The Good, the Bad and the Ugly Relationships
Tiener Bybelstudie Reeks
Hierdie reeks studies hoef nie in volgorde bestudeer te word nie, dit volg nie op mekaar nie buiten vir die studies wat ‘n deel 1 en 2 het. Soek al die teksverse in jou Bybel op. Dis belangrik om die teksverse te lees om te sien wat in die Bybel staan aangaandie die onderwerp. Dit sal jou ook help om jou Bybel beter te leerken.
Wat sê die Bybel van; om met ander mense oor die weg te kom...?
There's no way around it, ons moet met ander mense meng of ‘interact’. Dit begin by ons ouers, dan ons ‘siblings’, skool vriende/ klasmaats, onderwysers ens ens ens...
“Our lives are made up of relationships, and relationships are what help make our lives enjoyable and meaningful.”
Maar verhoudings wat stukkend/uitmekaar val of opgebreek het, maak ons lewens baie baie sleg -miserable- die eenvoudige waarheid is dit; dat ons verhoudings werk die beste wanneer ons oor die weg kom met mekaar!!
“Can two walk together, unless they are agreed?” (Amos 3:3).
Wat het ons dan nodig om met ander oor die weg te kan kom?
Spreuke 17v14 “Die begin van onenigheid is soos water wat jy laat deurbreek; daarom, laat die twis vaar voordat dit losbreek.”
→ Om ‘n vredemaker te wees, is ‘n noodsaaklikheid as jy met ander oor die weg wil kom.
Wat bedoel ek dan daarby?
→ Wanneer my woorde en aksies vredevol is, is ek op die regte spoor om met ander mense goed oor die weg te kan kom. God self het gesê dat ons twis moet vermy, want wanneer twis inkom in ‘n verhouding, probleme sal invloei!!
Wat het ons dan nog nodig om met ander oor die weg te kan kom?
Filippense 2v3-4 ”Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na ‘n ander s’n.”
→ Nederigheid is baie belangrik in verhoudings om met ander mense oor die weg te kan kom.
→ Wanneer ons op ander en hulle behoeftes foukus, en nie net op onsself nie, sal goeie verhoudings volg. Die Bybel sê ons moet uitkyk vir mekaar....
Wat bou ‘n goeie verhouding?
Spreuke 16v24 ”Vriendelike woorde is soos ‘n heuningkoek: soet vir die siel en ‘n genesing vir die gebeente.”
→ Ons woorde en ons aksies moet van vriendelikheid en opbouing spreek –uplifting / encouraging.
→ Mense moet bly wees en opgewonde wees om ons te sien aangestap kom, nie bly om ons te sien wegstap nie...die Bybel sê dat opbouende woorde en aksies sal jou help om oor die weg te kom met ander.
Wat breek ‘n verhouding dan af?
Lees: Jakobus 3v6-10
Spreuke 16v28 ”’n Man van valse streke saai tweedrag, en ‘n kwaadstoker skei vriende van mekaar.”
→ Ons woorde kan ander mense opbou of ons woorde kan ander mense afbreek.
→ Om te skinder is verseker ‘n manier om ‘n verhouding af te breek en te versleg.
Hoe kom ‘n mens met iemand oor die weg wat jou sleg behandel?
Romeine 12v17-21 ”Vergeld niemand kwaad vir kwaad nie; bedink wat goed is voor alle mense....”
→ Groot waarheid - hoe ons mense hanteer hang nie af van hoe hulle ons hanteer nie!!!!
→ God wil hê dat ons aan alle mense vriendelikheid moet betoon en in alles regverdig moet wees.
Romeine 12v21 ”Laat jou nie deur kwaad oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.”
Hoe hanteer jy iemand, maak nie saak wat jy doen, wat net wil twis en stry?
1 Timotheus 6v3-6 “...nuttelose stryery van mense wat verdorwe in hulle verstand en van die waarheid beroof is en dink dat die godsaligheid winsgewend is, onttrek jou aan sulke mense.”
→ Daar is tye wanneer ons sulke mense moet vermy en hulle manier van dinge doen.
Wat sal gebeur met hulle wat streef daarna om met ander in vriendelikheid en vrede te probeer saamleef?
Mattheus 5v9 ”Salig is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.”
→ Die woord van God sê; dat hulle wat omgee oor ander en na ander se belange omsien en in vrede met ander saam lewe sal die koninkryk van God beerwe.
Lees: lukas 6v45
Toepassing
• God wil hê dat ons in goeie verhoudings met ander mense sal verkeer. Jy kan vandag begin en ‘n verskil maak aan jou verhoudings!!
• Gee bietjie aandag aan hoe jy ander mense hanteer, wees vriendelik, bedagsaam in jou woorde en in jou aksies teenoor ander, nie net jou vriende nie!!
• Leer ander mense ken, stel belang in wie hulle is en waarvan hulle hou, want hoe meer jy van hulle begin weet, hoe meer verstaan jy hulle en hoe makliker is dit om oor die weg met hulle te kan kom.
• Stel ‘n doelwit vir jouself, om meer vriendelik te wees teenoor hulle met wie jy in kontak kom.
• Vermy om agter iemand se rug van hulle te praat en deel van die skinder groep te wees, gebruik liewer woorde wat opbouend sal wees en nie woorde wat iemand sal afbreek nie.
• Wys ander dat jy werlik omgee en besorg is oor hulle, jy sal vinnig agterkom hoe meer oop jy is vir veradering in jou eie uitkyk, hoe meer sal mense na jou oopmaak en jou anders begin behandel.
• Jy het God se woord wat jou rigting kan gee in goeie gesonde verhoudings, gebruik dit!
Tiener Bybelstudie Reeks:
Krisisse - How to handle the ‘curve balls’ in Life...?!?
Secret Ingredient van Verhoudings
Hierdie studies is saamgestel deur Just Africa Mission NPC
Kopiereg: Voel vry om hierdie studie af te laai en te gebruik of te versprei mits daar niks aan verander word nie en erkenning gegee word aan www.jam.org.za.