fbpx
Bible Study
Bible Studies | Study Guides | Group or Individual study |

Make disciples!

'n Studie van Sagaria

Deur Prof. Johan Malan

Sagaria 1:
Die Here Ontferm Homself oor Jerusalem

mp3 icon   pdf icon

Die boek Sagaria handel oor die geestelike herstel van die volk Israel én hulle hoofstad, Jerusalem – nie net in Sagaria se tyd nie, maar veral in die eindtyd ná die Messias se tweede koms. God se oordele oor sy vyande word ook beskryf, en dit is duidelik dat hulle ook vyande van die volk Israel is.

“In die agtste maand, in die tweede jaar van Darius, het die woord van die HERE gekom tot Sagaria...” (1:1). Hierdie vers openbaar die tyd, die goddelike bron én die menslike instrument van die openingsoproep tot bekering. Die spesifieke dag in die agtste maand, wat op 27 Oktober 520 v.C. begin het, is belangrik omdat die Joodse profeet sy profesie ooreenkomstig die regeringstyd van ‘n heidense koning dateer. Hierdeur is Sagaria se hoorders aan die feit herinner dat die tye van die nasies reeds ‘n aanvang geneem het, en dat daar nie ‘n afstammeling van Dawid op die troon in Jerusalem regeer nie. Verder is dit ook duidelik dat Sagaria net die persoon was wat die profesie uitgespreek het – hy was nie die oorsprong daarvan nie, omdat die woord van die Here tot hom gekom het (vgl. 2 Pet. 1:21). As profeet was hy net ‘n dienskneg en woordvoerder wat deur die Here geroep en gesalf is om sy woord aan die volk te verkondig.

Keer na die Here terug! (1:2-6)

‘n Ernstige waarskuwing word aan Israel gerig om nie met die ongehoorsaamheid van hulle vaders voort te gaan nie, omdat hulle daardeur die toorn van die Here teen hulle opgewek het. Hulle moes liewer van sy genade gebruik maak en tot bekering kom: “Die HERE was baie vertoorn op julle vaders... Keer terug na My, spreek die HERE van die leërskare, en Ek sal na julle terugkeer... Moenie soos julle vaders wees nie... Bekeer julle tog van julle bose weë” (1:2-4). Terwyl die sondes van hulle vaders tot die verwoesting van die tempel en Jerusalem gelei het, asook die Babiloniese ballingskap van die volk, het hulle eie sondes tot ‘n vertraging in die herbouing van die stad en die tempel gelei, en tot die sukses van hul vyande wat hulle aangeval en ontmoedig het. Indien hulle nie van harte tot bekering kom nie, sou hulle die teenwoordigheid en seën van die Here verbeur en sy toorn oor hulle laat ontvlam. Hy sou Homself dan weer van Israel onttrek en hulle aan hul vyande oorgee.

Die erns van die situasie is deur twee vrae aan hulle gestel, waardeur die kortstondigheid van die lewe beklemtoon is, asook die noodsaaklikheid om so gou as moontlik op die Here se oproep tot bekering te reageer: “Julle vaders – waar is hulle?” (1:5). Hulle het deur die swaard, hongersnood, pessiektes en aan natuurlike oorsake gesterf, soos deur die profete voorspel is. “En sal die profete vir ewig lewe?” (1:5). Die geïmpliseerde antwoord is ‘nee.’ Hulle bediening was van korte duur, daarom moes die geleentheid wat hulle vir bekering gebied het, nie geïgnoreer word nie.

Die voorwaarde vir die seëninge van die Here, soos deur die profete verkondig, is ‘n heelhartige bekering tot die Here. Hulle moes nie ongehoorsaam aan hierdie oproep wees, soos die vorige geslag wat as gevolg van God se oordele as ballinge weggevoer is nie.

Bekering was nie net in die Ou Testament vir Israel die sleutel tot die ontvang van vergifnis en die seëninge van die Here nie, maar is ook in die Nuwe Testament ewe nodig. Paulus sê: “God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer” (Hand. 17:30). Deur bekering wend ‘n verlore sondaar homself in die geloof tot God om vergifnis van sondes te verkry, deur die wedergeboorte geestelik lewend gemaak te word, en om met die Heilige Gees vervul te word om die Here te kan dien.

God het die doodstraf oor alle sondaars bepaal: “Die siel wat sondig, dié moet sterwe” (Eseg. 18:4; vgl. Rom. 6:23). Om hierdie rede kan daar geen vergifnis sonder bloedvergieting plaasvind nie (Heb. 9:22; vgl. Lev. 17:11). Die Messias, Jesus Christus, is die Lam van God wat sy bloed gestort en aan die kruis gesterf het toe Hy vir ons sonde versoening gedoen het (Joh. 1:29; Rom. 3:25). Voor die koms van die Messias moes die Israeliete diere vir hulle sondes offer, wat tipologies op die toekomstige offer van die Messias gedui het. Omdat die wet egter net ‘n skaduwee van die toekomstige weldade was, moes die Ou Testamentiese offers oor en oor herhaal word totdat die eenmalige offer van die volmaakte Lam van God in die volheid van die tyd gebring is (Heb. 10:1-18).

Onder die ou verbond was dit nogtans noodsaaklik om die herhalende diere-offers te bring, omdat mense se sondes voorlopig vergewe is, hangende die koms en offer van die Messias. Die wet en sy voorgeskrewe offers is alles in die Messias vervul (Matt. 5:17). Paulus het gesê: “Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo” (Rom. 10:4). Die voortsetting van Ou Testamentiese diere-offers in die voorhof van die tempel was noodsaaklik omdat dit bekering van die mense geëis het, dit het die beginsel beklemtoon dat daar geen versoening sonder bloedvergieting is nie, en het daardeur die Messiaanse hoop van die volk lewendig gehou. Aangesien dit onmoontlik vir die bloed van stiere en bokke was om die sonde weg te neem (Heb. 10:4), het die gelowiges in Israel die verlossing verwag wat net die Lam van God (die Messias) vir hulle kon bring. Jesaja het gesê: “Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom... Die HERE het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom” (Jes. 53:5-6).

Voordat die Messias gekom het, moes Israel die skaduagtige gebruike van die wet eerbiedig en beoefen. Daardeur het hulle die belofte van die komende Messias omhels, asook die toekomstige seëninge wat daar vir alle gelowiges sou wees. In die eeue wat kom, sal hulle ook, soos ons, in die Messias roem (Sag. 12:10), in sy versoening vir die sondes van die hele wêreld (Op. 5:9), in sy oorwinning oor die magte van die duisternis (Heb. 2:14-15), en in sy ewige seëninge vir al die gelowiges van alle tye (Heb. 11:13,39-40).

In die Ou Testament was die verwaarlosing van die tempeldiens altyd ‘n aanduiding daarvan dat Israel geestelik teruggeval het, omdat hulle opgehou het om na die wet te luister wat hulle van sonde oortuig het, en dus ook met die belydenis van sonde wat altyd met hulle offers en gebede vir seën gepaard gegaan het. Hulle het die Here vergeet en in sonde begin leef. ‘n Terugkeer na die Here het altyd die herstel van die tempeldiens behels, van die daaglikse offers, die lees van die wet en die profete, en ‘n nuwe oorgawe om die Heilige van Israel te gehoorsaam en te dien, omdat net Hy magtig is om te red.

Dit is die rede waarom die herbouing van die tempel en die herstel van die tempeldiens so belangrik vir die Jode was wat uit die ballingskap teruggekeer het. Sagaria het hulle sterk aangemoedig om hulleself aan hierdie groot taak toe te wy. ‘n Belangrike deel van sy motiveringsboodskappe was die belofte van die Messias se koms. Al die diere-offers sou in Hom vervul word, omdat Hy vir Israel se ongeregtighede deurboor sou word (12:10). Hy sal die Priester-Koning van Israel én die hele wêreld wees (14:9).

Die ruiter op die rooi perd tussen die mirtebome (1:7-17)

Sagaria het in ‘n enkele nag agt gesigte gesien wat die toekoms van Israel beskryf, en wat deur ‘n engel aan hom verklaar is. Hierdie gesigte was nie drome nie, want die profeet was volkome wakker en bewus van wat hy gesien het. Hy het as gevolg van die gesigte soms moeg geword en aan die slaap geraak, sodat die engel hom weer moes wakker maak (4:1). Die gesigte beskryf God se seëninge oor die eeue heen, vanaf die herbouing van die tempel in Sagaria se tyd tot met die herstel van Israel se koninkryk onder die Messias.

Die ruiter op die rooi perd tussen die mirtebome word as die Engel van die Here geïdentifiseer – dit is ‘n Ou Testamentiese verskyning van die Messias voor sy menswording. Die kleur van die perd word in die Afrikaanse Bybel verkeerdelik as bruin aangetoon terwyl dit, soos in die meeste Engelse Bybels, as rooi beskryf moet word. Die Hebreeuse woord ‘adom beteken volgens die Strong’s konkordansie red, ruddy. Hierdie kleur sinspeel nie alleen op die bloed van Christus nie, maar stel ook goddelike oordele en oorlogvoering voor (vgl. Jes. 63:1-6).

Hierdie ruiter is deur engele op rooi, gespikkelde (KJV speckled) en wit perde gevolg. Rooi simboliseer oorlog, bloedvergieting en oordeel. ‘n Gespikkelde perd (rooi met wit kolletjies) dui op ‘n sending van oordeel én genade. Wit stel reinheid en oorwinning voor. Die mirtebome in die diepte (‘n diep kloof) simboliseer die volk Israel in hulle vernedering, lyding en vertrapping. Dit is tipies van hulle versonke toestand tydens die lang periode van die tye van die nasies.

Die engele-ruiters is gestuur om die aarde te gaan verken en oor hulle bevindings verslag te doen. Hulle het die aarde deurkruis en bevind dat almal stil en rustig was. Dit was nie goeie nuus nie, want Sagaria het geweet dat die herstel van Israel se koninkryk deur wêreldwye oorloë en die neerwerping van aardse koninkryke voorafgegaan sal word (14:2), soos ook deur Haggai bevestig (Hag. 2:21-22). Tydens Sagaria se profesieë was daar geen teken van die nabyheid van Jerusalem se finale herstel en redding nie. Dit verklaar die vraag in vers 12: “HERE van die leërskare, hoe lank nog bly U sonder ontferming oor Jerusalem...?”

Dit moes vir Sagaria vertroostend gewees het dat die Here self in die laagte tussen die mirtebome was. Hy is steeds in die midde van sy volk gedurende hulle lyding en verwerping deur die heidennasies. Hy sal hulle nie verlaat nie, maar volgens sy beloftes volkome herstel. Vanaf vers 13 tot 17 word trooswoorde aan Jerusalem gerig. Die Here ywer oor Jerusalem (1:14), Hy het hulle verkies (3:2) en sal nie toelaat dat hulle uit sy hand geruk word nie. Hierdie woorde van vertroosting is die volgende:

“Ek wend My met ontferming tot Jerusalem.” Dit was waar in Sagaria se tyd toe die Here Israel gehelp het om Jerusalem en die tempel te herstel nadat sy heerlike teenwoordigheid vroeër die tempel en die stad verlaat het (Eseg. 10:18-19; 11:22-23). Hierdie belofte verwys egter ook na die tyd wanneer die Messias permanent na Jerusalem sal terugkeer om gedurende die millennium van dié stad af te regeer (vgl. Jes. 2:1-4; Jer. 3:17). Die heerlikheid van die Here sal dan die tempel en die stad vervul (Eseg. 43:5; 48:35).

“My huis sal daarin gebou word.” Dit sien eerstens op die herbouing van die tempel in Sagaria se tyd, maar dui ook op die bou van die laaste tempel gedurende die millennium (Eseg. 40–44).

“’n Meetsnoer sal oor Jerusalem gespan word.” Dit dui op die vooruitgang en uitbreiding van Jerusalem, veral tydens die duisendjarige vrederyk wanneer dit die hoofstad van die wêreld sal wees waar alle nasies die Here sal dien en aanbid (Sag. 8:20-22; vgl. Jer. 31:38-40; Hand. 15:16-17).

“Die HERE sal Sion weer vertroos, en Hy sal Jerusalem weer verkies.” Wanneer die Messias weer kom, sal Hy sy genadige beloftes aan Israel en Jerusalem vervul (vgl. Jes. 12:1; 62:6-7; Rom. 11:26-29). In die tyd van Sagaria is die Jode net in ‘n beperkte mate vertroos. Dit is duidelik dat die Here se volle seën en vertroosting eers oor hulle uitgestort sal word nadat hulle deur die Messias ‘n nuwe verbond met God gesluit het (vgl. Jer. 31:31-37; Heb. 8:10-12; Eseg. 36:22-38).

Die vier horings en die vier smede (1:18-21)

Die tweede gesig toon God se oordeel oor die nasies wat vir Israel vervolg. Horings is simbolies van mag en verwys meesal na heidense konings (vgl. Dan. 7:24; Op. 17:12). Die koninkryke waarna hier verwys word, is vyandig teenoor Israel, daarom die stelling: “Dit is die horings wat Juda so verstrooi het” (1:21). Die vier smede is magte wat deur God opgewek is om die nasies (of horings) te vernietig wat teen Israel geveg het.

Die vier horings mag dalk na al Israel se vyande uit die vier hoeke van die aarde verwys, of, meer waarskynlik, na die vier diere wat in Daniël 7 beskryf word, omdat hulle dieselfde rol vervul het as dit wat aan die vier horings toegeskryf is. Hierdie vier diere stel die Babiloniese, Medo-Persiese, Griekse en Romeinse ryke voor, wat Israel gedurende die tye van die nasies beveg, onderdruk en verstrooi het. Diegene wat hierdie vertolking van die gesig verwerp, sê gewoonlik dat die laaste twee koninkryke nie in Sagaria se tyd bekend was nie, omdat die mense van daardie tyd net van die Babiloniese en Medo-Persiese ryke geweet het – die ander twee was nog toekomstig. Ons weet egter dat die naggesigte nie net tot Sagaria se tyd beperk was nie, maar na die totale tydperk van oorheersing deur die nasies verwys.

Die vier smede wat ná die horings gesien is, is opeenvolgende magte wat deur God gebruik is om die koninkryke te vernietig wat teen Israel opgetree het. Ons weet dat die Medo-Persiese ryk die Babiloniërs onderwerp het. Nadat hulle as ‘n smid deur die Here gebruik is, het hulle self ‘n horing geword wat teen die koninkryk en volk van God geveg het. Op ‘n soortgelyke wyse is die Griekse ryk gebruik om die Medo-Persiese ryk te verslaan, terwyl die Romeinse ryk weer die Griekse ryk beëindig het. Die Romeinse ryk is in twee dele verdeel (oos en wes) en is nooit deur ‘n ander wêreldryk vervang nie. In die eindtyd sal die herstelde Romeinse ryk, wat ‘n herlewing van al die antieke heidense koninkryke sal wees, onder die leiding van die Antichris se beheer staan en deur die Messias vernietig word wanneer Hy sal kom om Israel se koninkryk op te rig (Sag. 14:2,12-13; Op. 19:19-21).

Ons kry ook ‘n aanduiding van hoe erg hierdie nasies die Jode vervolg het. Hulle het “Juda so verstrooi dat niemand sy hoof opgehef het nie” (1:21). Die ophef van iemand se hoof dui op krag en moed. Die verstrooide Jode het egter gedurende die tye van die nasies geen krag gehad nie omdat hulle geheel en al deur verskeie heidennasies onderwerp is.

Die feit dat Israel ná so baie jare weer in hulle land terug is, in beheer van Jerusalem is, en ook die vermoë het om hulleself suksesvol teen hulle vyande te kan verdedig, is ‘n sekere teken dat die tye van die nasies amper verby is en dat die koms van die Messias op hande is. Omdat Israel hulleself as volk nog nie tot God bekeer het deur die Messias as Verlosser aan te neem nie, is hulle probleme beslis nog nie verby nie. Die ergste lê nog in die komende verdrukking onder die valse messias vir hulle voor.

Toe die Messias tydens sy eerste koms deur Israel verwerp is, het Hy reguit aan hulle gesê dat hulle op ‘n koers is waarin hulle uiteindelik ‘n verbond met die valse messias sal sluit (Joh. 5:43). Wanneer hy ‘n beeld van homself in die herboude tempel in Jerusalem laat oprig, sal hy alle Jode probeer ombring wat hulle verbond met hom verbreek het. Jesus het gesê: “Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die heiligdom... dan moet die wat in Judea is na die berge vlug... Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie. En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes [Israel] sal daardie dae verkort word” (Matt. 24:15,16,21,22).

Sagaria beskryf hierdie onvergelyklike, eindtydse vyandigheid teenoor Israel (12:2-3), asook die feit dat twee-derdes van alle Jode in die vurige vervolging van daardie tyd sal omkom (13:8). Die Here sal nie net die nasies gebruik om Israel weens hulle voortgesette ongeloof te straf en te verdruk nie – Hy sal ook die nasies oordeel omdat hulle Israel gehaat en selfs vervloek het, en elke geleentheid gebruik het om hulle te vervolg en uit hulle land te verdryf (Joel 3:2; vgl. Gen. 12:3).

Wanneer sal Israel en die nasies op die ernstige en dikwels herhaalde oproep tot bekering ag slaan? Die Here red, vertroos en seën net diegene wat hulle met hulle hele hart tot Hom bekeer. Dié wat weier om dit te doen, leef in rebellie teenoor Hom en bly gevolglik die voorwerpe van sy toorn: “Hoe sal ons ontvlug as ons so ‘n groot saligheid verontagsaam?” (Heb. 2:3). Die ongeredde mense moet weet dat dit vreeslik is om te val in die hande van die lewende God (Heb. 10:31). Hy is óf jou Redder óf jou Regter – jy het die keuse. “Bekeer julle tog van julle bose weë en julle bose werke; maar hulle het nie gehoor en na My nie geluister nie, spreek die HERE” (1:4).

Volgende studie:
Sagaria 2

Pleasure and Profit in Bible Study

Pleasure and Profit in Bible Study

by Dwight Lyman Moody

We cannot overestimate the importance of a thorough familiarity with the Bible. I try to lose no opportunity of urging people by every means in my power to the constant study of this wonderful Book. If through the pages that follow, I can reach still others and rouse them to read their Bibles, not at random but with a plan and purpose, I shall be indeed thankful.

Go to this Bible study guide

Group or Individual Bible Study Guides
Studies available in English & Afrikaans.
Joshua

An Old Testament Type of Jesus

Joshua played an important role in Israel after they had been delivered from Egypt, thereby preparing him for his future role as leader when they crossed the Jordan to take possession of the Promised Land. His conquests in Canaan rendered proof that he was a special instrument in the hand of the Lord. Joshua was an Old Testament type of Jesus, who was sent by the Father to accomplish a much greater purpose, i.e. to deliver people all over the world from the bondage of sin.

Go to study

Josua

’n Ou-Testamentiese Tipe van Jesus

Josua het ’n belangrike rol in Israel se geskiedenis gespeel nadat hulle uit Egipte bevry is, en dit het hom voorberei om as leier op te tree toe hulle deur die Jordaan getrek het om die Beloofde Land in besit te neem. Sy oorwinningstogte in Kanaän het van hom ’n beson­dere instrument in die hand van die Here gemaak. Josua was ’n Ou-Testamentiese tipe van Jesus wat deur die Vader gestuur is vir ’n veel groter doel, naamlik om mense oral in die wêreld uit die slawerny van sonde te bevry.

Gaan na studie

Die Bybel in Geheel

Die Bybel in Geheel

Hierdie is 'n kort oorsig om vir jou 'n duideliker prentjie te skets voordat jy in diepte met Bybelstudie begin. Hierdie Bybel in Geheel studie, is 'n studie van die hele Bybel. Dit neem jou deur elke boek van die Bybel om vir jou 'n kort oorsig te gee oor elke boek, deur wie dit geskryf was en waarom dit geskryf was en lig ook dan belangrike dele uit en som die boek in kort op. Met hierdie notas saam sal verdere studies van die Bybel baie meer vir jou sin maak en help om sekere konsepte beter te verstaan.
Die Bybel in Geheel

Kort Oorsig

Die waarde van die Bybel / Om die Bybel te verstaan / Bybelse Uitdrukkings.

Lees meer

Die Bybel in Geheel - DEEL 1

Die Ou Testament

Die Ou Testament kan in 3 Dele opgedeel word: Deel 1 – Geskiedenis – Genesis tot Ester Deel 2 – Wysheid & Digkuns – Job tot Hooglied Deel 3 – Profesieë – Jesaja tot Maleagi

Lees meer

Die Bybel in Geheel - DEEL 2

Die Nuwe Testament

Die Evangelies is seker die mees bekendste deel van die Bybel. Baie mense ken dele van die Evangelies maar min mense verstaan die omvang en doel van hierdie vier boeke.

Lees meer

Studies Concerning the subject of Holiness

Holiness is a characteristic that is often talked about but hardly understood as to how it can be obtained. Too often holiness is considered an attribute of God that is not attainable to man. Holiness is considered something impossible.
1. Personal Holiness

2. The Holiness of God

3. Putting Sin to Death, Pursuing Holiness

4. Trained in Godliness

5. True Humility

6. Contentment

7. Self-Control

Open Studies

13 Studies in Christelike Heiligheid

13 Studies in Christelike Heiligheid

Hierdie 13 Wesleyaanse lesings oor heiligmaking is opgestel om weekliks oor ‘n tydperk van drie maande aangebied te word.

Sien Studies

'n Studie oor Heiligmaking

Die leer oor heiligmaking as 'n tweede genadewerk ná bekering help alle Christene om tot geestelike volwassenheid op te groei.

Hier is 12 studies wat in diepte kyk na hierdie onderwerp. Die studies is ook as klank studies beskikbaar.
Inhoud
1. Die Behoefte aan Heiligmaking
2. Die Stryd Teen Vleeslikheid
3. Die Eise van Dissipelskap
4. Oorwinning Oor die Vlees: Die Stap van Heiligmaking
5. Oorwinning Oor Swakhede: Die Proses van Heiligmaking
6. Vervulling met die Heilige Gees
7. Volkome Heiligmaking
8. Die Wil van God
9. Gawes en Vrug van die Gees
10. Bedieninge van die Heilige Gees
11. Die pelgrimsreis van God se Volk
12. Heiligmaking en die Wederkoms

Gaan na studie

Discipling New Believers
English & Afrikaans FREE printable studies.

8 Week study program

This can be used as a weekly study for new believers. These studies will help with assurance of salvation and will grow their Bible knowledge. These are the very basics of the Christian faith and will ensure a firm foundation. Give this to a young believer and go through all the answers with the person each week. Make sure they memorized the scriptures each week. Use the study's questions to lead conversations on subjects that the person do not yet understand.

/Study%201
WHAT HAPPENED TO ME?
/Study%203
TO LEARN MORE ABOUT GOD
/Study%204
IN CONVERSATION WITH GOD
/Study%206
WITNESSING FOR GOD
/Study%207
FILLED WITH THE SPIRIT OF GOD
/Study%208
TO BE ONE IN CHRIST
/Study%201%20to%208
All 8 studies in one
/Answer%20sheet
Study 1 ot 8

8 Weke studie program

Gebruik die kort studies om weekliks deur te gaan met 'n nuwe Christen. Dit sal hulle sekerheid gee en hulle Bybel kennis verbreed sodat hulle op 'n vaste fondasie kan bou. Gee dit weekliks vir die persoon en gaan dit dan saam met hulle deur elke week nadat hulle dit ingevul het. Toets hul teks memorisering Gebruik die vrae in die studies as leiding tot nodige gesprekke daar waar die persoon dalk dinge nie verstaan nie.

/Studie%201
WAT HET MET MY GEBEUR?
/Studie%202
‘N WANDELING MET GOD
/Studie%203
OM VAN GOD TE LEER
/Studie%204
IN GESPREK MET GOD
/Studie%206
OM VIR GOD TE GETUIG
/Studie%207
GEVUL MET GOD SE GEES
/Studie%208
OM EEN TE WEES IN CHRISTUS
/Studie%201%20tot%208
Al 8 studies in een
/Antwoordblad
Studie 1 ot 8

Articles on Bible Reading & Study

"Thy word is a lamp unto my feet, and a light unto my path."  - Psalm 119:105

The Prophetic Books of the Old Testament have been fitted into the narrative at the place where they are thought to have been written. The Epistles have been inserted into the Book of Acts in a like manner.
Praktiese wenke vir jong Christene.
Practical tips for young Christians.
by Rev. R. A. Torrey
Questions to ask when reading the Bible.
Vrae om te vra wanneer jy die Bybel lees.

Read and download these free booklets

Also great for group or personal Bible study.
Biblical Decision Making
Is it God’s will to “find” His will?
Exactly how should you go about making good, God-honoring decisions?

Read booklet

The Companionship Principle
Bringing Biblical Sanity to the Insanity of Dating
The real reason dating is often "insane" is Christian young people and parents have never consciously shaped their understanding of "dating" with the Bible.

Read booklet

Dinge van Belang
Dinge van Belang vir jong Christene
Hulp en raad aan jong Christene. Die boekie is vol waardevolle wenke en waarskuwings om jou te help op jou pad saam met die Here.

Lees boekie

Identifying False Teachers
A Biblical Checklist for Identifying False Teachers in the Church
The purpose of this booklet is simple: to give you a checklist so that you can identify and avoid Christian leaders whom God would call false.

Read booklet

Testing Today's Prophecy
Does today's "prophecy" measure up to biblical standards?
Should Christians accept the modern prophecy movement as a new work of God’s Spirit?

Read booklet