

"Mense wil graag uit die vleeslike toestand in die geestelike ingroei, en dit kan nooit gebeur nie. Hulle jaag meer prediking en onderrig na ten einde, soos hulle meen, uit die vleeslike in die geestelike in te groei. Daardie kindjie waarvan ek gepraat het, hoewel tien jaar oud, het soos ‘n babatjie van ses maande gebly – hy het ‘n kwaai siekte gehad en genesing was nodig. Daarna sou daar groei wees. Die vleeslike Christen bevind homself ook in ‘n ernstige siektetoestand. Eers moet die probleem van vleeslikheid uit die weg geruim word, dán sal daar groei na geestelike volwassenheid plaasvind…

"Dit is die treurige toestand van die kerk dat die meeste van sy lede vleeslik bly. Hulle val gedurig onder die mag van die vlees en word gevolglik oormeester deur nyd en afguns en liefdeloosheid. Sulke Christene het geen insig in geestelike waarhede nie. As mens melding maak van hulle lewe in Christus, daaglikse gemeenskap met Hom, en wat God beloof om vir sy kinders te doen, dan verstaan hulle nouliks wat bedoel word. Hoe ernstig behoort ons God te bid om aan ons te openbaar wat vleeslik en wat geestelik is, en ons in staat te stel om ons geheel en al aan die leiding van sy Gees oor te gee."

Die oorgang van vleeslikheid tot geestelikheid behels ‘n geloofstap wat geneem moet word. Die Christen moet sy vleeslikheid voor God bely, asook al die manifestasies daarvan, soos sonde-geneigdheid, hoogmoed, liefdeloosheid, biddeloosheid, dubbelhartigheid, ens. Vra die Here om dit te vergewe, jou van alle ongeregtigheid te reinig, en ook die verdorwe vlees in jou lewe te kruisig. Gereinig deur die bloed van die Lam, moet jy jouself ook oorgee om saam met Hom gekruisig te word vir die wêreld en die sonde. Dan sal die pad oop wees om met die opstandingslewe van die Here beklee en deur sy Heilige Gees vervul te word.

Hierna sal vinnige groei na geestelike volwassenheid plaasvind, omdat die struikelblok na ware geestelikheid uit die weg geruim is. Daarna moet jy daagliks jou kruis opneem en sorg dat die vlees nie weer ‘n vastrapplek in jou lewe verkry nie.

"Beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie" (Rom. 13:14).

Dit is die pad van geestelike oorwinning waartoe die Here elkeen van ons roep. Het u die oorwinning oor sonde, die wêreld en die vlees al deelagtig geword? Vertrou die Here hiervoor en ervaar ‘n wonderlike nuwe krag, blydskap, en godvrugtigheid in u geestelike lewe. "Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees" (Rom. 8:1).

Featured Articles

Monday, July 10, 2023 False Teachers & Doctrine 4584
From Speaking in Tongues to Speaking Truth: Why I Left the Charismatic Church Madelein Wolfaardt My mother’s death broke the spell. After years of prophetic declarations, healing services, and speaking in tongues, I finally saw the charismatic Christian movement for what it was. This is how I learned to distinguish between genuine faith and spiritual manipulation — a journey from blind acceptance to clear-eyed truth.

Questions Answered

Here are some articles on different topics, see what the Bible says.

/Eienskappe%20van%20God
DIE NATUURLIKE EIENSKAPPE VAN GOD WAT VERBAND HOU MET GOD SE WESE SOOS HY IN HOMSELF IS. Alwetend – God weet alles. Hy het volledige kennis van alles in die verlede, hede en die toekoms. (Job 37:16; Ps. 139:1-6). Almagtig – God…
One has only to examine the Bible to find abundant references condemning the use of alcoholic beverages. In fact, if the preacher is to stick to his Bible, preach the whole truth, and be…
Twee van die sondes waarteen mense ‘n baie verdraagsame houding inneem, is drink en rook. Wat sê die Bybel hiervan, en wat is die gevare wat daaraan verbonde is? Drankgebruik Een van die algemeenste argumente waardeur mense drankgebruik wil regverdig,…
Hell:%20What%20the%20Bible%20Says
An exposition of the doctrine of eternal punishment in a burning hell for all the unsaved people of all ages. 1. How Can We Know About Hell? “There was a certain rich man, which was clothed in purple and fine…
It is important that one understands the phenomenon of apostatising, or backsliding, as every believer should be able to identify and counter this backward course in his or her spiritual life whenever it occurs. If you wish to determine the…
Die onderwerp van die doop is baie kontroversieel met baie misverstande. Baie mense dweep met die doop en dit raak 'n obsessie by hulle. Dit veroorsaak baie keer ongebalanseerde en dwase strydvrae met die gevolg dat Christene twis oor die…
Vergifnis
Vergifnis is ‘n opdrag in die Woord van God (Matt 6:14, 15; Mark 11:25, 26; Luk 6:37; Efes 4:32 en Kol 3:13). Sonder vergifnis is daar geen bevryding van die seer en pyn wat ander jou aangedoen het nie. Die…

Lees meer

Loose Lips Sink Ships
I know this has been used as a catchphrase by the military in referring to ships. However, I believe it could be applied to each one of us today. Loose lips can sink more than naval ships. They can…

Read more

Questions Answered

Questions Answered

Being a Christian and drinking alcohol, what does the Bible say?
The Dangers of Moderate Drinking
John B. Gough (1817-1886) Born in Sandgate, Kent, England in 1817, Gough immigrated to the United States when he was only twelve years old. His mother and sister also came to America. His mother died of a stroke and Gough,…

Read more

Beer and Wine: The Bible’s Counsel
Doesn't the Bible refer in a number of places to wine and strong drink? Don't we quite often find people drinking alcohol in the Bible? Can't we assume, then, that Scripture generally does not condemn drinking alcoholic beverages? It's true that…

Read more

A collection of articles written by FB Meyer. Practical advice for the daily Christian life.

A NEW YEAR is opening before us, and there is some satisfaction in feeling that an opportunity will be afforded of making a really new start. Each true heart in which there is a spark of the Divine life turns eagerly towards the unblemished page, the untrodden way, of the…
BENEATH all exaggeration there is a basis of truth. When an American said that the whey which flowed from the making of a large cheese in his country was sufficient to run three sawmills; and when another affirmed that the soil of his farm was so prolific that the tendrils…
To be straight is to be true. There is no more important exhortation on the page of Scripture, than where the Apostle says, "Whatsoever things are true . . . think on these things." A friend of mine, educated in one of our great English schools, says that the most formative words of…
WHAT a shadow is cast over lives and homes by bad tempers! It is Sunday morning, God's day of rest and peace, when the worry and rush of the world should be quiet, and the voices of newspaper boys and hawkers of small wares should be still. A family of…
No flirting, young people, please! You cannot flit around the flame without the risk of burning your wings; and remember, if these are lost, you cannot get another pair; you may be able to crawl or limp, but you will never again bask in the sunbeams or dance with merry-hearted…
LONGFELLOW'S village blacksmith felt that "something accomplished, something done," had earned a night's repose; and I suppose that he did little else than shoe the farmers' horses, or put new shares to their ploughs; yet he had the perpetual consciousness that he was doing something in the world, contributing to…
No wonder that the common people hung on Christ's words. He was a Master of the Art of Illustration, because he sought his emblems, not from remote corners of creation, or its recondite processes, but from the common incidents of ordinary human experience. Salt and light, birds and lilies, gates…
Everyone needs some guidance on where to start reading and how to read their Bible. Below are Afrikaans & English printables - give it to every young believer that you give a Bible to.
Tips on reading your Bible

Where should I start?

Start by reading a chapter in the morning and evening. Mark in your Bible and write in a notebook everything that stands out in the chapter you read.

Read more

Wenke om jou Bybel te lees

Waar moet ek begin?

Lees jou Bybel in orde, moet nooit rondspring tussen boeke en hoofstukke nie. Hou by jou lees skedule, as jy laas Markus 1 gelees het lees jou nou Markus 2.

Lees meer

Heiligmaking

'n Rein hart gevul met die Heilige Gees

/Volkome%20Heiligmaking
Met die ondervinding van wedergeboorte (Joh. 3:3) én die bevestiging daarvan deur die getuienis van die Heilige Gees (Rom. 8:16), vind ‘n radikale verandering van lewenswyse plaas (2 Kor. 5:17). Hierna volg ‘n proses van selfontdekking wat lei tot die behoefte aan ‘n dieper innerlike verlossing (vrymaking) en reiniging van die inwonende sonde asook die vervulling met die Heilige Gees.
/Gaan
aan%20na%20Volwassenheid
In Heb 3 & 4 wys die skrywer vir ons die wonderlike belofte van God se rus, wat ‘n rein en oorwinnende lewe in Christus is. Hy vertel van hierdie belofte, en dan vermaan hy die Hebreërs in hoofstuk 5:12-14 dat hulle moet voortgaan na volwassenheid want hulle is nog kinders in die geloof.
/Die%20pad%20na%20Heiligmaking
Hier besef die weergebore Christen dat ‘n dieper werk in sy hart benodig word. Dat daar dinge is waaraan hy dalk nog vasklou of sonde wat hy nie wil laat staan nie of hy twyfel en vertrou God nie volkome nie. Hier gaan ons kyk na wat die stryd in ons binneste is en hoe om die pad na heiligmaking te begin.
deur Marius Wolfaardt Christen Leefstyl
Kol 2:6: Soos julle dan Christus Jesus, die Here, aangeneem het, wandel so in Hom, 1. Watookal die Here vir jou sê, doen dit. Joh 2:5 “Sy moeder sê vir die dienaars: Net wat Hy vir julle sê, moet julle doen.” - Moenie meer of minder doen nie, doen net dit wat Hy gesê het. Matt 28:20 “En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.” – As ek doen wat Hy sê sal Hy met my wees. Doen wat Jesus sou gedoen het. Meet alles altyd hieraan.
by Marius Wolfaardt Christian Lifestyle
Col 2:6 As therefore ye received Christ Jesus the Lord, so walk in him, 1. Whatever the Lord tells you to do, do it. Joh 2:5 “His mother saith unto the servants, Whatsoever he saith unto you, do it.” Don't do more or less, but, just that which He tells you to do. Mat 28:20 “teaching them to observe all things whatsoever I commanded you: and lo, I am with you always, even unto the end of the world.” If you do what He tells you to do, He will be with you unto the end of the world. Always do what Jesus would do, measure everything according to this rule.
deur Marius Wolfaardt Christen Leefstyl
Hoe hanteer ek dit?

Mat 5:4 Salig is die wat treur, want hulle sal vertroos word.
Binne in die moeilike tye is die Here reeds besig om iets nuuts te maak, al sien jy dit nie raak terwyl jy in die vuur is of deur die rivier gaan nie. God het ‘n plan. Rou is natuurlik en is iets wat moet gebeur, dit is ‘n proses om deur te werk, maar daarna moet jy ook aan beweeg en nie hier vasval nie.

Assurance of Salvation

Seker</p>heid
Is jy weergebore?

Seker

heid

Om te WEET DAT JOU SONDE VERGEWE IS en dat Jesus nou in jou hart woon.
Lees meer
Rebirth
What Why How..?

Rebirth

What the Bible teaches us about being born again.
Read More
 Weer</p>gebore
Wat Hoekom Hoe..?

Weer

gebore

Wat die Bybel ons leer van wedergeboorte.
Lees meer
English Sermons

English Sermons

Here is a link if you would like to listen to audio sermons by various preachers. Promoting Genuine Biblical Revival.

Go to website