fbpx
Articles
Articles | Tips & Help for the Daily Christian Life |

Grow in Christ

Studies in Christelike Heiligheid

Deur Terry W. Pollard (red.), Bybel Metodiste Kerk, VSA (Vertaal deur Johan Malan)

Opsomming: Hierdie 13 Wesleyaanse lesings oor heiligmaking is opgestel om weekliks oor ‘n tydperk van drie maande aangebied te word.

13. ‘n Lewe van Groei in Heiligheid

Sleutelteks

"Daarom, broeders, moet julle jul des te meer beywer om julle roeping en verkiesing vas te maak; want as julle dit doen, sal julle nooit struikel nie" (2 Pet. 1:10).

Sentrale waarheid

Die ontwikkeling van ‘n heilige karakter is ‘n daaglikse proses.

Les

1 Korinthiërs 3:1-3

            1 En ek, broeders, kon met julle nie spreek soos met geestelike mense nie, maar soos met vleeslike, soos met klein kinders in Christus.

            2 Ek het julle met melk gevoed, nie met vaste spys nie, want julle was nog nie daartoe in staat nie, en julle is nou nog nie daartoe in staat nie,

            3 omdat julle nog vleeslik is; want aangesien daar onder julle jaloersheid en twis en tweedrag is, is julle nie vleeslik nie en wandel julle nie na die mens nie?

2 Petrus 1:3-8

            3 Immers, sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en deug,

            4 waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is.

            5 En juis daarom ook moet julle met aanwending van alle ywer by julle geloof voeg die deug, en by die deug die kennis,

            6 en by die kennis die selfbeheersing, en by die selfbeheersing die lydsaamheid, en by die lydsaamheid die godsvrug,

            7 en by die godsvrug die broederliefde, en by die broederliefde die naasteliefde.

            8 Want as hierdie dinge by julle aanwesig is en toeneem, dan laat dit julle nie ledig of onvrugbaar tot die kennis van onse Here Jesus Christus nie.

Efésiërs 4:13-16

            13 Totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus;

            14 sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die berdieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring;

            15 maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus,

            16 uit wie die hele liggaam – goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate – die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde.

Uiteensetting van die Les

Inleiding

Heiligheid van hart en lewe is ‘n krisis én ‘n proses. Dit is beide oombliklik en progressief. Die werk van die reiniging van sonde wat “die God van die vrede” doen, word op ‘n sekere tydstip voltrek. Die ontwikkeling van ‘n karakter en gedrag wat in ooreenstemming met hierdie toestand van reinheid is, word nie in ‘n oomblik of in ‘n dag gedoen nie. Dit is ‘n proses wat jou hele lewe lank sal duur.

Sekere mense dink verkeerdelik dat Christelike volmaaktheid, wat die liefde van God in ‘n hart is wat deur die Heilige Gees vervul is, enige moontlikheid van geestelike groei uitskakel. Die reiniging en vervulling met die Heilige Gees rus ‘n mens in werklikheid net toe en berei jou vir ‘n vinnige groei in genade voor. Dit kan vergelyk word met die herstel van ‘n liggaam se gesondheid as ‘n vereiste vir fisiese groei, of die verwydering van onkruid uit ‘n tuin as ‘n voorwaarde vir vinniger groei.

Die mees heilige persoon moet voortgaan om in die genade te groei en ‘n karakter en lewe te bou wat die goddelike natuur binne-in hom weerspieël. Ons kan nie verbeter op wat God gedoen het nie, maar dit kan meer getrou gedemonstreer word in on ons uiterlike gedrag en voortgesette groei “in die genade en kennis van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus” (2 Pet. 3:18).

1. Die dilemma van geen groei nie (1 Korinthiërs 3:1-3)

En ek, broeders, kon met julle nie spreek soos met geestelike mense nie, maar soos met vleeslike, soos met klein kinders in Christus (v. 1). Indien die vleeslike natuur wat in vyandskap teenoor God is, toegelaat sou word om in ‘n mens se hart voort te bestaan, sal dit alle groei in genade dwarsboom. Die vleeslike natuur wat teen die Heilige Gees in die gelowige stry, sal die einde van die persoon se geestelike lewe meebring as hy nie vernietig word nie (Rom. 6:6 en 8:6-7).

Ek het julle met melk gevoed, nie met vaste spys nie (v. 2). Een van die simptome van ‘n aangetaste liggaam is die verlies aan eetlus vir goeie, sterk, voedsame kos. Verdorwenheid in die hart sal die begeerte aan geestelike voedsel neutraliseer.

Omdat julle nog vleeslik is (v. 3). Gelowiges is vleeslik totdat hulle hulself verootmoedig, hulle vleeslike toestand bely, en hulle geloofsvertroue in die reinigende werk van die versoeningsbloed van Christus stel. Hierdie vleeslike Christene het baie goeie eienskappe gehad wat in 1 Korinthiërs 1 genoem word. Hulle het egter ook besliste vleeslike eienskappe gehad, waaronder jaloersheid, twis en tweedrag. Paulus het gesê dat dit aanduidings van geestelike verdorwenheid is. Hy het nie gesê dat hierdie toestand as normaal aanvaar moes word omdat daar niks meer vir ‘n Christen is nie. Hy het het hulle geestelike toestand erg betreur, en in 2 Korinthiërs 1:15 die vertroue uitgespreek dat hulle tydens sy voorgenome besoek “’n tweede genade” sou ontvang.

2. Die volgorde van groei in genade (2 Petrus 1:3-8)

En juis daarom ook moet julle met aanwending van alle ywer by julle geloof voeg die deug… (v. 3-7). Adam Clarke skryf oor hierdie gedeelte: “Deug. Die moed en vasberadenheid om jou geloof in tye van verdrukking voor ander mense te bely. Kennis. Die ware wysheid waardeur jou geloof sal toeneem en jou moed op die regte wyse toegepas sal word sonder om na onbesonnenheid te degenereer. Selfbeheersing. Die korrekte en beperkte gebruik van aardse genietinge, terwyl die sinne onder beheer gehou word en die dierlike deel daarvan nie toegelaat word om die rede te oorheers nie. Lydsaamheid. Om alle toetse en probleme in dieselfde gesindheid te verdra en deur dit alles te volhard. Godsvrug. Liefde teenoor God – ‘n diep, eerbiedige, godsdienstige vrees waarin die dien van die Here nie net ‘n uiterlike daad is nie, maar ‘n innerlike toewyding om Hom in jou te hart te bewonder, lief te hê en groot te maak. Broederliefde. Dit is ‘n sterk band met die gemeente van die Here, waarin Christene mekaar onderling as lede van dieselfde liggaam ervaar. Naasteliefde. Liefde teenoor almal, selfs jou vervolgers. Die ware godsdiens is nooit selfsugtig of geïsoleerd nie. Waar die liefde van God is, kan daar geen bekrompenheid wees nie. Eng, selfsugtige mense wat ‘n partyskap vorm en skaars enige hoop vir die redding van diegene het wat nie glo soos wat hulle glo nie, het nouliks enige godsdiens. In hulle eie oë is niemand egter so behoudend en godsdienstig as hullself nie.”

Petrus moedig ons dus aan om een gesindheid ná die ander in ‘n wonderlike orde by te voeg totdat dit volledig is en die Christelike lewe met alle deugde toegerus is. Elke genade wat verkry is, help ons om ander genades te vervolmaak.

Want as hierdie dinge by julle aanwesig is en toeneem (v. 8). Indien iemand in hierdie toevoegings of ontwikkelingsproses toeneem kan hy nie, wat homself én andere betref, ledig en onvrugbaar tot die kennis van onse Here Jesus Christus wees nie.

3. Die doel met groei (Efésiërs 4:13-16)

Totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God (v. 13). Die uiteindelike geestelike doel van die kerk begin by die eenheid van die geloof. Die geloof wat hier bedoel word, is die inhoud van die evangelieboodskap in sy volledigste vorm. Die eenheid van gelowiges is onmoontlik tensy dit op die fondament van ‘n gemeenskaplik aanvaarde waarheid gebaseer is. God se waarheid is nie gefragmenteerd en teen homself verdeeld nie. Wanneer die kinders van God verdeeld en gefragmenteerd is, beteken dit bloot dat hulle tot dieselfde mate van sy waarheid afgewyk het.

Sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word (v. 14). Die onvolwasse Christen is baie naïef en onbestendig in sy oortuigings. In die geskiedenis van die kerk is daar nie ‘n groep gelowiges wat in die naam van die Christendom in meer dwaashede verval het as vandag se kerk nie. Ten spyte van ons ongeëwenaarde onderwys, gesofistikeerdheid, vryheid, toegang tot God se Woord en goeie Christelike opleiding, lyk dit of enige godsdienstige misleier en bloedsuier ‘n geredelike gehoor én finansiële ondersteuning onder Christene kan kry. Die aantal dwase, verdwaalde, korrupte en selfs ketterse leiers aan wie baie kerkmense bereid is om hulle geld en lojaliteit te gee, is verstommend en hartverskeurend. Die Christen wat behoorlik toegerus is, sal nie sulke misleiding, bedrog en sluheid ten prooi val nie.

Maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom (v. 15). Dit is ‘n beginsel wat op elke aspek van ‘n Christelike lewe en bediening betrekking het. Volwasse gelowiges wie se lewe deur liefde gekenmerk word, sal nie die slagoffers van valse leringe wees nie. Hulle geestelike lewe sal eg wees en hulle sal die ware evangelieboodskap aan ‘n misleiende en misleide wêreld verkondig. Die kerk se werk van evangelisasie en geestelike opbouing sal voortgaan totdat die Here kom. Die geestelik toegeruste kerk, waarvan die lede leerstellig suiwer is en volwasse in hulle denke en lewe, is die kerk wat in liefde sal uitreik om die boodskap van God se reddende genade te verkondig. Die Here rus ons nie toe om te stagneer nie, maar om te dien.

Uit wie die hele liggaam – goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee (v. 16). Elke uitdrukking in hierdie vers is uiters belangrik om die waarheid oor die doeltreffende funksionering van die liggaam oor te dra. Christus hou die liggaam bymekaar en laat dit funksioneer volgens die gawes wat in elke lid aanwesig is. Die geestelike bronne en gawes van die Heilige Gees vloei van die een lid na die ander, daarom moet hulle goed saamgevoeg en saamverbind wees sodat die vloei in die bediening van die hele liggaam tot groei kan lei. Waar kinders van die Here noue verhoudings in ‘n geestelike bediening het, werk die Here. Waar hulle nie intiem met mekaar saamwerk en getrou in die bediening van hulle genadegawes is nie, kan die Here nie werk nie. God verlang nie kreatiwiteit of slim planne nie, maar ‘n gewillige en liefdevolle toewyding tot diensbaarheid. Die somtotaal van hierdie waarhede is dat elke gelowige naby aan die Here Jesus moet bly, en sy geestelike gawes getrou moet gebruik in noue assosiasie met ander gelowiges met wie hy in kontak is. Deur toewyding en diens van hierdie aard sal die krag van die Here ongehinderd vloei om die liggaam van Christus in liefde op te bou.

Kommentaar oor die Sleutelteks

Daarom, broeders, moet julle jul des te meer beywer om julle roeping en verkiesing vas te maak; want as julle dit doen, sal julle nooit struikel nie (2 Pet. 1:10).

Daarom… des te meer. Eerder as om vir hierdie geestelike genades (v. 5-7) blind te wees, moet ons ywerig daarna streef. Deur dit te doen, word ons verkiesing vasgemaak. Hierin sien ons voorwaardelike ewige sekerheid. Diegene wat nalaat om toegewyd die genades tot hulle geestelike lewe toe te voeg waarvan Petrus praat, verloor hulle verkiesing. Vroeër of later sal hulle vind dat sonde weer die oorhand oor hulle gekry het (kyk v. 9). Maar “as julle dit doen, sal julle nooit struikel nie.”

In sy onderrig het Jesus van ‘n bruilofsgas gepraat wat nie nougeset aan sy gasheer se vereistes voldoen het nie (Matt. 22:11-14). Hy was tussen die genooides, hy het op die uitnodiging gereageer, en hy sou tot finale goedkeuring verkies gewees het indien hy aan die koning se standaard vir ‘n bruilofskleed voldoen het. Met die aanvaarding van die uitnodiging was daar ‘n duidelike verstandhouding dat die gaste die aanvaarbare drag moes aanhê. Daar is diegene wat glo dat God só groothartig is dat Hy enigeen wat probeer het om ‘n goeie lewe te lei en dus nie té sleg is nie, sal aanvaar. Die Bybel bied geen hoop van hierdie aard aan nie. Jesus het gesê: “Baie is geroep, maar min uitverkies.” Die duidelike implikasie hier is dat diegene wat nie uitverkies is nie, die mense is wat nie toegewyd God se wil gedoen het nie.

Ja, daar ís die gevaar om geestelik tot ‘n val te kom. Judas het deur sy oortreding geval, en hy was ‘n apostel. In 1 Korinthiërs 10 beskryf Paulus die mislukkings van Israel, en rig dan die vermaning: “Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie” (v. 12). Selfs al is daar die gevaar van val, is dit glad nie nodig om dit te doen nie. Dit is nie ‘n vraag of jy in staat sal wees om staande te bly of nie, maar of jy God se genademiddels aanvaar waardeur Hy sy dienskneg in staat stel om staande te kan bly, want “God is magtig om hom staande te hou” (Rom. 14:4).

Die Here roep ‘n mens, en dit is jou plig om daardie roeping ywerig te volg. Hy roep alle mense tot die ewige lewe, maar dit beteken nie dat jou persoonlike verhouding met Hom onvoorwaardelik vir ewig is nie. Om hierdie rede het Petrus nougesetheid in die bou van ‘n Christelike karakter bepleit nadat ‘n persoon die krisisondervinding van wedergeboorte en heiligmaking deelagtig geword het. Getrouheid hierin verseker aan jou die finale verkiesing tot heerlikheid. Soos wat ons deug by kennis voeg, ens., sal die Here genade en vrede vir ons vermeerder (v. 2). Sy vermeerdering oortref by verre die mens se byvoeging.

Leerstellige Bespreking

Die noodsaaklikheid van groei in genade sou nie so onduidelik gewees het as dit nie was dat mense die begrippe “genade” en “groei” verkeerd verstaan nie. ‘n Eenvoudige illustrasie sal help om dié probleem te verduidelik. Niemand verwag ooit van ‘n volmaakte, pasgebore baba om ‘n boek te kan skryf oor sy toetrede tot die wêreld, of om volwasse gevoelens daaroor te hê nie. Tóg lyk dit of baie mense van ‘n pas geheiligde persoon verwag om onmiddellik dieselfde volwasse etiek, getrouheid in toewyding, en idees oor kultuur en gebruike te hê as wat hulle het. Die Here sê vir ons in Romeine 12:2 dat ons “verander” moet word, maar daar is nêrens in die Bybel ‘n maatstaf om ‘n persoon se geestelike groei te meet nie. Dit is baie beter om ons ervaring van volkome heiligmaking op die getuienis van geloof en vrugte te baseer. Dit is die essensie van wat Wesley hieroor gesê het.

Een strik waarin geheiligde persone soms beland, is om hulle doeltreffendheid te meet aan dit wat andere bereik het nadat hulle met die volheid van God vervul is. In sy boek, Love Enthroned, sê dr. Daniel Steele dat die vervulling met die Heilige Gees en die doeltreffendheid van die gelowige ‘n onderwerp van intense belang vir alle Christene is. Dit word soms aanvaar dat die oorvloedige uitstorting van die Gees op die gelowige aan hom iets soos ‘n elektriese lading sal gee. Dit sal dan skokgolwe na die sondaars laat uitgaan wat hulle sal laat bewe, platval en om genade laat roep soos wat duisende mense onder die prediking van Petrus op Pinksterdag gedoen het. Steele sê dat sulke verskynsels baie seldsaam is, en noem in sy boek enkele gevalle waar dit gebeur het, bv. onder die prediking van Charles Finney en “Father” Carpenter van New Jersey.

Hy voeg by dat dit meer verg om ‘n siel in die liefde van Christus te bevestig as om hom tot bekering te lei. Predikers wat só ‘n bediening het, het ‘n hoër gawe as evangeliste wat sondaars tot bekering lei.

Ons moet aanhou om in ál die gawes van die Gees te groei nadat ons met die Heilige Gees vervul is. Dit beteken dat baie mense wat volkome heilig gemaak is, sal moet leer dat liefde ons getrouheid in die kleiner detail van ons lewe vereis, soos stiptelikheid, om stil te bly oor vertroulike inligting wat aan ons meegedeel is, en om ons pligte getrou uit te voer. Selfbeheersing is ook ‘n vrug van die Heilige Gees. Ons moet ons lewens ondersoek om vas te stel of ons vordering in die beheer van ons eetgewoontes, slaapgewoontes, gesprekke, ontspanning en ander sake maak waarop die Heilige Gees ons aandag vestig. Dit help nie om een deug sterk te beklemtoon as ‘n verskoning vir ander terreine waarop ons faal nie. Mag die Here ons help om in liefde te groei en op alle lewensterreine die vrug van die Gees te dra!

Dit is onmoontlik om al die aspekte op te noem waarin ons in liefde moet opgroei. Daar is bv. die terreine van etiek, genade vir die regte sosiale verkeer met mense, nougesetheid, ens. Liefde maak ons nie wetteloos nie, maar dit verleen aan ons die vryheid om alle Christelike genades binne die perke van die wet van die liefde te kan beoefen. u

Vrae en Antwoorde

As mense is daar baie dinge in die lewe wat ons nie weet nie. Die verlossing van sonde verander nie hierdie feit nie. ‘n Persoon kan ook die ervaring van hartsreiniging kry sonder dat dit met geestelike volwassenheid gepaad gaan. Daar moet eers oor tyd heen ‘n proses van geestelike groei wees voordat geestelike volwassenheid bereik sal word.

1.   Noem sekere dinge wat geestelike groei sal bevorder.

a.   Bybelstudie. Die gereelde omgang met God se Woord is noodsaaklik.

b.   Gebed. Gereelde kommunikasie moet in gebed met God gemaak word.

c.   Wandel in die lig. God se weg moet gevind en bewandel word.

d.   Bediening. Om ‘n kanaal te wees waardeur God se liefde na ander toe vloei, bevorder ook geestelike groei.

2.   Gee advies oor hoe om Bybelstudie effektief vir geestelike groei te maak.

Dit is belangrik om te onthou dat Bybellees nie opsioneel is nie, maar ‘n voorreg en ‘n vereiste (Ps. 119:11). Die Bybel is ‘n bron van geestelike kennis, leiding, bemoediging en hulp. Dit het antwoorde op die probleme waarmee ons te doen het. Dit verleen insig oor God se wil vir ons lewe. Dit lig ons oor toekomstige gebeure in, bied hoop aan die kind van God en waarskuwings aan sondaars.

Elke persoon moet ‘n vaste en gereelde Bybelleesprogram hê. Mense verskil in baie opsigte van mekaar. Sommige is oggendmense en ander is aandmense. Elkeen moet in sy besondere omstandighede vir hom die beste tyd bepaal om Bybel te lees. ‘n Ernstige poging moet aangewend word om die Bybel daagliks in ‘n tyd te lees wanneer jy goed kan konsentreer en helder kan dink.

Die lengte van die gedeeltes wat gelees word, mag van tyd tot tyd verskil. Dit sou wys wees om te begin deur verskeie verse per dag te lees en ‘n vaste patroon te vestig. Dit sou bv. beter wees om gemiddeld 10 verse per dag te lees, as om vir twee dae 100 verse te lees en daarna vir dae lank niks nie. Dit mag moeilik wees om 100 verse per dag te lees, en dit kan daartoe lei dat jy heeltemal ophou om Bybel te lees. Sommige mense lees maklik en kan sonder moeite ‘n paar hoofstukke per dag lees. Ander mag sukkel om net ‘n paar versies onder die knie te kry. Ongeag wat jou eie situasie is, vestig net vir jou ‘n vaste, daaglikse program van Bybellees.

Gebed, afgewissel deur Bybellees, kan jou ook help om geestelik te groei. Vra aan die Here om dinge uit sy Woord aan jou te openbaar. Lees die Bybel met ‘n oop, ontvanklike gemoed terwyl jy na God se wil soek.

Lees die Bybel in die verband waarin dit geskryf is. Dit sal soms nodig wees om ‘n hele hoofstuk, of ‘n hele verhaal, te lees voordat ‘n betrokke vers goed verstaan sal word. Die Bybel kan baie dinge “sê” as dit buite verband aangehaal word. Daar sal altyd teen verkeerde vertolkings gewaak moet word.

Dit is altyd goed om Bybelgedeeltes te memoriseer. Hierdie gedeeltes mag handig te pas kom om ons deur probleme te help wanneer daar nie ‘n Bybel byderhand is nie.

Dit is noodsaaklik om toe te pas wat die Here se Woord ons leer. Baie hartseer en probleme kan vermy word, en veel wat goed is kan bereik word as ons aan die Bybel gehoorsaam is.

3.   Hoe kan ons gebed in ons geestelike groei effektief maak?

Gebed is kommunikasie met God. Dit behels praat én luister. Vir ‘n beperkte mens met al sy tekortkominge, swakhede en versoekings is gebed ‘n belangrike skakel met ‘n onbeperkte God wat gewillig is om hom te help. God ken ons behoeftes, maar Hy wil hê dat ons ons afhanklikheid van Hom moet bely.

Die beoefening van ‘n gereelde gebedslewe is baie belangrik. Dit is maklik vir jong bekeerlinge om baie ongeestelik te voel omdat ouer bekeerlinge twee of drie ure per dag bid, terwyl hulle self net tien minute bid. Die duiwel wil hê dat só ‘n persoon ontmoedig sal voel en heeltemal ophou om te bid. Streef daarna om die tien minute oor tyd heen tot 20 of 30 minute per dag, of selfs meer, te verleng. Dit is beter om elke dag ‘n bietjie te bid as om vir ‘n dag of twee baie te bid en dan vir dae lank glad nie te bid nie. Die lengte van die gebed is ook nie die kritieke saak nie, want dit moet vir jou gaan om met God te praat en van Hom te hoor.

Wanneer jy bid, moet jy openhartig en eerlik met God praat. Niks is vir Hom bedek nie, daarom is die erkenning van probleme en behoeftes heeltemal in orde. Bespreek alle aspekte van jou lewe met God, en slaan ook ag op die antwoorde wat jy van Hom af kry.

Verskeie sake kan in gebed aangespreek word. In ‘n gedeelte van die gebed behoort God geëer te word vir wie Hy is. Hy is ons eer waardig. ‘n Ander deel van gebed is die belydenis van sonde aan God, sodat sy vergifnis verkry kan word. ‘n Deel waarmee ons baie goed bekend is, is om ons gebedsversoeke aan God te rig. Hy kan en wil ons help. ‘n Gebed moet ten laaste ook danksegging insluit vir dit wat God gedoen het en nog sal doen.

Geloof moet beoefen word om ‘n gebed effektief te maak. Dit is een ding om te glo dat God gebed kan verhoor, maar heeltemal iets anders om te glo dat Hy dit sál doen! Daar is baie beloftes in die Bybel wat in die geloof aangeneem kan word. As God iets beloof het, kan ons dit vra indien ons aan sy voorwaardes voldoen.

4.   Hoe kan ons geestelik groei deur in die lig te wandel?

Geestelike lig kan as godgegewe leiding aan die mens gedefinieer word. Dit kan deur Bybelstudie verkry word, of in tye van gebed. Hierdie lig kom nie van die mens af, soos sommige dink nie. God kan predikers of ander mense gebruik om deur hulle te praat wanneer Hy lig gee, maar die lig self kom van Hom af.

Hierdie lig moet begeer word. Dit help nie om vooraf te besluit wat jy wil doen, en dan om die Here se lig of leiding te bid nie, want dan sal dit min of geen invloed op jou lewe hê nie. God is lig en ook die bron van lig. Hy weet hoe om elke mens te lei, sy voetstappe te rig en hom te ondersteun. Baie van hierdie voorskrifte word in sy Woord gegee, en is ‘n verdere rede vir Bybelstudie. Hy skep ook oortuigings in jou hart tydens gebed, en dit is nóg ‘n rede om te bid.

Wanneer God aan ‘n persoon lig oor ‘n sekere saak gee, moet hy besluit hoe om daarop te reageer. Hy kan dit verwerp en teen die lig wandel, dan sal hy uiteindelik deur die lig verblind word en in die duisternis wandel. Wat dan in ‘n stadium verkeerd was, sal as gevolg van sy gebrek aan geestelike insig nie meer vir hom verkeerd lyk nie. Elkeen moet net onthou: reg is reg en verkeerd is verkeerd, ongeag hoe ons daaroor redeneer. Aan die ander kant kan lig aanvaar en gevolg word. Dit moet elke persoon se doel wees om God se wil vas te stel en dit te doen.

Dit mag soms moeilik wees om God se wil oor ‘n sekere saak te bepaal. Spreuke 3 sê dat ons God in al ons weë moet ken, dan sal Hy ons paaie gelyk maak. Volg altyd God se wil. Wanneer daar onsekerheid en verwarring is, moet jy nie belangrike besluite neem nie, want Satan is die outeur van verwarring. Hou aan om God se wil te soek, want Hy sal elke ware kind van Hom lei. Volg die lig tree vir tree en moenie oor môre, volgende week of volgende jaar bekommerd wees nie.

5.   Hoe kan ‘n bediening aan ander my geestelik laat groei?

Geestelike groei kan ervaar word deur God se liefde en sy verlossingsplan met ander te deel. Die tweede gebod wat Jesus gegee het, is om jou naaste soos jouself lief te hê. Pogings moet aangewend word om vriende te wen, maar, meer belangrik nog, om mense vir die Here te wen. Soos wat Bybelstudie en gebed gedoen word om ‘n boodskap aan ander te bring, groei ons self ook geestelik op.

‘n Ander terrein wat in ag geneem moet word in verband met ‘n meer doeltreffende bediening, is geestelike gawes. Elkeen moet met die Here se hulp bepaal wat sy gawe(s) is, en hoe dit in ‘n bediening teenoor ander gebruik kan word. Tegniese kennis en ander vaardighede kan ook gebruik word om mense te help en ter wille van Christus vriendskappe te sluit.

Probeer om altyd positief te wees. Daar ís sekere situasies in die lewe wat negatief is, maar ‘n algemene positiewe gesindheid is baie meer oortuigend van die regte verhouding met Christus.

Streef altyd daarna om reg voor ander mense te leef. Een swak plek in jou mondering kan groot probleme en ‘n beskadigde geloofwaardigheid tot gevolg hê, wat moeilik reggestel sal word. Wees getrou in alle take wat aan jou opgedra is, ongeag hoe klein hulle is. Aan ‘n persoon wat in geringe take getrou is, sal later groter take opgedra word. Indien hy in kleiner take faal, dan verdien hy nie om met groteres vertrou te word nie.

‘n Kind groei nie oornag tot ‘n volwassene op nie. ‘n Jong bekeerling groei ook nie oornag tot ‘n geestelik volwasse Christen nie. In beide gevalle neem dit tyd en toewyding. Vir hulle wat volkome aan God se wil en weg toegewy is, sal groei volg!

   MEER HEILIGHEID

Meer heiligheid gee my,

Meer gloed in my hart,

Meer troos in beproewing,

Oor sonde meer smart!

Meer steun op my Heiland,

Meer trou op Hom let,

Meer vreugde in arbeid,

Meer krag in gebed!

Meer dankbaarheid gee my,

Meer rus in die Heer,

Meer drang tot sy glorie,

Meer roem in sy eer.

Meer smart oor sy droefheid,

Meer heil uit sy wet,

Meer moed in beproewing,

Meer lof waar Hy red!

Meer reinheid, o skenk my,

Meer krag om te win,

Meer vryheid van bande,

Meer hemelse sin!

Meer vrug in u diens, Heer,

Meer werk vir u ryk,

Meer werksaam en heilig,

U, Heer, meer gelyk!

            – Hallelujalied 314

 

Inhoud

1. Die Grondbeginsels vir ‘n Heilige Lewe

2. Die Behoefte aan ‘n Heilige Lewe

3. Die Betekenis van Heiligmaking

4. Die Eienskappe van ‘n Heilige Lewe

5. Die Heilige Gees en ‘n Heilige Lewe

6. Hoe om Geheilig te Word

7. Die Uitleef van ‘n Heilige Lewe

8. Heiligheid – God se Plan vir die Kerk

9. ‘n Heilige Lewe en die Wederkoms

10. Afsondering en ‘n Heilige Lewe

11. ‘n Heilige Lewe in ons Verhoudings

12. Volmaaktheid in die Lewe van Heiligheid

13. ‘n Lewe van Groei in Heiligheid

Featured Articles

Monday, July 10, 2023 False Teachers & Doctrine 6848
From Speaking in Tongues to Speaking Truth: Why I Left the Charismatic Church Madelein Wolfaardt My mother’s death broke the spell. After years of prophetic declarations, healing services, and speaking in tongues, I finally saw the charismatic Christian movement for what it was. This is how I learned to distinguish between genuine faith and spiritual manipulation — a journey from blind acceptance to clear-eyed truth.

Questions Answered

Here are some articles on different topics, see what the Bible says.

/Eienskappe%20van%20God
DIE NATUURLIKE EIENSKAPPE VAN GOD WAT VERBAND HOU MET GOD SE WESE SOOS HY IN HOMSELF IS. Alwetend – God weet alles. Hy het volledige kennis van alles in die verlede, hede en die toekoms. (Job 37:16; Ps. 139:1-6). Almagtig – God…
Hell:%20What%20the%20Bible%20Says
An exposition of the doctrine of eternal punishment in a burning hell for all the unsaved people of all ages. 1. How Can We Know About Hell? “There was a certain rich man, which was clothed in purple and fine…
It is important that one understands the phenomenon of apostatising, or backsliding, as every believer should be able to identify and counter this backward course in his or her spiritual life whenever it occurs. If you wish to determine the…
Die onderwerp van die doop is baie kontroversieel met baie misverstande. Baie mense dweep met die doop en dit raak 'n obsessie by hulle. Dit veroorsaak baie keer ongebalanseerde en dwase strydvrae met die gevolg dat Christene twis oor die…
Vergifnis
Vergifnis is ‘n opdrag in die Woord van God (Matt 6:14, 15; Mark 11:25, 26; Luk 6:37; Efes 4:32 en Kol 3:13). Sonder vergifnis is daar geen bevryding van die seer en pyn wat ander jou aangedoen het nie. Die…

Lees meer

Loose Lips Sink Ships
I know this has been used as a catchphrase by the military in referring to ships. However, I believe it could be applied to each one of us today. Loose lips can sink more than naval ships. They can…

Read more

A collection of articles written by FB Meyer. Practical advice for the daily Christian life.

A NEW YEAR is opening before us, and there is some satisfaction in feeling that an opportunity will be afforded of making a really new start. Each true heart in which there is a spark of the Divine life turns eagerly towards the unblemished page, the untrodden way, of the…
BENEATH all exaggeration there is a basis of truth. When an American said that the whey which flowed from the making of a large cheese in his country was sufficient to run three sawmills; and when another affirmed that the soil of his farm was so prolific that the tendrils…
To be straight is to be true. There is no more important exhortation on the page of Scripture, than where the Apostle says, "Whatsoever things are true . . . think on these things." A friend of mine, educated in one of our great English schools, says that the most formative words of…
WHAT a shadow is cast over lives and homes by bad tempers! It is Sunday morning, God's day of rest and peace, when the worry and rush of the world should be quiet, and the voices of newspaper boys and hawkers of small wares should be still. A family of…
No flirting, young people, please! You cannot flit around the flame without the risk of burning your wings; and remember, if these are lost, you cannot get another pair; you may be able to crawl or limp, but you will never again bask in the sunbeams or dance with merry-hearted…
LONGFELLOW'S village blacksmith felt that "something accomplished, something done," had earned a night's repose; and I suppose that he did little else than shoe the farmers' horses, or put new shares to their ploughs; yet he had the perpetual consciousness that he was doing something in the world, contributing to…
No wonder that the common people hung on Christ's words. He was a Master of the Art of Illustration, because he sought his emblems, not from remote corners of creation, or its recondite processes, but from the common incidents of ordinary human experience. Salt and light, birds and lilies, gates…
Everyone needs some guidance on where to start reading and how to read their Bible. Below are Afrikaans & English printables - give it to every young believer that you give a Bible to.
Tips on reading your Bible

Where should I start?

Start by reading a chapter in the morning and evening. Mark in your Bible and write in a notebook everything that stands out in the chapter you read.

Read more

Wenke om jou Bybel te lees

Waar moet ek begin?

Lees jou Bybel in orde, moet nooit rondspring tussen boeke en hoofstukke nie. Hou by jou lees skedule, as jy laas Markus 1 gelees het lees jou nou Markus 2.

Lees meer

Assurance of Salvation

Seker</p>heid
Is jy weergebore?

Seker

heid

Om te WEET DAT JOU SONDE VERGEWE IS en dat Jesus nou in jou hart woon.
Lees meer
Rebirth
What Why How..?

Rebirth

What the Bible teaches us about being born again.
Read More
 Weer</p>gebore
Wat Hoekom Hoe..?

Weer

gebore

Wat die Bybel ons leer van wedergeboorte.
Lees meer
English Sermons

English Sermons

Here is a link if you would like to listen to audio sermons by various preachers. Promoting Genuine Biblical Revival.

Go to website