4 Stappe vir ‘n Heilige Lewe
Kol 2:6: “Soos julle dan Christus Jesus, die Here, aangeneem het, wandel so in Hom,”
1. Watookal die Here vir jou sê, doen dit.
Joh 2:5 “Sy moeder sê vir die dienaars: Net wat Hy vir julle sê, moet julle doen.” - Moenie meer of minder doen nie, doen net dit wat Hy gesê het.
Matt 28:20 “En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.” – As ek doen wat Hy sê sal Hy met my wees.
Doen wat Jesus sou gedoen het. Meet alles altyd hieraan.
2. Moet niks doen waaroor jy twyfel nie.
Rom 14:23 “Maar hy wat twyfel as hy eet, is veroordeel, omdat dit nie uit die geloof is nie; en alles wat nie uit die geloof is nie, is sonde.”
Alles wat jy doen moet deur die geloof gedoen word, moenie jou besig hou met dinge wat twyfelagtig is nie. Ons moet oop en eerlik wees voor die Here, Hy sien alles.
3. Watookal ek doen moet God verheerlik.
1 Kor 10:31 “Of julle dan eet of drink of enigiets doen, doen alles tot verheerliking van God.”
Moenie iets doen as jy nie die Here daardeur kan verheerlik nie, en soek om te doen dit wat Hom wel sal verheerlik. Staan op vir die Naam van die Here en bly onbeweeglik in jou oortuigings maak nie saak by watter mense jy is nie.
4. Doen alles wat jy doen asof jy dit vir die Here doen.
Kol 3:23 “En wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie,”
Let altyd op jou gesindheid en doen dinge tot die beste van jou vermoë. So dra ons ‘n getuienis uit na buite, jy moet die Here se Naam verheerlik en hoog dra.