Die Bybelboek - Bybelstudiemetode
Daar is verskillende metodes wat vir Bybelstudie gebruik kan word. Die metode wat aanbeveel word is ‘n metode wat al deur baie mense met groot vrug gebruik is. Ons noem dit die Bybelboek – Bybelstudiemetode. Volgens hierdie metode word die hele Bybel, Bybelboek vir Bybelboek, sinvol en sistematies bestudeer.
Kies Die Regte Boek
Die regte boek moet gekies word. Indien jy in die begin ‘n te moeilike boek kies, bestaan die gevaar dat jy kan moed verloor en vroeg tou opgooi. Die volgende kan jou help met die kies van ‘n boek
- Kies ‘n kort boek. ‘n Boek met hoogstens 6 tot 8 hoofstukke.
- Kies ‘n makliker boek bv. 1 Johannes of een van die korter briewe van Paulus. Vermy eers moeiliker boeke soos Openbaring, Hebreërs of Romeine.
- Kies ‘n boek in die Nuwe Testament.
- Dit word aanbeveel dat jy jou Bybelstudie met 1 Johannes sal begin.
Gebed
Begin altyd jou Bybelstudie met gebed. Vra die Here dat Hy sy Woord vir jou sal oopsluit sodat jy die groot, uitstaande waarhede en ook die klein, verborge edelgesteentes kan raaksien. (Ps. 119:18)
Pen en Papier
Hou ‘n skryfding byderhand om aantekeninge te maak.
Kennismaking met die Boek
Voordat ons kan kom by die bestudering van die fyner detail van ‘n Bybelboek is dit nodig dat ons ‘n geheelbeeld van die boek sal hê.
Lees die boek herhaaldelik deur
Dit is baie belangrik dat jy vertroud sal wees met die inhoud van die boek. Probeer die boek soveel keer as moontlik deurlees. Daar is mense wat meen dat jy die boek ten minste 15 keer moet deurlees. Dit sal goed wees indien jy die boek ook een of twee keer in ‘n Bybel in ‘n ander taal wat jy magtig is, kan deurlees.
Maak ‘n kort opsomming van die boek
Jy is nou gereed om ‘n kort opsomming van die boek te maak. Skryf die volgende in jou opsomming neer:
- Wat is die hooftema / sentrale boodskap van die boek?
- Watter is die belangrikste onderwerpe wat behandel word?
- Watter is vir jou die belangrikste teks of tekse in die boek?
- Wat het jou die meeste getref in die boek?
Bestudering van hoofstukke en verse in die boek
Nadat jy ‘n geheelbeeld van die boek gekry het, is jy gereed om ‘n intensiewe ontleding van elke hoofstuk te doen.
- Lees die hoofstuk ‘n paar keer stadig en met aandag deur. Nadat jy die hoofstuk ‘n paar keer deurgelees het, maak die Bybel toe en vra jouself die vraag: “Waaroor het die gelese gedeelte ge-handel?” Lees die hoofstuk nou weer ‘n keer deur. Verkieslik in ‘n Bybel wat in ‘n ander taal geskryf is.
- Beantwoord nou die volgende vrae op jou aantekeninge papier of in jou notaboekie. Van die vrae sal nie elke keer beantwoord kan word nie.
a. Waaroor handel die hoofstuk? Wat is die hooftema in die hoofstuk?
b. Watter persone tree op in die hoofstuk? Byvoorbeeld: Wie is aan die woord? Aan wie word geskryf?
c. Wat is die sleutelteks?
d. Wat leer die hoofstuk my van Jesus Christus?
e. Op watter sondes in my lewe wys die hoofstuk my?
f. Wat belowe God my in hierdie hoofstuk?
g. Watter opdragte / voorskrifte ten opsigte van my lewe word in hierdie hoofstuk gegee?
h. Watter sake word in hierdie hoofstuk genoem waaroor en waarvoor ek kan bid? - Lees die aantekeninge wat jy gemaak het ‘n paar keer aandagtig deur.
- Memoriseer die sleutelteks / sleuteltekse in die gelese hoofstuk.
Dit kan op die volgende manier gedoen word:
Maak vir jou kaartjies waarop jy die Bybelteks neerskryf. Op die een kant van die kaartjie skryf jy die teks-onderwerp en die teks-verwysing en op die ander kant, die woorde van die betrokke teks. Hierdie kaartjies kan jy by jou hou en wanneer daar ‘n geleentheid is, kan jy die kaartjies uithaal en die Bybeltekse leer. - Gehoorsaam die bevele, opdragte, voorskrifte ensovoorts in elke hoofstuk wat jy lees. Jy moet nie net hoor wat God in die Bybel te sê het nie, jy moet dit ook doen en so lewe. (Jak. 1:22 “En word daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie.)
In die begin gaan Bybelstudie nie so maklik wees nie. Hou egter moed. Dit sal algaande makliker word.
Bybelstudieprogram
Hier is ‘n volgorde van Bybelboeke waaroor Bybelstudie gedoen kan word. Daar word begin met ‘n paar makliker boeke totdat jy meer vertroud is met Bybelstudie. Dit word aanbeveel dat jy in die volgorde sal bly.
(Volg eers die eerste kolom en dan die tweede een.)
Naam van Bybelboek |
Aantal Hoofst. |
Naam van Bybelboek |
Aantal Hoofst. |
1 Johannes |
5 |
1 Korinthiërs |
16 |
Efesiërs |
6 |
Jesaja |
66 |
Galasiërs |
6 |
Lukas |
24 |
Filippense |
4 |
Numeri |
36 |
Markus |
16 |
Amos |
9 |
Johannes |
21 |
Miga |
7 |
Genesis |
50 |
Handelinge |
28 |
Prediker |
12 |
Josua |
24 |
Kolossense |
4 |
Jeremia |
52 |
Psalms |
150 |
2 Korinthiërs |
13 |
Hosia |
14 |
Deuteronomium |
34 |
1 Samuel |
31 |
Hooglied |
8 |
1 Thessalonicense |
5 |
Klaagliedere |
5 |
Rut |
4 |
Titus |
3 |
2 Samuel |
24 |
Filemon |
1 |
2 Thessalonicense |
3 |
Rigters |
21 |
1 Konings |
22 |
Esegiël |
48 |
2 Konings |
25 |
1 Petrus |
5 |
Job |
42 |
Nahum |
3 |
Jakobus |
5 |
Habakuk |
3 |
Exodus |
40 |
Esra |
10 |
Romeine |
16 |
Hebreërs |
13 |
Spreuke |
31 |
Nehemia |
13 |
Daniël |
12 |
2 Johannes |
1 |
1 Timotheüs |
6 |
3 Johannes |
1 |
Levitikus |
27 |
Judas |
1 |
Joël |
3 |
Ester |
10 |
Obadja |
1 |
Sefanja |
3 |
Jona |
4 |
Haggai |
2 |
Mattheüs |
28 |
Openbaring |
22 |
1 Kronieke |
29 |
Sagaria |
14 |
2 Timotheüs |
4 |
Maleagi |
4 |
2 Kronieke |
36 |
2 Petrus |
3 |