Hoekom is Bekering nodig?
Tiener Bybelstudie Reeks
Hierdie reeks studies hoef nie in volgorde bestudeer te word nie, dit volg nie op mekaar nie buiten vir die studies wat ‘n deel 1 en 2 het. Soek al die teksverse in jou Bybel op. Dis belangrik om die teksverse te lees om te sien wat in die Bybel staan aangaandie die onderwerp. Dit sal jou ook help om jou Bybel beter te leerken.
1. Omdat God dit beveel
Rom 3:19 “Kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat julle sondes uitgewis kan word en tye van verkwikking van die aangesig van die Here mag kom”
God sien dat die meeste mense hulle eie pad volg en nie iets met Hom te doen wil hê nie – dis hoekom Hy wil hê mense moet van rigting verander en na Hom toe draai.
2. Omdat mese vol Sonde is en Verlore is sonder Jesus
Psalm 51:7 “Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang.”
Rom 6:23 Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.
3. Omdat mense gered moet word
Mense wat sonder Jesus lewe is op ‘n weg wat na die ewige dood lei, en daarom moet hulle gered word.
Elke mens moet besef dat hy geskei is van God a.g.v. sy sonde en dat hy verlore is.
Is dit moontlik om vrede met God te hê deur ‘n goeie lewe, goeie werke en deur godsdienstig te wees? (Efs 2:8-9)
Wie is die Een wat ons vry kan maak van ons sonde? (Joh 10:9)
Tiener Bybelstudie Reeks:
Krisisse - How to handle the ‘curve balls’ in Life...?!?
Secret Ingredient van Verhoudings
The Good, the Bad and the Ugly Relationships
Hierdie studies is saamgestel deur Just Africa Mission NPC
Kopiereg: Voel vry om hierdie studie af te laai en te gebruik of te versprei mits daar niks aan verander word nie en erkenning gegee word aan www.jam.org.za.