fbpx

Tyd met God - Vrae

Hier is ‘n riglyn om te volg vir effektiewe stiltetyd.

Gebruik die vrae om jou te help om die gelese gedeelte oop te breek en soveel moontlik daaruit te kry.

1.  Skryf neer waar die gelese gedeelte staan.

2.  Skryf die hoofgedagte van die gedeelte neer.

3.  Wat word gesê van God die Vader, die Here Jesus en die Heilige Gees?

4.  Watter beloftes, versekering of opdrag is daar?

5.  Watter voorbeeld word aan my gestel?

6.  Watter waarskuwing of gevolge word aan my gestel?

7.  Skryf ander verse met dieselfde betekenis neer.

8.  Skryf enige probleem woorde of begrippe neer.

9.  Skryf vir jou ‘n vers vir die dag neer.

10.  Wat kan jy nou die Here hierop antwoord en wat kan jy bid?