fbpx
Evangelism
Evangelism | Reach out to Your Community | Group Bible Study

Work for Christ

DINGE VAN BELANG

deur Helena Garratt
 

Dinge van Belang vir jong Christene

In Afrikaans vertaal deur J.E. Kempen

Laai hierdie boekie af PDF
 
INHOUD
 
 
VOORWOORD
 
1  DIE JONG CHRISTEN SE A.B.C.
 
2  PASOP VIR DIE JAKKALSE
 
3  GEBED EN BYBELSTUDIE
 
4  WORD ‘N SIELEWINNER
 
5  DIE HEILIGE GEES
 
6  ANKERS VIR DIE SIEL
 
7  GOD IS ‘N BELONER
 
8   GAAN VOORWAARTS!
 
9  HEILIGMAKING

 

VOORWOORD

“Daar moet iets gedoen word vir bekeerlinge.  Dikwels word siele kragdadig geseën, maar deur onkunde en weens gebrek aan gesonde leiding word hulle moedeloos en gaan agteruit in hulle geestelike ondervinding.” Dit is om in hierdie groot behoefte te voorsien dat die poging aangewend is om hierdie boekie saam te stel, ter wille van ons Afrikaanssprekende vriende. Dit is ‘n vrye vertaling van “The Young Christian’s A.B.C.” deur mej. Helena Garratt – een van die beste traktaatjies van sy soort, wat al vir talle mense tot onuitspreeklike seën was.  Dit bevat ook briewe aan jong Christene. Die wenke wat u hierin vind is prakties, asook die rype ondervindings van persone wat die weg al lank bewandel. Dat God u ryklik mag seën by die lees van hierdie werkie, is die bede van
 
           J. EBEN KEMPEN.


Hoofstuk 1 DIE JONG CHRISTEN SE A.B.C. 

U het moontlik al van die A.B.C. van die Evangelie gehoor soos dit in Engels voorkom: “All have sinned…” “Behold the Lamb of God…” “Come unto me…”
 
Daar is ook ‘n A.B.C. vir u as jong bekeerde – in Engels altans: “Assurance … Boldness … Crossbearing.” In Afrikaans sou ons hulle noem die drie V’s: Versekering … Vrymoedigheid … Vervolging. Hierdie drie woorde bevat kostelike lesse vir die ‘pasgebore babatjie.’
 
Ons neem die eerste V – VERSEKERING. Die verlange van elke siel wat onder oortuiging van sonde was, is na ‘n heldere versekering dat “Hy ons begenadig het in die Geliefde,” en dat sy vroeëre sondes onder die kosbare bloed is.  Niemand behoort ooit tevrede te wees voor hy hierdie duidelike versekering het nie, want die Woord van God leer ons dat dit ons voorreg is om seker te weet dat ons die ewige lewe het (sien 1 Joh. 5:13). Net soos die blinde man sonder enige twyfel kon sê: “Een ding weet ek:  dat ek blind was en nou sien!” (Joh. 9:25), so behoort ons te weet dat Christus die blinde sielsoë verlig het. Dit is absoluut noodsaaklik om hierdie versekering van ons saligheid te hê, as ons waarlik ‘n sukses van ons geestelike lewe wil maak.  Hiersonder kan ons nooit ware vrymoedigheid in die teenwoordigheid van God hê nie, en die woorde in
Rom. 5:11 “maar ons roem ook in God deur onse Here Jesus Christus”  sal nooit ons werklike ondervinding wees nie!  Dit is ook seker dat ons nie vir ander siele tot hulp en seën kan strek, solank daar enige twyfel ontrent ons eie sielstoestand is nie.  Ek het eenkeer van ‘n Fransman gelees van wie daar gesê is, “sy geloof was ‘n GROOT MISKIEN.” Maar die Bybelse geloof is “ONS WEET.”  “Ons weet dat ons van die dood oorgegaan het tot die lewe.”
 
Die grond van ons versekering is die Here Jesus Christus self.
 
Leigh Richmond het die voorreg gehad om iemand na die Here te lei.  Vir die laaste keer het hy haar op haar sterfbed gaan besoek en vir haar gevra wat haar hoop vir die ewigheid was.  Met haar dun, vermaerde hand op die Bybel antwoord sy, “Christus hier!”  Vervolgens met haar hand wat byna deurskynend was, op haar hart, sê sy, “Christus hier!”  Daarna wys sy na boontoe en sê, “En Christus daar!”  Wat ‘n vreugde vir daardie sterwende siel om so ‘n onwankelbare hoop te hê!  Haar vertroue was gebaseer op die beloftes van Christus in sy Woord:  sy het geweet dat Hy in haar hart woon, in haar, as “die hoop van (haar) heerlikheid” (Kol. 1:27).  Sy het Hom ook aan die regterhand van God geken as dié Een “wat oorgelewer is ter wille van ons misdade en opgewek is ter wille van ons regverdigmaking.” In die tweede plek moet daar VRYMOEDIGHEID wees in die jong Christen se lewe.  In Spreuke 28:1 lees ons “... die regverdiges voel hulle veilig (is dapper Eng. Vertaling) soos ‘n jong leeu”, en deur die krag van die Heilige Gees kan hierdie woorde van elke jong bekeerling waar wees.  Sou u nie graag hierdie ‘dapperheid’ wil besit om Christus te bely en altyd te wys aan watter kant u staan nie?  As u vooruitgang in die Christelike lewe wil maak moet u bely aan wie se kant u staan.  ‘n Christelike werker het eenkeer getuig dat hy, ‘n week na sy redding, in sy geestelike ondervinding agteruitgegaan het omdat hy nie vir sy vriende vertel het watter groot dinge die Here aan sy siel gedoen het nie.  Dit het vir hom baie ure van duisternis gekos voordat hy weer die vreugde van die Here in sy siel terug gehad het.  ‘n Soldaat wat vir baie jare ‘n beginselvaste Christelike lewe in die leër gelei het, sê dat hy kort nadat hy by die leër aangesluit het, begin voel het dat hy nooit in staat sou wees om vir God te leef as hy nie laat uitkom aan wie se kant hy staan nie.  Die krag wat hy daarna ondervind het om vir Christus te kan lewe, skryf hy aan hierdie feit toe – hy het met VRYMOEDIGHEID sy Saligmaker bely in die vroeë dae van sy soldaatskap. ‘n Cambridge student het aan ons vertel dat die volle vreugde en seën sy deel geword het nadat hy genade gevind het om op kollege vrymoedig vir die Here uit te staan.  Vandag is hy ‘n skynende lig vir God.  U kan dus sien dat dit op elke gebied die ondervinding van jong Christene is.  Die groot voorbehoedmiddel teen agteruitgang in die Christelike lewe is om onverskrokke vir die Here uit te staan. Die derde is baie nou verwant aan die tweede, naamlik VERVOLGING.  Wanneer ‘n Christen vir die Here getuig, beteken dit, byna sonder uitsondering, dat hy vir Hom moet ly.  ‘n Jong Christen maak ‘n groot fout as hy dink dat hy ‘n maklike tyd sal hê noudat hy gered is.  Nee.  Jesus sê: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy ... sy kruis elke dag opneem en My volg.”  Ons moet verwag om deur die wêreld gehaat en vervolg te word, en hoe getrouer ons vir die Here uitstaan, hoe meer sal ons ly.  “En almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus sal vervolg word.”  Dit is ‘n bemoedigende teken dat u op die regte pad is as u teëstand ondervind of haat of veragting gely het na u bekering.  Die ware weg wat na die hemel is, is ru, hard en met klippe bestrooi – dit is nooit maklik nie.  Die gevaar is egter dat ons weier om die kruis op te neem en te dra dat as dit in ons weg kom.  Satan sal voorstel dat ons ‘n makliker weg moet kies!  Laat ons egter ten alle koste getrou wees aan dié Een wie se bloed vir ons aan die kruis gevloei het.  Mag u waarlik in staat wees om te kan sê dat, hoewel ander die weg van die kruis verlaat het, u Christus heel die weg sal volg.

Hoofstuk 2 PASOP VIR DIE JAKKALSE! 

In die Hooglied van Salomo, die vyftiende vers van die tweede hoofstuk, lees ons, “Vang julle vir ons die jakkalse, die klein jakkalse wat die wingerde verniel, want ons wingerde staan in die bloei.”  Hierdie versie blyk altyd vir my van besondere toepassing te wees op jong bekeerlinge. In die oog van God was u hart voor u bekering soos ‘n woestyn – daar was niks vir God nie.  Nadat u die Here aangeneem het, het die pragtige “vrug van die Gees” egter sy verskyning in u lewe begin maak.  Sy liefde, vreugde en vrede vul nou u hart, en heiligheid is die leuse van u lewe.   Volgens ons teks blyk dit egter dat die jakkalse die druiwe beskadig terwyl dit jonk en sag is.  Dit skilder vir ons ‘n ware prent van die liste van die Bose.  So gou as die “vrug van die Gees” te voorskyn kom in ‘n jong Christen se lewe, probeer Satan om dit te verniel.  Die begeerte van God vir elkeen van ons is om “veel vrug voort te bring” maar soos iemand tereg gesê het, “As God vir ‘n ding is, is Satan daarteen.”  Hy laat geen geleentheid verbygaan om jakkalse uit te stuur om die wingerde te verniel nie.  Op baie maniere probeer die duiwel ‘n bekeerling verhinder om vrugte tot volmaaktheid voort te bring.  Die jakkalse waarvan hy gebruik maak om die druiwe te beskadig mag verskillend wees, tog is hulle almal baie gevaarlik!  Laat my toe om ‘n paar jakkalse aan te haal waardeur hy die vrug dra van sommige Christene se lewens verwoes het, sodat u op u hoede kan wees.  Om vooraf gewaarsku te wees is om vooruit gewapen te wees.

1.  Die jakkals van Sterk Drank. 

Gedurende ‘n reeks evangeliese dienste, jare gelede gehou, het ‘n gevallenes met ‘n gebroke en verslae hart na God teruggekom en die volgende belydenis gedoen:  “Die eerste stap wat tot my val gelei het, was ‘n glas wyn wat ‘n jong dame my aangebied het.”  Hy is nie die enigste wat deur hierdie ‘jakkals’ verwoes is nie, maar honderde ander.  Elke Christen behoort op sy hoede hierteen te wees.  Kort na die bekering van ‘n sekere jong man, word hy met ‘n vriendelike “kom drink saam” deur een van sy ou maats uitgenooi.  Sy antwoord was:
“My Meester laat my nie in kantiene toe nie.” “En wie is jou Meester?” vra sy vriend vinnig, “watter reg het hy om hom met jou te bemoei?” My Meester is die Here Christus,” antwoord die jong Christen. Toe sy maat dit hoor, sê hy: “O, staan sake so met jou?”  Daarop draai hy kortom en stap weg. Liewe vriend, het u al na u bekering beslis opgetree teen sterk drank?  So nie, dan is dit u plig om dit te doen! (Sien Rom. 14:21).
 
‘n Ander ‘jakkals’ wat miskien nie so gevaarlik soos drank lyk nie, maar wat nogtans die vrugbaarheid van baie Christene se lewens verwoes het, is:

2.  Wêreldse Vermaak

Die beskuldiging word soms ingebring dat predikers hulle te sterk uitdruk oor wêreldsgesindheid, maar wie van ons sal dit waag om hom so skerp uit te druk soos die Bybel?  Niemand sal onderneem om op eie gesag sulke woorde soos die volgende, te uiter nie: “Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie; wie ‘n vriend van die wêreld wil wees, word ‘n vyand van God” (Jak. 4:4, lees ook 1 Joh. 2:15,16). Pas op vir die ‘jakkals’ van  wêreldsgesindheid!  Satan weet, hoewel u dit miskien nie weet nie, hoedat wêreldsgesindheid die Christen se lewe sal laat verwelk.  Hy weet goed dat as die liefde van die wêreld besit neem van u hart, dit die liefde vir Christus en verloregaande siele uitdryf.  Hy weet dat as die wêreld ‘n houvas op u kry, u gebedslewe en getuienis kragteloos sal word.  Pas veral op vir die ‘klein jakkalsie’ van wêreldsgesindheid, van sogenaamde ‘onskuldige vermake’.  Onthou dat niks onskuldig is wat Jesus vir jou minder dierbaar maak nie.  Vra vir uself die volgende vrae af voordat u na enige vermaaklikheid gaan:
 
(a) Kan ek God, deur my gaan daarheen, verheerlik? Ons het geen reg om êrens te gaan, of iets te doen wat nie tot eer van God strek nie.  1 Kor. 10:31 is die wet van ‘n Christen se lewe.  “Of julle dan eet of drink of enigiets doen, doen alles tot verheerliking van God.”  “Ek kom nie daar naby nie; God word nie daar verheerlik nie” – dit was die ware rede waarom ‘n sekere Christen ‘n ‘plek van onskuldige vermaak’ vermy het.
 
(b) Sou ek graag wil hê dat die Here my daar moet vind? Eenkeer was ‘n Christen onder baie buitengewone omstandighede omgehaal om ‘n bioskoopvertoning by te woon.  Die volgende oggend het sy moeder vir hom gevra hoe hy die vertoning geniet het; sy antwoord was as volg: “Goed genoeg in ‘n sekere sin – maar terwyl ek daar was, het ‘n gedagte my binnegeskiet, en as dit by my opgekom het voor ek gegaan het, sou ek dit seker nooit gedoen het nie, maar ek is inelkgeval nie van plan om weer te gaan nie.  Die gedagte was – “Sê die Here moet my hier vind?”  As elke jong bekeerde die onverwagte koms van die Here in gedagte hou, sal dit hom vrywaar van menige verkeerde stap.


Ons sou nog baie ander ‘jakkalse’ wat die ‘jong druiwe’ verniel, soos bv. Verwaarlosing van gebed, en Bybelstudie, skinderpraatjies, onheilsame leesstof, ens.., kon byvoeg, maar ruimte sal nog net een toelaat. 

3.  Die ‘jakkals’ van ongewenste (goddelose) geselskap. 

‘n Tydjie gelede was ons in gesprek met ‘n jong dame wat koud geword het in die Here se diens.  Ons vraag aan haar was, “weet jy wat die oorsaak van jou agteruitgang is?”  Hierop was haar antwoord, “ek veronderstel dit was verkeerde geselskap.”  Dit is van groot belang met wie jy vriende maak.  Elke uur met ‘n lewende Christen deurgebring lig jou hoër, terwyl tyd met die ongeredde bestee jou aftrek – weg van God af.  (‘n Christen mag nie die Here se vyande as sy vriende kies nie.)  In 2 Kron. 19:2 lees ons: “Moet ‘n mens die goddelose help, en het u lief die wat die Here haat?”  Elke kind van God behoort saam met die Psalmis te kan sê: “Ek is ‘n metgesel van almal wat u vrees, en van die wat u bevele onderhou.”  Laat die volgende woorde ons gebed wees, sodat die jakkalse uit ons wingerde gehou mag word, en ons lewens inderdaad vrugbaar vir God mag wees:
 
“Neem my hart, en laat dit immermeer, Vir alles toe wees behalwe vir U, o Heer.”

Hoofstuk 3 GEBED EN BYBELSTUDIE

Daar is twee noodsaaklikhede in ‘n Christen se lewe – gebed en Bybelstudie.  Elke jong bekeerde behoort God ernstig te smeek om hom ‘n liefde vir gebed en sy Bybel te gee.  Die sukses van sy toekomstige Christelike lewe sal grotendeels afhang van die tyd wat in gemeenskap met God deurgebring word, en die studie van Sy Woord.  Laat ons eers oor laasgenoemde praat.  Die uitstaande Christene was altyd dié gewees wat hulle Bybels die meeste liefgehad het en dit die getrouste ondersoek het.  As u dus verlang om ‘n brandende en skynende lig vir God te wees, moet u besluit dat die Bybel nommer een in u lewe sal wees, en dat u meer tyd daaraan sal bestee as aan ander leesstof.  Laat die Woord van God u gedurige gids wees, soos die Psalmis gesê het: “U Woord is ‘n lamp vir my voed en ‘n lig vir my pad.” Onlangs het ‘n dierbare kind van God vir ons sy ondervindings vertel, onder andere hoe hy as ‘n jong Christen na Amerika gegaan het. “En het jy agteruitgegaan op geestelike gebied terwyl jy daar was?” vra ons; want ons het geweet hoe hulle gou op die dwaalspoor gebring word deur die aantreklikheid en versoekings van daardie land.  “Glad nie,”  antwoord hy, “want ek het my kaart (sy Bybel) saamgeneem, en as iemand my vra om na ‘n wêreldse plesier plek te gaan, het ek geantwoord dat ek eers moet gaan kyk of my ‘kaart’ my reg gee om dit te doen.”  Dit is geen wonder dat hy nie gestruikel het nie, aangesien hy so ‘n gids gevolg het – die onfeilbare Woord van God!


Maar behalwe ‘n ‘gids’ kan ons Bybel ook op ‘n lieflike manier ons ‘maat’ wees.  Het u al ooit die versie in die sesde hoofstuk van Spreuke, wat ons op Gods Woord kan toepas, opgemerk?  “Mag dit jou lei as jy wandel, oor jou wag hou as jy slaap en jou toespreek as jy wakker word” (vers 22).  In elke jong Christen se lewe is daar oomblikke van eensaamheid wanneer hy voel dat sy ou vriende nie meer vir sy geselskap omgee nie, en dat daar nie ‘n Christenvriend naby is wat met hom medelyde kan hê nie.  In sulke oomblikke is dit u kans om u na die Bybel te wend vir troos en geselskap.  Eenkeer het ‘n klomp mense wat seën ontvang het hul om die werkster geskaar by die end van die reeks dienste, en gesmeek dat sy vir hulle moes skrywe as sy terug is in Engeland.  Sy wis dat dit onmoontlik sou wees om met hulle almal briewe te wissel, toe sê sy vir hulle: “Neem julle Bybels as julle eensaam is, en lees ‘n brief van julle beste Vriend daaruit – Jesus.”  As u haar raad aanneem, sal u uitvind dat die Bybel waarlik ‘n ‘maat’ is. Hier is nou ‘n paar wenke, hoe om die Bybel te lees:
 
(1)  Lees dit Gereeld. – Bepaal ‘n tyd hiervoor en laat niks toe om u ontmoetings met God te verhinder nie;  soos iemand gesê het: “Voer altyd u bestelling met God uit.”  Die geskikste tyd om die Bybel te lees is in die vroeë oggendure, want dan is u gedagtes helder en vars, en u kan meer inneem as in die aand wanneer u moeg en lomerig is.  Ook sal dit u versterk as u in die oggend met die Woord van God gevoed word, om die versoekings en beproewings van die dag tegemoet te gaan.  Kinders van God het al getuig dat as hulle hul Bybel en gebed in die môre verwaarloos, alles gedurende die dag verkeerd loop.  Soos ‘n man wat nie ontbyt geëet het nie onbekwaam vir die dag se harde werk is, net so is ‘n Christen kragteloos om die daaglikse versoekings te weerstaan as hy nie op sy Bybel kan teer nie.
 
(2)  Lees u Bybel dwarsdeur. – Moenie net geliefkoosde hoofstukke lees nie; lees alles tussen die twee buiteblaaie.  Party mense vind baat daarby om in die oggend ‘n hoofstuk in die Ou Testament te lees en die aand in die Nuwe Testament. (3)  Lees u Bybel al voel u nie lus daarvoor nie. -  As ons somtyds nie lus voel om die Bybel te lees nie, dink ons dat dit ons nie tot nut sal wees om dit te doen nie; maar hierdie gedagte kom van Satan, want die Bybel is nie alleen ons voedsel nie, maar ook ons medisyne – “Hy het sy Woord uitgestuur, dat Hy hulle kon gesond maak ...” (Ps. 107:20).  As ‘n bekeerling ‘n koudheid en traagheid vir sy Bybel voel, is dit juis die tyd wanneer hy hom na die Bybel moet wend om sy siel te verkwik. As ‘n Christen aan die voete van die Here sit en na sy Woord luister, sal hy ook leer hoe om te bid.  (Sien 2 Sam. 7:4-29).  Nadat Gods Woord Dawid bereik het, het hy sy siel in gebed uitgestort.  Behalwe die vasgestelde tye van gebed moet u voortdurend in die loop van die dag u hart ophef in gebed tot God.  ‘n Skrywer het gesê: “Geen plek of geselskap kan ons die voorreg van gebed ontneem nie.  Petrus het op die dak van ‘n huis gebid; Jona op die seebodem; Isak in die veld; Nehemia toe hy aan tafel bedien het; Jesus op ‘n berg; Paulus in die gevangenis.”  Wat ‘n salige troos om te weet ons kan oor alles bid!  Fil. 4:6 – “Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God.”  Onchristelike mense sal ons probeer wysmaak dat ons net oor belangrike sake moet bid, en nie oor die kleinighede van ons lewe nie.  ‘n Groot leermeester het egter gesê: “Ons behandel God met minagting as ons Hom uit ons lewe verban; maar nie as ons Sy wil om nietige dingetjies raadpleeg nie.”  God is ons Vader, en Hy luister graag na alles wat Sy kinders aan Hom te sê het. Gebed en die studie van Gods Woord is dus onmisbaar in die Christelike lewe; of soos iemand gesê het: “As u met God wandel, dan moet u met God praat, anders sal u spoedig ophou om met God te wandel.”

Hoofstuk 4 WORD ‘N SIELEWINNER 

‘n Offisier van die Heilsleër is eenkeer gevra watter leuse die grootste invloed op sy lewe uitgeoefen het.  Sy antwoord was een woord: “ANDER.” Mag die Heilige Gees tog aan die begin van u Christelike lewe hierdie woord op u hart ingraveer.  Dit was die leuse wat die lewe van Christus beheers het.  Die woorde, “Hy het ander gered,”  hoewel met veragting deur die owerstes gebesig, was nieteenstaande waar van Sy lewe.  U moet streef vir die redding van ander as u in Sy voetstappe wil volg.  Christus het u nie alleen vir u eie ontwil gered nie, maar ook dat Hy deur u aan ander voorgestel kan word.  Luister na Sy eie woorde ... “Hiertoe het Ek aan jou verskyn om jou te bestem tot ‘n dienaar en getuie ...”  (Hand. 26:16-18).  As hierdie doel wat Christus voor oë gehad het toe Hy u geseën het, u beetpak, sal dit die uitwerking hê dat u ‘n sielewinner sal word.  U sal van selfsugtigheid gered word, en die Woord van God sal in u hart brand.  “Ek het geen behae in die dood van hom wat sterwe nie, spreek die Here HERE” (Eseg. 18:32).  Dit sal die ambisie van u lewe wees om te getuig van die reddende krag van Jesus, en om ander na God te keer. Hoeveel Christene is daar wat net die eerste agt woorde van 1 Joh. 2:2 lees en daar ophou: “En Hy is ‘n versoening vir ons sondes.”  Dis ‘n goddelike waarheid wat heerlike vreugde bring, om te weet dat Christus ‘n volkome versoening teweeggebring het vir ons sondes; die Heilige Gees gaan egter verder en voeg daarby; “en nie alleen vir ons s’n nie, maar ook vir die van die hele wêreld.”  Gee ‘n paar minute in die teenwoordigheid van God, aandag aan die laaste vyftien woorde van hierdie versie, totdat hulle vir u net so ‘n werklikheid word soos die eerste agt.  As u dit doen, sou u gou vra, “Wat kan ek doen om ander vir Christus te win, wat nie Sy lewe vir my alleen gegee het nie, maar vir die sonde van die hele wêreld?” U sal mense kry wat vir u sal sê jong Christene behoort nie aan die Here se werk deel te neem nie.  Dit is egter glad nie wat die Bybel sê nie.  Paulus, in sy brief aan die Filippense dank God “oor (hulle) gemeenskap aan die evangelie van die eerste dag af tot nou toe”  (Fil. 1:5)  Dus kan u van die eerste dag van u bekering af deel hê aan die verspreiding van die evangelie.  Andreas was slegs ‘n paar uur gered toe het hy al Petrus, sy broer, na Jesus gelei.  Let op watter geringe woord die middel tot sy bekering was – net een kort sinnetjie, “Ons het die Christus gevind.”  Miskien sal u nie ‘n preek kan lewer nie, maar u kan net in ‘n paar woordjies soos Andreas getuig dat u Jesus gevind het, en God sal u getuienis tot seën maak. Ons wil drie redes aangee waarom u moet probeer om siele te win.  Ons sal begin met wat miskien die geringste rede blyk te wees:
 
(1)  Ter wille van u eie geestelike welsyn. – Daar is niks wat ‘n jong Christen se siel meer lewend hou as om vir die Here te werk nie.  Die bekeerling wat nooit aan die weeklikse biduur deelneem of vir die Here getuig nie, sal nooit ‘n krag in die hand van God word nie.  Baie geestelike werkers kan getuig dat hulle ywer en arbeid om vir ander tot seën te wees oorvloedig beloon is, deur die waarde wat hulleself daaruit getrek het.  Al sou dit net ter wille van die kosbare lesse wees wat ons leer deur vir die Here te werk, sou dit die moeite werd wees om ons vir Sy diens op te offer.
 
(2)  Ter wille van verloregaande siele. -  Het u al ooit nagedink oor die uitdrukking wat twee keer in die bekende versies (Joh. 3:15,16) gebruik word?  “Nie verlore moet gaan nie ... nie verlore moet gaan nie?”  Hoe ‘n floue besef het ons van die woord “verlore”.  Dit laat ons besef dat dit iets verskrikliks moet wees, as ons daaraan dink dat God Sy geliefde Seun gegee het, om ons van so ‘n oordeel te red.  As ons aan hierdie vreeslike bestemming vir die goddelose dink, mag dit ons aanspoor tot meer gebed en gewilligheid om ‘uit te brand’ ter wille van verlore sondaars.
 
(3)  Ter wille van Jesus. – Ons hoogste motief om vir God te werk is dat Jesus verheerlik mag word in die redding van siele.  Hierdie gedagte, bo enigeiets anders, sal ons aanspoor in ons diens.  Die volgende is eenkeer deur ‘n sendeling in Afrika gesê: “Nie alleen jammerte vir verlore siele nie, maar ywer vir die eer van God, is wat ons nodig het om ons aan te spoor tot oorwinning.”  Mag die Morawiese wagwoord waar wees in ons werk vir God: “Om vir die Lam wat geslag was, die beloning van Sy lyding te verkry.” Dat siele deur ons lewens sowel as ons woorde  gered kan word, is ‘n feit wat dikwels uit die oog verloor word.  In sy skrywe aan die vroue, vermaan Petrus hulle om so te lewe dat hulle mans, hoewel aan die Woord ongehoorsaam, “hulle ook deur die wandel van die vroue sonder woorde gewin kan word” (Pet. 3:1,2).   “Hoe het jy tot bekering gekom?”  het ons eenkeer aan ‘n vriend gevra. “Ek het my bekering aan my vrou te danke”  was die antwoord. “Ek veronderstel sy het met jou oor jou siel gepraat?”  vervolg ons. “Nee, sy het glad nie met my gepraat nie, dit was haar lewe.  Ek is getref deur die rus en vrede wat sy geniet het, en haar lewe was so verskillend van die van ander.  Eindelik het ek aan haar gesê, “jy besit ‘n wonderlike geheim waarvan ek niks weet nie.  Wat is dit?”  Toe het sy met my oor my siel gepraat.  Die gevolg was dat ek angstig begin word het.  En nie lank daarna nie was sy die middel in die Here se hand om my die gawe van die saligheid in eenvoudigheid te laat aanneem.”
 
Liewe vriend, as u u dierbares na die Here wil lei, moet u versigtig wees hoe u voor hulle lewe.  U woorde sal nie veel gewig dra as hulle opmerk dat u prikkelbaar, ongeduldig en selfsugtig in u huis is nie, maar as u lewe Christus weerspieël, sal hulle jaloers word om Hom ook te ken.   Bid God dat Hy die woord ‘ander’ op u hart mag inbrand, en dat Hy sal verhoed dat u nooit tevrede sal word met die feit dat u alleen verlos is, maar altyd sal soek om ander na Hom te lei.  Gee u ernstige aandag aan die volgende sinne deur eerw. Mark Guy Pearce – “Die gesegde van Augustyn, wat so dikwels aangehaal word, is waar – en tog bring dit maar net die helfte van die waarheid uit: ,U het ons vir Uself gemaak, o God, en die hart kan nooit rus vind voor hy dit in U vind nie.’  Die ander helfte van die waarheid is nodig om dit te voltooi.”  U het ons vir ander gemaak, en dit is alleen wanneer ons ander seën, dat ons self geseën word.”

Hoofstuk 5 DIE HEILIGE GEES “Julle ken Hom”

“Waaroor sal ons vanaand met die bekeerlinge praat?”  Hierdie gedagte het opgekom toe ons, na die sluiting van ‘n reeks dienste, vir die ‘babatjies in Christus’  wou dienste hou.  “Wat sou die Here Jesus gedoen het as Hy in ons skoene gestaan het?”  En jou word ons gedagtes weggevoer na Sy laaste lewensure toe Hy Sy ‘eie’ rondom Hom versamel het.  Waaroor het Hy toe met hulle gepraat?  Toe ons die veertiende en sestiende hoofstukke van Johannes lees, kon ons nie help om te bemerk dat die Here bo alles graag met die dissipels oor die Heilige Gees gepraat het nie.  Ons het daardie aand ook met die jong Christene oor die Trooster gepraat; en vandag wil ons met u oor dieselfde onderwerp praat. Nooit het ons ‘n uitdrukking wat ‘n predikant in ‘n brief aan ons gebesig het, vergeet nie – “Hoe innig moet ons die Heilige Gees liefhê, omdat Hy ons laat insien wat ons aan die Heilige Gees verskuldig is, omdat Hy ons soos Christus vorm.  En nou wil ons u herinner aan wat u aan Hom verskuldig is by u bekering.  U kan wel in dankbaarheid uitroep: “Ere aan God, en sy Seun, en die Heilige Gees.”  Die Gees het u van sonde oortuig; alleen deur Sy mag is u oë geopen om u skuld en gevaar te sien.  Die Grootste prediker wat ooit gelewe het, sou magteloos wees om u sonder die Heilige Gees van sonde te oortuig (Joh. 16:8).  Dieselfde Gees het u die geloof gegee (Gal. 5:22).  Onthou u hoe u in bekommernis oor u siel in staat gestel is om u oë van u vrees en gevoelens af te neem en God eenvoudig op sy beloftes aan te neem?  Dit was as gevolg van die Heilige Gees se werking in u.  Ook het Hy u die versekering van kindskap gegee (Rom. 8:16); en deur Sy
wederbarende krag is u wedergebore en het u ‘n nuwe skepsel in Jesus Christus geword (Joh.3:5). Die woorde wat die opskrif van hierdie hoofstuk uitmaak, vind ons in Joh. 14:17, waar die Here met sy dissipels spreek en sê: “Julle ken Hom.”  Ons vurige verlange is dat hierdie woorde van elke jong Christen waar mag wees.  As u gevra word: “Ken u Jesus?”  dan sal u sonder om te aarsel, antwoord “ja”; maar kan u op die vraag: “Ken u die Heilige Gees?” net so beslis antwoord?  Aangesien die sukses van u toekomstige Christelike lewe grootliks van u kennis van die Heilige Gees afhang, wil ons hê u moet ‘n tydjie hieroor nadink; Hoe kan u Hom leer ken as ‘n Persoon, die krag van u lewe?
 
(1)  Deur studie van die Woord van God leer ons die Derde Persoon van die Drieeenheid ken.  Neem die Bybel as u begerig is om Hom te ken, en slaan al die plekke na waar die Heilige Gees genoem word.  Onderstreep die versies in u Bybel en bepeins hul biddend.  Op hierdie manier sal u kennis van die Persoon en werk van die Heilige Gees opdoen, wat ‘n geweldige invloed op u toekomstige lewe en diens sal uitoefen. (2)  Ons leer die Heilige Gees ken deur Hom in Sy volheid te ontvang.  Paulus skrywe aan die Efesiërs en sê dat hul met die Gees verseël is toe hul in Christus geglo het (Efs. 1:3).  Maar hy begeer nog iets diepers vir hul en in die vyfde hoofstuk sê hy: “Word met die Gees vervul.”  Toe u Christus vertrou het, is die Heilige Gees aan u geskenk (“want as iemand die Gees van Christus nie het nie, die behoort nie aan Hom nie”), maar moenie hiermee tevrede wees nie.  Ywer om “met die Gees vervul” te wees.  Moenie rus voordat u nie hierdie seën ontvang het nie; sonder Hom sal u lewe lamlendig en dor wees.
 
Alles wat ‘n jong Christen moet hê, is in die Heilige Gees.  As u huiwerig is om te getuig kan die Heilige Gees u met vrymoedigheid vul, en u lippe, wat nou geslote is, as hulle vir die Meester moet praat, ontsluit.  Het u behoefte aan aanmoediging?  Dan sal u dit in die Trooster kry (Hand. 9:31 – Weymouth: “Toe die Kerke aanmoediging van die Heilige Gees ontvang was hul vermenigvuldig”). Eenkeer het ‘n jongman vir ons geskrywe: “Ek voel altyd of ek iemand nodig het om my aan die hand te neem en nader na Jesus te lei.”  Toe ons dit lees, voel ons dat die leemte in sy lewe gebrek aan die volheid van die Gees was.  As hy dit besit, sou daar ‘n innerlike krag wees wat hom voor- en opwaarts laat beur.  Vir ‘n predikant het ‘n Amerikaanse vrou, met wie hy gepleit het om sonde te laat staan, gesê: “Ek is nie sterk genoeg om goed te wees nie.”  Miskien voer ‘n sekere sonde heerskappy oor u lewe en u voel nie ‘sterk genoeg’ om dit baas te raak nie.  Vir u is daardie belofte, “Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom.”  Gaan u nou op die plek ten volle oorgee en Hom vertrou om u met Sy Gees te vervul?  Hy het belowe as u op Hom wag “sal u toegerus word met krag uit die hoogte.”
 
(3)  Ons leer die Heilige Gees ken deur Hom te gehoorsaam.  Ons lees dat die Gees gegee word aan hulle wat Hom gehoorsaam (Hand. 5:32).  Party Christene wat die volheid van die Heilige Gees soek, is teleurgestel omdat hulle lewes
kragteloos bly.  Die rede is dat hulle nie gehoorsaam was nie.  Dit is waar wat die eenvoudige koortjie sê: “As ons net aanhou gehoorsaam, dan sal die krag kom.”  As ons ongehoorsaam is, is die Heilige Gees bedroef, en sy kragtige werking in en deur ons word verhinder.
 
(4)  Ons leer die Heilige Gees in ‘n voller en dieper mate ken deur op Hom te steun.  Onthou, Hy is in u om u te onderrig as u die Bybel lees.  Steun op Hom, as u bid, om u swakhede te hulp te kom (Rom. 8:26).  Vertrou op Hom om deur u te praat as u aan ‘n diens moet deelneem.  Deur Sy krag sal u in staat wees om siele vir Christus te win. Hy gebruik die swak dinge.  ‘n Offisier van die Heilsleër het eenkeer gesê: “U hoef nie ouer of slimmer as ander te wees, om hul tot seën te strek nie, maar net met die Gees vervul.”

Hoofstuk 6 ANKERS VIR DIE SIEL 

Ons wil ‘n paar tekse aangee wat kan dien as ankers vir die siel. In Ps. 40:3 gee die Psalmis sy persoonlike getuienis in die volgende woorde:  “Hy het my uit die kuil van vernietiging, uit die modderige slyk opgetrek en my voete op ‘n rots gestel.” Dié van ons wat onder oortuiging van sonde was, aangekla deur ‘n skuldige gewete en agtervolg deur vrees vir die dood en komende oordeel, kan inderdaad getuig dat dit “..’n kuil van vernietiging was.”  Tereg kan ons mond gevul wees met ‘n loflied tot God, omdat Hy ons verlos het.  Waar ons op die sinkende dryfsand gestaan het, is ons nou op die soliede Rots, Christus, gegrondves.
 
*   *   *
 
Daar is egter baie Christene wat weet wat dit beteken om van die kuil uit sonde verlos te wees, maar nog nie geleer het dat God ook magtig is om vas te hou nie.  Iemand sê die rede waarom hy vir enige jare lank na sy bekering so ‘n teenstrydige lewe gelei het, was omdat hy nooit verstaan het dat bekering beteken om “klaar te wees met sonde” nie.  Hy het maar gedurig gesondig en dan weer om vergiffenis gesmeek, totdat hy uitgevind het dat God magtig is om hom van sonde te bewaar.  Mev. Booth, van die Heilsleër, het gesê dat dit maar ‘n skrale troos sou wees om iemand te red wat besig is om te verdrink, as hy onder die wrede noodsaaklikheid verkeer het om homself weer terug te werp in die water!  Met eerbied gesê – dit sou ‘n halwe saligheid gewees het, as God net ons verlede oortredinge sou vergeef en ons nie sou krag gee om versoeking te weerstaan nie. Woorde tot aanmoediging vind u in Ps. 119:117: “Steun my, dat ek verlos word.”  As u na u bekering voortdurend in sonde geval het, is die rede dat u op uself vertrou het in plaas van op die krag van God te steun.  Miskien het u nog nooit besef dat u onmagtig is om uself te red of vas te hou nie, maar dat u sterkte in Christus is, wat nooit sluimer of slaap nie. Hoe nadelig is dit tog as ‘n Christen wankel!  Watter oneer bring dit nie op die Naam van Christus, en hoeveel skade ly Sy saak nie daardeur nie!  Mag die woorde van Ps. 17:5: “My gange het vasgehou aan u spore, my voetstappe het nie gewankel nie,” u ondervinding wees.  Maak dit u gebed elke oggend dat dit so mag wees, en God sal u seën. Die derde anker vind u in Jes. 40:31 – “... die wat op die Here wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie; hulle wandel en word nie mat nie.”  Hierdie versie spreek van besliste groei en vooruitgang in die Christelike lewe.  Dit is nie genoeg om net uit die kuil van sonde ‘opgetrek’ te wees, of ‘gesteun’ te word deur die krag van God nie.  Daar moet elke dag besliste vooruitgang in ons geestelike ondervinding wees.  Hoeveel Christene is daar wat ‘stilstaan’!  Word u onder hulle getel?  Of kan almal bemerk dat u daagliks toeneem in genade en meer van Jesus leer?  In een van sy briewe het Samuel Rutherford gesê: “Elke dag kan ons meer skoonheid in Jesus sien.”  As dit in u geval waar is, en as Jesus elke dag vir u meer dierbaar word, is dit ‘n duidelike bewys dat u ware vooruitgang in u geestelike lewe maak.  Iemand het die volgende gesê: “By bekering word sonde bitter, en Christus word soet, en soos ons toeneem in genade, word sonde meer bitter en Christus meer soet.”  As sonde nie meer afskuwelik en haatlik word nie, en Christus liefliker nie, is dit ‘n bewys dat ons nie geestelike vooruitgang maak nie.  *   *   *
 
Ons vierde anker vind ons in Hand. 7:55, waar daar van Stéfanus gesê word: “Maar hy was vol van die Heilige Gees, en het die oë na die hemel gehou.” Dit is die werk van die Heilige Gees om ons opwaarts te wys.  Hy soek altyd om ons met Christus besig te hou.  Satan poog altyd om ons van Christus af te trek, want hy weet goed genoeg dat die Christen se oorwinning hierin lê om “weg te kyk na Jesus!”  Jong Christen, leer hierdie geheim om op te kyk na Jesus.  Satan is onvermoeid in sy pogings om u Christus uit die oog te laat verloor.  Somtyds kom Satan na ‘n ‘pasgebore kindjie’ en maak hom neerslagtig, deur hom aan die sondes van die verlede te herinner.  Dan weer ontmoedig hy hom deur vir hom te vertel hoe swak hy is, of hy sal selfs sy hart met vrees vervul, deur vir hom die moeilikhede van die toekoms aan te toon.  Oorwinning lê egter hierin deur beslis te weier om na Satan te luister as hy sê “Kyk terug” of “Kyk na binne” of “Kyk vorentoe”, maar inteendeel ag te slaan op die stem van die Gees terwyl Hy fluister, “Kyk op!”  Die volgende ondervinding van ‘n prediker was vir menige kind van God tot groot seën:  “As ek na myself kyk is ek ongelukkig; As ek na andere kyk is ek verward; As ek na Jesus kyk is ek gelukkig.” Iets waaroor ons die grootste berou sal hê, as ons die Here eendag van aangesig tot aangesig sal ontmoet, is dat ons maklik en dikwels ons oë van Hom afgeneem het, toe ons nog hier op aarde was.
 
*   *   *
 
Die laaste versie waarvan ons melding wil maak is 1 Thes. 4:17: “Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in die wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.” Eenkeer toe ek deur die distrik van Donegal gereis het, het ek my in die geselskap van ‘n opgeruimde Christen-matroos bevind.  Dit het ons harte met blydskap vervul om oor die dinge van die Here te praat, terwyl ons op reis was.  Nadat ons by ‘n sekere stasie afskeid geneem het, het hy teruggekom na die venster van die spoorwegwa en my as volg toegespreek: “Hou aan om op te kyk, gereed om opgeneem te word.”  Daar was ‘n hele boodskap in daardie sin opgesluit.  Ek wil dit dus tot u oorbring.  As ons gedurig ‘opkyk’ om ‘die Koning in sy skoonheid, en die land ver van hier’ te aanskou, sal ons ongetwyfeld gereed wees om ‘weggevoer’ te word by die verskyning van die Here.

Hoofstuk 7 GOD IS ‘N BELONER 

Daar is baie mense wat God aansien vir ‘n harde meester; maar dit is Satan wat Hom as sulks voorstel.  God is ‘n liefdevolle Vader wat behae daarin skep om Sy kinders te beloon.  So dikwels as die Christelike lewe hard en moeilik is, word ons ontmoedig, omdat ons die belonings uit die oog verloor, wat God vir ons vir hierdie lewe en die hiernamaals belowe het.
 
Wat vergeld God dan spesiaal?
 
Laat ons eers aan GEBED dink. Die Here Jesus sê: “Bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde” – Matt. 6:6.  Die Bybel wemel van voorbeelde van hoe God gebede beloon.  Om maar net die Boek Handelinge te neem.  In die eerste en tweede hoofstukke sien ons hoe God diegene wat tien dae in gebed op Hom gewag het, met die Heilige Gees vervul het as hulle beloning.  Die dissipels se gebed in Hand. 4:29,31 om die Woord van God met vrymoedigheid te spreek. Ten spyte van vervolging en teenstand, is oombliklik beantwoord.  Ons gaan aan na hoofstuk 8:15, 17; daar sien ons dat God, in antwoord op die gebede van die apostels, die Heilige Gees aan die bekeerlinge te Samaria, geskenk het.  In hoofstuk 9 vers 40 is Dorkas uit die dood opgewek deur Petrus se gebed.  Die feit dat Petrus in antwoord op die gebede van die heiliges uit die gevangenis verlos is, sien ons in hoofstuk 12, en in hoofstuk 16 sien ons dat God die aardbewing, wat die tronkdeure oopgeskud en hulle vrygelaat het, gestuur het, terwyl Paulus en Silas in gebed verkeer het.  Wondere is in daardie dae deur gebed verrig – dieselfde kan nog vandag geskied! 


Ons het eenkeer eerw.  Grubb hoor sê: “Die eeu van wondere is nie verstreke nie, maar die eeu van ons ongeloof het begin!” Dis nie nodig om te wag totdat ons oud en ervare heiliges is voordat ons krag in gebed kan hê nie.  Deur die krag  van gebed kan die jong Christen die hand wat die wêreld beheers, beweeg om redding tot stand te bring. Hier volg ‘n pragtige verhaal deur A.B. Simpson: “’n Sendeling in verre Indië voel ontmoedig met die vyf inboorling meisies in haar klas wat so uiters sleg is dat sy geneig voel om hulle op te gee.  In ‘n uitbarsting van trane skryf sy aan ‘n vrome smid in Ohio (V.S.A.), ‘n kragtige gebedsman.  Hy ontvang die brief Saterdagaand, gaan hy huis toe en na aandete sonder hy hom in sy privaat kamer af.  Daar vir ure aaneen hou hy die name een vir een voor God op; toe hy eindelik van sy knieë af opstaan, was hy bewus dat iets uitgevoer was. “Laat ons nou teruggaan na Indië.  Volgens die wet van die geografiese lengte is Saterdagaand in Ohio Sondagmôre in Indië.  Terwyl die man van God daar ver in gebed verkeer, het die môre hier in die Ooste gebreek.  Andermaal ontmoet die sendelinge haar klas.  In die tussentyd gaan die gebed op in Ohio, terwyl die klas besig is in Berar.  Daar het egter iets plaasgevind; hulle het verander; hulle onbehoorlikheid, ligsinnigheid en eiesinnigheid was weg.  Daar is trane in hul oë; hulle luister aandagtig.  Een vir een sluip hulle weg na die onderwyseres en smeek om vergiffenis aan haar voete, en terwyl sy saam met hulle bid, kom almal tot bekering.  ‘n Paar jaar gelede het die skrywer die voorreg gehad om sommige van daardie meisies te ontmoet, toe vroue van inboorling predikers – pragtige, geseënde Christen vroue.” God beloon nie alleen gebed nie, maar ook
 
Die wat Hom met die hele hart soek. “God is ‘n beloner van die wat Hom soek” (Heb. 11:6).  Generaal Booth het eenkeer gesê: “Ek sal u die juiste oomblik sê wanneer u God kan vind – wanneer u Hom met die hele hart soek.”  As ‘n siel met sy hele wese na ‘n seën verlang, sal God hom nooit laat wag nie.  In 1884 het daar ‘n wonderlike Heiligheids beweging in Cambridge ontstaan, wat tot gevolg gehad het dat talle van die studente die ondervinding van heiligmaking deelagtig geword het.  Jare daarna skrywe biskop Moule as volg: “Daar was ‘n hartstogtelike begeerte na die volkome verlossing van die mag van sonde.”  Hierdie intensiewe verlange, en heelhartige soek na God, was so ryklik beloon dat die seën tot alle dele van die wêreld gevloei het deur die studente wat toe met die Gees vervul was.  Op ‘n baie werklike en kosbare wyse beloon God die man of vrou wat Heeltemal van die wêreld afgeskei is. In Abraham se geval kom dit uit.  Nadat hy die geskenke geweier het wat die koning van Sodom, wat ‘n tipe van die wêreld is, hom aangebied het, het God tot hom genader en gesê: “Ek is vir jou ‘n skild, en jou loon is baie groot.”  Vandag nog beloon God diegene ryklik wat afgeskeie leef en die nou pad bewandel.  Sou God ooit mnr. Peget Wilkes kon vereer het deur hom vir duisende siele tot seën te maak, as hy hand in hand met die wêreld gewandel het?  Ongetwyfeld nie! 

Ek onthou dat hy eenkeer gesê het met sy bekering het hy absoluut met die wêreld gebreek.  Aan sy kollege vriende te Oxford (waarvan sommige later beroemde manne geword het) het hy geskryf dat hy nie langer saam met hulle na teaters kon gaan of whisky drink nie.  In hierdie beginsel het hy volhard. Altyd sal ek terugkyk na my moeder as iemand wat die Here beloon het vir haar standvastige afskeiding van die wêreld.  Die bespotting en veragting van haar familiebetrekkinge het haar maar net meer laat uitstaan vir God.  In my kinderjare het ‘n telegraafbode een Sondag ‘n telegram by ons huis kom aflewer.  Dit was van ‘n man wat almal oortref het in sy pretmakery en bespotting van my moeder.  Later terwyl hy op sy sterfbed lê, wou hy haar sien.  Met die eerste trein het sy haar na sy siekbed gehaas.  Die eerste wat hy doen, was om haar om verskoning te smeek omdat hy haar so bespot het, en daarna vra hy dat sy vir hom die weg van saligheid moet aanwys, wat sy gretig gedoen het.  Hy het nog lank genoeg daarna gelewe om deur woord en daad te bewys dat hy daardie oomblik die Here gevind het.  Sy laaste woorde aan sy vrou was: “Voed die kinders vir die Here op en nie vir die wêreld nie.”  Wat my besonder getref het, hoewel nog baie jonk, was die feit dat hy nie een van sy wêreldsgesinde Christen-vriende wat by sy siekbed was, gevra het om hom na Jesus te lei nie, maar inteendeel het hy my moeder laat kom wat altyd geweier het om aan sy wêreldse plesiere deel te neem.  Voorwaar, God vereer Sy kinders wat ‘n afgeskeie lewe lei. Beloon God GEHOORSAAMHEID, sowel as afskeiding?  Hy doen dit alte seker!  Ps. 19:12 verskaf groot genot waar dit ons daaraan herinner dat in die onderhouding van die wet “groot loon is.”  Wie van ons het nog nie die seën en vreugde ondervind wat gehoorsaamheid aan God, selfs in die kleinste ding, bring nie.  Nogtans is dit glad nie maklik om altyd vir Jesus “Ja” te sê nie.  Die moeilikheid doen hom somtyds voor wanneer ons vir die mens moet “Nee” sê. 

Somtyds meen dit dat ons ‘n aanloklike uitnodiging van die hand moet wys, of ‘n vriendskap vaarwel moet sê. Een aand was daar ‘n klompie mans, ver van hulle huise, om ‘n vuur geskaar.  “Kom, laat elkeen van ons vertel watter woord ons die moeilikste vind om te sê vandat ons ons huise verlaat het,”  stel een van hulle voor.  Een na die ander het ‘n woord genoem.  Eindelik het ‘n jong Hooglander aan die beurt gekom.  Met ‘n blik in die vuur gevestig, dwaal sy gedagtes terug na sy huisie in die Hooglande, en na sy moeder.  “Wel,”  sy hy, “die swaarste woord vir my om te sê vandat ek my huis verlaat het, is die klein woordjie, N-E-E – Nee!”  Voordat hy die wêreld ingegaan het, het sy moeder hom teen die veelvuldige versoekinge gewaarsku wat oor sy weg sou kom, en daar bygevoeg dat hy “Nee” moet sê vir alles wat verkeerd is, en “Ja” vir alles wat reg is.  ‘n Man wat naby ons huis gewoon het, en wat ‘n groot dronkaard was, het baie jare gelede tot bekering gekom.  Hy was vir ‘n lang tyd sonder werk maar pas na sy bekering het hy ‘n verdienste gekry om ‘n sieklike man op te pas, wat hy met blydskap aanvaar het.  Vir ‘n paar jaar het alles goed gegaan.  Op ‘n goeie dag versoek die man hom om hom na ‘n kroeg te vergesel vir ‘n glas lemonade.  Hy het geweier om te gaan omdat hy aan sy verlede gedink het.  Onmiddelik is hy ontslaan.  Dit was ‘n groot skok omdat die salaris soveel vir hom en sy vrou beteken het.  God het egter sy beginseltroue gehoorsaamheid beloon.  Nie lank daarna nie, het die ou firma, vir wie hy voor sy
bekering  gewerk het, hom gevra om terug te kom, en hom ‘n baie groter salaris aangebied as wat hy van die sieklike man ontvang het. 

God sal ons altyd deurhelp as ons Hom gehoorsaam sonder om te let op die gevolge daarvan. Voordat ons sluit, wil ons u net herinner aan nog ‘n bemoedigende beloning wat aan ‘n ONWANKELBARE GELOOF gegee word.  In Heb. 10:35 lees ons: “Werp dan julle vrymoedigheid (vertroue, Eng. Vert.), wat ‘n groot beloning het, nie weg nie.”  As Jakob, toe hy met God geworstel het, sy vertroue “weggewerp” het, sou hy nooit die seën ontvang het nie.  As die Kananése vrou haar vertroue in die genade van Christus “weggewerp” het, toe Hy skynbaar haar versoek van die hand gewys het, sou haar dogter nooit gesond geword het nie.  Wanneer ons in ‘n geloofstoets verkeer, is Satan onvermoeid besig om ons wys te maak dat dit nie die moeite werd is om langer aan die beloftes van God vas te hou nie.  Die Heilige Gees fluister egter altyd: “Werp dan julle vrymoedigheid (vertroue), wat ‘n groot beloning het, nie weg nie.” Miskien is dit al ‘n geruime tyd dat sommige van u vir die redding van ‘n dierbare bid, of vir die voorsiening van ‘n sekere geldelike behoefte. 

Moenie ontmoedig wees as die antwoord nog nie gekom het nie.  Hou aan om te vertrou, en u geloof sal beloon word. Ruimte sal ons nie toelaat om u aan al die heerlike belonings, wat vir ons daar bo wag, te herinner nie – lewe ook in die vooruitsig hiervan.  Dit is waar wat Fenelon sê: “Ons weet nie hoe om te ly nie, omdat ons nie weet hoe om te hoop nie.” Mag ons soos Moses wees van wie daar gesê is: “Hy het weggekyk van wat voor hom was, sy oë gevestig op die beloning”  (Heb. 11:26 – Conybeare).

Hoofstuk 8 GAAN VOORWAARTS!
‘n Brief aan jong Christene 

Liewe vriend, Dit is vir my ‘n voorreg om aan u te skryf, en ek verheug my saam met u, dat u weet wat dit beteken om gered te wees.  Net soos Moses en die Israeliete, na hulle tog deur die Rooi See, die oorwinningslied gesing het, so het u ook uit ‘n hart vol dankbaarheid teenoor God vir Sy liefde en genade, Hom lof toegebring. Terwyl ek soek om u tot hulp en bemoediging te wees in u nuwe ondervinding, wil ek u eers herinner aan die rede waarom God die Israeliete uit Egipte gelei het.  Dit was omdat God hulle in Kanaän wou inlei.  Hoewel hulle deur die woestyn moes gaan, was dit nie bedoel om hulle woonplek te wees nie.  Nou is u uit Egipte, maar onthou, God het nie bedoel dat u in die woestyn moet bly nie – daarvoor het Hy u te lief.  Hy sal u dus deur ondervindinge lei om u voor te berei vir ‘n verdere seën deur u in Kanaän in te lei. As u in voortdurende gehoorsaamheid wandel, is daar geen rede waarom u die vreugde wat nou u deel is, moet verloor nie.  Wees ten alle koste gehoorsaam aan God se geopenbaarde wil vir u – Sy wil is nooit in stryd met die Skrif nie.

U sal miskien begin wonder waarom ek in hierdie trant aan u skrywe.  Ek sal probeer verduidelik.  Die land Kanaän stel ‘n dieper ondervinding voor wat die Here vir u begeer.  U sal egter eers u behoefte daaraan moet besef voordat u dit in besit wil kry.  In liefde sal God dus met u handel om die feit, dat u ‘n dieper seën nodig het, tot u hart tuis te bring.  Nou dat dit reg by die begin tot u aandag gebring is, sal u die wyse waarop God met u handel, verwelkom; anders sou dit u miskien ontmoedig het.  Al sou wat ook gebeur, moet u nooit uit die oog verloor dat God u onuitspreeklik lief het nie. Nou wil ek u iets anders vertel.  Hoewel u uit die duiwel se hande verlos is, is dit te verstaan dat hy u nie so maklik sal opgee nie.  Op verskillende listige maniere sal hy u aanval, met die een doel voor oë, om die geloofsband wat u aan Christus bind te verbreek.  Onthou egter die Here Jesus is “magtig om u van struikeling te bewaar”.  Wandel dus in die algenoegsaamheid van hierdie wonderlike belofte.  As u Christus volg, sal Sy krag om vas te hou, u heerlike ondervinding wees.  Dit is algemeen bekend dat die vyand die voordeel trek as hy die aanvaller is.  Die geheim is om altyd aanvallend op te tree as jy kan.  Op geestelike gebied geld dieselfde.  U veiligste posisie teen die duiwel is om altyd aan te val.  Wat ek bedoel, is net dit.  As u skynend wil bly, moet u ywerig wees om siele vir die Here te win.  Laat almal weet dat u aan die Here behoort, en dat u ondervinding van ‘n praktiese saligheid werd is dat ander daarvan kan ‘smaak en sien’ hoe goed die Here is. Moenie u Bybel en gebed verwaarloos nie.  As u suksesvol in u aanval teen die duiwel wil wees, het u behoefte daaraan om u Bybel te ken sodat dit teen die duiwel kan gebruik as die ‘Swaard van die Gees’.  Maak dit ‘n reël om dit elke môre te lees om voedsel vir u siel te kry.  Sonder tyd af in die aand om die Bybel te studeer, en vra die Here om spesiaal die gedeeltes tot u aandag te bring waarvan u gebruik kan maak om vir ander tot seën te wees.  U sal oplet dat die Boek “Spreuke van Salomo” net een-en-dertig hoofstukke bevat – een vir elke dag van die maand.  Lees ‘n hoofstuk daaruit voordat u bed toe gaan.

Moet nooit redeneer wanneer u met mense oor hulle siele praat nie.  Gee u persoonlike getuienis: dit is ‘n onomstootlike feit wat nie weggeredeneer kan word nie, en alle argumente sal stopsit.  Ondersteun deur gedeeltes uit die Woord van God, verskaf dit ammunisie wat elke vesting van Satan omver sal werp. Jesus is in staat om ons tot die uiterste te red, en Hy is almagtig om ons “vir struikeling te bewaar,”  totdat ons volmaak voor Sy Troon sal verskyn. “Daarom dan, terwyl ons so ‘n groot wolk van getuienis rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê, die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof” (Heb. 12:1,2). God seën u, die uwe in Hom, G.S.D.

Hoofstuk 9 HEILIGMAKING
‘n Tweede brief aan jong Christene

Liewe Vriend, Dankie vir u brief waarin u my in u vertroue neem deur u moeilikhede, met betrekking tot u Christelike ondervinding, aan my mee te deel. Dit verheug my om te sien dat u reg by die begin ontdek het dat u behoefte het aan ‘n dieper werk in u hart.  Die jare van omswerwing in die woestyn, wat ek moes deurmaak voordat ek gehoor het dat God nog iets meer vir my het, sal u dus gespaar word. Loof die Here, God het nie alleen ‘n dieper ondervinding beveel nie, maar ook het Hy beloof om dit in ons te bewerk.  In die volgende skrifgedeeltes sal ons duidelik die Here se wil en bevel in hierdie verband sien:   Deut. 6:5:  “Daarom moet jy die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag.” Matt. 5:48:  “Wees julle dan volmaak soos julle Vader in die hemele volmaak is.” 1 Thes. 4:3:  “Want dit is die wil van God – julle heiligmaking.” Hoewel daar nog baie ander in die Bybel is, sal hierdie drie verse genoegsaam wees vir ons doel.  Aan elkeen van hierdie drie is daar of ‘n besliste belofte geheg of dit is die gebed van die Heilige Gees dat dit ons ondervinding mag wees. Dus: -  Deut. 30:6:  “En die Here jou God sal jou hart besny en die hart van jou nageslag, om die Here jou God lief te hê met jou hele hart en met jou hele siel, dat jy kan lewe.” Heb. 13:20;21:  “Mag die God van die vrede ... deur die bloed van die ewige testament ... julle volmaak in elke goeie werk, om sy wil te doen.” Laat my toe, voor ons verder gaan, om alle moontlike verkeerde opvattings uit die weg te ruim. Om u te help om die beloftes deelagtig te word.

Wat is die  doel van hierdie ondervinding?

Menigeen soek hierdie ondervinding na hulle wedergeboorte, net om ontslae te raak van wat hinderlik in hulle geestelike lewe is, sodat hulle hierdie saligheid net vir hulself kan geniet.  God het egter die bekwaamheid tot diensbaarheid in die oog. Heb. 9:14:  “Hoeveel te meer sal die bloed van Christus ... julle gewete reinig van dooie werke om die lewende God te dien.” Hand. 1:8:  “Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees.” Ons beker sal oorloop van vreugde as ons vrygemaak is vir die Here se diens, maar dit is egter die gevolg en nie die doel van die seën nie. Dan is daar nog ‘n ander saak, dit is
 
Gretigheid om te ontvang Hierdie hoogste seën van die Nuwe Testament, waarvoor die Here Jesus Sy kosbare bloed gestort het, is klaarblyklik nie vir diegene bedoel wat dit wil hê slegs as dit hul niks gaan kos nie.  Dit mag vreemd klink, tog is dit ‘n feit, dat baie mense wat geen moeite te groot ag vir hulle besigheid, studies en dergelik meer, meen dat hulle dinge van God sonder die minste ongerief kan verkry.  Ek is egter daarvan oortuig dat u onder die gelukkiges geskaar word van wie die Here Jesus sê in Matt. 11:12:  “Die koninkryk van die hemele (word) bestorm, en bestormers gryp dit met geweld.” So ook in Jer. 29:13:  “En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart.” Luister na Paulus se uitroep – Rom. 7:24:  “Ek, ellendige mens!  Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood?” Ons is nou by die plek waar ons kan vra:
 
Wat is die seën? Dit is die kind van God met die Heilige Gees vervul, net soos die dissipels op Pinksterdag. In Lukas 11:13 wys die Here Jesus ons hoe die Vader verlang dat Sy kinders moet ontvang.  Daar is egter so baie kinders van God wat gedurig vra, en nooit ontvang nie – hulle gebed om vervul te wees is sonder gevolg.  Wat kan dan die rede wees van hierdie onverklaarbare toestand van sake.  Ongetwyfeld moet daar êrens ‘n hindernis wees.  Dit was om hierdie hindernis te verklaar dat die Heilige Gees die Hebreeuse Christene na die  
 
Groot Illustrasie van hulle voorvaders se geskiedenis in die woestyn gelei het. Dit was nadat hulle reeds oor die Rooi See was dat hulle teen God gemurmureer het, na die ‘vleispotte’ van Egipte verlang het, ongehoorsaam was en selfs gerebelleer het.  Wat was die rede hiervoor?  Was dit gebrek aan dankbaarheid dat God hulle uit Egipte se slawerny verlos het?  Het hulle nie onder die bloed van die paaslam skuiling geneem, en sy regverdigmakende krag voor God ondervind nie?  Al hierdie dinge is waar:  ook het hulle die lied van Moses, uit dankbaarheid tot God, gesing.  Waarom het hulle dan gedurig ‘n ondankbare, rebelerende en vyandige gees teen God geopenbaar? Hoe wonderlik stem die  
 
Ondervinding van die Christene hiermee ooreen.  Hoeveel is daar nie wat gedurig murmureer nie!  Ook ondervind hulle dat daar begeertes in hulle hart ontstaan om terug te keer na die dinge waarvan hulle verlos is.  Ten spyte van die werk wat God by hulle wedergeboorte in hulle harte gedoen het, vind hulle dat daar jaloesie, hoogmoed, boosaardigheid en ‘n menigte ander dinge in hulle harte ontvlam.  Hoewel hulle miskien nie daaraan toegee nie, bly die feit dat daardie aaklige goed in die hart teenwoordig is en dit veroorsaak baie smart.  Hulle word ontmoedig deur hulle eie teenstrydige lewe, en dikwels kom die vraag by hulle op of hulle waarlik wedergebore is.  En tog, ten spyte van dit alles, kan hulle nie van die feit wegkom dat God ‘n wonder in hulle gedoen het toe hulle vir die eerste keer deur die Here Jesus na Hom gekom het nie.
 
Hoe verlang hulle om alles te wees wat God van hulle verwag.  Ten spyte hiervan bruis die dinge in hulle harte op.  In wanhoop roep hulle later uit:  “Is daar geen verlossing vir my nie?”   Dank God, daar is; luister na Paulus! Rom. 7:25:  “Ek dank God deur Jesus Christus, onse Here!” Ons moet egter eers uitvind wat die oorsaak van die moeilikheid is.  Daarna kan ons kyk hoe om daarvan verlos te word. 

Laat ons weer verwys na Paulus se Getuienis Rom. 7:19:  “Want die goeie wat ek wil, doen ek nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek.”  Hier egter openbaar die Heilige Gees die volgende aan hom – Rom. 7:20:  “Maar as ek doen wat ek nie wil nie, dan doen ek dit nie meer nie, maar die sonde wat in my woon.” Dit is presies die ondervinding.  Die wedergebore ‘Ek’ verlang om die wil van God te doen, tog vind hy “Maar ek sien ‘n ander wet in my lede wat stryd voer teen die wet van my gemoed en my gevange neem onder die wet van die sonde wat in my lede is” (Rom. 7:23).  Hierdie innerlike kwaad wat my dwing om sonde te doen, noem God hier inwonende sonde.  Agter die doen van sonde en die aanleiding daartoe is die
 
Wese van Sonde. Vergifnis kan nie hiermee handel nie.  Die Israeliete het nog las van hierdie ding in die woestyn gehad, hoewel hulle vergifnis ontvang het deur in God te glo en skuiling te neem onder die bloed van die paaslam.
 
Die Heilige Gees kan nie in die tempel woon solank dit daar is nie.  Die tempel moet eers “gesuiwer,” “gereinig” en “geheilig” word.
 
Wanneer kan dit wees?

Die Bybel sê dit is ‘n seën wat deur die geloof ontvang word. Hand. 26:18:  “Sodat hulle deur die geloof in My vergifnis van sondes en ‘n erfdeel onder die geheiligdes kan ontvang.”  As dit dus deur die geloof ontvang word, kan u dit nou kry, so gou as u lewende geloof kan beoefen.
 
Hoe kan dit gedoen word?

Volgens die Bybel is daar net een middel wat van sonde kan reinig. 1 Joh. 1:7:  “Die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde.” Heb. 13:12:  “Daarom het Jesus ook, om Sy volk deur Sy bloed te heilig, buitekant die poort gely.” Voordat ons verder aangaan, wil ek u net aan God se belofte herinner.
1 Thes. 5:24:  “Hy wat julle roep, is getrou; Hy sal dit ook doen.”  Voordat die Heilige Gees in die hart kan woon, onderneem God self hierdie magtige reinigingswerk.
 
Wat is die Voorwaardes dan om dit te ontvang?

1 Joh. 1:9:  “As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.” Dit beteken dat ons al die dinge in ons lewe, wat die uitvloei van die plaag in die hart is, moet uitbring.  Hulle word gekenmerk as jaloesie, hoogmoed, slegte humeur, foutvind, kwaad praat, gebrek aan liefde vir God, ongeloof, vleeslike luste, mensevrees en ‘n menigte ander dinge waarvan die Heilige Gees die eerlike siel sal oortuig, as ‘n bewys dat “inwonende sonde” in die hart teenwoordig is.  Dit sal u baie help om hierdie dinge een vir een by die naam voor God uit te bring, en Hy sal Sy deel doen. Dit is nie almal wat hierdie plaag in die hart bevredigend kan beskryf nie.  God, in Sy liefde en genade verwag dit egter nie van hulle nie.  Dit is asof Hy sê: “Sê vir My wat dit in u lewe voortbring, dan sal Ek weet waarvan jy praat, want dit word aan sy vrugte geken.”  Die Heilige Gees is nou die  Middelaar, die Een wat op so ‘n tydstip soos hierdie tussenbei kom.  Sodra alles uitgebring is, sal Hy daarvan getuig in ons harte.  Die transaksie van u kant is nou afgehandel.  Daar is niks meer in u hart wat u terughou nie.  U was dus eerlik.
 
Durf u nou glo dat God getrou was aan Sy deel van die transaksie?  Nie alleen dat Hy u sondige dade vergewe het nie, maar u ook van alle ongeregtigheid gereinig het? Die Heilige Gees sal intrek neem sodra die tempel skoon is, en dit met Sy heerlikheid vervul, terwyl die Here Jesus op die troon van die hart vereer word.

Eenkeer het ek met ‘n Siel Gehandel. Sy was op die punt om geloof te beoefen in die getrouheid van God.  Sy sê: “Ja, ek durf om God te glo.”  Daarop antwoord ek:  “Goed, as God soveel vir u gedoen het, kan u Hom nou hier dank vir Sy getrouheid,” wat sy toe ook gedoen het.  Nadat ons van ons knieë opgestaan het, sê ek aan haar:  “As jy vanaand jou man sien, moet jy vir hom vertel dat God jou gereinig en gevul het met sy Gees. Daarop draai sy om en sê:  “Sê, byvoorbeeld, ek getuig, en dit werk nie uit nie?”  “Dit is presies waar dit inkom, mevrou X.  Die duiwel sê, ‘veronderstel dit gaan nie werk nie’; maar God sê hier, ‘Hy is getrou en regverdig om hierdie reinigingswerk te doen.’  Wie van die twee gaan u glo?  “Nooit kan ek dit doen nie,”  was haar antwoord.  Toe sê ek:  “Wel, mevrou X, ek is bevrees u sal nooit iets van God verkry nie, minste van alles hierdie allesoortreffende seën van die Nuwe Testament.”
 
Sover ek weet, is sy nog vandag ‘n ontevrede en teleurgestelde siel, omdat sy nie in die geloof wou uitstap nie.  God wag dat sy Hom onvoorwaardelik moet vertrou. Nog iets. 

Moet u nie wag vir die Getuienis van die Gees nie? U besigheid is om God te glo.  Geloof moet getoets word.  1 Pet. 5:10:  “En mag die God van alle genade self, ... nadat ons ‘n kort tyd gely het, julle volmaak, bevestig, versterk en grondves!”  Die geheim is om aan te hou om God te glo ten spyte van alles wat Satan mag sê.  U vertroue sal in weet verander.  Die Heilige Gees sal getuig van die reinigende krag van die kosbare bloed, en die volle inwoning van Christus.  Dit mag gepaard gaan met verruklike vreugde, of dit mag net ‘n stille, diepe versekering wees. 

Die gevolg van die getuienis van die Heilige Gees is dat u oorgaan na ‘n ondervinding van  Weet. Ek wil dit egter benadruk, dat u nie moet let op uiterlike tekens nie, laat dit met die Here.  U plig is om God te glo. Loof die Here, Hy kan nooit die siel, wat op Hom vertrou, teleurstel nie.
 
En na die Seën? Nou moet u in geloofsgehoorsaamheid wandel.  Neem die Here Jesus in u vertroue.  Hy het u met sy Gees vervul, om ‘n getuie vir Hom te wees, “totdat Hy kom”. Die uwe in Hom, G.S.D.

EvangeCube

Great Evangelical tool to help you communicate the Gospel.

Now available in South Africa
The EvangeCube by E3 Resources is a seven-picture cube that simply and clearly unfolds the gospel of Jesus Christ. The eCube Classic (7cm) is made for everyone! Parents, Kids, Pastors, Youth Leaders, Sunday School Teachers, Missionaries, Lay Leaders and more can share this creative, easy-to-use puzzle to bring the Gospel of Jesus Christ to life.

Assurance of Salvation

Assu</p>rance
Are you saved?

Assu

rance

KNOWING THAT YOUR SINS ARE FORGIVEN and that Jesus lives in your heart.
Read More
Seker</p>heid
Is jy weergebore?

Seker

heid

Om te WEET DAT JOU SONDE VERGEWE IS en dat Jesus nou in jou hart woon.
Lees meer
Rebirth
What Why How..?

Rebirth

What the Bible teaches us about being born again.
Read More
 Weer</p>gebore
Wat Hoekom Hoe..?

Weer

gebore

Wat die Bybel ons leer van wedergeboorte.
Lees meer
Evangelism Explosion South Africa

Evangelism Explosion South Africa

EE SA is your partner in training believers to reach the world with the Gospel.

EE is recognized as a world leader in the training and equipping of believers to JOYFULLY SERVE and WITNESS TO OTHERS in the world today!

Together, let's Make Evangelism Happen!

www.ee3.org.za

Evangelism

Reach out to your community
Many people today say, "Why should I win souls?" "Isn't the preacher supposed to do that?" Yes! He is but so is every Christian.
Order Gospel Tracts

Experiencing God's Grace

This tract is available in PDF format.

Download here

Gospel Messages with Infographics

Here are three illustrations to easily share the gospel with anyone. Use the images as a visual reference as you present these short messages to groups or individuals.
The Invitation
The Invitation

Matthew 11:28

Jesus said: “Come unto me, all ye that labor and are heavy laden, and I will give you rest.”

This invitation is extended to all mankind, the invitation is to ‘come to Jesus’.

Read more

The Wall
The Wall

Romans 3:23

In this verse, we see that all people have sinned, and that sin separates us from God. Here we will look at the wrong and the right way of destroying this wall of sin.

Read more

The Sheepfold
The Sheepfold

John 10

In John 10:1-16 Jesus uses the comparison of a shepherd and sheep, He is the Shepherd and we are the sheep.

Read more

Evangelie Boodskappe met Illustrasies

Hier is drie illustrasies om maklik die evangelie met enigeiemand te deel. Gebruik die prente as verwysing saam met die boodskappe om vir groepe of enkel persone aan te bied.
Die Uitnodiging
Die Uitnodiging

Mattheus 11:28

Jesus het gesê: “Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.” Hierdie uitnodiging word gemaak vir die ganse mensdom, die uitnogiging is ‘kom na My toe’.

Lees Meer

Die Muur
Die Muur

Romeine 3:23

In hierdie vers sien ons dat alle mense gesondig het en dat sonde ons skei van God. Hier sal ons kyk na die verkeerde en die regte manier om die sondemuur af te breek.

Lees Meer

Die Skaapkraal
Die Skaapkraal

Johannes 10

In Johannes 10:1-16 gebruik Jesus die vergelyking van ‘n herder en skape, Hy is die Herder en ons die skape.

Lees Meer

5 Colour Child Evangelism

Present the Gospel to children

Use this short guide to present the Gospel to Children using 5 colours. This is also called the 'Wordless book'.

Go to guide

5 Kleure Kinderevangelie

Dra die Evangelie oor aan kinders

Gebruik die kort gids om die Evengelie oor te dra aan kinders met die gebruik van 5 kleure. Dit word ook die 'Woordlose boekie' genoem of die 'Kleure evangelie'.

Gaan na gids

Child Evangelism Fellowship

Child Evangelism Fellowship

Getting equipped

Do you feel called to minister to children?

Resources:

*Literature

*Good News Clubs

*Schools Ministries

*5-Day Clubs

*Ongoing Teacher Training

CEF Resources

Personal Work

Personal Work is reaching out to people one on one in stead of groups, building a relationship and over time leading them to salvation in Christ Jesus. But it does not end there, this newly saved person now needs to be guided and taught and that is where Discipleship comes in.
Qualifications for Soul Winning

by Dwight L. Moody

1. Shake off the vipers that are in the Church, formalism, pride, and self-importance, etc. 2. It is the only happy life to live for the salvation of souls. 3. We must be willing to do little things for Christ. 4. Must be of good courage. 5. Must be cheerful.

Read article

The Great Commission of Jesus Christ

by Prof. Johan Malan

The Godly mandate of the mission command embraces three different activities that must be carried out. The mission of the Christian church for the whole period between Christ’s first and second comings comprises of an assurance, three commands and a promise.

Read article

The Importance of Personal Soul Winning

by Dr. R. A. Torrey

"He first findeth his own brother Simon…. And he brought him to Jesus."–John 1:41,42. The one who brought his brother to Jesus was Andrew. We are not told that Andrew ever preached a sermon. If he did, the Holy Spirit did not think it worth putting on record. But this brother whom he brought to Jesus preached a sermon that led three thousand people to Jesus in one day.

Read article

Helps for new believers

Preparing Your Testimony

How To Give Your Testimony

Next to the Word of God and the power of the Holy Spirit, your personal testimony is probably one of the most powerful ways to witness to someone. Yet many Christians do not know how to go about giving one. They know they are saved, but perhaps do not know how to tell someone else about how becoming a Christian has changed their life.

I want to testify

I am a new Christian

What do I do now?

Eternal life is a gift received from God by faith. You cannot buy it, you cannot earn it, neither can you work to keep it. It is all by grace. "For by grace are ye saved through faith; and that not of yourselves; it is the gift of God; Not of works, lest any man should boast." Ephesians 2:8-9. However, there are certain things God expects from you now.

What must I do?

/The%20Christian's%20Checklist
Here are some questions to ask yourself when you need to make decisions about difficult issues. This is very useful for youth groups and guiding others.
/Om%20‘n%20getuie%20te%20wees
Ons sien die vrug wat by die bekering pas in ons hele lewenswandel - in ons optrede, gesindhede, woorde, dade, denkwyse, voorkoms ens… Die mense naaste aan ons kan die maklikste beoordeel of ons goeie of slegte vrugte dra.
/God%20werk%20in%20ons%20om%20deur%20ons%20te%20kan%20werk
Ons moet God toelaat om in ons te werk. Hierdie voorbeelde wys ons dat dit moontlik is. Ons moet bid dat die Here ons harte en gedagtes sal verander en om aan ons te skaaf. Dit berei ons voor vir die werk wat Hy vir elkeen in gedagte het – om siele te win.

Guidance for New Believers

These cards are made to give to new Christians and contain some helpful tips and advice. Printed on conveniently sized bookmarks to keep in your Bible and easily hand out.
How to Start Reading Your Bible
How to Start Reading Your Bible

Info Card - Bookmark

This card contains some helpful tips and advice on where to start reading their Bible and how to go about it. Especially when someone receives a Bible for the first time.

Buy now

Quiet Time
Quiet Time

Info Card - Bookmark

This card contains some helpful tips and questions to help young Christians make the most of their time with God. Especially when someone receives a Bible for the first time. Using these questions in your quiet time will be beneficial to anyone.

Buy now

Rev. Shadrak Maloka

/Testimony
mp3
Listen to this powerful testimony of salvation. Late rev. Maloka was an orphaned baby who seemed to have no hope of a future until he met Jesus as his Lord and Savior. He went on to becoming a great evangelist of his time in South Africa.
mp3
Luister na hierdie kragtige getuienis van redding. Wyle ds. Maloka was as baba verwerp en wees gelaat. Dit het vir die kind gelyk of daar geen hoop of toekoms vir hom sou wees nie totdat hy die Here Jesus ontmoet het. Hy het op die ou end 'n groot evangelis en prediker geword van sy tyd in Suid Afrika.

Getuienisse

Luister na hierdie prediker se getuienis van redding en heiligmaking.

/Prof.%20Johan%20Malan
mp3
Wyle Prof. Johan Malan, is skrywer van vele artikels en boeke. Hy het homself as 'n evangeliese Christen beskou wat die letterlike, grammaties-historiese vertolking van die Bybel voorstaan.

From Darkness to Light

by Prof. Johan Malan
The way of salvation plainly shown and explained from the Bible.
Read the article

Uit die Duisternis tot die Lig

deur Prof. Johan Malan
Die pad van redding word duidelik beskryf uit die Bybel in hierdie artikel.
Lees die artikel
The Most Important Question

by R. A. Torrey

That question is this, "What shall I do, then, with Jesus who is called Christ?" "What shall I do, then, with Jesus who is called Christ?" Matthew 27:22 A right decision to that question hangs everything that is really worth having for time and for eternity for each one of us. Let us look at some of the things that we will get if we do the right thing with Jesus Christ.

Read article

Faith and Repentance

by Prof. Johan Malan

In the New Testament doctrine on salvation there is a mutual relationship between the concepts of “faith in Christ” and “repentance”. If we truly believe in Christ, repenting from our evil and selfish ways is inevitable. Faith in Jesus Christ as our Savior can only be expressed by turning away from the spiritual darkness of sin and taking refuge in Him who alone is able to forgive our sins and save our souls.

Read article

Hoe sien God ons?

Deur Ds. N A J van Rensburg

1 Petrus 4:12-19 Teksvers: vers 18 “En as die regverdige nouliks gered word, waar sal die goddelose en die sondaar verskyn?” Die Bybel hou daarvan om die waarheid by wyse van kontras te stel omdat dit so ‘n kragtige wyse is wat die waarheid diep in die hart laat vasslaan. Twee dinge word langs mekaar gestel: die waarheid en die leuen; heiligheid en sonde; die hemel en die hel. Dit is wat ons teksvers doen, die regverdige word teenoor die goddelose gestel.

Lees artikel

Stappe van redding uit die lewe van Saggeüs

deur Madelein Wolfaardt

Lukas 19:1-10 Hy was soekend, hy het besef dat hy iets kortkom ten spyte van al sy rykdom. Hy het moeite gedoen om Jesus te sien. Almal het hom geken en geweet wie hy was, as so 'n bekende ryk man moes dit hom gekos het om sy trots in sy sak te steek en homself te verneder – deur voor almal in die boom te klim. Hy het nie omgegee nie, hy móés Jesus sien!

Lees artikel

Read and download these free booklets

Also great for group or personal Bible study.
Biblical Decision Making
Is it God’s will to “find” His will?
Exactly how should you go about making good, God-honoring decisions?

Read booklet

The Companionship Principle
Bringing Biblical Sanity to the Insanity of Dating
The real reason dating is often "insane" is Christian young people and parents have never consciously shaped their understanding of "dating" with the Bible.

Read booklet

Dinge van Belang
Dinge van Belang vir jong Christene
Hulp en raad aan jong Christene. Die boekie is vol waardevolle wenke en waarskuwings om jou te help op jou pad saam met die Here.

Lees boekie

Identifying False Teachers
A Biblical Checklist for Identifying False Teachers in the Church
The purpose of this booklet is simple: to give you a checklist so that you can identify and avoid Christian leaders whom God would call false.

Read booklet

Testing Today's Prophecy
Does today's "prophecy" measure up to biblical standards?
Should Christians accept the modern prophecy movement as a new work of God’s Spirit?

Read booklet