Wenke om jou Bybel te lees
Lees ‘n hoofstuk in die oggend en een in die aand. Merk in jou Bybel wat vir jou uitstaan, en skryf in ‘n boekie alles neer. Die Here praat met ons deur die Bybel, en ons praat met Hom deur gebed.
Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus. 2Tim 3:16 & 17
* Begin deur die Evangelie van Johannes te lees. (Hierdie Evangelie verduidelik die reddings boodskap die duidelikste, en dit help om ‘n sterk fondasie te lê.)
* Daarna lees jy die hele Nuwe Testament deur van Mattheus tot Openbaring. (Hier lees jy weer die Evangelie van Johannes wanneer jy daarby kom, moet dit nie oorslaan nie.)
* Begin nou weer met de Nuwe Testament van voor af en nou kan jy die Ou Testament saam met jou Nuwe Testament begin lees. Begin by Genesis en lees regdeur tot by Maleagi.
Lees jou Bybel in orde, moet nooit rondspring tussen boeke en hoofstukke nie. Hou by jou lees skedule, as jy laas Markus 1 gelees het lees jou nou Markus 2.
Jy kan soveel hoofstukke lees as wat jy wil op ‘n slag, maar onthou, dis beter om eerder stadiger deur die Bybel te lees en meer in te neem, as wat jy dit vinnig lees en baie waarhede mis lees. Onthou, jy sal nie alles wat jy lees verstaan nie, die Here gee vir ons elkeen die nodige lig, solank jy daarin wandel so goed jy kan sal jy geestelik groei.
Die 3 belangrikste dinge vir geestelike groei is:
* Getuig / vertel
Van wat die Here vir jou gedoen het.
* Bybel lees
Dit is God se manier om met jou te praat, jou te leer en jou te lei.
* Bid
Gebed is jou manier om met God te kommunikeer, om ‘n verhouding te bou en om op Hom te vertrou.