fbpx
Evangelism
Evangelism | Reach out to Your Community | Group Bible Study

Work for Christ

God werk in ons om deur ons te kan werk

Fil 2:12-30

Hier word daar verder aandag gegee aan die gelowiges in Filippi om hulle aan te spoor om die Christus gesindheid prakties toe te pas en uit te lewe.  Dit kan nie gedoen word deur dit na te boots nie, maar deur die wete dat God in ons werk om dit moontlik te maak – en dan sal dit uitwerk in die praktyk.

1.  Werk uit (v12)

“…werk julle eie heil uit met vrees en bewing;”

Die gelowige moet self volle gebruik maak van dit wat God vir hom gedoen en tot sy beskikking gestel het – nml. Om uit te werk wat God ingewerk het.  Dit wat God in ons werk en doen moet ons gehoorsaam, noukeurig, eerbiedig en dankbaar laat uitwerk na ander. 

Met “vrees en bewing” – m.a.w. gehoorsaam en eerbiedig.

“Sonder murmirering en teespraak” (v14) – m.a.w. oorwinnend en gewillig.

→ Dit is die gesindheid waardeur dit gedoen moet word.

Die doel en resultaat van so ‘n gesindheid is duidelik in vers 15 “sodat julle onberispelik en opreg kan wees, kinders van God sonder gebrek te midde van ‘n krom en verdraaide geslag onder wie julle skyn soos ligte in die wêreld,”

2.  Werk in (v13)

“want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae.”

God werk die wil, drang en begeerte in ons om te werk na Sy welbehae. Hy gee ook vir ons die krag om dit te kan doen.  Dit wat God in ons werk is Goddelike genade en dit wat ons deur Sy krag en instaatstelling uitwerk na ander mense is ons menslike verantwoordelikheid.

God verander ons en skaaf aan ons sodat ons ‘n seën  vir andere kan wees en mense kan bereik vir Sy Koninkryk.

3.  Hou vas aan die Woord (v16)

deurdat julle die woord van die lewe vashou…”

Dit is die voorskrif en belofte van God.  Deur Sy woord deel God Sy lewe aan ons mee, vernuwe dit voortdurend en hou dit in stand.  God eer altyd Sy woord.  Die openbaring van God aan ons deur Sy woord is nie alleen God se metode nie, maar dit is vir ons altyd die veiligste, omdat die duiwel miskien nog die woord kan probeer verdraai, maar hy kan dit nie verander of tot niet maak nie.  Christus was God se laaste en finale ‘Woord’ aan die wêreld (Heb. 1:1,2 “Nadat God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun wat Hy as erfgenaam van alles aangestel het, deur wie Hy ook die wêreld gemaak het.”) Hou vas aan Jesus.

4.  Hierdie Gesindheid (v5)

“Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was.”

Hierdie gesindheid kan nie nageboots word nie.  Dit is ‘n deel van ‘n mens se innerlike wese, ‘n bewys en weerspieëling van jou innerlike verhouding met God.  Alleen die Heilige Gees kan die ware, egte gesindheid van die Here Jesus bewerk in die hart en lewe van ‘n sondige, opstandige sondaar. 

As GETUIES dat hierdie veranderde gesindheid moontlik is in ‘n mens, verwys Paulus net kortliks na homself in vers 17 (“Maar al word ek as ‘n drankoffer uitgegiet oor die offer en bediening van julle geloof, verbly ek my, ja, verbly ek my saam met julle almal;”), en gaan dan voort om vir Timotheüs en Epafroditus as menslike voorbeelde te gebruik dat dit wel moontlik is om hierdie gesindheid in ons te kan hê.

  • Timot heüs – se opregte, onselfsugtige, beproefde gesindheid as dienaar van die evangelie en ‘n dienskneg van ander word baie duidelik beskryf in vers 19 tot 23.  Paulus het hierdie getroue jong man as sy kind in die geloof beskou en hom as een van sy medewerkers gekies terwyl hy op sy tweede sendingreis was (Hand. 16:1-4), nadat hy homself bewys het in sy eie gemeente en omgewing.  Hy was in hierdie krisis tyd nog steeds by Paulus, gereed en gewillig om deur hom sestuur te word (v23).
  • Epafroditus (v25) – was Paulus se ‘broeder’ en medewerker en medestryder.  Hy was ‘n baie goed gebalanseerde Christen, belas met ander mense en deur God geseën en geëer.  Sy gesindheid teenoor Paulus word weerspieël deurdat hy so vêr gereis het om hom op te soek en te dien met die offergawe van die Filippense.  Dit word bereken dat sy heen en weer reis ongeveer 1600km was.  Hy het moontlik op diè lang pad so dodelik siek geword (v26-27).  Sy gesindheid teenoor andere was ook duidelik deurdat hy besorg was omdat ander oor hom besorg en bekommerd was toe hulle gehoor het dat hy siek was (v26).  In vers 30 sê Paulus dat Epafroditus die werk van Christus gedoen het.

Ons moet God toelaat om in ons te werk. Hierdie voorbeelde wys ons dat dit moontlik is. Ons moet bid dat die Here ons harte en gedagtes sal verander en om aan ons te skaaf. Dit berei ons voor vir die werk wat Hy vir elkeen in gedagte het – om siele te win.

deur Madelein Wolfaardt

EvangeCube

Great Evangelical tool to help you communicate the Gospel.

Now available in South Africa
The EvangeCube by E3 Resources is a seven-picture cube that simply and clearly unfolds the gospel of Jesus Christ. The eCube Classic (7cm) is made for everyone! Parents, Kids, Pastors, Youth Leaders, Sunday School Teachers, Missionaries, Lay Leaders and more can share this creative, easy-to-use puzzle to bring the Gospel of Jesus Christ to life.

Assurance of Salvation

Assu</p>rance
Are you saved?

Assu

rance

KNOWING THAT YOUR SINS ARE FORGIVEN and that Jesus lives in your heart.
Read More
Seker</p>heid
Is jy weergebore?

Seker

heid

Om te WEET DAT JOU SONDE VERGEWE IS en dat Jesus nou in jou hart woon.
Lees meer
Rebirth
What Why How..?

Rebirth

What the Bible teaches us about being born again.
Read More
 Weer</p>gebore
Wat Hoekom Hoe..?

Weer

gebore

Wat die Bybel ons leer van wedergeboorte.
Lees meer
Evangelism Explosion South Africa

Evangelism Explosion South Africa

EE SA is your partner in training believers to reach the world with the Gospel.

EE is recognized as a world leader in the training and equipping of believers to JOYFULLY SERVE and WITNESS TO OTHERS in the world today!

Together, let's Make Evangelism Happen!

www.ee3.org.za

Evangelism

Reach out to your community
Many people today say, "Why should I win souls?" "Isn't the preacher supposed to do that?" Yes! He is but so is every Christian.
Order Gospel Tracts

Experiencing God's Grace

This tract is available in PDF format.

Download here

Gospel Messages with Infographics

Here are three illustrations to easily share the gospel with anyone. Use the images as a visual reference as you present these short messages to groups or individuals.
The Invitation
The Invitation

Matthew 11:28

Jesus said: “Come unto me, all ye that labor and are heavy laden, and I will give you rest.”

This invitation is extended to all mankind, the invitation is to ‘come to Jesus’.

Read more

The Wall
The Wall

Romans 3:23

In this verse, we see that all people have sinned, and that sin separates us from God. Here we will look at the wrong and the right way of destroying this wall of sin.

Read more

The Sheepfold
The Sheepfold

John 10

In John 10:1-16 Jesus uses the comparison of a shepherd and sheep, He is the Shepherd and we are the sheep.

Read more

Evangelie Boodskappe met Illustrasies

Hier is drie illustrasies om maklik die evangelie met enigeiemand te deel. Gebruik die prente as verwysing saam met die boodskappe om vir groepe of enkel persone aan te bied.
Die Uitnodiging
Die Uitnodiging

Mattheus 11:28

Jesus het gesê: “Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.” Hierdie uitnodiging word gemaak vir die ganse mensdom, die uitnogiging is ‘kom na My toe’.

Lees Meer

Die Muur
Die Muur

Romeine 3:23

In hierdie vers sien ons dat alle mense gesondig het en dat sonde ons skei van God. Hier sal ons kyk na die verkeerde en die regte manier om die sondemuur af te breek.

Lees Meer

Die Skaapkraal
Die Skaapkraal

Johannes 10

In Johannes 10:1-16 gebruik Jesus die vergelyking van ‘n herder en skape, Hy is die Herder en ons die skape.

Lees Meer

5 Colour Child Evangelism

Present the Gospel to children

Use this short guide to present the Gospel to Children using 5 colours. This is also called the 'Wordless book'.

Go to guide

5 Kleure Kinderevangelie

Dra die Evangelie oor aan kinders

Gebruik die kort gids om die Evengelie oor te dra aan kinders met die gebruik van 5 kleure. Dit word ook die 'Woordlose boekie' genoem of die 'Kleure evangelie'.

Gaan na gids

Child Evangelism Fellowship

Child Evangelism Fellowship

Getting equipped

Do you feel called to minister to children?

Resources:

*Literature

*Good News Clubs

*Schools Ministries

*5-Day Clubs

*Ongoing Teacher Training

CEF Resources

Personal Work

Personal Work is reaching out to people one on one in stead of groups, building a relationship and over time leading them to salvation in Christ Jesus. But it does not end there, this newly saved person now needs to be guided and taught and that is where Discipleship comes in.
Qualifications for Soul Winning

by Dwight L. Moody

1. Shake off the vipers that are in the Church, formalism, pride, and self-importance, etc. 2. It is the only happy life to live for the salvation of souls. 3. We must be willing to do little things for Christ. 4. Must be of good courage. 5. Must be cheerful.

Read article

The Great Commission of Jesus Christ

by Prof. Johan Malan

The Godly mandate of the mission command embraces three different activities that must be carried out. The mission of the Christian church for the whole period between Christ’s first and second comings comprises of an assurance, three commands and a promise.

Read article

The Importance of Personal Soul Winning

by Dr. R. A. Torrey

"He first findeth his own brother Simon…. And he brought him to Jesus."–John 1:41,42. The one who brought his brother to Jesus was Andrew. We are not told that Andrew ever preached a sermon. If he did, the Holy Spirit did not think it worth putting on record. But this brother whom he brought to Jesus preached a sermon that led three thousand people to Jesus in one day.

Read article

Helps for new believers

Preparing Your Testimony

How To Give Your Testimony

Next to the Word of God and the power of the Holy Spirit, your personal testimony is probably one of the most powerful ways to witness to someone. Yet many Christians do not know how to go about giving one. They know they are saved, but perhaps do not know how to tell someone else about how becoming a Christian has changed their life.

I want to testify

I am a new Christian

What do I do now?

Eternal life is a gift received from God by faith. You cannot buy it, you cannot earn it, neither can you work to keep it. It is all by grace. "For by grace are ye saved through faith; and that not of yourselves; it is the gift of God; Not of works, lest any man should boast." Ephesians 2:8-9. However, there are certain things God expects from you now.

What must I do?

/The%20Christian's%20Checklist
Here are some questions to ask yourself when you need to make decisions about difficult issues. This is very useful for youth groups and guiding others.
/Om%20‘n%20getuie%20te%20wees
Ons sien die vrug wat by die bekering pas in ons hele lewenswandel - in ons optrede, gesindhede, woorde, dade, denkwyse, voorkoms ens… Die mense naaste aan ons kan die maklikste beoordeel of ons goeie of slegte vrugte dra.
/God%20werk%20in%20ons%20om%20deur%20ons%20te%20kan%20werk
Ons moet God toelaat om in ons te werk. Hierdie voorbeelde wys ons dat dit moontlik is. Ons moet bid dat die Here ons harte en gedagtes sal verander en om aan ons te skaaf. Dit berei ons voor vir die werk wat Hy vir elkeen in gedagte het – om siele te win.

Guidance for New Believers

These cards are made to give to new Christians and contain some helpful tips and advice. Printed on conveniently sized bookmarks to keep in your Bible and easily hand out.
How to Start Reading Your Bible
How to Start Reading Your Bible

Info Card - Bookmark

This card contains some helpful tips and advice on where to start reading their Bible and how to go about it. Especially when someone receives a Bible for the first time.

Buy now

Quiet Time
Quiet Time

Info Card - Bookmark

This card contains some helpful tips and questions to help young Christians make the most of their time with God. Especially when someone receives a Bible for the first time. Using these questions in your quiet time will be beneficial to anyone.

Buy now

Rev. Shadrak Maloka

/Testimony
mp3
Listen to this powerful testimony of salvation. Late rev. Maloka was an orphaned baby who seemed to have no hope of a future until he met Jesus as his Lord and Savior. He went on to becoming a great evangelist of his time in South Africa.
mp3
Luister na hierdie kragtige getuienis van redding. Wyle ds. Maloka was as baba verwerp en wees gelaat. Dit het vir die kind gelyk of daar geen hoop of toekoms vir hom sou wees nie totdat hy die Here Jesus ontmoet het. Hy het op die ou end 'n groot evangelis en prediker geword van sy tyd in Suid Afrika.

Getuienisse

Luister na hierdie prediker se getuienis van redding en heiligmaking.

/Prof.%20Johan%20Malan
mp3
Wyle Prof. Johan Malan, is skrywer van vele artikels en boeke. Hy het homself as 'n evangeliese Christen beskou wat die letterlike, grammaties-historiese vertolking van die Bybel voorstaan.

From Darkness to Light

by Prof. Johan Malan
The way of salvation plainly shown and explained from the Bible.
Read the article

Uit die Duisternis tot die Lig

deur Prof. Johan Malan
Die pad van redding word duidelik beskryf uit die Bybel in hierdie artikel.
Lees die artikel
The Most Important Question

by R. A. Torrey

That question is this, "What shall I do, then, with Jesus who is called Christ?" "What shall I do, then, with Jesus who is called Christ?" Matthew 27:22 A right decision to that question hangs everything that is really worth having for time and for eternity for each one of us. Let us look at some of the things that we will get if we do the right thing with Jesus Christ.

Read article

Faith and Repentance

by Prof. Johan Malan

In the New Testament doctrine on salvation there is a mutual relationship between the concepts of “faith in Christ” and “repentance”. If we truly believe in Christ, repenting from our evil and selfish ways is inevitable. Faith in Jesus Christ as our Savior can only be expressed by turning away from the spiritual darkness of sin and taking refuge in Him who alone is able to forgive our sins and save our souls.

Read article

Hoe sien God ons?

Deur Ds. N A J van Rensburg

1 Petrus 4:12-19 Teksvers: vers 18 “En as die regverdige nouliks gered word, waar sal die goddelose en die sondaar verskyn?” Die Bybel hou daarvan om die waarheid by wyse van kontras te stel omdat dit so ‘n kragtige wyse is wat die waarheid diep in die hart laat vasslaan. Twee dinge word langs mekaar gestel: die waarheid en die leuen; heiligheid en sonde; die hemel en die hel. Dit is wat ons teksvers doen, die regverdige word teenoor die goddelose gestel.

Lees artikel

Stappe van redding uit die lewe van Saggeüs

deur Madelein Wolfaardt

Lukas 19:1-10 Hy was soekend, hy het besef dat hy iets kortkom ten spyte van al sy rykdom. Hy het moeite gedoen om Jesus te sien. Almal het hom geken en geweet wie hy was, as so 'n bekende ryk man moes dit hom gekos het om sy trots in sy sak te steek en homself te verneder – deur voor almal in die boom te klim. Hy het nie omgegee nie, hy móés Jesus sien!

Lees artikel

Read and download these free booklets

Also great for group or personal Bible study.
Biblical Decision Making
Is it God’s will to “find” His will?
Exactly how should you go about making good, God-honoring decisions?

Read booklet

The Companionship Principle
Bringing Biblical Sanity to the Insanity of Dating
The real reason dating is often "insane" is Christian young people and parents have never consciously shaped their understanding of "dating" with the Bible.

Read booklet

Dinge van Belang
Dinge van Belang vir jong Christene
Hulp en raad aan jong Christene. Die boekie is vol waardevolle wenke en waarskuwings om jou te help op jou pad saam met die Here.

Lees boekie

Identifying False Teachers
A Biblical Checklist for Identifying False Teachers in the Church
The purpose of this booklet is simple: to give you a checklist so that you can identify and avoid Christian leaders whom God would call false.

Read booklet

Testing Today's Prophecy
Does today's "prophecy" measure up to biblical standards?
Should Christians accept the modern prophecy movement as a new work of God’s Spirit?

Read booklet