Die Christen se Vraelys
Is dit reg?
1 Johannes 5:17 - Alle ongeregtigheid is sonde, en daar is ‘n sonde wat nie tot die dood is nie.
Is dit reg? Dit is 'n algemene vraag wat die kind van God vir homself vra. Waaraan kan ek my besluite meet? Aan die Woord van God natuurlik. Hier is 'n lys vrae wat ek myself kan afvra wanneer ek in 'n moelike situasie kom of 'n besluit moet neem.
- Sal dit my naby versoeking bring?
Romeine 13:14 - Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie.
- Gee dit plek vir die duiwel?
Efesiers 4:27 - en gee aan die duiwel geen plek nie.
- Vertrou ek op die Here of op myself?
Spreuke 3:5-6 - Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelykmaak.
- Sal dit veroorsaak dat iemand anders struikel?
Romeine 14:21 - Dit is goed om geen vleis te eet of wyn te drink of iets te doen waardeur jou broeder aanstoot neem of struikel, of waarin hy swak is nie.
- Sal die Here Jesus dit doen?
1 Petrus 2:21 - Want hiertoe is julle geroep, omdat Christus ook vir julle gely het en julle ‘n voorbeeld nagelaat het, sodat julle sy voetstappe kan navolg;
- Sal dit die Here behaag?
Johannes 8:29 - omdat Ek altyd doen wat Hom welgevallig is.
- Doen ek dit sodat mense my moet sien?
Galasiers 5:26 - Laat ons nie word soekers van ydele eer wat mekaar uittart en mekaar beny nie.
- Is dit tot stigting / opbouing?
1 Korinthiers 14:26 - Wanneer julle saamkom, dan het elkeen van julle ‘n psalm of ‘n lering of ‘n taal of ‘n openbaring of ‘n uitlegging—laat alles tot stigting geskied.
- Is dit selfgesentreerd?
Filippense 2:3-4 - Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander s’n.
- Sit ek Jesus eerste?
Kolossense 1:18 - En Hy is die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente; Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees..
- Sal dit eer aan God bring?
1 Korinthiers 10:31 - Of julle dan eet of drink of enigiets doen, doen alles tot verheerliking van God.
- Weet ek van beter?
1 Korinthiers 8:9 - Maar pas op dat hierdie vryheid van julle nie miskien ‘n struikelblok word vir die wat swak is nie.
- Soek ek na ‘n verskoning om dit wat ek doen te regverdig?
Lukas 16:15 - Dit is julle wat julself regverdig voor die mense, maar God ken julle harte; want wat by die mens hoog geag word, is ‘n gruwel voor God.
- Moet ek dit wegsteek vir enigeiemand?
2 Korinthiers 4:2 - Maar ons het van die heimlike dinge wat skandelik is, afstand gedoen, en ons wandel nie in listigheid of vervals die woord van God nie; maar deur die waarheid aan die lig te bring, beveel ons ons by elke menslike gewete voor God aan.
- Sal dit die tempel van God (myself) beskadig?
1 Korinthiers 3:17 - As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend; want die tempel van God is heilig, en dit is julle.
1 Korinthiers 6:19 - Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie?
- Kan ek opreg die Here dank vir dit?
1 Thessalonicense 5:18 - Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle.
- Kan ek dit deurvoer?
Kolossense 3:23 - En wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie,
- Het ek daaroor gebid?
Filippense 4:6 - Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God.
- Sal ek hiermee besig wil wees wanneer Jesus terug kom?
1 Johannes 2:28 - En nou, my kinders, bly in Hom, sodat ons vrymoedigheid kan hê wanneer Hy verskyn en nie beskaamd van Hom weggaan by sy wederkoms nie.
- Hoe sal dit lyk wanneer ek voor die Regter Troon van Jesus staan?
Romeine 14:10 &12 - Want ons sal almal voor die regterstoel van Christus gestel word. So sal elkeen van ons dan vir homself aan God rekenskap gee.