fbpx
Articles
Articles | Tips & Help for the Daily Christian Life |

Grow in Christ

Profetiese Rede van Christus

Johan Malan - Afrikaanse Artikels

Opsomming: Die profetiese rede van Christus werp baie lig op sowel eerste geslag- as laaste geslag gebeure in die kerkdispensasie.

In sy profetiese rede het die Here Jesus duidelike tekens aan sy dissipels gegee oor wanneer Jerusalem verwoes en die tempel afgebreek sou word, en ook oor wanneer Hy weer sal terugkom:

“En Jesus het uitgegaan en van die tempel vertrek, en sy dissipels het nader gekom om Hom die geboue van die tempel te wys. En Jesus sê vir hulle: Sien julle al hierdie dinge? Voorwaar Ek sê vir julle, daar sal hier sekerlik nie een klip op die ander gelaat word, wat nie afgebreek sal word nie. En toe Hy op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom en sê: Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld?” (Matt. 24:1-3).

In die rede wat hierop gevolg het, word verskillende belangrike gebeurtenisse van eietydse belang vir die Jode van die eerste geslag ná die verwerping en kruisiging van Christus bespreek, asook gebeurtenisse wat op die laaste geslag voor die wederkoms van Jesus betrekking het. In hierdie profesieë moet onderskeid tussen eerste geslag- en laaste geslag-gebeure getref word.

Wanneer daar oor die onmiddellike toekoms van Jerusalem en sy inwoners in die eerste eeu gepraat word, spreek Jesus die ongelowige Joodse volksleiers aan wat Hom verwerp het net soos wat hulle vaders die profete verwerp en doodgemaak het. Hulle het die maat van hul vaders se sondes vol gemaak en sou die noodwendige gevolge daarvan moes dra:

“Voorwaar Ek sê vir julle, al hierdie dinge sal oor hierdie geslag kom. Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete doodmaak en stenig dié wat na jou gestuur is, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak net soos ‘n hen haar kuikens onder die vlerke bymekaarmaak, en julle wou nie! Kyk, julle huis word vir julle woes gelaat! Want Ek sê vir julle: Julle sal My van nou af sekerlik nie sien nie totdat julle sal sê: Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here!” (Matt. 23:36-39).

“En wanneer julle Jerusalem deur leërs omsingeld sien, dan moet julle weet dat sy verwoesting naby is… want daar sal groot nood in die land wees en toorn oor hierdie volk. En hulle sal deur die skerpte van die swaard val en as krygsgevangenes geneem word na al die nasies, en Jerusalem sal vertrap word deur die nasies totdat die tye van die nasies vervul is” (Luk. 21:20, 23-24).

Wanneer Jesus na die laaste geslag verwys, word dit in die konteks van die herstel van Jerusalem en die groot verdrukking met sy oorloë, natuurrampe en benoudheid onder die nasies geplaas, wat op sy wederkoms sal uitloop. Dit is die geslag wat aanbreek nadat die vertrapping van Jerusalem beëindig is:

“En daar sal tekens wees aan son en maan en sterre, en op die aarde benoudheid van nasies in hulle radeloosheid wanneer see en branders dreun, en mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom. Want die kragte van die hemele sal geskud word. En dan sal hulle die Seun van die mens sien kom in ‘n wolk, met groot krag en heerlikheid. En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is… Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat alles gebeur het nie” (Luk. 21:25-32; kyk ook Matt. 24:34).

Verskillende perspektiewe

Voordat die profetiese rede in verdere detail bespreek word, moet daar eers duidelikheid oor die verskillende perspektiewe en beklemtonings daarvan in die Evangelies van Mattheüs en Lukas verkry word. Indien dit nie gedoen word nie, kan totaal ongegronde gevolgtrekkings gemaak word.

Eers moet die vraag gevra word waarom daar vier Evangelies in die Nuwe Testament is en wat die onderling aanvullende perspektiewe daarvan is? Die feit is dat sentrale Christelike waarhede in al vier die Evangelies bespreek word, waarby alle mense kan baat. Nogtans is daar onteenseglik ook verskillende perspektiewe in die beskrywings wat nie misgekyk moet word nie. In dié opsig vul hulle mekaar aan:

Mattheüs

Mattheüs is hoofsaaklik uit ‘n Joodse oogpunt geskryf en aanvanklik onder die Jode in Israel versprei. Dit is opvallend dat in Mattheüs die eerste plek in die koninkryk van God dikwels aan Jode toegesê word. Uit die eerste sendingopdrag aan die twaalf apostels blyk hierdie voorkeurposisie duidelik:

“En Jesus het hierdie twaalf uitgestuur en hulle bevel gegee en gesê: Moenie gaan op pad na die heidene nie,” [bedoelende die nie-Joodse volkere] “en moenie ingaan in ‘n stad van die Samaritane nie; maar gaan liewer na die verlore skape van die huis van Israel” (10:5-6).

Die Messias se eie sending word ook hier in dieselfde beperkende terme geklee: “Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Israel” (15:24; vgl. 19:28). Dit is eers ná sy verwerping deur Israel, en sy kruisiging en opstanding uit die dode daarna, dat die opdrag gekom het om die evangelie na alle volke uit te dra.

Christus se positiewe standpunt ten opsigte van die wet word duidelik gestel en die bindende aspekte daarvan beklemtoon (5:18-19).

Mattheüs is sterk daarop ingestel om die verband tussen die Ou- en Nuwe Testament aan te toon. Die twee Testamente vloei in ‘n besondere sin saam omdat die wet, die profete en die psalms nie afgeskaf word nie maar in werklikheid hulle volle betekenis en vervulling in Christus vind. Om hierdie rede verwys Mattheüs telkens na die Ou Testament deur 43 woordelikse aanhalings te gebruik, asook 22 sinspelings. Sodoende word aan ‘n ongelowige en skeptiese volk die bewyse gelewer dat die lewe en werk van Jesus in die fynste besonderhede die vervulling van Ou Testamentiese profesieë is. Dit verklaar die besondere aanbieding van feite oor die maagdelike geboorte en naamgewing van Jesus, sy tydelike verblyf in Egipte en vestiging daarna in Násaret, die feit dat Hy siekes gesond maak, in gelykenisse spreek, Jerusalem op ‘n esel binnery en uiteindelik ook deur sy dissipels verlaat word, “sodat vervul kon word wat God deur die profete gespreek het” (1:22; 2:15, 23; 8:17; 12:17; 13:35; 21:4; 26:54). Ook word ander belangrike besonderhede soos sy geboorte in Betlehem, die ongeloof van die Joodse volk, die aanstoot wat mense aan Hom sou neem en die feit dat Hy vir 30 silwerstukke verkoop sou word, telkens aan Ou Testamentiese profesieë gekoppel (2:5; 13:14-15; 26:31; 27:9). Hierdie aanhalings en bewysplase uit die Ou Testament is nie naastenby so prominent in die ander Evangelies nie.

As oorwegend Judaïstiese werk, hou Mattheüs die Here Jesus baie duidelik as Messias van die Jode voor. Sy geslagsregister word net aangehaal tot by Abraham, wat die eerste Hebreër was. Sterk klem word op sy afkoms van Dawid gelê (1:1, 20; 9:27; 12:23; 15:22; 20:30-31; 21:9, 15; 22:42-45). Sy genealogie dien verder ook as afdoende bewys dat net Hý aanspraak op die troon van Dawid het. Selfs die wyse manne het aan Hom as “Koning van die Jode” hulde gebring (2:2). In elk geval vervul die Here Jesus as gevolg van sy wonderbaarlike verwekking deur die Heilige Gees in die maagd Maria die mees verhewe Ou Testamentiese verwagtinge m.b.t. die Messias, omdat dit Hom onmiskenbaar as die Seun van sy hemelse Vader identifiseer, en ook as God: “Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n Seun baar en Hom Immánuel noem” (Jes. 7:14; vgl. ook Ps. 2:7 en Jes. 9:5-6). Hy is ook die bonatuurlike “Seun van die mens” oor wie se koms Daniël (7:13-14) geprofeteer het. In die eindtyd sal Hy op sy heerlike troon sit om die nasies te oordeel (16:27; 24:30; 25:31; 26:64).

Die Messias se koninkryk is ‘n baie algemene onderwerp in dié Evangelie. Selfs die benaming ‘die koninkryk van die hemele’ is ‘n tipies rabbynse uitdrukking, met die gevolg dat die meer algemene benaming van ‘die koninkryk van God’, soos in die ander Evangelies gebruik word, selde hier voorkom. Die implikasie is dat God die heerskappy oor sy koninkryk aan sy Seun, die Messias, toevertrou, wat met sy wederkoms as Koning op die troon sal sit (25:34, 40). Dit word baie duidelik as ’n eskatologiese koninkryk beskryf wat in die eindtyd geopenbaar sal word wanneer die Messias met groot krag en heerlilkheid op die wolke van die hemel sal kom (24:30).

Intussen, tydens die Koning se afwesigheid, vorm gelowiges deel van ‘n verborge en onsigbare koninkryk, met slegs ‘n geestelike band tussen Christus en sy volgelinge. Hierin vereis Hy nie net uiterlike lippediens aan Hom nie, maar ‘n hart waarin Hy kan woon (15:8). Slegs hulle wat waarlik arm van gees is en soos kinders geword het (5:3; 19:14), kan in die verborge hemelse koninkryk inkom – nóú reeds. In die toekomstige openbaring van die koninkryk van die hemele, soos in die gelykenisse uitgebeeld en waarvoor ons ook elke dag moet bid (6:10), sal al die gelowiges saam met die Here Jesus in heerlikheid geopenbaar word (25:31-40).

In die gedeelte oor die hoofman van Kepérnaüm stel Mattheüs dit duidelik dat deelgenootskap aan die koninkryk van die hemele op geloof in Jesus berus, en dat afkoms en godsdienstige rituele nie van grondliggende betekenis hiervoor is nie. Inteendeel, weens hulle ongeloof sal baie lede van die uitverkore volk in die buitenste duisternis uitgedryf word, en sal baie ander (nie-Jode) van die ooste en die weste kom en saam met Abraham, Isak en Jakob aansit in die koninkryk van die hemele (8:11). Om hierdie rede word die misleiding van die skrifgeleerdes en Fariseërs telkens uitgewys, sodat die volk nie hierdie leiers se lewens as voorbeelde van godsaligheid, en hulle vormgodsdiens as die grondslag vir toegang tot die koninkryk van die hemele sou neem nie (5:20; 6:15-16; 23:1-6).

Mattheüs se weergawe van die profetiese rede is onteenseglik vir ‘n Joodse gehoor geskryf. In die eerste geslag-gebeure word Israel en hulle leiers met die verwoesting van Jerusalem en die tempel gekonfronteer sonder om uitkoms aan hulle te bied, omdat hulle die Messias verwerp het (23:34–24:2).

In die laaste geslag-gebeure word Israel se pad ook deur die sewe jaar lange verdrukking (die 70ste jaarweek van Daniël) beskryf. Dit sal ‘n tyd van groot misleiding deur valse profete en valse christusse wees (24:11, 24), wat ook na die openbaring van die selfverklaarde Messias (die Antichris) sal lei. Hy sal skielik uit die woestyn na vore tree en ook in die binnekamers (moontlik op TV?) gesien kan word (24:25-26). In aansluiting by wat Daniël (9:27; 11:31) gesê het, word na die afgodsbeeld van die Antichris verwys wat hy in die Allerheiligste van die herboude tempel in Jerusalem sal laat oprig (24: 15). Volgens Daniël 9:27 sal dit in die middel van die week van 7 jaar plaasvind, wanneer die Antichris se rol as valse vredevors uitgedien is. Die Jode sal glad nie hierdie afgodsdiens aanvaar nie, besef dat hulle mislei is, en hulle verbond met die “Messias” verbreek.

Dit sal ‘n reaksie van woede by die Antichris ontlok, en hy sal ‘n dekreet vir ‘n Joodse volksmoord uitvaardig. Die Here Jesus het gewaarsku dat die Jode in hierdie tyd baie haastig uit Judéa na die berge sal moet wegvlug, “want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie” (24:16-21).

Ten einde nie deur die agtervolgende leërs van die valse Messias ingehaal te word nie, sal die Jode moet bid dat hulle nie swanger vroue en klein babatjies onder hulle het, dat hulle vlug nie in die winter is wanneer dit koud en moeilik sal wees om te vlug, of op die sabbat wanneer hulle net omtrent 2 kilometer ver mag loop nie (24:19-20).

Let daarop dat hierdie ‘n vlug is wat uit Judéa na die berge plaasvind (m.a.w. in Israel), en dat hulle vlug deur die Ou Testamentiese sabbatswette (wat net in Israel geld) in die wiele gery kan word. Dit sal ‘n moeilike en haastige vlug oorland wees, met geen tyd om eers iets vir die reis in te pak nie (24:17-18).

Dit is ‘n absolute onmoontlikheid om die kerk van Christus in dié gebeure in te lees – ook nie ‘n wegraping in die middel van die sewe jaar lange verdrukking nie. Israel se vlug oorland na ‘n plek van bewaring het niks met die wegraping te doen nie, en die aard daarvan verskil ook wesenlik van dié van die wegraping.

Omdat die Joodse volk weens hulle onbekeerlikheid deur die verdrukking gaan, word die belofte van ‘n ontvlugting uit die rampgebied van goddelike oordele nie aan hulle voorgehou nie. Nogtans word daar duidelik na die wegraping verwys deur die verdrukking met die vloed in die tyd van Noag te vergelyk (24:36-39). Die mense van daardie tyd het nie die naderende oordele van God letterlik opgeneem nie, en dit trouens nie eers verstaan nie. Dit is waarom hulle nie gereed gemaak het om dit d.m.v. die ark te ontvlug nie. Dit sal weer so wees, en uit Israel sal net ‘n klein groepie Messiaanse Jode die rampe van die groot verdrukking ontvlug.

Twee sal by die land wees, die een word aangeneem en die ander verlaat (24:40). Ook word daar na diegene wat gereed is, as die wyse maagde verwys (25:1-13).

Markus

Die Evangelie volgens Markus is hoofsaaklik aan nie-Joodse Christene in Rome gerig. Dit blyk onder meer uit die noukeurige verduidelikings van Joodse gebruike en die betekenisse van Hebreeuse name aan die oningeligdes (3:17; 5:41; 7:3, 11, 34; 14:12; 15:34, 42). Geen direkte melding word van die wet gemaak nie, en bykans geen aanhalings uit die Ou Testament kom hierin voor nie. Slegs vier gelykenisse word genoem. Dié Evangelie het benewens die basiese verlossingsboodskap geen besondere teologiese- of groepsgerigtheid nie.

Groot aandag word deur Markus aan die wonderwerke sowel as aan die lyde en sterwe van Jesus gewy. Die aard en beginsels van sy versoeningswerk word baie prakties en gevoelvol beskryf. Deurgaans word die dringendheid van die Meester se opdragte met behulp van uitdrukkings soos ‘dadelik’ of ‘haastig’ beklemtoon. Die profetiese rede is ‘n verkorte weergawe van dit wat in Mattheüs gevind word.

Lukas

Hierdie Evangelie is aan Theófilus, ‘n hooggeplaaste amptenaar in Rome, opgedra, en daarna in Antiochië hoofsaaklik onder nie-Joodse Christene versprei. Lukas word veral deur volledigheid van besonderhede gekenmerk, asook die streng chronologiese volgorde waarin die gebeure beskryf word. Dit word gedoen in teenstelling met Mattheüs se samevoeging van feite op grond van die onderwerpe waarop dit betrekking het.

Vir Lukas is die strekking van die evangelieboodskap opvallend meer universeel deurdat dit vir alle mense ongeag hul volksverband, klas of stand bedoel is. In hierdie wye perspektief ontken hy nie die Joodse konnotasies van die evangelie nie, dog hy trek die lyne aansienlik breër ten einde ook die wêreldwye mikpunte daarvan te beklemtoon.

So byvoorbeeld verstrek Lukas nie slegs ‘n Joodse geslagsregister vir Christus, soos in Mattheüs waar sy afkoms net tot by Abraham bereken word nie, maar voer hy dit terug tot by Adam (3:38). Jesus spreek dus alle nasate van Adam aan, en nie slegs dié van Abraham, Isak en Jakob nie. Hy het vir almal van ons mens geword “om te soek en te red wat verlore was” (19:10).

Hierdie benadering blyk duidelik uit die gelykenis van die barmhartige Samaritaan (10:25-37), asook uit die teregwysings aan die Jode vir hulle onverdraagsaamheid teenoor die Samaritane (9:51-56). In Lukas 17:11-19 word daarop gewys dat ná die genesing van die tien melaatses slegs een, ‘n Samaritaan, omgedraai het om God te verheerlik. In Lukas 10 word 70 dissipels gestuur om die evangelie na die heidene uit te dra.

Lukas se weergawe van die profetiese rede is nie tot die lotgevalle van ‘n ongelowige Joodse volk beperk nie. Hierin word duidelik ook vir die Messiaanse Jode, die nie-Joodse Christendom en die nasies voorsiening gemaak. Wat die eerste geslag-gebeure betref, is hierin ‘n baie duidelike opdrag aan Jesus se dissipels en ander gelowige volgelinge om die vernietiging van Jerusalem te ontvlug (21:20-22).

Hierdie opdrag verskyn glad nie in Mattheüs nie en moet nie met die ongelowige volk se vlug uit Jerusalem in die middel van die verdrukking verwar word nie. Die teken vir die ontvlugting in die komende verdrukking sal die oprigting van die Antichris se beeld in die herboude tempel wees (Matt. 24:15). Die teken vir die ontvlugting deur Christene in die eerste geslag was die beleëring van Jerusalem (Luk. 21:20).

‘n Unieke en baie betekenisvolle stelling in Lukas is die verwysing na die tye van die nasies (21:24). Dit kom glad nie in Mattheüs voor nie. Hierdeur word die eerste en laaste geslagte van mekaar geskei. Tussen die twee geslagte word die bedeling van die kerk ingepas waartydens die nasies geëvangeliseer moet word. Dit is baie duidelik dat Jerusalem nie onbepaald vertrap sou word nie, maar net “totdat die tye van die nasies vervul is” (21:24). Die laaste geslag sal dus ‘n aanvang neem wanneer Jerusalem se vertrapping deur nie-Joodse nasies beëindig is. Wanneer het dit gebeur?

Vir etlike jare het studente van Bybelse profesieë gemeen dat die laaste geslag met die herstel en onafhanklikwording van Israel in 1948 begin het. Hoewel daar alle rede was om oor hierdie gebeurtenis opgewonde te raak, was dit ‘n oorhaastige reaksie.

In die profetiese rede verwys Jesus spesifiek na die stad Jerusalem wat tot in die laaste geslag vertrap sou word. Neem in ag dat Bybelse Jerusalem die Ou Stad is, m.a.w. die stad van Dawid. Dit is Sion – die ommuurde deel van die stad wat ook die Tempelberg insluit. Hierdie deel van Jerusalem is eers in die Sesdaagse Oorlog in Junie 1967 saam met die Wesbankgebied van Jordanië verower, en in 1980 tot die ewige hoofstad van Israel verklaar. In 1948 het Israel net beheer oor die nuwe, westelike deel van die stad verkry.

Lukas se beskrywing van die verdrukking is veel minder gedetailleerd as dié van Mattheüs. Hy is nogtans baie duidelik daaroor dat dit ‘n tyd van ongekende benoudheid vir die nasies sal wees wat net voor die sigbare wederkoms van Jesus sal plaasvind (21:25-27). Hy verwys nie na die vlug van Israel in die middel van die verdrukking direk ná die ontheiliging van die tempel nie, omdat dit nie deel van die Christene of die nasies se lotgevalle is nie.

Soos wat Lukas ‘n belofte van ontvlugting uit die oordele van die eerste geslag gebied het – wat fisies gebeur het – sluit hy ook ‘n duidelike belofte van ontvlugting uit al die oordele van die verdrukking in (21:34-36). Dit neem die vorm van ‘n belofte én ‘n opdrag aan, wat anders is as Mattheüs se verwysing daarna as ‘n teken vir die ortodokse en ongelowige Jode wat sal agterbly.

Johannes

In die Evangelie van Johannes word die Godheid van Jesus beklemtoon (1:1-14, 18; 5:20-26; 8:58; 10:30; 14:9; 17:5). In hierdie hoedanigheid word Hy nie as die Messias-Koning van Israel beskryf wat van Abraham afstam (Matt. 1:1-17) of as die Seun van die mens wat van Adam afstam nie (Luk. 3:23-38). Jesus sê in hierdie Evangelie: “Voordat Abraham was, is Ek” (8:58). In 14:5 verwys Hy na die heerlikheid wat Hy by die Vader gehad het voordat die wêreld was. Hy verklaar Homself een met die Vader (10:30) en sê aan sy dissipels dat hy na sy Vaderhuis gaan om vir hulle plek te berei (14:2). Johannes beklemtoon die volmaakte dubbele natuur van Jesus as die God-mens – Hy is tegelyk die Seun van God en die Seun van die mens wat ook aardse ouers gehad het.

Johannes verwys breedvoerig na die bediening van die Heilige Gees tydens die liggaamlike afwesigheid van Jesus. Dit dien as noodsaaklike onderrig vir die kerk wat begin veragter het in die genade en in hierdie tyd, ongeveer 90 n.C. en meer as 20 jaar nadat die eerste drie Evangelies geskryf is, sekere teologiese afwykings begin vertoon het. Hulle het ook baie gely weens vervolging.

Dit word duidelik aan die gelowiges gestel dat hoewel Christus vir Satan aan die kruis oorwin het, die kerk se stryd teen hierdie sielevyand geensins verby is nie. Dit sou steeds ‘n vyandige wêreld wees waarin die evangelie uitgedra moes word – ‘n wêreld wat sy rug op die Christene sou draai en hulle met groot haat en venyn vervolg (15:18-19; 16:33; 17:14-15).

Die redes vir hierdie stryd word duidelik uitgespel: weens hulle bose werke het die groot meerderheid van die mensdom die duisternis liewer as die lig (3:19). As gevolg hiervan erken en vereer hulle in werklikheid die duiwel en verleen sodoende aan hom die meerderheidsteun op aarde – dit is die miljoene bewandelaars van die breë weg. As gevolg van hierdie tragiese toedrag van sake verwys die Here Jesus self na die duiwel as “die owerste van hierdie wêreld” (14:30). In sy sendbrief sê Johannes dat “die hele wêreld in die mag van die Bose lê” (1 Joh. 5:19).

Die boodskap van hierdie Evangelie is dat Christene onder moeilike omstandighede steeds gemotiveerde en toegewyde mense moet wees wat met die krag van die Heilige Gees beklee is. Hulle moet in die geloof lewe, teen versoekings weerstand bied en te midde van vervolging op die pad van die Here volhard. Jesus het in sy hoëpriesterlike gebed vir sy dissipels gebid dat hulle in hul stryd teen die Bose bewaar sal word (17:15).

Soos die loot in die wynstok (15-1-5) is ons slegs “in Christus” van ‘n veilige en vrugbare lewe verseker, want sonder Hom kan ons niks doen nie.

In die Johannes-Evangelie is nie ‘n bespreking van die profetiese rede nie omdat hierdie onderwerp reeds breedvoerig in die vorige Evangelies behandel is.

 ‘n Duidelike profetiese beeld

Indien die aanvullende perspektiewe van die vier Evangelies in ag geneem word, kan ‘n duidelike beeld van sowel eerste geslag- as laaste geslag-gebeurtenisse gevorm word, soos in die skets hiernaas aangetoon.

Die konkrete en duidelike stellings wat die Here Jesus in sy profetiese rede maak, leen hulleself geensins tot vergeesteliking nie. Hy praat nie in simboliese taal nie en beskryf werklike gebeurtenisse. Bepaalde tekens word aan verskillende groepe mense gegee in terme waarvan hulle gebeure kort daarna kan verwag. Net so letterlik as wat die profesieë van die eerste geslag vervul is, sal dié van die laaste geslag ook vervul word.

Dit is opvallend dat daar in beide geslagte ‘n naasbestaan van Israel en die kerk is. In die eerste geslag word Israel dispensasioneel geleidelik uitgefaseer en die kerk ingefaseer. In die laaste geslag moet die kerk homself gereed maak om uitgefaseer te word namate hierdie bedeling ten einde spoed, terwyl Israel weer toenemend ingefaseer word.

Die eerste geslag

Die beginpunt vir die eerste geslag is die verwerping en kruisiging van die Here Jesus deur Israel, en die eindpunt daarvan die vernietiging van Jerusalem en die begin van Israel se diaspora (internasionale verstrooiing). In hierdie geslag is die eerste stadium van die opdrag vir die evangelisering van die nie-Joodse wêreld uitgevoer – eers deur ‘n aantal apostels in Samaria en daarna deur Paulus in Klein Asië, Griekeland en Rome. Alle profesieë is tot in die fynste besonderhede letterlik vervul.

Die einde van die eerste geslag het onwrikbaar op die verwoesting van Jerusalem en die verstrooiing van Israel afgestuur. In die laat sestigerjare het hewige gevegte in ‘n groot gebied tussen die Jode en die Siriërs uitgebreek. In reaksie hierop het die Romeinse goewerneur van Sirië, Cestius Gallus, ‘n taakmag uit Antiochië gestuur om die Joodse opstande te onderdruk. Verskeie dorpe in Galiléa is ingeneem en ‘n slagting onder inwoners aangerig voordat hulle in Oktober 66 teen Jerusalem opgetrek het. In November het Cestius egter besluit dat sy magte nie goed genoeg vir ‘n lang beleëring van Jerusalem toegerus was nie, en het die beleg afgelas.

Die Jode het moed geskep en hulle terugtrekkende aanvallers agtervolg. Hulle het in verskeie aanvalle 5 300 manne laat sneuwel en self feitlik geen verliese gely nie. Cestius het die neerlaag aan Nero gerapporteer.

Hierdie geleentheid is deur die Christene te baat geneem, omdat die beleëring van Jerusalem vir hulle ‘n teken van ontvlugting was wat Jesus self gegee het:

“En wanneer julle Jerusalem deur leërs omsingeld sien, dan moet julle weet dat sy verwoesting naby is. Dan moet dié wat in Judéa is, na die berge vlug; en die wat in die stad is, moet uitgaan; en die wat in die buitewyke is, moet nie daar inkom nie. Want dit sal dae van wraak wees, sodat alles wat geskrywe is, vervul kan word. Maar wee die vroue wat swanger is en die wat nog soog in daardie dae; want daar sal groot nood in die land wees en toorn oor hierdie volk. En hulle sal deur die skerpte van die swaard val en as krygsgevangenes geneem word na al die nasies” (Luk. 21:20-24).

Kort op die hakke van die onttrekkende leërs het die Christene Jerusalem verlaat. Sonder enige hindernis het hulle deur die Jordaanvallei tot by die stad Pella in Dekápolis (die huidige Jordanië) gevlug. Hier sou die vlugtelinge buite die oordele wees wat vir Jerusalem en sy inwoners bestem was.

Keiser Nero, een van die grootste tiranne van alle tye, was hewig ontsteld oor die neerlaag wat sy leërs in Judéa gely het. Hy het die baie ervare generaal Vespasianus uit Gallië gestuur om die Joodse opstande te gaan onderdruk. Hy het sy militêre basis van Antiochië na Ptolemais verskuif. Hier het sy seun Titus met soldate van Alexandrië af by hom aangesluit om ‘n totale mag van sowat 60 000 man op die been te bring.

Verskeie dorpe en stede is beleër, ingeneem, verwoes en feitlik al die inwoners om die lewe gebring. Baie van die oorlewendes het na Jerusalem gevlug omdat hulle gemeen het dat dié stad so versterk en veilig was dat dit feitlik oninneembaar was.

Intussen is Vespasianus as nuwe keiser in Rome aangestel en het sy seun, Titus, bevel oor die operasie oorgeneem. Hy het die opdrag gekry om Jerusalem in te neem en te verwoes. Op 10 Mei in die jaar 70 het die beleg van Jerusalem begin. In die volgende vyf maande het ‘n onbeskryflike tragedie van menslike smarte, lyding en dood homself in Jerusalem afgespeel.

1,1 miljoen mense is dood, waarvan meer as die helfte weens hongersnood gesterf het. Twee Joodse weerstandsbewegings wat ook mekaar beveg het, is regstreeks vir die dood van duisende mense verantwoordelik. Hulle het voedsel- en koringopslagplekke in die stad beroof en daarna aan die brand gesteek sodat hulle opponente nie daarvan kon kry nie. Dit het daartoe gelei dat Jerusalem hoofsaaklik deur hongersnood tot ‘n val gekom het – ‘n lot wat die Jode oor hulleself gebring het.

Teen die einde van Julie het 600 000 mense reeds gesterf. Die oorlewendes het nie genoeg krag gehad om al die dooies te begrawe nie, en het die lyke deur die poorte uitgedra of van die stadsmure af in die klowe daaronder gegooi. Deur net een van die poorte is meer as 115 000 lyke uitgedra.

Alle vlugtelinge, asook diegene wat uit die stad gegaan het om veldkos te soek, is deur die Romeine gevang, gemartel en gekruisig. Elke dag is omtrent 500 mense gekruisig, baie van hulle onderstebo, totdat daar later nie meer genoeg pale of bome rondom Jerusalem was om mense aan te kruisig nie.

Sommige vlugtelinge se hande is afgekap, waarna hulle na die rebelleleiers in die stad teruggestuur is. Hierdie leiers het egter steeds geweier om oor te gee.

Op 29 Augustus is die tempel ingeneem, aan die brand gesteek en tot op die grond afgebreek. Een van die rebellegroepe het hulleself hier skuil gehou en die Allerheiligste as die hoofkwartier vir hulle operasies gebruik. Tydens die aanslag op die tempel het nóg 6 000 mense gesterf. ‘n Groot hoop lyke is langs die altaar aangetref. Priesters wat op die tempelmuur geskuil en gesmeek het dat hulle lewens gespaar moes word, is almal tereggestel. Titus het aan hulle gesê dat die tyd vir begenadiging verby was.

Die tempel is tot op die grond afgebreek. Soldate het selfs die fondasies oopgegrawe om die goud te kry wat gedurende die brand gesmelt in die krake van die vloer ingeloop het.

Hierna het die ander rebellegroep wat hulself elders in die stad ingegrawe het, steeds geweier om oor te gee. Titus het bevel gegee dat die hele res van die stad totaal verwoes en met die grond gelyk gemaak moes word. Alle geboue is aan die brand gesteek en afgebreek. Murasies is ook omgestoot. Al wat oorgebly het, was drie torings en ‘n deel van die westelike muur op die tempelberg (die huidige “Klaagmuur”). Dit het as ‘n skuiling gedien vir ‘n garnisoen soldate wat moes toesien dat die stad nie weer deur die Jode herbou word nie.

Op 26 September in 70 n.C. het die eens roemryke stad van Dawid gesterf. Meer as ‘n miljoen mense is dood en 97 000 as krygsgevangenes na verskeie provinsies van die Romeinse Ryk weggevoer. Die kinders is as slawe verkoop. Sodoende het die internasionale verstrooiing van Israel ‘n aanvang geneem.

Wat ‘n betreurenswaardige lot het hierdie stad nie getref nie, wat deur die Here self verkies is om sy Naam daar te vestig! (2 Kon. 21:4). Jesus het dit vooraf geweet, daarom het Hy die inwoners van Jerusalem gewaarsku dat hulle huis woes gelaat sou word omdat hulle Hom verwerp het (Matt. 23:37-38). Hy het selfs geween oor hierdie stad en sy inwoners wat as gevolg van hulle geestelike blindheid en rebellie teen God in die hande van ’n wrede vyand oorgelewer sou word:

“En toe Hy naby kom en die stad sien, het Hy daaroor geween en gesê: As jy tog maar geweet het, ja, ook in hierdie dag van jou, die dinge wat tot jou vrede dien! Maar nou is dit vir jou oë bedek. Want daar sal dae oor jou kom dat jou vyande ‘n skans rondom jou sal opwerp en jou omsingel en jou van alle kante insluit. En hulle sal jou en jou kinders in jou teen die grond verpletter; en hulle sal in jou nie een klip op die ander laat bly nie, omdat jy die gunstige tyd toe God jou besoek het, nie opgemerk het nie” (Luk. 19:41-44).

Die tye van die nasies

‘n Baie belangrike perspektief wat in Lukas op die profetiese rede gegee word, is die tye van die nasies wat tussen die twee geslagte verloop:

“Jerusalem sal vertrap word deur die nasies totdat die tye van die nasies vervul is” (Luk. 21:24).

Dit beteken dat Jerusalem ná die einde van die eerste geslag nie onbepaald vertrap sou word nie, maar net totdat die tye van die nasies, m.a.w. die tyd van wêreldevangelisasie, vervul is. In hierdie opsig is Jerusalem ook vir die nasies een van die belangrikste tekens van die einde van die kerkdispensasie.

Die periode van Jerusalem se vertrapping val nie net met die tyd van wêreldevangelisasie saam nie, maar ook met die tyd van Israel se geestelike verharding as volk. Dit was die groot rede waarom hulle die seën van die Here verbeur het, uit hul stad verdryf en onder die nasies verstrooi is. Hierdie toestand sal egter ook nie vir altyd voortduur nie. Paulus sê:

“Want ek wil nie hê, broeders, dat julle hierdie verborgenheid nie moet weet nie, sodat julle nie eiewys mag wees nie: dat die verharding ten dele oor Israel gekom het totdat die volheid van die heidene ingegaan het; en so sal die hele Israel gered word, soos geskrywe is: Die Verlosser sal uit Sion kom en die goddelooshede van Jakob afwend” (Rom. 11:25-26).

Die laaste geslag

In die profetiese rede word daar na die Ou Stad (die stad van Dawid wat die berg Sion en die Tempelberg insluit) as Jerusalem verwys. Hierdie kerngedeelte van Jerusalem is eers in Junie 1967, in die Sesdaagse Oorlog, deur Israel van Jordaniese beheer bevry. Hiermee is Bybelse Jerusalem fisies herstel. In Augustus 1980 is die stad ook staatkundig as Israel se hoofstad herstel toe die destydse eerste minister, Menachem Begin, Jerusalem tot die ewige en onverdeelbare hoofstad van Israel verklaar en sy kantoor van Tel Aviv af na Jerusalem verskuif het. Daarna is nog net die Tempelberg deur die heidene vertrap deurdat ‘n Moslemkomitee beheer or die tempelterrein uitoefen waar twee van hulle moskees staan.

Die eindtydse keerpunt in die beheer oor Bybelse Jerusalem was dus in 1980, wat as die vertrekpunt van die laaste geslag beskou kan word. Daarna het die stad in prominensie toegeneem terwyl die kerkbedeling stadig maar seker sy einde nader.

Dit is belangrik om in gedagte te hou dat die verdrukking van sewe jaar ‘n integrale deel van die laaste geslag is. Omdat die Antichris dan beheer oor die hele wêreld sal kry en ook teen die heiliges sal veg en hulle oorwin (Op. 13:7), vorm hierdie sewe jaar nié deel van die kerkdispensasie nie. Die wegraping moet dus plaasvind voordat die Antichris geopenbaar kan word. Dit is presies wat die Here Jesus aan sy dissipels beloof het:

“Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan” (Luk. 21:36).

Net soos wat die Here in die eerste geslag voorsiening vir die ontvlugting van die Christene uit Jerusalem gemaak het, doen Hy dit ook voor die uitstorting van goddelike oordele in die verdrukking. Hy lê verder klem daarop dat sy koms onverwags sal wees:

“Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet waarop die Seun van die mens kom nie” (Matt. 25:13).

“…soos ‘n strik sal [dié dag] kom oor almal wat op die hele aarde woon” (Luk. 21:35).

Die groot verrassingselement van die laaste geslag is die onverwagse koms van die hemelse Bruidegom soos ‘n dief in die nag. Sy duidelike opdrag is dat ons vir Hóm moet wag en vir sy skielike koms gereed moet wees. Die res van die eindtydse gebeure, insluitende die openbare verskyning van Jesus op die Olyfberg, is almal binne die sewe jaar van die verdrukking geskeduleer. Hierdie sewe jaar kan in jare, maande én dae afgetel word (vgl. Dan. 9:27; 12:7, 11-12; Op. 11:2-3; 12:14; 13:7).

Dit is belangrik dat ons nie die verrassingselement van Jesus se koms sal ondermyn deur die wegraping in die middel of aan die einde van die verdrukking te plaas nie. Dan sal mense eers op die Antichris wag en met oorlewingstrategieë begin om in die eerste deel van die verdrukking te oorleef. Nadat die Antichris gekom het, sal hulle uit sy hande probeer bly en die tyd na Jesus se koms begin aftel. Dit is onbybels. Ons moet ‘n Christusverwagting hê, want eers sal Hý kom en daarna volg die donker dae van die Antichris en sy bose wêreldryk.

In die middel van die verdrukking sal daar wél ‘n ontvlugting wees, maar dit is die Jode se vlug uit Jerusalem en omstreke na die berge. Vir die eerste 3½ jaar van die verdrukking sal Israel ‘n verbond met die Antichris sluit en hom verkeerdelik as die beloofde Messias aanvaar en vereer. Jesus het hulle hierteen gewaarsku:

“Ek het gekom in die Naam van my Vader, en julle neem My nie aan nie. As ‘n ander een in sy eie naam kom, hóm sal julle aanneem” (Joh. 5:43).

Ná die eerste 3½ jaar van valse vrede (in die middel van die jaarweek van 7 jaar) sal die Antichris homself in die herboude tempel in Jerusalem tot God verklaar en gedwonge aanbidding opeis (2 Thess. 2:3-4). Hy sal ook deur die bemiddeling van die valse profeet ‘n beeld van homself in die tempel laat oprig (Op. 13:14-15). Wanneer dit gebeur, sal die offerdiens in die tempel verbied en alle mense beveel word om voortaan net die valse messias en sý beeld (die gruwel van die verwoesting) te aanbid. Daniël sê die volgende oor hierdie tyd:

“En hy [die Antichris] sal vir een week lank [van sewe jaar] met baie ‘n sterk verbond sluit, en gedurende die helfte van die week sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou; en op die vleuel van gruwels sal daar ‘n verwoester wees, en wel tot aan die einde… En deur hom sal leërs op die been gebring word en die heiligdom, die vesting, ontheilig, en hulle sal die voortdurende offer afskaf en die ontsettende gruwel opstel” (Dan. 9:27 en 11:31).

Die Here Jesus het na hierdie groot krisis in die middel van die verdrukking verwys en dit sterk op die Jode se harte gelê dat hulle baie haastig sal moet vlug. Die Antichris sal só woedend wees as Israel hulle verbond met hom verbreek en weier om sy beeld te aanbid, dat hy ‘n Joodse volksmoord sal gelas. Dit sal die begin van die laaste 3½ jaar van verdrukking wees, wat die groot verdrukking genoem word. Dit sal vir die Jode lewensbelangrik wees om vinnig van dié tiran af weg te kom:

“Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die heiligdom – laat hy wat lees, oplet – dan moet die wat in Judéa is, na die berge vlug; wie op die dak is, moet nie afkom om iets uit sy huis weg te neem nie; en wie op die land is, moet nie omdraai om sy klere weg te neem nie. Maar wee die vroue wat swanger is en die wat nog soog, in daardie dae. En bid dat julle vlug nie in die winter of op die sabbat mag plaasvind nie. Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie. En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes [die oorblyfsel van die volk Israel] sal daardie dae verkort word” (Matt. 24:15-22).

Hierdie donker tyd in die wêreldgeskiedenis sal nie alleen vir Israel nie, maar vir die hele wêreld, erger as enige vorige verdrukking of oorlog wees. Dit sal op die sigbare koms van Jesus uitloop wanneer die oorblyfsel van Israel gered sal word:

“En dadelik ná die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word. En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid” (Matt. 24:29-30).

Die oorblyfsel van Israel sal onder die oortuiging van die Heilige Gees groot rou bedryf oor hulle Messias wat byna 2000 jaar gelede deur hul vaders verwerp en oorgelewer is om gekruisig te word. Die Here sê:

“Oor die huis van Dawid en oor die inwoners van Jerusalem sal Ek uitgiet die Gees van genade en smekinge; en hulle sal opsien na My vir wie hulle deurboor het, en hulle sal oor Hom rouklaag soos ‘n mens rouklaag oor ‘n enigste seun en bitterlik oor Hom ween soos ‘n mens bitterlik ween oor ‘n eersgebore kind” (Sag. 12:10).

Weens Israel se voortgesette geestelike blindheid en die verwerping van Jesus as Messias, word hulle in hul land, en spesifiek in die stad Jerusalem, bymekaargemaak om ‘n vuur van verdrukking teen hulle aan te blaas (Eseg. 22:19-21). Hulle sal die Messiaanse Jode wat Jesus as Messias erken, erg vervolg. In groot smarte sal die ortodokse Jode se oë wél vir die waarheid oopgaan. Volgens Hossea 5:15-6:1 sal hulle in hul nood na die Messias soek en Hom uiteindelik vind.

Die verdrukking is beslis nie vir die kinders van die Here bedoel nie. Wanneer God oordele oor die sondaars uitstort, is die ware gelowiges nooit die voorwerp van sy toorn nie. Hulle word eers beveilig voordat die Here Homself in oordele tot die onbekeerlikes wend. Dit was die geval met die sondvloed in Noag se tyd, met die vernietiging van Sodom en Gomorra, en ook met die verwoesting van Jerusalem in die eerste geslag. Dieselfde beginsel geld ook t.o.v. die komende verdrukking. Hy sal eers diegene verwyder wat soos ligte te midde van ‘n krom en verdraaide geslag geskyn het!

Ten slotte is dit nodig om net weer die belangrike profetiese betekenis van die stad Jerusalem te beklemtoon. Die eerste geslag het begin toe Jerusalem sy Messias-Koning verwerp en gekruisig het. Hierdie geslag het geëindig toe Jerusalem verwoes en sy inwoners oor die aarde verstrooi is. Die laaste geslag in die profetiese rede het begin toe Bybelse Jerusalem deur Israel herower is. Hierdie geslag sal eindig wanneer die Messias-Koning direk ná die groot verdrukking sy voete op die Olyfberg sal sit en oor sy vyande triomfeer. Die inwoners van Jerusalem sal Hom dán aanvaar en sê: "Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here!"

Featured Articles

Monday, July 10, 2023 False Teachers & Doctrine 1258
Why I Left the Charismatic Church Madelein Wolfaardt I grew up in “happy-clappy” churches. My family church-hopped a bit when I was in primary school. In high school, we got more and more involved in churches that followed the Word of Faith movement. They often invited big names from overseas. We would attend these prophetic or healing and miracle services. We also watched tapes of their so-called ‘Revival meetings’.

Questions Answered

Here are some articles on different topics, see what the Bible says.

/Eienskappe%20van%20God
DIE NATUURLIKE EIENSKAPPE VAN GOD WAT VERBAND HOU MET GOD SE WESE SOOS HY IN HOMSELF IS. Alwetend – God weet alles. Hy het volledige kennis van alles in die verlede, hede en die toekoms. (Job 37:16; Ps. 139:1-6). Almagtig – God…
One has only to examine the Bible to find abundant references condemning the use of alcoholic beverages. In fact, if the preacher is to stick to his Bible, preach the whole truth, and be…
Twee van die sondes waarteen mense ‘n baie verdraagsame houding inneem, is drink en rook. Wat sê die Bybel hiervan, en wat is die gevare wat daaraan verbonde is? Drankgebruik Een van die algemeenste argumente waardeur mense drankgebruik wil regverdig,…
Hell:%20What%20the%20Bible%20Says
An exposition of the doctrine of eternal punishment in a burning hell for all the unsaved people of all ages. 1. How Can We Know About Hell? “There was a certain rich man, which was clothed in purple and fine…
It is important that one understands the phenomenon of apostatising, or backsliding, as every believer should be able to identify and counter this backward course in his or her spiritual life whenever it occurs. If you wish to determine the…
Die onderwerp van die doop is baie kontroversieel met baie misverstande. Baie mense dweep met die doop en dit raak 'n obsessie by hulle. Dit veroorsaak baie keer ongebalanseerde en dwase strydvrae met die gevolg dat Christene twis oor die…
Vergifnis
Vergifnis is ‘n opdrag in die Woord van God (Matt 6:14, 15; Mark 11:25, 26; Luk 6:37; Efes 4:32 en Kol 3:13). Sonder vergifnis is daar geen bevryding van die seer en pyn wat ander jou aangedoen het nie. Die…

Lees meer

Loose Lips Sink Ships
I know this has been used as a catchphrase by the military in referring to ships. However, I believe it could be applied to each one of us today. Loose lips can sink more than naval ships. They can…

Read more

Questions Answered

Questions Answered

Being a Christian and drinking alcohol, what does the Bible say?
The Dangers of Moderate Drinking
John B. Gough (1817-1886) Born in Sandgate, Kent, England in 1817, Gough immigrated to the United States when he was only twelve years old. His mother and sister also came to America. His mother died of a stroke and Gough,…

Read more

Beer and Wine: The Bible’s Counsel
Doesn't the Bible refer in a number of places to wine and strong drink? Don't we quite often find people drinking alcohol in the Bible? Can't we assume, then, that Scripture generally does not condemn drinking alcoholic beverages? It's true that…

Read more

A collection of articles written by FB Meyer. Practical advice for the daily Christian life.

A NEW YEAR is opening before us, and there is some satisfaction in feeling that an opportunity will be afforded of making a really new start. Each true heart in which there is a spark of the Divine life turns eagerly towards the unblemished page, the untrodden way, of the…
BENEATH all exaggeration there is a basis of truth. When an American said that the whey which flowed from the making of a large cheese in his country was sufficient to run three sawmills; and when another affirmed that the soil of his farm was so prolific that the tendrils…
To be straight is to be true. There is no more important exhortation on the page of Scripture, than where the Apostle says, "Whatsoever things are true . . . think on these things." A friend of mine, educated in one of our great English schools, says that the most formative words of…
WHAT a shadow is cast over lives and homes by bad tempers! It is Sunday morning, God's day of rest and peace, when the worry and rush of the world should be quiet, and the voices of newspaper boys and hawkers of small wares should be still. A family of…
No flirting, young people, please! You cannot flit around the flame without the risk of burning your wings; and remember, if these are lost, you cannot get another pair; you may be able to crawl or limp, but you will never again bask in the sunbeams or dance with merry-hearted…
LONGFELLOW'S village blacksmith felt that "something accomplished, something done," had earned a night's repose; and I suppose that he did little else than shoe the farmers' horses, or put new shares to their ploughs; yet he had the perpetual consciousness that he was doing something in the world, contributing to…
No wonder that the common people hung on Christ's words. He was a Master of the Art of Illustration, because he sought his emblems, not from remote corners of creation, or its recondite processes, but from the common incidents of ordinary human experience. Salt and light, birds and lilies, gates…
Everyone needs some guidance on where to start reading and how to read their Bible. Below are Afrikaans & English printables - give it to every young believer that you give a Bible to.
Tips on reading your Bible

Where should I start?

Start by reading a chapter in the morning and evening. Mark in your Bible and write in a notebook everything that stands out in the chapter you read.

Read more

Wenke om jou Bybel te lees

Waar moet ek begin?

Lees jou Bybel in orde, moet nooit rondspring tussen boeke en hoofstukke nie. Hou by jou lees skedule, as jy laas Markus 1 gelees het lees jou nou Markus 2.

Lees meer

Heiligmaking

'n Rein hart gevul met die Heilige Gees

/Volkome%20Heiligmaking
Met die ondervinding van wedergeboorte (Joh. 3:3) én die bevestiging daarvan deur die getuienis van die Heilige Gees (Rom. 8:16), vind ‘n radikale verandering van lewenswyse plaas (2 Kor. 5:17). Hierna volg ‘n proses van selfontdekking wat lei tot die behoefte aan ‘n dieper innerlike verlossing (vrymaking) en reiniging van die inwonende sonde asook die vervulling met die Heilige Gees.
/Gaan
aan%20na%20Volwassenheid
In Heb 3 & 4 wys die skrywer vir ons die wonderlike belofte van God se rus, wat ‘n rein en oorwinnende lewe in Christus is. Hy vertel van hierdie belofte, en dan vermaan hy die Hebreërs in hoofstuk 5:12-14 dat hulle moet voortgaan na volwassenheid want hulle is nog kinders in die geloof.
/Die%20pad%20na%20Heiligmaking
Hier besef die weergebore Christen dat ‘n dieper werk in sy hart benodig word. Dat daar dinge is waaraan hy dalk nog vasklou of sonde wat hy nie wil laat staan nie of hy twyfel en vertrou God nie volkome nie. Hier gaan ons kyk na wat die stryd in ons binneste is en hoe om die pad na heiligmaking te begin.
deur Marius Wolfaardt Christen Leefstyl
Kol 2:6: Soos julle dan Christus Jesus, die Here, aangeneem het, wandel so in Hom, 1. Watookal die Here vir jou sê, doen dit. Joh 2:5 “Sy moeder sê vir die dienaars: Net wat Hy vir julle sê, moet julle doen.” - Moenie meer of minder doen nie, doen net dit wat Hy gesê het. Matt 28:20 “En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.” – As ek doen wat Hy sê sal Hy met my wees. Doen wat Jesus sou gedoen het. Meet alles altyd hieraan.
by Marius Wolfaardt Christian Lifestyle
Col 2:6 As therefore ye received Christ Jesus the Lord, so walk in him, 1. Whatever the Lord tells you to do, do it. Joh 2:5 “His mother saith unto the servants, Whatsoever he saith unto you, do it.” Don't do more or less, but, just that which He tells you to do. Mat 28:20 “teaching them to observe all things whatsoever I commanded you: and lo, I am with you always, even unto the end of the world.” If you do what He tells you to do, He will be with you unto the end of the world. Always do what Jesus would do, measure everything according to this rule.
deur Marius Wolfaardt Christen Leefstyl
Hoe hanteer ek dit?

Mat 5:4 Salig is die wat treur, want hulle sal vertroos word.
Binne in die moeilike tye is die Here reeds besig om iets nuuts te maak, al sien jy dit nie raak terwyl jy in die vuur is of deur die rivier gaan nie. God het ‘n plan. Rou is natuurlik en is iets wat moet gebeur, dit is ‘n proses om deur te werk, maar daarna moet jy ook aan beweeg en nie hier vasval nie.

Assurance of Salvation

Seker</p>heid
Is jy weergebore?

Seker

heid

Om te WEET DAT JOU SONDE VERGEWE IS en dat Jesus nou in jou hart woon.
Lees meer
Rebirth
What Why How..?

Rebirth

What the Bible teaches us about being born again.
Read More
 Weer</p>gebore
Wat Hoekom Hoe..?

Weer

gebore

Wat die Bybel ons leer van wedergeboorte.
Lees meer
English Sermons

English Sermons

Here is a link if you would like to listen to audio sermons by various preachers. Promoting Genuine Biblical Revival.

Go to website