fbpx
Articles
Articles | Tips & Help for the Daily Christian Life |

Grow in Christ

Wat gaan op jou grafsteen staan?

Psalm 116:3 “Bande van die dood het my omring, en angste van die doderyk het my getref; ek het benoudheid en kommer gevind.”

Liewe vriend, die dood is ‘n onderwerp wat niemand ligtelik kan opneem nie, daar word bereken dat elke sekonde 1.7 mense doodgaan.  Alles kom tot ‘n einde: jou drome, jou ideale, jou aansien, jou skoonheid, jou rykdom, jou plesiere, jou werke ens…

Prediker 2:11 sê: “Toe het ek gekyk na al my werke wat my hande tot stand gebring het, en al die moeitevolle arbeid wat ek verrig het—en kyk, dit was alles tevergeefs en ‘n gejaag na wind,”

Alles gaan tot ‘n einde kom, behalwe jou onsterflikheid! Daar is een van twee plekke wat wag.

My vriend, lees hierdie paar getuienisse van hulle wat op die rand van die ewigheid te staan gekom het – die van ‘n gelowige Christen en ‘n ongelowige.  Antwoord dan die volgende vraag vir jouself:

“Wat gaan op jou grafsteen staan?” 

1.  ‘n Ongelowige jong dame  

‘n Jong dame wat diep onder die oortuiging van haar sonde was, het ‘n herlewingsdiens verlaat om aan ‘n dans deel te neem wat deur slegte mense gereël is in ‘n poging om die diens te ontwrig en op te breek. Sy het tydens die dans ‘n ernstige koue opgedoen en was nie lank daarna nie op haar sterfbed. Toe ‘n predikant haar besoek het, het sy hom sterk teëgestaan en gesê: “Mnr. Rice, ek sê vir u baie reguit dat ek nie ‘n Christen wil wees nie. Ek sal liewer na die hel as na die hemel toe gaan.”

Die prediker het geantwoord: “Jy wil tog sekerlik nie hel toe gaan nie, Jennie?” Iets in haar binneste het gebreek en sy het gesê:

“Nee, mnr. Rice. Ek wens ek was nooit gebore nie! Ek verduur nou die smarte van die verlorenes. As ek maar net van God af kan wegkom, maar ek kan nie – ek is altyd van Hom bewus. O, ek haat Hom, ek kan nie anders nie! Ek het sy Gees van my af weggedryf toe Hy my met sy liefde wou vul, en nou is ek onder die beheer van my eie bose natuur – oorgelewer aan die duiwel vir my ewige verderf. My smarte is onuitspreeklik! Hoe sal ek die eindelose eeue van die ewigheid kan verduur? O, die verskriklike gedagte van die ewigheid!”

Mnr. Rice het haar gevra waar haar groot probleem begin het. “Dit was daardie Vrydagaand laas winter toe ek geweier het om die diens by te woon en liewer te gaan dans. Ek het die Heilige Gees met alle mag van my af verdryf. Ek het toe die gevoel gekry dat Hy my vir ewig verlaat het. Ek weet ek het iets verskriklik gedoen, maar dit is gedoen. Van daardie dag af het ek geen begeerte gehad om ‘n Christen te wees nie, en ek het steeds dieper in ‘n kuil van duisternis en wanhoop weggesink. Nou is alles rondom my ondeurdringbare wolke van duisternis. Wat ‘n verskrikking!” Sy het mnr. Rice weggestuur en hom gevra om nie vir haar te bid nie, want sy wil nie geestelik deur die geklank van gebed aangekla en gekwel word nie.

Daardie aand het sy mnr. Rice geroep en vir hom gesê: “Ek wil hê u moet by my begrafnis preek. Waarsku al my jong vriende en vertel hulle alles wat ek vir u gesê het. Kort daarna het sy in doodsangs uitgeroep: “O, red my, hulle trek my af! Verlore! verlore! verlore! Bind my, o kettings van duisternis.”

2. Die ondervinding van ‘n gelowige jong man

Augustus Toplady het op 38-jarige leeftyd in Londen gesterf. Hy was die outeur van hierdie onsterflike woorde:

Ewige Rots geklief vir my,
Laat my veilig in U bly!
Laat die water en die bloed,
Uit u sy as lewensvloed,
My tot heil wees en tot krag,
Teen die sondeskuld en mag!

Hy het alle rede gehad om na ‘n aangename lewe uit te sien, en tóg het hy in sy siel blydskap ervaar toe die dood nader kom: “Siekte is geen beproewing nie, pyn is nie ‘n vloek nie, die dood is nie die einde van my lewe nie, want my siel verlang om heen te gaan – hy is soos ‘n voël wat in ‘n hok opgesluit is en verlang om te vlieg. As ek vlerke soos ‘n duif gehad het, sou ek na God toe gevlieg en altyd by Hom gebly het.

Omtrent ‘n uur voordat hy dood is, het hy uit ‘n sagte sluimering ontwaak. “O, watter heerlikheid! Wie kan die vreugde van die hemel peil? Hoe is ek nie deur helder sonskyn omring nie! Ek het nie woorde om dit mee uit te druk nie. Ek weet dit is nou nie meer lank voordat my Verlosser my kom haal nie. Hy het soveel wonderlike dinge aan my siel geopenbaar! Alles is lig, lig, lig – die helder skynsel van God se heerlikheid! O, kom Here Jesus, kom gou!”

Hy het sy oë toegemaak, sy gees is weg om by Christus te wees, en sy liggaam het ontslaap om saam met ander wat hierdie kosbare geloof het, opgewek te word. Dan sal die Here Jesus uit die hemel geopenbaar word “om verheerlik te word in sy heiliges en bewonder te word in almal wat glo” (2 Thess. 1:10).

 
   

Vriend, antwoord nou eerlik met jouself,
“Wat gaan op jou grafsteen staan?”
Daar is een van twee keuses:

Hier lê begrawe __________________     ___________________

Gebore ___________________   Gesterf ____________________

‘n Lewe Verspeel en vermors vir die duiwel en die tydelike alleen. 

Of

Hier lê begrawe __________________     ___________________

Gebore ___________________   Gesterf ____________________

‘n Lewe geleef vir Jesus Christus en Sy koninkryk alleen.

Dit is nie te laat om terwyl jy hierdie blaadjie lees die inskrywing te verander op jou grafsteen nie.  Die deur van genade staan vir jou oop.

Jes 1:18 “Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die HERE: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol.”

…Jy moet begryp dat jy as ‘n sondaar gebore is, want die Bybel sê: “…almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlik-heid van God.” (Rom. 3:23).  Geen mens is as ‘n regverdige gebore nie.  Jy mag kerk toe gaan en probeer om ‘n goeie lewe te lei, maar dit maak jou nie ‘n kind van God nie.  Jy kan slegs Sy kind word as jy Sy verlossingsplan volg.

…Jy moet besef dat jy jouself nie kan red nie.  Jy het ‘n verlosser nodig.  Hy is die Here Jesus Christus wat ook vir jóú sonde aan die kruis gesterf het.  “En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.”(Hand. 4:12)

Jy moet jou sondes aan die Here Jesus bely.  “As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.” (1Joh. 1:9)

Jy moet die Here Jesus as jou Saligmaker aanneem.  Dit beteken dat jy jou lewe aan Hom moet oorgee en elke dag saam met Hom moet wandel.  “Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;” (Joh. 1:12)

Mag jy dan saam met Fanny Crosby kan sê:
“And I shall see Him face to face,
And tell the story – saved by crace!”

Featured Articles

Monday, July 10, 2023 False Teachers & Doctrine 1159
Why I Left the Charismatic Church Madelein Wolfaardt I grew up in “happy-clappy” churches. My family church-hopped a bit when I was in primary school. In high school, we got more and more involved in churches that followed the Word of Faith movement. They often invited big names from overseas. We would attend these prophetic or healing and miracle services. We also watched tapes of their so-called ‘Revival meetings’.

Questions Answered

Here are some articles on different topics, see what the Bible says.

/Eienskappe%20van%20God
DIE NATUURLIKE EIENSKAPPE VAN GOD WAT VERBAND HOU MET GOD SE WESE SOOS HY IN HOMSELF IS. Alwetend – God weet alles. Hy het volledige kennis van alles in die verlede, hede en die toekoms. (Job 37:16; Ps. 139:1-6). Almagtig – God…
One has only to examine the Bible to find abundant references condemning the use of alcoholic beverages. In fact, if the preacher is to stick to his Bible, preach the whole truth, and be…
Twee van die sondes waarteen mense ‘n baie verdraagsame houding inneem, is drink en rook. Wat sê die Bybel hiervan, en wat is die gevare wat daaraan verbonde is? Drankgebruik Een van die algemeenste argumente waardeur mense drankgebruik wil regverdig,…
Hell:%20What%20the%20Bible%20Says
An exposition of the doctrine of eternal punishment in a burning hell for all the unsaved people of all ages. 1. How Can We Know About Hell? “There was a certain rich man, which was clothed in purple and fine…
It is important that one understands the phenomenon of apostatising, or backsliding, as every believer should be able to identify and counter this backward course in his or her spiritual life whenever it occurs. If you wish to determine the…
Die onderwerp van die doop is baie kontroversieel met baie misverstande. Baie mense dweep met die doop en dit raak 'n obsessie by hulle. Dit veroorsaak baie keer ongebalanseerde en dwase strydvrae met die gevolg dat Christene twis oor die…
Vergifnis
Vergifnis is ‘n opdrag in die Woord van God (Matt 6:14, 15; Mark 11:25, 26; Luk 6:37; Efes 4:32 en Kol 3:13). Sonder vergifnis is daar geen bevryding van die seer en pyn wat ander jou aangedoen het nie. Die…

Lees meer

Loose Lips Sink Ships
I know this has been used as a catchphrase by the military in referring to ships. However, I believe it could be applied to each one of us today. Loose lips can sink more than naval ships. They can…

Read more

Questions Answered

Questions Answered

Being a Christian and drinking alcohol, what does the Bible say?
The Dangers of Moderate Drinking
John B. Gough (1817-1886) Born in Sandgate, Kent, England in 1817, Gough immigrated to the United States when he was only twelve years old. His mother and sister also came to America. His mother died of a stroke and Gough,…

Read more

Beer and Wine: The Bible’s Counsel
Doesn't the Bible refer in a number of places to wine and strong drink? Don't we quite often find people drinking alcohol in the Bible? Can't we assume, then, that Scripture generally does not condemn drinking alcoholic beverages? It's true that…

Read more

A collection of articles written by FB Meyer. Practical advice for the daily Christian life.

A NEW YEAR is opening before us, and there is some satisfaction in feeling that an opportunity will be afforded of making a really new start. Each true heart in which there is a spark of the Divine life turns eagerly towards the unblemished page, the untrodden way, of the…
BENEATH all exaggeration there is a basis of truth. When an American said that the whey which flowed from the making of a large cheese in his country was sufficient to run three sawmills; and when another affirmed that the soil of his farm was so prolific that the tendrils…
To be straight is to be true. There is no more important exhortation on the page of Scripture, than where the Apostle says, "Whatsoever things are true . . . think on these things." A friend of mine, educated in one of our great English schools, says that the most formative words of…
WHAT a shadow is cast over lives and homes by bad tempers! It is Sunday morning, God's day of rest and peace, when the worry and rush of the world should be quiet, and the voices of newspaper boys and hawkers of small wares should be still. A family of…
No flirting, young people, please! You cannot flit around the flame without the risk of burning your wings; and remember, if these are lost, you cannot get another pair; you may be able to crawl or limp, but you will never again bask in the sunbeams or dance with merry-hearted…
LONGFELLOW'S village blacksmith felt that "something accomplished, something done," had earned a night's repose; and I suppose that he did little else than shoe the farmers' horses, or put new shares to their ploughs; yet he had the perpetual consciousness that he was doing something in the world, contributing to…
No wonder that the common people hung on Christ's words. He was a Master of the Art of Illustration, because he sought his emblems, not from remote corners of creation, or its recondite processes, but from the common incidents of ordinary human experience. Salt and light, birds and lilies, gates…
Everyone needs some guidance on where to start reading and how to read their Bible. Below are Afrikaans & English printables - give it to every young believer that you give a Bible to.
Tips on reading your Bible

Where should I start?

Start by reading a chapter in the morning and evening. Mark in your Bible and write in a notebook everything that stands out in the chapter you read.

Read more

Wenke om jou Bybel te lees

Waar moet ek begin?

Lees jou Bybel in orde, moet nooit rondspring tussen boeke en hoofstukke nie. Hou by jou lees skedule, as jy laas Markus 1 gelees het lees jou nou Markus 2.

Lees meer

Heiligmaking

'n Rein hart gevul met die Heilige Gees

/Volkome%20Heiligmaking
Met die ondervinding van wedergeboorte (Joh. 3:3) én die bevestiging daarvan deur die getuienis van die Heilige Gees (Rom. 8:16), vind ‘n radikale verandering van lewenswyse plaas (2 Kor. 5:17). Hierna volg ‘n proses van selfontdekking wat lei tot die behoefte aan ‘n dieper innerlike verlossing (vrymaking) en reiniging van die inwonende sonde asook die vervulling met die Heilige Gees.
/Gaan
aan%20na%20Volwassenheid
In Heb 3 & 4 wys die skrywer vir ons die wonderlike belofte van God se rus, wat ‘n rein en oorwinnende lewe in Christus is. Hy vertel van hierdie belofte, en dan vermaan hy die Hebreërs in hoofstuk 5:12-14 dat hulle moet voortgaan na volwassenheid want hulle is nog kinders in die geloof.
/Die%20pad%20na%20Heiligmaking
Hier besef die weergebore Christen dat ‘n dieper werk in sy hart benodig word. Dat daar dinge is waaraan hy dalk nog vasklou of sonde wat hy nie wil laat staan nie of hy twyfel en vertrou God nie volkome nie. Hier gaan ons kyk na wat die stryd in ons binneste is en hoe om die pad na heiligmaking te begin.
deur Marius Wolfaardt Christen Leefstyl
Kol 2:6: Soos julle dan Christus Jesus, die Here, aangeneem het, wandel so in Hom, 1. Watookal die Here vir jou sê, doen dit. Joh 2:5 “Sy moeder sê vir die dienaars: Net wat Hy vir julle sê, moet julle doen.” - Moenie meer of minder doen nie, doen net dit wat Hy gesê het. Matt 28:20 “En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.” – As ek doen wat Hy sê sal Hy met my wees. Doen wat Jesus sou gedoen het. Meet alles altyd hieraan.
by Marius Wolfaardt Christian Lifestyle
Col 2:6 As therefore ye received Christ Jesus the Lord, so walk in him, 1. Whatever the Lord tells you to do, do it. Joh 2:5 “His mother saith unto the servants, Whatsoever he saith unto you, do it.” Don't do more or less, but, just that which He tells you to do. Mat 28:20 “teaching them to observe all things whatsoever I commanded you: and lo, I am with you always, even unto the end of the world.” If you do what He tells you to do, He will be with you unto the end of the world. Always do what Jesus would do, measure everything according to this rule.
deur Marius Wolfaardt Christen Leefstyl
Hoe hanteer ek dit?

Mat 5:4 Salig is die wat treur, want hulle sal vertroos word.
Binne in die moeilike tye is die Here reeds besig om iets nuuts te maak, al sien jy dit nie raak terwyl jy in die vuur is of deur die rivier gaan nie. God het ‘n plan. Rou is natuurlik en is iets wat moet gebeur, dit is ‘n proses om deur te werk, maar daarna moet jy ook aan beweeg en nie hier vasval nie.

Assurance of Salvation

Seker</p>heid
Is jy weergebore?

Seker

heid

Om te WEET DAT JOU SONDE VERGEWE IS en dat Jesus nou in jou hart woon.
Lees meer
Rebirth
What Why How..?

Rebirth

What the Bible teaches us about being born again.
Read More
 Weer</p>gebore
Wat Hoekom Hoe..?

Weer

gebore

Wat die Bybel ons leer van wedergeboorte.
Lees meer
English Sermons

English Sermons

Here is a link if you would like to listen to audio sermons by various preachers. Promoting Genuine Biblical Revival.

Go to website