Hoe om te bid
'n Opsomming van die boek How to pray
deur - RA Torrey
Gebed is God se manier waardeur ons dinge moet kry.
- Bid. Moenie uit jouself dinge probeer doen nie. ( Ps.27:14 “Wag op die Here! Wees sterk en laat jou hart sterk wees! Ja, wag op die HERE!”)
- Ek weet dat as ek alles van God af bid, en Hy dit vir my gee, dat dit nie tot skade van my geestelike lewe sal wees nie – maar tot opbouing en stigting. ( Matt. 7:11 “As julle wat sleg is, dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemele is, goeie dinge gee aan die wat Hom bid!”)
Bid tot God
- Maak seker dat jy in Sy teenwoordigheid is en waarlik ‘n besef het dat Hy oorleen en na jou gebed luister. ( Ps. 40:2 “Ek het die HERE lank verwag, en Hy het Hom na my toe neergebuig en my hulpgeroep gehoor;” )
Bid in die Naam van Jesus
- Moenie staat maak op jou eie meriete by God nie – jy het nie. God hoef niks vir ons te gee nie, ons verdien dit nie. Maar as ons opreg deur die Naam van Jesus vra, op grond van Sy bloed en Sý meriete, dán sal Hy antwoord.
As jy nie lus is om te bid nie – dan moet jy juis
- Wag op die Here, vertel Hom hoe koud jou hart is en vertrou Hom om jou hart weer warm te maak en jou na Hom toe te trek.
Bid in die geloof
- Mens kry geloof deur die Woord van God te bestudeer. (“Rom. 10:17 Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.”)
- Om te glo wat God sê in Sy Woord is geloof.
Bid die wil van God
- Deur die Woord te bestudeer en dit dan te bid is om die wil van God te bid.
Wees altyd dankbaar
- Dank God vir gebede wat beantwoord is, dit is baie belangrik om altyd dankbaar te wees.
Sonde verhinder gebed
- Sorg dat jy altyd genadeloos met sonde afhandel. (“Heb 12:4 Julle het nog nie ten bloede toe weerstand gebied in julle stryd teen die sonde nie.”)
- Waak teen afgode in jou hart, God moet eerste wees.
“Geliefdes, as ons hart ons nie veroordeel nie, dan het ons vrymoedigheid teenoor God; en wat ons ook al bid, ontvang ons van Hom, omdat ons sy gebooie bewaar en doen wat welgevallig is voor Hom.”
1Joh. 3:21