The Test
To see if your ‘love’ relationship is solid
Tiener Bybelstudie Reeks
Hierdie reeks studies hoef nie in volgorde bestudeer te word nie, dit volg nie op mekaar nie buiten vir die studies wat ‘n deel 1 en 2 het. Soek al die teksverse in jou Bybel op. Dis belangrik om die teksverse te lees om te sien wat in die Bybel staan aangaandie die onderwerp. Dit sal jou ook help om jou Bybel beter te leerken.
Psalm 119v97 ”hoe lief het ek u wet; dit is my bepeinsing die hele dag.”
Die Verhouding met God
Die egtheid van ‘n persoon se geloof en sy toewyding aan God, dit is nie altyd maklik om te kan onderskei of dit waarlik eg is of nie. Want hy/sy kan miskien die Bybel lees en kan baie teksverse memoriseer maar dit beteken nog nie dat hy ‘n verhouding met God het nie.
Gelukkig is daar ‘n paar pointers om te kan sien of iemand waarlik met God wandel of nie.
Lees: Psalm 119v10-16 / v47-48
Vrae:
Q: Wat is die Psalm skrywer se houding teenoor God se woord?
- Gee mooi aandag oor hoe jou ou/meisie praat oor die woord van God en hoe hulle reageer teenoor die woord:
If he/she frequently complains about things that he/she doesn’t like in it or picks apart the way it is written (e.g., the apostle Paul’s long run-on sentences) instead of looking for its meaning and how it should apply to him/her, there could be a serious problem in his/her relationship with the Lord.
Antwoord eerlik die volgende vrae oor die persoon met wie jy nou ‘n ‘liefdes’ verhouding het:
- Lyk dit regtig of hy/sy ‘n liefde het vir God se woord? – hoe weet jy dit?
- Gaan hy/sy na die woord vir leiding en instruksies?
- Wat het hy/sy onlangs van die woord gekritiseer?
- Wat het hy/sy onlangs met jou gedeel uit die woord, wat hy/sy geleer het en toegepas het in sy/haar lewe?
Lees: Psalm 119v127-128 / Spreuke 8v13
Vrae:
Q: Volgens die verse, wat sal ‘n regverdige persoon haat?
Q: Wat van die dinge, haat die persoon wat jy mee ‘n ‘liefdes’ verhouding het?
Q: Watter een haat hy/sy dan nie?
In Johannes 13v35, leer Jesus sy dissipels hoe om dit duidelik te maak aan ander mense dat hulle aan Hom behoort
Vraag: Wat sê dit vir jou?
- Op ander plekke,het Jesus vir sy dissiples instruksies gegee hoe om mense in geheel te behandel maar ook oor hoe om jou vyande te behandel, maar nou gee hy spesifieke instruksies oor hoe gelowiges mekaar moet behandel...
Q: Het jou ou/meisie ander Christene lief en behndel hy/sy hulle met respek, goedheid en guns?
Q: Hou hy/sy daarvan om met ander Christene tyd te spandeur of meer met ongelowiges?
Lees: Hebreers 10v25 / 1 Petrus 4v10
Vrae:
Q: Watse instruksie word aan God se kinders gegee volgens die gedeeltes?
Q: Is die persoon waarin jy belangstel, bereidwillig om deel te wees van die gemeenskap van gelowiges waarby jy inskakel?
Q: Sal hy/sy die onderlangse byeenkomste bywoon al is jy nie daar nie of doen hy/sy dit maar net om jou gelukkig te hou?
- The Bible makes it very clear that we are not to be loners in our faith. -ons moet in ‘n gemeenskap van gelowiges wees, wat mekaar opbou in die geloof en aanmoedig om te volhard in die Here. Waarby ons leer van mekaar en saamwerk om Sy koninkryk uit te brei.
- As die persoon in wie jy belangstel, nie ywerig is om die dinge van die Here by te woon nie, dan kan jy klaar agterkom hy/sy is net ‘n ‘naam Christen’ met ‘n paar bybedoelings....
- So, as hy/sy nie nou kerk toe gaan en die dinge van die Here bywoon nie sal hy ook nie in die toekoms belangstel nie...
Tiener Bybelstudie Reeks:
Krisisse - How to handle the ‘curve balls’ in Life...?!?
Secret Ingredient van Verhoudings
The Good, the Bad and the Ugly Relationships
Hierdie studies is saamgestel deur Just Africa Mission NPC
Kopiereg: Voel vry om hierdie studie af te laai en te gebruik of te versprei mits daar niks aan verander word nie en erkenning gegee word aan www.jam.org.za.