fbpx
Bible Study
Bible Studies | Study Guides | Group or Individual study |

Make disciples!

The Bible for Dummies Deel 2

Tiener Bybelstudie Reeks

Hierdie reeks studies hoef nie in volgorde bestudeer te word nie, dit volg nie op mekaar nie buiten vir die studies wat ‘n deel 1 en 2 het. Soek al die teksverse in jou Bybel op. Dis belangrik om die teksverse te lees om te sien wat in die Bybel staan aangaandie die onderwerp. Dit sal jou ook help om jou Bybel beter te leerken.

Duidelike Kenmerke en Unieke Eienskappe:

Dit is ‘n openbaring van God en sy werke

Die Bybel is nie mense se woorde nie, maar God se Woord.

Hierin word die:

a.  Drie-enige God geopenbaar,
b. die oorsprong van die mens en die natuurlike skepping,
c. die ellende en geestelike doodsheid van die mens as gevolg van die sondeval,  
d. die teenwoordigheid en planne van ‘n vyandige koninkryk onder die leiding van satan.
e. God se reddende genade deur Jesus Christus se kruisdood en opstanding,
f.  God se oordele oor die sondaars wat sy uitnodiging tot redding verwerp.

  • ‘n Groot deel van die Bybel is op die geestelike groei en toerusting van diegene toegespits wat hulle tot God bekeer het en wat Hom wil dien. 2 Tim. 3:16-17
  • Die Bybel is nie menslike gedagtes oor God nie, maar ‘n boek wat deur God self “ingegee” is. Die goddelike inspirasie en foutloosheid van die Bybel  kan nie weerspreek word nie. 2 Tim. 3:16; 2 Pet. 1:21

Dit is aan ‘n Persoon gekoppel

  • Alle beloftes van God in die Bybel moet herlei word na ‘n Persoon, die Here Jesus Christus. Hy is die vleesgeworde Woord. Joh. 1:1,4,14
  • Die gesproke en geskrewe Woord van God getuig van die Verlosser, Jesus Christus, daarom staan dit in so ‘n noue verband met Hom.
  • In Hom is elke belofte in die Bybel ja en amen omdat Hy deur sy kruisdood die prys vir die vervulling daarvan betaal het. 2 Kor. 1:20; Ef. 1:7
  • Weens die noue assosiasie tussen Christus en die Woord kan ons Hom nie volkome liefhê as ons die bestudering van sy Woord afskeep nie. Joh. 14:23

Dit het skeppingskrag

  • Die Woord van God het skeppingskrag. 2 Pet. 3:5
  • Dit herskep ook verlore mense. Rom. 1:16
  • Alle ware gelowiges weet van die krag wat daar in die Woord is. “Spreek net ‘n woord, en my kneg sal gesond word”. Matt. 8:8

Dit is soos ‘n vuur en ‘n hamer

  • Die Woord is soos ‘n verterende vuur en ‘n hamer wat verbrysel. Jer. 23:29
  • Dit kan die hardste hart sag maak en elke muur van weerstand afbreek indien ons net met ‘n oop en ontvanklike gemoed daarna sou luister.

Dit red sondaars se siele

  • Ons moet hierdie Woord met sagmoedigheid ontvang, omdat die boodskap daarvan ons siele kan red. Jak. 1:21; 1 Pet. 1:23
  • Die Here Jesus het sy dissipels intensief onderrig en hulle verstand geopen om die Skrifte te verstaan wat van Hom getuig. Luk. 24:44-45; Joh. 5:37-40

Dit is gees en lewe

  • Die woorde van Christus is gees en is lewe. Joh. 6:63
  • Ná ons wedergeboorte moet ons onsself ook daagliks met hierdie Woord voed, sodat ons eestelik kan opgroei tot die volwasse man of vrou in Christus. Ef. 4:13-14; 1 Tim. 4:6; 1 Pet. 2:2
  • Hierdie geestelike voedsel is noodsaaklik. Luk. 4:4

Dit is ‘n tweesnydende swaard

  • Die Woord is soos ‘n tweesnydende swaard wat indring tot in ons diepste wese waar dit die gedagtes en houdings van ons harte openbaar. Heb. 4:12
  • Dit wys aan ons watter gedagtes vleeslik en watter geestelik is.

Dit is ‘n vaste rigsnoer vir ons lewe

  • Dit rig ons voetstappe weg van die pad van sonde af. Jos. 1:7; Ps. 119:101,133
  • Deur die beloftes in die Bybel in die geloof te aanvaar, bêre ons die Woord van God in ons harte sodat ons teen Hom nie sal sondig nie. Ps. 119:11

Dit verlig ons lewe

  • Alle Christene moet die lig van God se Woord in die wêreld laat skyn sodat sondaars tot bekering kan kom. Hand. 26:18
  • In die lig van God se Woord besef ons ons sondigheid en behoefte aan verlossing. Ef. 5:14

Dit keer nie leeg tot God terug nie

  • Die Woord van die Here strek óf tot die redding en geestelike opbouing van mense, óf tot hulle veroordeling weens ongeloof.
  • Dit sal dus nie leeg tot God terugkeer nie. Jes. 55:10-11
  • Die Here het nie behae in die ondergang van die goddelose nie, maar eerder daarin dat hy hom bekeer. Jes. 55:6-7; 1 Tim. 2:3-4
  •  Dit is waarom die uitnodiging tot bekering aan alle nasies verkondig word. Hand. 17:30-31

Dit hou vir ewig stand

  • “Die Woord van die Here bly tot in ewigheid”. Matt. 24:35; 1 Pet. 1:25
  • Dit bly altyd van krag, raak nooit irrelevant nie.
  • Alles daarvan sal vervul word. Saam met die psalmis kan ons ook die ewigdurendheid van die Here, sy Woord en sy goedertierenheid besing. Ps. 19:9-10; 29:10; 37:18; 44:9; 73:26; 92:9; 111:3; 119:93,160; 135:13

Persoonlike Toewyding

Ek aanvaar die Bybel as die geïnspireerde en foutlose Woord van God.

  • Dit is ‘n groot geskenk uit die hemel, omdat God Homself hierdeur aan die mensdom openbaar.

In die Heilige Skrif:
a. is die belofte van sondevergifnis en die ewige lewe.
b. voorskrifte oor hoe om die nuwe lewe in Christus op te bou, te versterk & stand te hou.

  • Die Here wil my daardeur volkome maak, vir elke goeie werk volkome toegerus.
  • Mag Hy my bewaar van onkunde oor sy Woord. Matt. 22:29

“Ek het my voete teruggehou van elke verkeerde pad, dat ek u Woord kan bewaar” (Ps. 119:101)

 

Tiener Bybelstudie Reeks:

Het jy ‘n Nuwe Lewe

Hoekom is Bekering nodig?

Krisisse - How to handle the ‘curve balls’ in Life...?!?

‘n Ware Verhouding met God

Secret Ingredient van Verhoudings

The Bible for Dummies Deel 1

The Bible for Dummies Deel 3

The Good, the Bad and the Ugly Relationships

Test Your Love Relationship

Wie is God...?

 

Hierdie studies is saamgestel deur Just Africa Mission NPC
Kopiereg: Voel vry om hierdie studie af te laai en te gebruik of te versprei mits daar niks aan verander word nie en erkenning gegee word aan www.jam.org.za.

Pleasure and Profit in Bible Study

Pleasure and Profit in Bible Study

by Dwight Lyman Moody

We cannot overestimate the importance of a thorough familiarity with the Bible. I try to lose no opportunity of urging people by every means in my power to the constant study of this wonderful Book. If through the pages that follow, I can reach still others and rouse them to read their Bibles, not at random but with a plan and purpose, I shall be indeed thankful.

Go to this Bible study guide

Group or Individual Bible Study Guides
Studies available in English & Afrikaans.
Joshua

An Old Testament Type of Jesus

Joshua played an important role in Israel after they had been delivered from Egypt, thereby preparing him for his future role as leader when they crossed the Jordan to take possession of the Promised Land. His conquests in Canaan rendered proof that he was a special instrument in the hand of the Lord. Joshua was an Old Testament type of Jesus, who was sent by the Father to accomplish a much greater purpose, i.e. to deliver people all over the world from the bondage of sin.

Go to study

Josua

’n Ou-Testamentiese Tipe van Jesus

Josua het ’n belangrike rol in Israel se geskiedenis gespeel nadat hulle uit Egipte bevry is, en dit het hom voorberei om as leier op te tree toe hulle deur die Jordaan getrek het om die Beloofde Land in besit te neem. Sy oorwinningstogte in Kanaän het van hom ’n beson­dere instrument in die hand van die Here gemaak. Josua was ’n Ou-Testamentiese tipe van Jesus wat deur die Vader gestuur is vir ’n veel groter doel, naamlik om mense oral in die wêreld uit die slawerny van sonde te bevry.

Gaan na studie

Die Bybel in Geheel

Die Bybel in Geheel

Hierdie is 'n kort oorsig om vir jou 'n duideliker prentjie te skets voordat jy in diepte met Bybelstudie begin. Hierdie Bybel in Geheel studie, is 'n studie van die hele Bybel. Dit neem jou deur elke boek van die Bybel om vir jou 'n kort oorsig te gee oor elke boek, deur wie dit geskryf was en waarom dit geskryf was en lig ook dan belangrike dele uit en som die boek in kort op. Met hierdie notas saam sal verdere studies van die Bybel baie meer vir jou sin maak en help om sekere konsepte beter te verstaan.
Die Bybel in Geheel

Kort Oorsig

Die waarde van die Bybel / Om die Bybel te verstaan / Bybelse Uitdrukkings.

Lees meer

Die Bybel in Geheel - DEEL 1

Die Ou Testament

Die Ou Testament kan in 3 Dele opgedeel word: Deel 1 – Geskiedenis – Genesis tot Ester Deel 2 – Wysheid & Digkuns – Job tot Hooglied Deel 3 – Profesieë – Jesaja tot Maleagi

Lees meer

Die Bybel in Geheel - DEEL 2

Die Nuwe Testament

Die Evangelies is seker die mees bekendste deel van die Bybel. Baie mense ken dele van die Evangelies maar min mense verstaan die omvang en doel van hierdie vier boeke.

Lees meer

Studies Concerning the subject of Holiness

Holiness is a characteristic that is often talked about but hardly understood as to how it can be obtained. Too often holiness is considered an attribute of God that is not attainable to man. Holiness is considered something impossible.
1. Personal Holiness

2. The Holiness of God

3. Putting Sin to Death, Pursuing Holiness

4. Trained in Godliness

5. True Humility

6. Contentment

7. Self-Control

Open Studies

13 Studies in Christelike Heiligheid

13 Studies in Christelike Heiligheid

Hierdie 13 Wesleyaanse lesings oor heiligmaking is opgestel om weekliks oor ‘n tydperk van drie maande aangebied te word.

Sien Studies

'n Studie oor Heiligmaking

Die leer oor heiligmaking as 'n tweede genadewerk ná bekering help alle Christene om tot geestelike volwassenheid op te groei.

Hier is 12 studies wat in diepte kyk na hierdie onderwerp. Die studies is ook as klank studies beskikbaar.
Inhoud
1. Die Behoefte aan Heiligmaking
2. Die Stryd Teen Vleeslikheid
3. Die Eise van Dissipelskap
4. Oorwinning Oor die Vlees: Die Stap van Heiligmaking
5. Oorwinning Oor Swakhede: Die Proses van Heiligmaking
6. Vervulling met die Heilige Gees
7. Volkome Heiligmaking
8. Die Wil van God
9. Gawes en Vrug van die Gees
10. Bedieninge van die Heilige Gees
11. Die pelgrimsreis van God se Volk
12. Heiligmaking en die Wederkoms

Gaan na studie

Discipling New Believers
English & Afrikaans FREE printable studies.

8 Week study program

This can be used as a weekly study for new believers. These studies will help with assurance of salvation and will grow their Bible knowledge. These are the very basics of the Christian faith and will ensure a firm foundation. Give this to a young believer and go through all the answers with the person each week. Make sure they memorized the scriptures each week. Use the study's questions to lead conversations on subjects that the person do not yet understand.

/Study%201
WHAT HAPPENED TO ME?
/Study%203
TO LEARN MORE ABOUT GOD
/Study%204
IN CONVERSATION WITH GOD
/Study%206
WITNESSING FOR GOD
/Study%207
FILLED WITH THE SPIRIT OF GOD
/Study%208
TO BE ONE IN CHRIST
/Study%201%20to%208
All 8 studies in one
/Answer%20sheet
Study 1 ot 8

8 Weke studie program

Gebruik die kort studies om weekliks deur te gaan met 'n nuwe Christen. Dit sal hulle sekerheid gee en hulle Bybel kennis verbreed sodat hulle op 'n vaste fondasie kan bou. Gee dit weekliks vir die persoon en gaan dit dan saam met hulle deur elke week nadat hulle dit ingevul het. Toets hul teks memorisering Gebruik die vrae in die studies as leiding tot nodige gesprekke daar waar die persoon dalk dinge nie verstaan nie.

/Studie%201
WAT HET MET MY GEBEUR?
/Studie%202
‘N WANDELING MET GOD
/Studie%203
OM VAN GOD TE LEER
/Studie%204
IN GESPREK MET GOD
/Studie%206
OM VIR GOD TE GETUIG
/Studie%207
GEVUL MET GOD SE GEES
/Studie%208
OM EEN TE WEES IN CHRISTUS
/Studie%201%20tot%208
Al 8 studies in een
/Antwoordblad
Studie 1 ot 8

Articles on Bible Reading & Study

"Thy word is a lamp unto my feet, and a light unto my path."  - Psalm 119:105

The Prophetic Books of the Old Testament have been fitted into the narrative at the place where they are thought to have been written. The Epistles have been inserted into the Book of Acts in a like manner.
Praktiese wenke vir jong Christene.
Practical tips for young Christians.
by Rev. R. A. Torrey
Questions to ask when reading the Bible.
Vrae om te vra wanneer jy die Bybel lees.

Read and download these free booklets

Also great for group or personal Bible study.
Biblical Decision Making
Is it God’s will to “find” His will?
Exactly how should you go about making good, God-honoring decisions?

Read booklet

The Companionship Principle
Bringing Biblical Sanity to the Insanity of Dating
The real reason dating is often "insane" is Christian young people and parents have never consciously shaped their understanding of "dating" with the Bible.

Read booklet

Dinge van Belang
Dinge van Belang vir jong Christene
Hulp en raad aan jong Christene. Die boekie is vol waardevolle wenke en waarskuwings om jou te help op jou pad saam met die Here.

Lees boekie

Identifying False Teachers
A Biblical Checklist for Identifying False Teachers in the Church
The purpose of this booklet is simple: to give you a checklist so that you can identify and avoid Christian leaders whom God would call false.

Read booklet

Testing Today's Prophecy
Does today's "prophecy" measure up to biblical standards?
Should Christians accept the modern prophecy movement as a new work of God’s Spirit?

Read booklet