fbpx
Articles
Articles | Tips & Help for the Daily Christian Life |

Grow in Christ

Die pad na Heiligmaking

Madelein Wolfaardt

Rom 7:15-24
Want wat ek doen, weet ek nie; want wat ek wil, dit doen ek nie, maar wat ek haat, dit doen ek.  En as ek doen wat ek nie wil nie, dan stem ek die wet toe dat dit goed is. Maar nou is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon.  Want ek weet dat in my, dit wil sê in my vlees, niks goeds woon nie; want om te wil, is by my aanwesig, maar om goed te doen, dit vind ek nie.  Want die goeie wat ek wil, doen ek nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek. Maar as ek doen wat ek nie wil nie, dan doen ek dit nie meer nie, maar die sonde wat in my woon.   Ek vind dus hierdie wet: as ek die goeie wil doen, is die kwaad by my aanwesig.   Want ek verlustig my in die wet van God na die innerlike mens;  maar ek sien ‘n ander wet in my lede wat stryd voer teen die wet van my gemoed en my gevange neem onder die wet van die sonde wat in my lede is.”

In die kind van God se lewe is daar die stryd om oorwinning te behaal oor sonde. Net soos Romeine dit hier beduie is jy die een dag op oorwinning en die volgende dag verslaan. Dit wat jy nie wil doen nie doen jy enelkgeval en die goeie dinge wat jy graag wil doen, dit doen jy nie.

Hier besef die weergebore Christen dat ‘n dieper werk in sy hart benodig word. Dat daar dinge is waaraan hy dalk nog vasklou of sonde wat hy nie wil laat staan nie of hy twyfel en vertrou God nie volkome nie.  Hier gaan ons kyk na wat die stryd in ons binneste is en hoe om die pad na heiligmaking te begin.

1. Opstaan en val lewe   

Hier sien ons ‘n vleestelike Christen wat wandel deur die vlees, na die begeerlikhede van die vlees. 

Rom 8:8“En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie;”  Daar is ‘n aanhoudende stryd tussen die vlees en die gees, en as jy jou maar kan kry, dan het jy weer die verkeerde gedoen.  Hier praat ons van iemand wat wel weergebore is (die kruis in die hart), maar jy (die “eie ek”) is nog op die troon van jou hart.  Jou hele lewe is nog nie aan die Heilige Gees oorgegee nie, jy wil self nog in beheer wees en nie jou volle vertroue in God stel nie.

2. Ontheilig God se Naam

Esg 36:23 En Ek sal my grote Naam heilig wat onder die nasies ontheilig is, wat julle onder hulle ontheilig het; en die nasies sal weet dat Ek die HERE is, spreek die Here HERE, as Ek My in julle voor hul oë as die Heilige laat ken.”

Hierdie soort Christene bring nie eer aan God se Naam nie, maar ontheilig Sy Naam.  Hier is jy ‘n swak getuie en deur jou sonde maak jy die Here se Naam sleg.  Hier probeer jy jou bes om reg te lewe, maar daar ontbreek iets.  Daar ontwikkel ‘n soeke by jou as jy opreg wandel met God.  Jy weet daar moet méér wees in die Here, as net dit wat jy nou het. Daar moet ‘n lewe wees in Christus waar jy vrede het en nie aanhoudend neerlaag ly nie. Jy probeer jou getuienis uitleef by vriende en familie, maar as jy jou kan kry het jy weer verkeerd opgetree of gepraat en inteendeel jou getuienis skade gedoen.

3. Behoefte aan ‘n heilige lewe

Ps 51:5-6a Want ék ken my oortredinge, en my sonde is altyddeur voor my.  Teen U alleen het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in u oë,…”

Nou begin jy die behoefte besef aan ‘n heilige en aan God welgevallige lewe.  Jy is ontevrede met jou huidige geestelike toestand.  Jy besef dat God meer vir jou in stoor het en dat jy dit kan bereik.  Jy lees dit nou ook alhoe meer raak in die Bybel, en besef ook alhoe meer jou tekortkominge.  Jy sien dat jy nie kragtig kan getuig nie, jy kom nie die opdragte in die Woord na nie, al wil jy so graag, en die vrug van die Gees werk nie uit in jou lewe nie. Joh 8:34  “Jesus antwoord hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat die sonde doen, ‘n dienskneg van die sonde is.”  Jy moet jou nood aan heiligmaking besef en ‘n begeerte hê dat God dit in jou moet bewerkstellig.

‘n Soeke na heiligmaking

Hier is ‘n klompie maniere hoe jy meer kan begin leer oor heiligmaking en verstaan wat dit is wat die Here in jou hart en lewe wil doen:

  • Skryf alles wat jy raaklees in jou Bybel oor heiligmaking neer.  Hand 17:11b hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was.”
  • Lees literatuur wat daaroor handel.
  • Luister na preke daaroor.
  • Bid en vra die Here dat Hy jou sal lei, en heiligmaking vir jou sal wys en oopbreek.

Deursoek jou hart, vra die Here om jou hart en niere te toets, en dit vir jou te wys. Psa 26:2  Toets my, HERE, en beproef my, keur my niere en my hart;

4. Krisis van Heiligmaking

Nou word jy moeg vir jouself, omdat jy nie totale oorwinning kan kry oor die sonde wat jy aanhoudend doen nie.  Jy word desperaat.  Rom 7:24  “Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood?”  Jy word moeg vir die stryd tussen die vlees en die gees.  Hier soek jy nog meer na heiligmaking, en verstaan ook nog nie noodwendig alles nie.  Jy het nie krag om met vrymoedigheid te kan getuig nie. 

Jou besef van hoe jou hart werklik lyk voor ons heilige God word alhoe groter.

Jes 6:3 en 5 En die een het die ander toegeroep en gesê: Heilig, heilig, heilig is die HERE van die leërskare. Die hele aarde is van sy heerlikheid vol!  Toe het ek gesê: Wee my, ek is verlore! Want ek is ‘n man onrein van lippe en woon onder ‘n volk wat onrein van lippe is; want my oë het die Koning, die HERE van die leërskare, gesien!”

 Toe Jesaja die glorie van die Here sien, het daardie lig in sy hart in geskyn en hy homself gesien vir wat hy regtig is. Hy het besef dat hy ‘n innerlike reininging nodig het.

5. Heiligmaking

Is wanneer ek my sondige toestand opreg voor die Here bely, en Hom vra om my te reinig van alle sonde. Jy sal weer ‘n dag en tyd hê, soos by jou wedergeboorte, wat jy op jou knieë voor die Here jou sondige hart in gebed sal bely en Hom sal vra om jou te reinig, en Hom op daardie oomblik sal vertrou vir ‘n rein hart. Hier gee jy ook totaal aan God oor en Sy wil vir jou lewe. Jy plaas jou volle vertroue in God.  Nou is die ‘eie ek’ ondergestel en die Heilige Gees in in beheer van die lewe en op die troon van die hart.

Ps 51:9, 11, 12 Ontsondig my met hisop, dat ek kan rein wees; was my, dat ek witter kan wees as sneeu. … Verberg u aangesig vir my sondes en delg uit al my ongeregtighede.  Skep vir my ‘n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my ‘n vaste gees.”

Esg 36:25-27 Dan sal Ek skoon water op julle giet, sodat julle rein kan word; van al jul onreinhede en van al jul drekgode sal Ek julle reinig.   En Ek sal julle ‘n nuwe hart gee en ‘n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle ‘n hart van vlees gee.  En Ek sal my Gees in jul binneste gee en sal maak dat julle in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou en doen.”

2 Tim 2:21 “As iemand hom dus hiervan deeglik reinig, sal hy ‘n voorwerp tot eer wees, geheilig en bruikbaar vir die Here, toeberei vir elke goeie werk. “

  • Hier sien ons dat dit iets is wat God alleen vir jou doen, let op die ‘Ek’ wat herhaal word in Esg 36, Hy doen dit!Dit is niks uit jouself nie.
  • Ontvang dit in die geloof, jy moet glo dat God dit vir jou kan doen. (Hand 15:9/Heb 3:19)
  • Ons sien ook dat dit ‘n onmiddelike gebeurtenis is, soos ‘n hart operasie, jy kry onmiddelik ‘n nuwe hart, ‘n hart van vlees.Jou hart word nie stadig verander van klip tot vlees oor ‘n tydperk nie.
  • Jy ontvang nou ook die volheid van die Heilige Gees, Hy is nou in beheer en nie meer die ‘eie ek’ nie.
  • En krag uit die hoogte, om staande te kan bly te midde van versoeking of moeilike tye.

Nou word al die dinge in ons lewe verwyder wat nie vir God lief het nie.  Deut 30:6  “En die HERE jou God sal jou hart besny en die hart van jou nageslag, om die HERE jou God lief te hê met jou hele hart en met jou hele siel, dat jy kan lewe.” 

Dit is die verwydering van die ‘dubbele hart’.  Jak 4:8 “Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande, julle sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges!”

Dit is die verwydering van die wêreld. 1 Joh 2:15 “Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie.”

Dit is die verwydering van ongehoorsaamheid.  1 Joh 5:3 “Want dit is die liefde tot God, dat ons sy gebooie bewaar; en sy gebooie is nie swaar nie.”

Nou gee jy jou hele lewe, drome, ambisies, begeertes en hart oor aan God.  Jy is nie meer op die troon van jou hart nie, maar die Heilige Gees is, Hy lei jou nou en is in beheer van jou lewe.  Jy het nou ‘n totale oorgegewe lewe aan Christus Jesus en Sý wil en doel vir jou lewe.  Niks gaan meer om jou nie, maar net dit wat vir God en Sy koninkryk gedoen word.

Fil 3:7-10 “Maar wat vir my wins was, dit het ek om Christus wil skade geag.  Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry n in Hom gevind te word, nie met my geregtigheid wat uit die wet is nie, maar met dié wat deur die geloof in Christus is, die geregtigheid wat uit God is deur die geloof; sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word,”

6. Proses van Heiligmaking (Groei)

Efs 4:13  “totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus;”

Nou begin ‘n lewenslange vormingsproses, waar jy gelykvormig word aan Jesus se beeld.  Ons word nie gevrywaar van menslike swakhede en versoeking nie.  Ons moet nou juis tyd maak met die Woord en in gebed om staande te kan bly, maar ook ter redding van ander siele.  Nou wandel jy nougeset, en Christus is die middelpunt van alles wat jy doen. Jy het krag om staande te kan bly (1Joh 5:18 Ons weet dat elkeen wat uit God gebore is, nie sondig nie; maar hy wat uit God gebore is, bewaar homself, en die Bose het geen vat op hom nie.”). Jy is nou gehoorsaam, en word deur die Gees van God gelei.  Jy is bruikbaar en diensbaar (Rom 6:22 Maar nou dat julle vrygemaak is van die sonde en diensbaar geword het aan God, het julle jul vrug tot heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe.”) en kan met vrymoedigheid spreek (Hand 4:31 En toe hulle gebid het, is die plek geskud waar hulle saam was, en hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het die woord van God met vrymoedigheid gespreek.”). Jy bring nou eer aan God se Naam.

 

Fil 1:6  “omdat ek juis hierop vertrou, dat Hy wat ‘n goeie werk in julle begin het,

dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus;

Featured Articles

Monday, July 10, 2023 False Teachers & Doctrine 1291
Why I Left the Charismatic Church Madelein Wolfaardt I grew up in “happy-clappy” churches. My family church-hopped a bit when I was in primary school. In high school, we got more and more involved in churches that followed the Word of Faith movement. They often invited big names from overseas. We would attend these prophetic or healing and miracle services. We also watched tapes of their so-called ‘Revival meetings’.

Questions Answered

Here are some articles on different topics, see what the Bible says.

/Eienskappe%20van%20God
DIE NATUURLIKE EIENSKAPPE VAN GOD WAT VERBAND HOU MET GOD SE WESE SOOS HY IN HOMSELF IS. Alwetend – God weet alles. Hy het volledige kennis van alles in die verlede, hede en die toekoms. (Job 37:16; Ps. 139:1-6). Almagtig – God…
One has only to examine the Bible to find abundant references condemning the use of alcoholic beverages. In fact, if the preacher is to stick to his Bible, preach the whole truth, and be…
Twee van die sondes waarteen mense ‘n baie verdraagsame houding inneem, is drink en rook. Wat sê die Bybel hiervan, en wat is die gevare wat daaraan verbonde is? Drankgebruik Een van die algemeenste argumente waardeur mense drankgebruik wil regverdig,…
Hell:%20What%20the%20Bible%20Says
An exposition of the doctrine of eternal punishment in a burning hell for all the unsaved people of all ages. 1. How Can We Know About Hell? “There was a certain rich man, which was clothed in purple and fine…
It is important that one understands the phenomenon of apostatising, or backsliding, as every believer should be able to identify and counter this backward course in his or her spiritual life whenever it occurs. If you wish to determine the…
Die onderwerp van die doop is baie kontroversieel met baie misverstande. Baie mense dweep met die doop en dit raak 'n obsessie by hulle. Dit veroorsaak baie keer ongebalanseerde en dwase strydvrae met die gevolg dat Christene twis oor die…
Vergifnis
Vergifnis is ‘n opdrag in die Woord van God (Matt 6:14, 15; Mark 11:25, 26; Luk 6:37; Efes 4:32 en Kol 3:13). Sonder vergifnis is daar geen bevryding van die seer en pyn wat ander jou aangedoen het nie. Die…

Lees meer

Loose Lips Sink Ships
I know this has been used as a catchphrase by the military in referring to ships. However, I believe it could be applied to each one of us today. Loose lips can sink more than naval ships. They can…

Read more

Questions Answered

Questions Answered

Being a Christian and drinking alcohol, what does the Bible say?
The Dangers of Moderate Drinking
John B. Gough (1817-1886) Born in Sandgate, Kent, England in 1817, Gough immigrated to the United States when he was only twelve years old. His mother and sister also came to America. His mother died of a stroke and Gough,…

Read more

Beer and Wine: The Bible’s Counsel
Doesn't the Bible refer in a number of places to wine and strong drink? Don't we quite often find people drinking alcohol in the Bible? Can't we assume, then, that Scripture generally does not condemn drinking alcoholic beverages? It's true that…

Read more

A collection of articles written by FB Meyer. Practical advice for the daily Christian life.

A NEW YEAR is opening before us, and there is some satisfaction in feeling that an opportunity will be afforded of making a really new start. Each true heart in which there is a spark of the Divine life turns eagerly towards the unblemished page, the untrodden way, of the…
BENEATH all exaggeration there is a basis of truth. When an American said that the whey which flowed from the making of a large cheese in his country was sufficient to run three sawmills; and when another affirmed that the soil of his farm was so prolific that the tendrils…
To be straight is to be true. There is no more important exhortation on the page of Scripture, than where the Apostle says, "Whatsoever things are true . . . think on these things." A friend of mine, educated in one of our great English schools, says that the most formative words of…
WHAT a shadow is cast over lives and homes by bad tempers! It is Sunday morning, God's day of rest and peace, when the worry and rush of the world should be quiet, and the voices of newspaper boys and hawkers of small wares should be still. A family of…
No flirting, young people, please! You cannot flit around the flame without the risk of burning your wings; and remember, if these are lost, you cannot get another pair; you may be able to crawl or limp, but you will never again bask in the sunbeams or dance with merry-hearted…
LONGFELLOW'S village blacksmith felt that "something accomplished, something done," had earned a night's repose; and I suppose that he did little else than shoe the farmers' horses, or put new shares to their ploughs; yet he had the perpetual consciousness that he was doing something in the world, contributing to…
No wonder that the common people hung on Christ's words. He was a Master of the Art of Illustration, because he sought his emblems, not from remote corners of creation, or its recondite processes, but from the common incidents of ordinary human experience. Salt and light, birds and lilies, gates…
Everyone needs some guidance on where to start reading and how to read their Bible. Below are Afrikaans & English printables - give it to every young believer that you give a Bible to.
Tips on reading your Bible

Where should I start?

Start by reading a chapter in the morning and evening. Mark in your Bible and write in a notebook everything that stands out in the chapter you read.

Read more

Wenke om jou Bybel te lees

Waar moet ek begin?

Lees jou Bybel in orde, moet nooit rondspring tussen boeke en hoofstukke nie. Hou by jou lees skedule, as jy laas Markus 1 gelees het lees jou nou Markus 2.

Lees meer

Heiligmaking

'n Rein hart gevul met die Heilige Gees

/Volkome%20Heiligmaking
Met die ondervinding van wedergeboorte (Joh. 3:3) én die bevestiging daarvan deur die getuienis van die Heilige Gees (Rom. 8:16), vind ‘n radikale verandering van lewenswyse plaas (2 Kor. 5:17). Hierna volg ‘n proses van selfontdekking wat lei tot die behoefte aan ‘n dieper innerlike verlossing (vrymaking) en reiniging van die inwonende sonde asook die vervulling met die Heilige Gees.
/Gaan
aan%20na%20Volwassenheid
In Heb 3 & 4 wys die skrywer vir ons die wonderlike belofte van God se rus, wat ‘n rein en oorwinnende lewe in Christus is. Hy vertel van hierdie belofte, en dan vermaan hy die Hebreërs in hoofstuk 5:12-14 dat hulle moet voortgaan na volwassenheid want hulle is nog kinders in die geloof.
/Die%20pad%20na%20Heiligmaking
Hier besef die weergebore Christen dat ‘n dieper werk in sy hart benodig word. Dat daar dinge is waaraan hy dalk nog vasklou of sonde wat hy nie wil laat staan nie of hy twyfel en vertrou God nie volkome nie. Hier gaan ons kyk na wat die stryd in ons binneste is en hoe om die pad na heiligmaking te begin.
deur Marius Wolfaardt Christen Leefstyl
Kol 2:6: Soos julle dan Christus Jesus, die Here, aangeneem het, wandel so in Hom, 1. Watookal die Here vir jou sê, doen dit. Joh 2:5 “Sy moeder sê vir die dienaars: Net wat Hy vir julle sê, moet julle doen.” - Moenie meer of minder doen nie, doen net dit wat Hy gesê het. Matt 28:20 “En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.” – As ek doen wat Hy sê sal Hy met my wees. Doen wat Jesus sou gedoen het. Meet alles altyd hieraan.
by Marius Wolfaardt Christian Lifestyle
Col 2:6 As therefore ye received Christ Jesus the Lord, so walk in him, 1. Whatever the Lord tells you to do, do it. Joh 2:5 “His mother saith unto the servants, Whatsoever he saith unto you, do it.” Don't do more or less, but, just that which He tells you to do. Mat 28:20 “teaching them to observe all things whatsoever I commanded you: and lo, I am with you always, even unto the end of the world.” If you do what He tells you to do, He will be with you unto the end of the world. Always do what Jesus would do, measure everything according to this rule.
deur Marius Wolfaardt Christen Leefstyl
Hoe hanteer ek dit?

Mat 5:4 Salig is die wat treur, want hulle sal vertroos word.
Binne in die moeilike tye is die Here reeds besig om iets nuuts te maak, al sien jy dit nie raak terwyl jy in die vuur is of deur die rivier gaan nie. God het ‘n plan. Rou is natuurlik en is iets wat moet gebeur, dit is ‘n proses om deur te werk, maar daarna moet jy ook aan beweeg en nie hier vasval nie.

Assurance of Salvation

Seker</p>heid
Is jy weergebore?

Seker

heid

Om te WEET DAT JOU SONDE VERGEWE IS en dat Jesus nou in jou hart woon.
Lees meer
Rebirth
What Why How..?

Rebirth

What the Bible teaches us about being born again.
Read More
 Weer</p>gebore
Wat Hoekom Hoe..?

Weer

gebore

Wat die Bybel ons leer van wedergeboorte.
Lees meer
English Sermons

English Sermons

Here is a link if you would like to listen to audio sermons by various preachers. Promoting Genuine Biblical Revival.

Go to website