fbpx
Bible Study
Bible Studies | Study Guides | Group or Individual study |

Make disciples!

Wie is God...?

Tiener Bybelstudie Reeks

Hierdie reeks studies hoef nie in volgorde bestudeer te word nie, dit volg nie op mekaar nie buiten vir die studies wat ‘n deel 1 en 2 het. Soek al die teksverse in jou Bybel op. Dis belangrik om die teksverse te lees om te sien wat in die Bybel staan aangaandie die onderwerp. Dit sal jou ook help om jou Bybel beter te leerken.

Die God van die Bybel

Die God van die Bybel is ‘n Drie-enige God – God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees. Hulle bestaan al drie van alle ewigheid af, want die Vader het die wêreld deur die Seun gemaak   (Heb. 1:2). Hy was nie net by God nie, maar was self ook God.

  • Die eerste naam vir God wat in die Bybel gebruik word, is Elohim. Hierdie naamwoord word in Hebreeus beide in die enkelvoud én in die meervoudsvorm gebruik, dus dui dit daarop dat die Godheid meervoudig is, maar tóg ‘n saamgestelde eenheid vorm. Dit is drie persone, Vader, Seun en Heilige Gees, wat saam een, ewige God is. Hierdie begrip blyk duidelik uit die persoonlike voornaamwoorde wat vir Elohim gebruik word. In verband met die skepping van die mens word daar gesê: “Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis… En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape” (Gen. 1:26-27). Die Drie-enige God kan tereg sê:
    “Laat Ons mense maak,” en dan daarna: “man en vrou het Hy hulle geskape.”
  • Die feit van die Here Jesus se ewige godheid en selfbestaan word in ‘n baie bekende geloofsbelydenis verloën: “Ek glo in God die Vader, die Almagtige, Skepper van die hemel en aarde, en in Jesus Christus sy eniggebore Seun...” Die indruk word hierdeur geskep dat God die Vader alleen was toe Hy die aarde geskape het, en dat Jesus eers veel later gegenereer en “as mens” gebore is. Beoordeel hierdie verkeerde indruk in die lig van Heb. 1:1-2; Joh. 1:1-3,10,14; 1 Kor. 8:6; Ef. 3:9 en Kol. 1:16-17.

God as Skepper

  • Die Drie-enige God (Heb. Elohim) het Homself in die Ou Testament (OT) in die eerste plek as die Skepper geopenbaar van alles wat bestaan (Gen. 1:1–2:3).
  • God het skeppingskrag in Homself. Deur net ‘n woord te spreek, het Hy alles in aansyn geroep (Ps. 33:6; Heb. 11:3; 2 Pet. 3:5). In Gen. 1 lees ons telkens: “En God het gesê...” So ook is daar in die evangeliewoord ‘n dinamiese krag om ons lewens te herskep (Rom. 1:16).
  • Die aanvanklike skepping (Gen. 1:1-2) het geëindig in ‘n situasie waarin die aarde woes, leeg en in duisternis gehul was. Die Here het nie die aarde geskape om woes en onbewoon te wees nie (Jes. 45:18), daarom is dit duidelik dat verwoestingswerk van ‘n groot omvang in die skepping aangerig is. Die enigste Bybelse verklaring hiervoor is die uitwerping van Lucifer uit die hemel (Jes. 14:12-17; Eseg. 28:12-17; Op. 12:3-4). Die aarde was vir ‘n ongespesifiseerde tydperk in ‘n woeste toestand.
  • In die daaropvolgende skeppingswerke van die Here het Hy orde in reeds bestaande materie gebring en alle lewensvorme (plante, diere en die mens) volgens hulle soorte geskape. Die mens is nie deel van die natuurlike skepping nie, maar uniek in dié sin dat net die mens na die beeld van God geskape is, en ook die opdrag gekry het om oor die natuurlike skepping te heers (Gen. 1:27-31; Ps. 8:4-9).

Name van God

  • God (Heb. Elohim of in verkorte vorm El; Gr. Theos) (Gen. 1:1; 17:1; Rom. 1:1).
  • Here (Heb. Adonai; Gr. Kurios) (Gen. 18:27; 2 Pet. 2:9).
  • Here H (Heb. Adonai Jahweh) – Gen. 15:2.
  • Almagtige God (Heb. El-Shaddai; Gr. Theos Pantokrator) (Gen. 17:1; Op. 16:14)
  • Ewige God (Deut. 33:27).
  • Die lewende God (Jos. 3:10)
  • Here God, die Allerhoogste, die Skepper van hemel en aarde (Gen. 14:22).
  • Die God van die hemel (Jona. 1:9).
  • Die God van Abraham, Isak en Jakob (Ex. 3:6; Hand. 3:13).
  • Die Heilige van Israel (Jes. 43:3).
  • Here van die leërskare (Jes. 1:24).
  • Die Koning van die eeue, die onverderflike, onsienlike, alleenwyse God (1 Tim. 1:17).
  • Enigste Heerser, Koning van die konings en Here van die here (1 Tim. 6:15).

Natuurlike attribute van God

  • God is onvergelyklik (2 Sam. 7:22)
  • Onsigbaar (Joh. 1:18)
  • Ondeurgrondelik (Jes. 40:28)
  • Onveranderlik (Num. 23:19)
  • Sonder gelyke (Jes. 40:13-25)
  • Onnaspeurlik (Rom. 11:33-34)
  • Oneindig (1 Kon. 8:27)
  • Ewig (Jes. 57:15)
  • Almagtig (Jer. 32:17,27)
  • Alomteenwoordig (Ps. 139:7-12)
  • Alwetend wat die verlede, hede én toekoms betref (Hand. 15:18; 1 Joh. 3:20; Jes. 48:3-5).

Morele attribute van God

  • Liefde (1 Joh. 4:8,16)
  • Heiligheid (1 Pet. 1:15; Op. 4:8)
  • Goedheid en goedertierenheid (Ex. 34:6; Ps. 31:20; 52:3; 145:8-9)
  • Geregtigheid (Ps. 89:15)
  • Haat sonde en ongeregtigheid (Ps. 5:5-7, 45:8; Heb. 1:9)
  • Onpartydigheid (Hand. 10:34-35; 1 Pet. 1:17)
  • Barmhartigheid (Ex. 20:6; Jes. 55:7)
  • Genade (Rom. 3:23-24; 2 Kor. 9:8)
  • Waarheid (Joh. 14:6, 17:17)
  • Toorn (Ps. 2:5,12; 21:10; Op. 6:15-17).

Persoonlike toewyding

  • Ek herbevestig my geloof in die Drie-enige God.
  • Die grote God van die hemel en die aarde het Homself in drie Persone aan my geopenbaar, daarom kan ek getuig van die genade van die Here Jesus Christus, die liefde van God die Vader en die gemeenskap van die Heilige Gees (2 Kor. 13:13).
  • Ek stel myself ten doel om God in al sy wonderlike hoedanighede beter te leer ken, sodat sy beeld wat deur die sondeval in mense se lewens verbreek is, ten volle in my herstel kan word.
  • God het nie net deur Jesus Christus die aarde geskape nie, maar Hom ook as ‘n versoening vir ons sondes na die wêreld gestuur sodat alle gevalle sondaars deur Hom herskep kan word.  
     

Tiener Bybelstudie Reeks:

Het jy ‘n Nuwe Lewe

Hoekom is Bekering nodig?

Krisisse - How to handle the ‘curve balls’ in Life...?!?

‘n Ware Verhouding met God

Secret Ingredient van Verhoudings

The Bible for Dummies Deel 1

The Bible for Dummies Deel 2

The Bible for Dummies Deel 3

The Good, the Bad and the Ugly Relationships

Test Your Love Relationship

 

Hierdie studies is saamgestel deur Just Africa Mission NPC
Kopiereg: Voel vry om hierdie studie af te laai en te gebruik of te versprei mits daar niks aan verander word nie en erkenning gegee word aan www.jam.org.za.

Pleasure and Profit in Bible Study

Pleasure and Profit in Bible Study

by Dwight Lyman Moody

We cannot overestimate the importance of a thorough familiarity with the Bible. I try to lose no opportunity of urging people by every means in my power to the constant study of this wonderful Book. If through the pages that follow, I can reach still others and rouse them to read their Bibles, not at random but with a plan and purpose, I shall be indeed thankful.

Go to this Bible study guide

Group or Individual Bible Study Guides
Studies available in English & Afrikaans.
Joshua

An Old Testament Type of Jesus

Joshua played an important role in Israel after they had been delivered from Egypt, thereby preparing him for his future role as leader when they crossed the Jordan to take possession of the Promised Land. His conquests in Canaan rendered proof that he was a special instrument in the hand of the Lord. Joshua was an Old Testament type of Jesus, who was sent by the Father to accomplish a much greater purpose, i.e. to deliver people all over the world from the bondage of sin.

Go to study

Josua

’n Ou-Testamentiese Tipe van Jesus

Josua het ’n belangrike rol in Israel se geskiedenis gespeel nadat hulle uit Egipte bevry is, en dit het hom voorberei om as leier op te tree toe hulle deur die Jordaan getrek het om die Beloofde Land in besit te neem. Sy oorwinningstogte in Kanaän het van hom ’n beson­dere instrument in die hand van die Here gemaak. Josua was ’n Ou-Testamentiese tipe van Jesus wat deur die Vader gestuur is vir ’n veel groter doel, naamlik om mense oral in die wêreld uit die slawerny van sonde te bevry.

Gaan na studie

Die Bybel in Geheel

Die Bybel in Geheel

Hierdie is 'n kort oorsig om vir jou 'n duideliker prentjie te skets voordat jy in diepte met Bybelstudie begin. Hierdie Bybel in Geheel studie, is 'n studie van die hele Bybel. Dit neem jou deur elke boek van die Bybel om vir jou 'n kort oorsig te gee oor elke boek, deur wie dit geskryf was en waarom dit geskryf was en lig ook dan belangrike dele uit en som die boek in kort op. Met hierdie notas saam sal verdere studies van die Bybel baie meer vir jou sin maak en help om sekere konsepte beter te verstaan.
Die Bybel in Geheel

Kort Oorsig

Die waarde van die Bybel / Om die Bybel te verstaan / Bybelse Uitdrukkings.

Lees meer

Die Bybel in Geheel - DEEL 1

Die Ou Testament

Die Ou Testament kan in 3 Dele opgedeel word: Deel 1 – Geskiedenis – Genesis tot Ester Deel 2 – Wysheid & Digkuns – Job tot Hooglied Deel 3 – Profesieë – Jesaja tot Maleagi

Lees meer

Die Bybel in Geheel - DEEL 2

Die Nuwe Testament

Die Evangelies is seker die mees bekendste deel van die Bybel. Baie mense ken dele van die Evangelies maar min mense verstaan die omvang en doel van hierdie vier boeke.

Lees meer

Studies Concerning the subject of Holiness

Holiness is a characteristic that is often talked about but hardly understood as to how it can be obtained. Too often holiness is considered an attribute of God that is not attainable to man. Holiness is considered something impossible.
1. Personal Holiness

2. The Holiness of God

3. Putting Sin to Death, Pursuing Holiness

4. Trained in Godliness

5. True Humility

6. Contentment

7. Self-Control

Open Studies

13 Studies in Christelike Heiligheid

13 Studies in Christelike Heiligheid

Hierdie 13 Wesleyaanse lesings oor heiligmaking is opgestel om weekliks oor ‘n tydperk van drie maande aangebied te word.

Sien Studies

'n Studie oor Heiligmaking

Die leer oor heiligmaking as 'n tweede genadewerk ná bekering help alle Christene om tot geestelike volwassenheid op te groei.

Hier is 12 studies wat in diepte kyk na hierdie onderwerp. Die studies is ook as klank studies beskikbaar.
Inhoud
1. Die Behoefte aan Heiligmaking
2. Die Stryd Teen Vleeslikheid
3. Die Eise van Dissipelskap
4. Oorwinning Oor die Vlees: Die Stap van Heiligmaking
5. Oorwinning Oor Swakhede: Die Proses van Heiligmaking
6. Vervulling met die Heilige Gees
7. Volkome Heiligmaking
8. Die Wil van God
9. Gawes en Vrug van die Gees
10. Bedieninge van die Heilige Gees
11. Die pelgrimsreis van God se Volk
12. Heiligmaking en die Wederkoms

Gaan na studie

Discipling New Believers
English & Afrikaans FREE printable studies.

8 Week study program

This can be used as a weekly study for new believers. These studies will help with assurance of salvation and will grow their Bible knowledge. These are the very basics of the Christian faith and will ensure a firm foundation. Give this to a young believer and go through all the answers with the person each week. Make sure they memorized the scriptures each week. Use the study's questions to lead conversations on subjects that the person do not yet understand.

/Study%201
WHAT HAPPENED TO ME?
/Study%203
TO LEARN MORE ABOUT GOD
/Study%204
IN CONVERSATION WITH GOD
/Study%206
WITNESSING FOR GOD
/Study%207
FILLED WITH THE SPIRIT OF GOD
/Study%208
TO BE ONE IN CHRIST
/Study%201%20to%208
All 8 studies in one
/Answer%20sheet
Study 1 ot 8

8 Weke studie program

Gebruik die kort studies om weekliks deur te gaan met 'n nuwe Christen. Dit sal hulle sekerheid gee en hulle Bybel kennis verbreed sodat hulle op 'n vaste fondasie kan bou. Gee dit weekliks vir die persoon en gaan dit dan saam met hulle deur elke week nadat hulle dit ingevul het. Toets hul teks memorisering Gebruik die vrae in die studies as leiding tot nodige gesprekke daar waar die persoon dalk dinge nie verstaan nie.

/Studie%201
WAT HET MET MY GEBEUR?
/Studie%202
‘N WANDELING MET GOD
/Studie%203
OM VAN GOD TE LEER
/Studie%204
IN GESPREK MET GOD
/Studie%206
OM VIR GOD TE GETUIG
/Studie%207
GEVUL MET GOD SE GEES
/Studie%208
OM EEN TE WEES IN CHRISTUS
/Studie%201%20tot%208
Al 8 studies in een
/Antwoordblad
Studie 1 ot 8

Articles on Bible Reading & Study

"Thy word is a lamp unto my feet, and a light unto my path."  - Psalm 119:105

The Prophetic Books of the Old Testament have been fitted into the narrative at the place where they are thought to have been written. The Epistles have been inserted into the Book of Acts in a like manner.
Praktiese wenke vir jong Christene.
Practical tips for young Christians.
by Rev. R. A. Torrey
Questions to ask when reading the Bible.
Vrae om te vra wanneer jy die Bybel lees.

Read and download these free booklets

Also great for group or personal Bible study.
Biblical Decision Making
Is it God’s will to “find” His will?
Exactly how should you go about making good, God-honoring decisions?

Read booklet

The Companionship Principle
Bringing Biblical Sanity to the Insanity of Dating
The real reason dating is often "insane" is Christian young people and parents have never consciously shaped their understanding of "dating" with the Bible.

Read booklet

Dinge van Belang
Dinge van Belang vir jong Christene
Hulp en raad aan jong Christene. Die boekie is vol waardevolle wenke en waarskuwings om jou te help op jou pad saam met die Here.

Lees boekie

Identifying False Teachers
A Biblical Checklist for Identifying False Teachers in the Church
The purpose of this booklet is simple: to give you a checklist so that you can identify and avoid Christian leaders whom God would call false.

Read booklet

Testing Today's Prophecy
Does today's "prophecy" measure up to biblical standards?
Should Christians accept the modern prophecy movement as a new work of God’s Spirit?

Read booklet