Om ‘n getuie te wees
1. Ek moet ‘n voorbeeld wees
1 Tim 4:12-16 “Laat niemand jou jonkheid verag nie, maar wees ‘n voorbeeld vir die gelowiges in woord, in wandel, in liefde, in gees, in geloof, in reinheid. Totdat ek kom, moet jy aanhou met voorlesing, vermaning en lering. Verwaarloos nie die genadegawe wat in jou is nie, wat jou gegee is deur die profesie met die handoplegging van die ouderlinge. Wees vlytig in hierdie dinge, leef daarin, sodat jou vooruitgang vir almal duidelik kan wees. Let op jouself en op die leer; volhard daarin; want deur dit te doen, sal jy jouself red sowel as die wat jou hoor.”
2. Ek moet vrug dra wat by die bekering pas
Matt 3:8 &10
“Dra dan vrugte wat by die bekering pas.” “Maar die byl lê ook al teen die wortel van die bome. Elke boom wat geen goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.”
Ons sien die vrug wat by die bekering pas in ons hele lewenswandel - in ons optrede, gesindhede, woorde, dade, denkwyse, voorkoms ens… Die mense naaste aan ons kan die maklikste beoordeel of ons goeie of slegte vrugte dra. (Spr 25:26 “‘n Troebel fontein en ‘n vuile bron, so is die regverdige wat wankel voor die goddelose.”)
Maar dit moet ook wys daar waar niemand sien nie, wanneer ek alleen is wie is ek dan?
- Het ek tye van geheime gebed, daar waar ek geen eer voor kry nie en niemand sien nie? (Matt 6:6 Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.)
- ek ook daar waar niemand dit ooit sal weet nie? (Matt 6:4 sodat jou liefdadigheid in die verborgene kan wees; en jou Vader wat in die verborgene sien, Hy sal jou in die openbaar vergelde.)
- Het ek tye van vasting of afsondering waarvan mense ook nie weet nie? (Matt 6:18 sodat jy nie die mense laat sien dat jy vas nie, maar jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.)
3. Ek moet uitstaan vir die Here en Sy Naam
Matt 5:13-16 “Julle is die sout van die aarde, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit gesout word? Dit deug nêrens meer voor as om buite gegooi en deur die mense vertrap te word nie. Julle is die lig van die wêreld. ‘n Stad wat bo-op ‘n berg lê, kan nie weggesteek word nie; en ‘n mens steek ook nie ‘n lamp op en sit dit onder die maatemmer nie, maar op die staander, en dit skyn vir almal wat in die huis is. Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.”
1Tim 5:25 “Net so is ook die goeie werke baie duidelik, en ook die wat anders is, kan nie weggesteek word nie.”
Dit is duidelik uit die Bybel dat ons moet uitstaan in die wêreld en nie soos die wêreld moet wees nie. Mense moet na ons kan kyk en kan sien en weet dat ons anders is, innerlik en uiterlik. (1Pet 2:11 Geliefdes, ek vermaan julle as bywoners en vreemdelinge om julle te onthou van vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel;)
4. Ek moet ‘n betroubare getuie wees
Spr 14:25 “‘n Betroubare getuie red lewens, maar hy wat leuens uitstrooi, is bedrog.”
Spr 14:35 “Die welbehae van die koning is vir ‘n verstandige dienaar, maar een wat skande maak, is ‘n voorwerp van sy grimmigheid.”
Ons almal moet getuies wees vir die Here. Is ons betroubare getuies vir Christus? As ons wat Christus se getuies is nie goeie vrugte dra nie, hoe kan die goddelose tot geloof kom? Dit is baie belangrik dat ons HELE lewe moet getuig van God, dit is hierdeur dat andere ook in God sal glo. Om die regte vrugte te dra deur ons getuienis uit te leef, is om God se Naam hoog te dra en nie te ontheilig nie.
deur Madelein Wolfaardt