Die Rooms Katolieke Kerk
Japie Grobler
Die wêreld hou nog steeds die Duitse volk en veral vir Adolf Hitler en van sy Generaals verantwoordelik vir die wandade teenoor Jode gedurende Wêreldoorlog II. Vir jare na hierdie oorlog was hierdie manne meedoënloos gejag om in Nüremburg deur die wêreldhof swaar gestraf te word. Vir sommige is die reg of onreg van die afgetakelde ou man, Rudolf Hess, vingeralleen in Spandau nog vars in die geheue. Wat egter in die vergetelheid verdwyn het, of bykans verdwyn het, is die wandade wat teenoor Christene deur die Rooms Katolieke Kerk (RKK) tydens die Inkwisisie en ander vervolgings gepleeg was. In die naam van Jesus Christus het hierdie kerk meer mense vermoor as die Romeinse keisers en Adolf Hitler tesaam. Gedurende die vervolging van Christene deur die RKK vanaf 1200 tot 1808 het 68 miljoen mense hul lewens verloor. Hou ook in gedagte dat al hierdie Ex Cathedra-uitsprake deur verskeie pouse oor reg tot vervolging van nie Katolieke en die inkwissie nog steeds van krag is want dit kan nie herroep word nie! Dalk wil iemand my beskuldig van haatspraak, maar feite is feite en geskiedenis bly geskiedenis! Dink hieraan: Is daar ooit van die RKK verwag om belydenis van hierdie wandade te doen en om verskoning of selfs vergiffenis te vra soos daar van die Duitse volk verwag was? ’n Ander gedagte: Hoeveel kere moes die Ned Geref Kerk byvoorbeeld nie al belydenis doen en om verskoning vra oor apartheid en nog steeds is daar mense wat dink dit wat gedoen was is nie genoeg nie. Dit daar gelaat; kom ons kyk kortliks na die RKK:
1. Geskiedenis
Hierdie kerk maak daarop aanspraak dat dit die enigste ware kerk op aarde is, gevestig op die fondament van die Apostels met die pous as die opvolger van Petrus, die Rots, aan wie Jesus die sleutels van die koninkryk gegee het, en volgens hulle die eerste pous was: "En Ek sê vir jou: 'Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my kerk bou, en die magte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie. Ek sal aan jou die sleutels van die koninkryk van die hemel gee, en wat jy op die aarde toesluit, sal in die hemel toegesluit bly; en wat jy op die aarde oopsluit, sal in die hemel oopgesluit bly.'" (Matt 16:18-19) Jesus sluit nie die ander dissipels uit nie, want in Matt 18:18 ontvang hulle ook die sleutels. By nadere ondersoek blyk dit dat die Rots waarna Jesus hier verwys nie Petrus is nie maar Petrus se belydenis in vers 16 — die Rots is Jesus! Dit is opmerklik dat dieselfde Petrus net kort na sy belydenis ernstig deur die Here aangespreek word. (v.23)
Vir baie eeue al eis pouse vir hulleself die titel Verteenwoordiger van Christus (Vicar of Christ) toe. Om hierdie titel te verstaan moet ons teruggaan in die geskiedenis tot by Konstantyn. Hy word hier in die jare 300 n.C., keiser en ook hoof van die kerk. As keiser en soos alle keisers na hom het hy die titel Pontifex Maximus as hoof van die staat. Hy kort dus ’n titel as hoof van die kerk en noem homself Vicarius Christi (Vicar of Christ — Verteenwoordiger van Christus)
Die Romeinse keisers was deur die Romeine as gode vereer en aanbid en van die middeleeue af eis die pouse vir hulself die titels Pontifex Maximus, Vicar of Christ en Biskop van Biskoppe toe. Soos ons hierbo gesien het is die stelling dat die pouse (of "pappa") direkte opvolgers van Petrus, die sogenaamde eerste pous is, onskriftuurlik — eintlik is hulle opvolgers van Konstantyn. Daarom dat die Vatikaan dan ook ’n staat is met sy eie geldstelsel, diplomatieke diens, polisie, regering ensovoorts. Die huidige pous, Johannes Paulus II is dus soos alle pouse voor hom en die keisers van ouds, nie net hoof van die kerk nie maar inderdaad ook staatshoof. Pous Boniface VIII (1294‑1303) vaardig die Bull Unum Sanctum in 1302 uit wat die pous as onaantasbaar verklaar. Hy kan dus deur geen mens veroordeel word nie: "The Roman pontiff judges all men, but is judged by no one. We declare, assert, define and pronounce: To be subject to the Roman pontiff is to every human creature altogether necessary for salvation…that which was spoken of Christ 'thou has subdued all things under his feet,' may well seem verified in me…I have the authority of the King of kings. I am all in all and above all, so that God himself and I, the vicar of God, have but one consistory, and I am able to do all that God can do. What therefore, can you make of me but God?" Hierdie Bull is tot vandag toe nie herroep nie!
2. Leerstellings en Sakramente:
Ons was reeds in ons katkisasie-dae daarvan bewus gemaak dat die RKK sewe sakramente het terwyl die Bybel en die Protestanste geloof net van twee (Doop en Nagmaal) weet. Tyd en plek beperk ons en dus sal daar nie na al sewe gekyk word nie.
- Word ook aan babatjies bedien, maar hulle leer dat die doop die erfsonde afwas — die wedergeboorte gee en kind van God en erfgenaam van die hemel maak. Sonder hulle doop bly iemand dus ongered.
- Hulle ken nie die term nagmaal nie, maar praat eerder van die "mis" en baie belangrik staan die eukaris (Engels = eucharist) sentraal in hierdie ritueel. Wat behels die eukaris? In die plek van die brood kom die ronde koekie ("wafer"), ’n dun koekie van ongesuurde deeg gebak. Tydens die ritueel word die "brood" en wyn deur die priester geoffer en gewy. Dit is dan wanneer transubstansiasie plaasvind — die brood word werklik die liggaam en die wyn die bloed van Jesus Christus. Luister na Kanon 1 van die Sinode van Trent 1545-63: "If anyone denies that in the sacrament of the most Holy Eucharist are contained truly, really and substantially the body and blood together with the soul and divinity of our Lord Jesus Christ, and consequently the whole Christ, but says that He is in it only as in a sign, or figure or force, let him be anathema." (anathema = vervloek en tot die dood veroordeel). En so kry ons dat elke Rooms Katolieke priester elke keer tydens hierdie ritueel voor die altaar staan en Jesus Christus by herhaling offer of kruisig (Heb 10:11), en dit terwyl die Skrif vir ons leer dat Jesus Christus een maal vir altyd Sy offer gebring het. (Heb 9:12, 14, 25, 26, 28; 10:10, 12, 14) Daarom dat Hy aan die kruis uitgeroep het, "Dit is volbring". (Joh 19:30) Die vertoning van hierdie sigbare teenwoordigheid van Jesus Christus, magies bewerk deur die priesters, is wanneer die eukaris (koekie) deur die priester opgetel en vertoon word of in die monstrans (houer met verskeie strale wat vanuit die sentrum uitgaan) en waarin ’n groter weergawe van die koekie gehou word, vertoon word. Kanon 6 sê: "If anyone says that in the holy sacrament of the Eucharist, Christ, the only begotten Son of God, is not to be adored with the worship of latria (hoogste vorm van aanbidding), also outwardly manifested, and is consequently neither to be venerated with a special festive solemnity, not to be solemnly borne about in procession according to the laudable and universal rite and custom of the holy Church, or is not to be set publicly before the people to be adored and that the adorers thereof are idolators, let him be anathema."
In die antieke Babilon (Babel) het die mense die son (Baäl) aanbid. Met die verspreiding van die mensdom vind die gebruik sy weg na Egipte en ander dele. Nou is dit interessant om te sien dat die idee van die eukaris vanuit Egipte kom. Dit was ’n gebruik wat lank voor die ontstaan van die RKK reeds deur die heidense godsdiens van die Egiptenare en hul aanbidding van die songod Osiris (Ra) deur die toentertydse priesters ingestel was. Hierdie priesters het die ronde koekies van ongesuurde deeg aan die volk vertoon en op die altare neergelê. Die god Osiris se liggaam was dan in die koekies teenwoordig en so kon die volk dan hul god eet en met hom verenig.
- Die ander vyf sakramente volgens die RKK is: 1. Belydenis of bieg voor ’n priester, wie dan aan die persoon sê wat se boetedoening nodig is en vergifnis word ontvang. 2. Bevestiging in die RKK wat van die persoon ’n lidmaat van die kerk en burger van die Vatikaanse staat maak. 3. Huwelik. 4. Vagevuur en 5. Laaste Rite (Begrafnis).
Dit is interessant om daarop te let dat hierdie sakramente daarop gemik is om beheer oor die lidmate te behou en te probeer verseker dat hulle lidmate van die RKK bly. Die patroon is soos volg: Met die doop ontvang die lidmaat vergifnis van die erfsonde en die wedergeboorte. Die bieg op sy beurt weer gee vergifnis van daaglikse sondes. Sonder die bieg raak die lidmaat verlore. Tydens bevestiging ontvang die lidmaat die Heilige Gees en op die sterfbed die laaste rite genaamd die sakrament van die verseëling van die sieke waarna die siel van die afgestorwene die vagevuur binnegaan waar dit gelouter word en niemand kan sê hoe lank dit daar sal vertoef nie. Maar daar is hoop, want siele van afgestorwenes kan uit die vagevuur bevry word deur die hou van spesiale dienste en die gee van finansiële bydras deur familie en vriende wat meehelp om die siel hieruit te bevry. Dit is so hartseer dat ten spyte van hierdie magtige ondersteuningsnetwerk van die RKK en al hierdie sakramente die lidmaat onseker kan bly oor sy eindbestemming en sy lot in die vagevuur.
Lidmate word van die sekerheid wat die Bybel gee en wat daar in Jesus Christus se eenmalige, volmaakte en volkome offer aan die kruis gesetel is ontneem deur ’n struktuur waarop hulle genoodsaak is om te vertrou tot die bitter einde toe net om aan die einde van hul lewens moontlik tog onseker hierdie lewe te moet verlaat.
Hoeveel sekerder is die Bybelse boodskap nie: "Wie die Seun het, het die lewe; wie nie die Seun van God het nie, het ook nie die lewe nie. Hierdie brief skrywe ek vir julle, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het, julle wat in die Seun van God glo."
3. Beelde en Afgodediens:
Dit is algemene kennis dat Rooms Katolieke kerke en katedrale vol beelde van verskillende heiliges is. Dit sluit natuurlik die bekende beelde van Maria en Christus aan die kruis in. Beelde word ook in die huise van katolieke aangetref. Katolieke glo dat die beste manier om ’n seun te bereik deur sy moeder is. Daarom dat Maria vir hulle so belangrik is. Hulle bid tot haar sodat sy by die Seun vir hulle kan intree. Die katolieke geloof het dus twee middelaars: Ten eerste Maria en daarna Jesus Christus. Dit terwyl die Bybel baie duidelik slegs van een Middelaar praat. (1 Tim 2:5) En ook net een Naam ken waardeur ons tot die Vader kan nader. (Joh 14:6; Hand 4:12) Selfs die tweede gebod, "…Jy mag naas My geen ander gode hê nie. Jy mag nie vir jou ’n beeld of enige afbeelding maak van wat in die hemel daarbo of op die aarde hieronder of in die water onder die aarde is nie. Jy mag hulle nie vereer of dien nie, want Ek, die Here jou God, eis onverdeelde trou aan My…" (Eks 20:3-5) lewer vir hulle geen probleem op nie. Nee wat, hulle laat die tweede gebod weg en deel die tiende in twee; wat aan hulle steeds tien gebooie besorg. Hierdie moeder en kind verering het sy oorsprong by Nimrod, Semiramis en Tammuz van Babel. Ons vind dieselfde verering by die ou Egiptenare as Isis en Horus, in Indië as Divaki en Krishna en Indrani en Kind en ander volkere.
4. Die RKK en die Ekumeniese Beweging:
Ons hoor al meer stemme opgaan vir eenheid tussen kerke, kom ons soek die punte waarop ons ooreen kom en laat ons op daardie wyse aansluiting by mekaar vind en so strewe na eenwording. Wat die RKK nie vir ons sê nie is dat hierdie eenheid van Rooms Katolieke, Ortodokse en Protestantse kerke onder die pous moet verenig. Die Anglikane het reeds in hierdie rigting beweeg toe hulle verlede jaar erkenning aan die pous as die hoof van die kerk gegee het. Die 95 stellings wat Luther in 1517 teen die kerkdeur van Wittenberg as Katoliek vasgespyker het, om so beswaar aan te teken teen die vele dwaalleringe van die RKK en wat die hervorming ingelui het, moet sonder meer net so vergeet en afgeskryf word. Kom terug na die Kerk en die Sakramente want alleen binne die RKK is jy veilig en verseker deel van die enigste ware kerk op aarde, is nog steeds die strewe van die RKK. In haar poging om dit te bewerkstellig word die grootste verdraagsaamheid en geduld deur die RKK aan die dag gelê.