The Bible for Dummies Deel 1
Tiener Bybelstudie Reeks
Hierdie reeks studies hoef nie in volgorde bestudeer te word nie, dit volg nie op mekaar nie buiten vir die studies wat ‘n deel 1 en 2 het. Soek al die teksverse in jou Bybel op. Dis belangrik om die teksverse te lees om te sien wat in die Bybel staan aangaandie die onderwerp. Dit sal jou ook help om jou Bybel beter te leerken.
Wat is die Bybel?
Die Verdeling van die Bybel
Die Bybel bestaan uit twee dele wat 66 boeke insluit:
- Die Ou Testament (OT) met 39 boeke
- Die Nuwe Testament (NT) met 27 boeke
Did you know…
…die Bybel het 1189 hoofstukke
…dit vat 80 tot 100 uur om die Bybel een keer deur te lees
…jy kan die Bybel deur lees in 1 jaar as jy 4 hoofstukke per dag lees?
Verdeling van die Bybel:
Hoe het die Bybel tot bestaan gekom?
A. Skrywers
- Die Bybel is uniek in sy oorsprong.
- Dit was geskryf deur ten minste 40 skrywers insluitende konings, digters, skaapwagters en vissermanne.
- Hulle het in verskeie plekke geskryf bv. die tronk, paleise en terwyl hulle op reis was.
- Die skrywers het op 3 verskillende kontinente geskryf – Afrika, Asië en Eropa, en kom uit verskillende vlakke van die samelewing.
Al het hulle in 3 verskillende tale geskryf, kom die Bybel as ‘n perfekte eenheid bymekaar.
B. Inspirasie
- Die Bybel was geskryf deur mense wat onder die leiding van die Hielige Gees was. Ten spyte hiervan het hul persoonlikehede nie verlore gegaan in hulle skrywe nie.
Die resultaat: die Bybel is ‘n voltooide en foudlose boodskap van God aan die mens.
- Die Bybel self sê dat dit die Woorde van God is en daarom betroubaar en waar is.
Psalm 119:160 “Die hele inhoud van u woord is waarheid, en al u regverdige verordeninge is tot in ewigheid.”
2 Petrus 1:20-21 “terwyl julle veral dít moet weet, dat geen profesie van die Skrif ‘n saak van eie uitlegging is nie; want geen profesie is ooit deur die wil van ‘n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek.”
- Die Ou Testament bevat 3808 plekke met die uitdrukking “spreek die Here”, wat die egtheid van die Bybel beklemtoon.
- Die Apostels was ook bewus van die feit dat hulle ‘n ware en geinspireerde boodskap gebring het:
2 Kor 2:17 “Want ons is nie soos baie wat handel dryf met die woord van God nie; maar as opregtheid, maar as uit God, in die teenwoordigheid van God, spreek ons in Christus.”
C. Oordrag
- Totdat die druk proses uitgevind is was die Bybel oorgegee in handgeskrewe vorm.
- Dit was oorgeskryf met meer versigtigheid as enige ander boek.
- Daar is ten minste 15, 000 vergelykbare manuskripte van die Bybel, wat help om ‘copy’ foute te kry en reg te stel.
Tiener Bybelstudie Reeks:
Krisisse - How to handle the ‘curve balls’ in Life...?!?
Secret Ingredient van Verhoudings
The Good, the Bad and the Ugly Relationships
Hierdie studies is saamgestel deur Just Africa Mission NPC
Kopiereg: Voel vry om hierdie studie af te laai en te gebruik of te versprei mits daar niks aan verander word nie en erkenning gegee word aan www.jam.org.za.