Volkome Heiligmaking
'n Rein hart gevul met die Heilige Gees
Met die ondervinding van wedergeboorte (Joh. 3:3) én die bevestiging daarvan deur die getuienis van die Heilige Gees (Rom. 8:16), vind ‘n radikale verandering van lewenswyse plaas (2 Kor. 5:17).
Hierna volg ‘n proses van selfontdekking wat lei tot die behoefte aan ‘n dieper innerlike verlossing (vrymaking) en reiniging van die inwonende sonde asook die vervulling met die Heilige Gees.
Heiligmaking is God se wil vir elke Christen
(1Thess 4:3)
1. Dit is God se standaard - 1 Pet. 1:15
2. Dit is God se opdrag - 1 Pet. 1:16
3. Dit is God se vereiste - Heb. 12:14
4. Dit is God se eie werk - 1 Thess. 5:23,24
Die mens se behoefte aan heiligmaking
1. Verlossing van die verdorwenheid van sy eie hart – Jer. 17:9, Mark. 7:21-23.
2. Oorwinning in plaas van neerlaag – Joh. 8:34,36 en Judas 24.
3. Vrymoedigheid in getuienis (Hand. 4:31) en krag in heilige lewenswandel (1 Thess. 2:10).
Vir wie doen God hierdie werk?
1. Vir die persoon wat sy behoefte besef, erken en bely – Ps. 51:5-8, 1 Joh. 1:9, Rom. 7:14-24.
2. Vir die persoon wat honger en dors na die geregtigheid - Mat. 5:6.
3. Vir die persoon wat glo – Hand. 15:8,9.
Wat gebeur by heiligmaking en die vervulling met die Heilige Gees?
Negatief:
- Die Here reinig die hart van sonde deur Sy bloed – 1 Joh. 1:7,9; Hand. 15:8,9; Ps. 51:4,7,12.
- Hy maak vry (verlos) van inwonende sonde – Rom. 6:18,20; Rom. 7:17,20,23-25; Rom. 8:2.
Positief:
1. Die Here vervul met die Heilige Gees – Hand. 15:8,9; Efes. 5:18.
2. Hy gee ons krag om Sy getuies te wees – Hand. 1:8
(Belofte van Seun – Joh. 14:16,17
Belofte van Vader – Luk. 24:49 en
Belofte van Heilige Gees – Gal. 3:14).
3. Hy gee krag om oorwinnend te lewe – Rom. 8:37.
4.Maak ons gereed om Hom te ontmoet – 1 Joh. 3:3.
Nou volg 'n lewenslange proses van:
1. Vorming en gelykvormigwording aan die beeld van Jesus – 2 Kor. 3:17,18; 1 Thess. 5:23.
2. Geestelike groei – 2 Pet. 3:18; Efes. 4:13,14.
3. Geloof in en gehoorsaamheid aan God en Sy Woord – 1 Pet.1:22.
4. Voortdurende reiniging en vervulling – 1 Joh. 1:7; Efes. 5:18.
HEILGMAKING IS NIE:
Absolute volmaaktheid nie. Vrywaring teen versoeking nie. Verlossing van menslike swakhede nie. Vrywaring van liggaamlike swakhede soos siekte, veroudering, die dood, ens.