fbpx
Articles
Articles | Tips & Help for the Daily Christian Life |

Grow in Christ

Psigiese Beheer

Japie Grobler

Deur beheer te kry en te behou, hoofsaaklik oor een of meer van die emosies, denke of optrede van die individu en die groep, word die individu aan die groep gebind en die groep aan die leiersfiguur.  Hierdie beheer kan so sterk word dat volgelinge tot die uiterste sal gaan om dit waarvoor die groep staan te verdedig.  Lede word werklik blind en doof vir enigiets wat in stryd is met dit wat die groep glo.  Vra maar vir enigeen wat al moeite gedoen het om ’n Bybelse konsep soos Verlossing met ’n Jehova se Getuie te bespreek.  Hy is so verblind deur die Organisasie se verduideliking van die “Waarheid” dat hy nie in staat is om sy eie logika te vertrou nie.  Inteendeel, as gevolg van hierdie beheer hou ’n kultelid op om vir homself te dink oor dié sake waaroor die leier die uitsluitlike insig het.  Alleen die inligting wat vanuit die pen of mond van die leier kom kan vertrou word.  Alle ander materiaal en verduidelikings word gevolglik verwerp as komende van Satan.

Kultelede word dan ook gewoonlik vir enige teenstand voorberei deur die leiers.  Daar word by herhaling aan hulle voorgehou dat hulle nou in die waarheid is en dat hulle teenstand gaan kry.  Wanneer ’n kind dus deur sy ouers oor sy veranderde houding of godsdienstige sienings ondervra word of hulle lewer kritiek daarop sal sy geloof in die groep dus net versterk word, want hy word nou deur Satan se volgelinge aangeval.  Daarom word die Jehova se Getuie se geloof dus net versterk wanneer die deur in sy gesig toegemaak word. (Mat 10:22)

  1. Faktore wat ’n individu meer vatbaar maak:

Meeste kultelede is normale intelligente persone.  Die lewensfase waarin die persoon verkeer wanneer ’n kultelid met hom kontak maak bepaal meesal of die persoon dalk beïnvloed gaan word.  ’n Persoon wat deur ’n onseker stadium in sy lewe beweeg is meer vatbaar.  Die verlies van ’n dierbare, ’n egskeiding, ’n jongmens wat sy ouerhuis verlaat universiteit toe is almal meer kwesbaar en vatbaar vir kultariese invloede.  Hoe maklik versaak ons nie ons broederlike plig teenoor ons medegelowiges wanneer hulle in een of ander krisis verkeer nie?  Ons kruip mos agter ons hoë mure en elektroniese hekke weg—dra ons eie hartseer en hou vals fronte voor!  So maak ons onsself net meer kwesbaar.  Ex-kultelde bevestig dat hulle almal op een of ander stadium in hulle lewens ontnugter was deur die onbetrokkenheid en selfs van die gehalte van geloofslewe van medegelowiges in hulle vorige kerke.

  1. Breinspoeling en Psigiese Beheer:

Waar breinspoeling gesien kan word as sielkundige en fisiese marteling met die doel om ’n individu se politiese, godsdienstige of ander oortuigings deur ’n volgehoue proses van geforseerde indoktrinasie te verander, is psigiese beheer die proses van vrywillige beïnvloeding waar die vyand as vriend vertrou word.  Die doel is egter dieselfde, naamlik om die persoon se onafhanklikheid en individualiteit te vervang met die van ’n pion.

  1. Fase 1—Eerste Kontak:

’n Klimaat van begrip en vriendskap word met die eerste ontmoeting deur die kultelid by die kandidaat geskep.  Enige probleme wat die kandidaat mag noem word met groot begrip en deernis hanteer.en word normaalweg gekoppel aan die slegte lands- of wêreldtoestand waarin ’n normale lewe onmoontlik geword het.  ’n Uitnodiging na ’n informele byeenkoms of gratis Bybelstudie in die gerief van jou eie huis mag aangebied word.  Wanneer hierdie uitnodiging aanvaar word en die persoon vir homself sê: “Ek hou van die persoon, hy verteenwoordig nie al die slegte dinge van die wêreld nie,” is die eerste fase van psigiese beheer suksesvol afgehandel.

  1. Fase 2: Binding:

Die nuwe rekruit ondervind die groep as vriendelik mense wat waarlik omgee vir mekaar.  Sy ego word versterk deurdat hulle hom baie spesiaal laat voel omdat hulle met aandag luister na wat hy te sê het.  Na ’n paar besoeke met sy nuutgevonde vriende is ’n uitnodiging na ’n naweekkamp op ’n plaas of by die kus die volgende.  Indien hy nou vir homself sê: “Hulle bedoel so goed en as gevolg van al hulle vriendelikheid en liefde kan ek dit nie afwys nie,” is die tweede fase van psigiese beheer suksesvol afgehandel.

  1. Fase 3: Herorganisering van die Daaglikse Program:

Die nuweling vind dat die naweek baie gestruktureerd is.  Lede aanvaar alles sonder om iets te bevraagteken en die nuweling wil dus nie ongehoord optree deur self iets te bevraagteken nie.  Liedjies word gesing, speletjies gespeel en dalk ook gedans.  Die idee is om die nuweling se optrede by die van die groep te laat aanpas.  Geen vrae word gedurende lesings toegelaat nie.  Inhoud sentreer rondom die slegte wêreldtoestand en dat die wêreld liefde nodig het—iets waarteen niemand kan stry nie.

Later wanneer liedjies gesing en speletjies gespeel word breek die biegtyd aan.  Lede vertel aan die groep hoe sleg hulle lewens was voordat hulle by die groep aangesluit het.  Daar word van hulle sondes vertel en hoedat die groep hulle “gered” het.  Al hierdie dinge is intellektueel oorweldigend vir die nuweling, hy is moeg as gevolg van die lang ure en ontroer deur die emosionele getuienisse van die ander, gevolglik is hy emosioneel kwesbaar en word ’n veranderde bewussynstoestand (“trance”) geskep .  Hierdie effek kan versterk word deur die brand van kerse, wierook, talespraak, dreun-sing (chanting) of die herhaalde sing van eenvoudige geestelike liedjies, veral dié met ’n meesleurende ritme.  Dit bring hom tot die punt waar hy ook bieg.  Sodoende laat hy die groep toe om oor persoonlike inligting beheer te kry wat dalk later teen hom gebruik kan word, soos wanneer hy die groep wil verlaat.  Deur homself in ’n emosionele krisis te bevind (onbewus daarvan dat dit deur die groep geïnduseer was) en hy nou deur die groep opgelig en gedra word, word die groep sy “verlosser.”

Nou kan daar deur die groep gepoog word om ’n wig tussen die lid en sy familie en vriende in te dryf.  Familie en vriende kan as onbetroubaar voorgehou word, dat die wêreld vir niemand omgee nie, of dat die einde van die wêreld naby is en verdere studies dus futiel is.  Hy voel onseker en verloor sy vertroue in die dinge wat oorspronklik van belang was.  Klem word gelê op die redes waarom hy by die groep aangesluit het en dat hy ’n beter Christen wil wees.  Hy word gedurig daaraan herinner dat hy geen eiebelang tussen God en hom moet stel nie.  Wanneer hy nou aan homself sê: “Ek voel goed hier.  Hulle verstaan my en is besorg oor dieselfde dinge as ek.  As ek God opreg wil dien soos hulle sal ek sekere opofferings in my lewe moet maak,” is die volgende belangrike fase van psigiese beheer suksesvol afgehandel.

Al wat nou oorbly is om hierdie veranderinge en nuwe manier van optrede in die nuweling te versterk en hy die punt kan bereik waar hy vir homself sê, “My familie en vriende verstaan nie dat hierdie ’n nuwe manier van voluit vir God lewe, verteenwoordig nie.  Hoe meer teenstand ek ondervind hoe harder moet ek probeer.  Nou is die proses van psigiese beheer feitlik volkome afgehandel.

’n Vol program word nou noodsaaklik.  Die nuweling vind dat hy nou nie meer tyd vir die gewone dinge in sy vorige lewe het nie.  Hy word besig gehou met dinge van die groep.  Hy het ook nie tyd om iets anders as materiaal van die groep te lees of na klankkasette van die leiers te luister nie.  Gevolglik is hy nou net blootgestel aan insette van die leiers af.  Hulle doen alles vir hom—hy kan ophou analities of krities dink.  Antwoorde op vrae kom van die leiers af.  As hy onseker is vra hy die groep of die leiers.

Featured Articles

Monday, July 10, 2023 False Teachers & Doctrine 6848
From Speaking in Tongues to Speaking Truth: Why I Left the Charismatic Church Madelein Wolfaardt My mother’s death broke the spell. After years of prophetic declarations, healing services, and speaking in tongues, I finally saw the charismatic Christian movement for what it was. This is how I learned to distinguish between genuine faith and spiritual manipulation — a journey from blind acceptance to clear-eyed truth.

Questions Answered

Here are some articles on different topics, see what the Bible says.

/Eienskappe%20van%20God
DIE NATUURLIKE EIENSKAPPE VAN GOD WAT VERBAND HOU MET GOD SE WESE SOOS HY IN HOMSELF IS. Alwetend – God weet alles. Hy het volledige kennis van alles in die verlede, hede en die toekoms. (Job 37:16; Ps. 139:1-6). Almagtig – God…
Hell:%20What%20the%20Bible%20Says
An exposition of the doctrine of eternal punishment in a burning hell for all the unsaved people of all ages. 1. How Can We Know About Hell? “There was a certain rich man, which was clothed in purple and fine…
It is important that one understands the phenomenon of apostatising, or backsliding, as every believer should be able to identify and counter this backward course in his or her spiritual life whenever it occurs. If you wish to determine the…
Die onderwerp van die doop is baie kontroversieel met baie misverstande. Baie mense dweep met die doop en dit raak 'n obsessie by hulle. Dit veroorsaak baie keer ongebalanseerde en dwase strydvrae met die gevolg dat Christene twis oor die…
Vergifnis
Vergifnis is ‘n opdrag in die Woord van God (Matt 6:14, 15; Mark 11:25, 26; Luk 6:37; Efes 4:32 en Kol 3:13). Sonder vergifnis is daar geen bevryding van die seer en pyn wat ander jou aangedoen het nie. Die…

Lees meer

Loose Lips Sink Ships
I know this has been used as a catchphrase by the military in referring to ships. However, I believe it could be applied to each one of us today. Loose lips can sink more than naval ships. They can…

Read more

A collection of articles written by FB Meyer. Practical advice for the daily Christian life.

A NEW YEAR is opening before us, and there is some satisfaction in feeling that an opportunity will be afforded of making a really new start. Each true heart in which there is a spark of the Divine life turns eagerly towards the unblemished page, the untrodden way, of the…
BENEATH all exaggeration there is a basis of truth. When an American said that the whey which flowed from the making of a large cheese in his country was sufficient to run three sawmills; and when another affirmed that the soil of his farm was so prolific that the tendrils…
To be straight is to be true. There is no more important exhortation on the page of Scripture, than where the Apostle says, "Whatsoever things are true . . . think on these things." A friend of mine, educated in one of our great English schools, says that the most formative words of…
WHAT a shadow is cast over lives and homes by bad tempers! It is Sunday morning, God's day of rest and peace, when the worry and rush of the world should be quiet, and the voices of newspaper boys and hawkers of small wares should be still. A family of…
No flirting, young people, please! You cannot flit around the flame without the risk of burning your wings; and remember, if these are lost, you cannot get another pair; you may be able to crawl or limp, but you will never again bask in the sunbeams or dance with merry-hearted…
LONGFELLOW'S village blacksmith felt that "something accomplished, something done," had earned a night's repose; and I suppose that he did little else than shoe the farmers' horses, or put new shares to their ploughs; yet he had the perpetual consciousness that he was doing something in the world, contributing to…
No wonder that the common people hung on Christ's words. He was a Master of the Art of Illustration, because he sought his emblems, not from remote corners of creation, or its recondite processes, but from the common incidents of ordinary human experience. Salt and light, birds and lilies, gates…
Everyone needs some guidance on where to start reading and how to read their Bible. Below are Afrikaans & English printables - give it to every young believer that you give a Bible to.
Tips on reading your Bible

Where should I start?

Start by reading a chapter in the morning and evening. Mark in your Bible and write in a notebook everything that stands out in the chapter you read.

Read more

Wenke om jou Bybel te lees

Waar moet ek begin?

Lees jou Bybel in orde, moet nooit rondspring tussen boeke en hoofstukke nie. Hou by jou lees skedule, as jy laas Markus 1 gelees het lees jou nou Markus 2.

Lees meer

Assurance of Salvation

Seker</p>heid
Is jy weergebore?

Seker

heid

Om te WEET DAT JOU SONDE VERGEWE IS en dat Jesus nou in jou hart woon.
Lees meer
Rebirth
What Why How..?

Rebirth

What the Bible teaches us about being born again.
Read More
 Weer</p>gebore
Wat Hoekom Hoe..?

Weer

gebore

Wat die Bybel ons leer van wedergeboorte.
Lees meer
English Sermons

English Sermons

Here is a link if you would like to listen to audio sermons by various preachers. Promoting Genuine Biblical Revival.

Go to website