Die Uitnodiging
deur Madelein Wolfaardt
Mattheus 11:28
Jesus het gesê: “Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.”
Koop die Plakkaat vir hierdie Evangelie Boodskap
Kom na My toe,
Hierdie uitnodiging word gemaak vir die ganse mensdom, die uitnogiging is ‘kom na My toe’. Die belangrike ding om hier te merk is dat almal ‘n keuse het, elke person moet self kies om die uitnodiging te aanvaar.
Niemand is automaties gered en deel van die Koninkryk van God nie. Baie mense dink dat hulle kinders van God is omdat hulle in Christen huise groot geword het, dit is nie so nie. Daar moet ‘n dag in elke person se lewe wees waar hul gekies het om hul lewens vir God oor te gee. Waar hulle sonde bely is en hulle regverdig gemaak is deur die bloed van Jesus en God se reddened genade.
almal wat vermoeid en belas is,
Enigeiemand en almal is welkom om na Jesus te kom, veral diegene wat vermoeid en belas is. Die mens dra swaar sonde laste en Romeine 6:16 sê dat ons slawe van die sonde is: “Weet julle nie dat aan wie julle julself as diensknegte tot beskikking stel om hom gehoorsaam te wees, julle diensknegte is van hom aan wie julle gehoorsaam is nie òf van die sonde tot die dood, òf van die gehoorsaamheid tot geregtigheid?”
Hier is die uitnodiging om te kom na Jesus sodat Hy jou vry kan maak van hierdie swaar laste wat jy dra, sodat jy nie meer ‘n slaaf van die sonde moet wees nie.
Kom nes jy is. The enigste voorwaardes wat in hierdie vers gegee word is dat jy vermoeid en belas moet wees, niks anders nie. Die oomblik wat jy besef dat jy ‘n swaar sondelas dra en dat jy vry wil wees daarvan kan jy die uitnodiging aanvaar. In Lukas 5:32 sê Jesus: “Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.“
en Ek sal julle rus gee.
Hierdie uitnodiging kom ook saam met ‘n wonderlike belofte aan diegene wat kies om dit te aanvaar. God sal vir jou rus gee. Hierdie innerlike vrede in die hart en siel van die mens dring die hart binne sodra jy vrygemaak word van jou swaar sondelas. Filippense 4:7 praat van hierdie vrede: “En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.”
Jou gewete word skoongevee wanneer jy jou sonde bely en deur Jesus se bloed word dit weg gewas. Jy word in die Koninkryk van God in gebore en jy kry sekerheid dat jy nou ‘n kind van God is. Met die wete, dink net watter gevoel van vryheid, vrede en blydskap jou sal vul.
Verder het jy ook nou die voorreg om ‘n persoonlike verhouding met God te kan hê. Hier begin jy nou jou pad saam met God as ‘n weergebore Christen.
Slot
Die uitnodiging is aan jou gemaak vandag. Is jy vermoeid en belas? Besef jy jou sonde en jou sondige natuur? Erken jy dat jy verlore is en dat jy ‘n slaaf van die sonde is? Dawid het gesê dat sy sonde altyd deur voor hom is.
As jou antwoord ja is, dan is die uitnodiging vir jou vandag – Kom na Jesus, Hy wil jou rus gee.

Beskikbaar in Engels en Afrikaans
* Die plakate sluit in:
- Aflaaibare Bybelstudie in PDF formaat
- Hoe om die plakaat te gebruik
- 12 Praktiese Wenke oor hoe om 'n persoon te lei om Jesus Christus aan te neem as hul Saligmaker
- A4 Plakaat - 'n ideale grootte om te kan opvou en in jou Bybel te hou